Tuis

Wêreld Boeke Dag en Nag

Lewer kommentaar


Dit is byna Wêreld Boeke Dag en Nag.

  • Stel lysies saam van wat julle graag wil lees en neem dit saam as julle weer die biblioteek besoek.
  • Boeke Dag vind ‘n dag na Aarde Dag plaas.  Kan julle interessante boeke oor die aarde en natuur kry om te lees?
  • Gee vir elke opvoeder die geleentheid om ‘n lootjie met ‘n boek se besonderhede te trek.  Neem die persoon op terwyl hy/sy die storie voorlees en stuur die versameling beeldmateriaal aan gesinne om voor bedtyd te speel.
  • Stuur ‘n herinneringsboodskap of -grafika via sosiale media en elektroniese boodskapdienste uit.
  • Mik daarna om 15 – 30 minute lank te lees.
Lees Idees: Boeke Dag(drukbaar)
Boekmerkies, ens.
Tik gerus soekterme soos “leeslys, leesreeks, boekmerk, boeke dag, boeke nag, biblioteek…stories” by die soekblokkie vir soortgelyke idees in.

 

This slideshow requires JavaScript.

 

Biblioteekweek

2 Kommentaar


Dit is Biblioteekweek vanaf 15 tot 19 Maart.  Wat kan jy doen om hierdie week te vier?

  • Indien jou skool ‘n biblioteek het, kan jy individuele foto’s van die kleingoed (veral Graad R of 1) neem.  Die gedagte is dat jy die foto in of voor die biblioteek neem – met ‘n boek of lidmaatskapkaartjie in die hand.
  • Druk dit dan op ‘n A4-vel uit (“print” in die middel) en help die outjies om ‘n raam rondom te teken met helder uitdraaikryte of pastelle.  Maak letterpatrone, skryf woorde of ‘n slagspreuk (bv. “Ek kan lees.” “Lesers is oulik.”) in die raam.  Verf ‘n verdunde voedselkleursel lagie bo-oor en siedaar!  Nou kan jy ‘n uitstalling in die gang maak om te wys hoe oulik jou lesertjies is.  Blok dit op ‘n aansteekbord of maak ‘n lang lyn (op die outjies se ooghoogte), sodat die ander maats die slim lesers kan raak sien.
  • Reël ‘n ouer, ‘n ouma of iemand uit die gemeenskap om oulike kinderboeke vir die kleingoed te kom lees.  Die persoon moet darem so ‘n bietjie met gevoel kan lees en weet hoe om met kleingoed te kommunikeer.  Wat van ‘n Graad R-juffrou?  Die kinders sal dit geniet om hul ou juffrou weer te sien en om met hul uniforms te spog.  Dalk kan een van die groter grade se juffrouens kom inloer of selfs die skoolhoof.
  • Vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n spreker reël.  Dalk is daar ‘n kinderboekskrywer of –illustreerder in jou omgewing.  Lees van die persoon se boeke en doen ‘n bietjie navorsing.  Stel ‘n paar vrae op wat die kinders tydens ‘n onderhoud of vraag-antwoord sessie moet beantwoord.
  • Maak julle eie boeke en plaas dit in die klas se leeshoekie / bibliotekie – vir die hele klas se leesgenot.  (Bv. My boekie oor vorms.  My boekie oor sjokolade.  My boekie oor die skoolhoof.  Juffrou se boekie oor dinge waarvan sy hou.) Kry dan ‘n ander opvoeder om die boekies te lees.  Dit behoort ‘n aardigheid te wees vir die kleingoed 😉
  • Ouer grade kan vir die kleintjies gaan lees of tydens ‘n leesles vir die kleingoed help met hulle leeswerk…
  • Wat van ‘n biblioteek “make over”?  Die moontlikhede is legio.

ouditiewe tuisprogram

16 Kommentaar


Hiermee ‘n paar gehoor-oefeninge vir ekstra oefening…

ouditiewe

 

  • Oë toe. Ma maak geluide en kinders identifiseer dit. (nies, hoes, lag, maak ‘n ritssluiter oop)
  • Oë toe.  Luister na geluide in die huis en identifiseer of dit ver of naby is.
  • Speelgoeddiere: Leerders maak telkens die geluide van die diere hardop na. (Ma of Pa wys)
  • Kyk na prente van bv. voertuie, diere, ens.  Maak telkens die geluide na.
  • Nonsens-opdragte: Voer realistiese opdragte uit.  Sit stil indien opdrag onrealisities is. (Soos Simple Simon)
  • Voer een opdrag uit. (Maak seker dat boeta luister:  “Maak die deur toe”)
  • Voer meertallige opdragte uit (Gee tot drie opdragte op een slag:  “Maak die deur toe, skink ‘n glas water en neem dit vir Pappa”).
  • Klap ‘n eenvoudige ritme en die kinders volg dit na. (** –, *-*–***)
  • Leer ‘n twee-reël liedjie met die eggo-metode aan.  Bv. ‘n Groetliedjie. (Goeie môre, Jana. Dit is ‘n lekker dag. Goeie môre, Mamma. Dit is ‘n lekker dag…)
  • Noem een woord.  Kinders herhaal die woord.
  • Noem twee of drie woorde.  Kinders herhaal die woorde. (pap, appel, tafel, tone)
  • Absurditeite:  As opdrag uitvoerbaar is, klap die kinders hande.  Indien nie, sit hulle stil.
  • Vrae:  Wat is dieselfde aan ‘n storie- en ‘n inkleurboek?
  • Vrae:  Wat verskil tussen ‘n storie- en ‘n inkleurboek?
  • Konsepvorming:  Wat het ek alles nodig om my tande te borsel / koffie te maak?
  • Konsepvorming:  Waarom kan mense nie vlieg nie? (Lei deur vraagstelling.)
  • Wys ‘n prent van ‘n hond.  Sê “hon” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “hond”.
  • Wys ‘n prent van ‘n kat.  Sê “at” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “kat”.
  • Sê die eerste reël van ‘n kinderversie bv. “Hompie kedompie” en laat die laaste woord uit.  Die kind voltooi.
  • Sing die eerste reël van ‘n bekende kinderliedjie bv. “Hansie slim” en laat die laaste woord uit.  Die kind voltooi.
  • Samestellings:  Wys prent van ‘n roomys.  Sê “roomy” en die kind moet die regte woord sê – i.e. “roomys”.

Sukkel jy om jong kinders se aandag te kry?

‘n Mens kan ook ‘n alternatiewe speletjie hê waar ‘n mens ‘n fluitjie blaas of ‘n klokkie lui.  Die outjie/groep wat eerste sit, hand opsteek of kyk, kry ‘n bitter klein lekkertjie of ‘n spesiale plakker.  As daar kinders is wat moontlik nooit ‘n lekkertjie sal kry nie, kan ‘n mens hulle in ‘n aparte groep betrek. Gee dan ‘n eenvoudiger aktiwiteit waarvoor jy vergoeding gee, sodat hulle ook die sukses kan smaak. ‘n Mens sal hierdie outjies later by van die ander groepe wil indeel sodat hulle mekaar kan help.  Gee dan ‘n vergoeding vir die groep – al is daar ‘n outjie wat sukkel.  Herhaal, herhaal, herhaal.

Tik gerus ook soekterme soos “aandagafleibaar” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, indien jy aandagafleibaarheid vermoed.  Vir meer oefeninge vir leerders wat tans leer klank en skryf, kan jy soekterme soos “abc uitspraak, nuwe leser, abc skryf…” probeer.  Loer ook na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant en die hofie genaamd “produkte” 🙂

Afrikaanse aanvangsklanke

Identify the Initial Sounds

 

*ouditiewe ontwikkeling

Jong lesers en nuwe boekies

2 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Ek het gevind dat daar heelwat leerders is wat sukkel om woorde te klank en dan weer as ‘n woord te lees. Hulle kan die woord klank, maar haak vas by k-a-t. ‘n Idee wat nogal vrugte afwerp, is om die woord uit te rek – soos ‘n stadige “replay” aksie op televisie. Byvoorbeeld: k…a…t. Die woord word dan weer en weer gesê – elke keer ‘n bietjie vinniger. As die woord op hierdie manier herhaal word, kry die kind die geleentheid om die woord te hoor en om dit in sy / haar gedagtes saam te voeg. SCRABBLE (Junior Scrabble) teëls of los klank kaartjies kan gebruik word om die woorde te pak. Pak die klanke apart en skuif hulle nader terwyl die woord op die “uit rek manier” gelees word. Dit klink vreemd, maar die kinders sal dit geniet.

As u kind ‘n nuwe boek huis toe bring:

  • Blaai saam met u kind deur die boek. Wat sien julle alles?
  • Vra hom / haar oor die storie. Wat kan jy onthou van die storie wat jy in die klas gehoor het?
  • Lees die storie saam met u kind en praat oor interessante of nuwe woorde. Bv. klein het ‘n “ei” in. Watter ander woorde het so ‘n klankie in?
  • Speel “soek die woord”. Noem ‘n woord uit die boek en vra u kind om die woord te soek. Hoeveel keer verskyn die woord in die boek?
  • Skryf julle eie stories deur woorde uit die boek en ander bekende boeke te gebruik.
  • Maak woordmure deur nuwe woorde teen die muur aan te bring – voeg prentjies by indien moontlik. Hou die woorde sigbaar en oefen dit sommer terloops.

Kinderstories op die internet

22 Kommentaar


kinderstories Ek is tans besig om na Afrikaanse kinderstories op die internet te soek. Dit is nogal moeilik om te kry.  Het jy al ‘n paar teë gekom? Kyk gerus ook op my tuisblad.  Aan die regterkant is die “blogroll” (nou skakellys) vol skakels na opvoedkundige webblaaie met stories.  Ek lys ‘n paar:

Indien jy ‘n slimfoon of tablet het, maak hierdie dokument oop en gebruik die QR Leser om  na die stories te kyk.

Loer gerus ook na die inskrywing in verband met rympies en die volgende boeke of leesstof:

Vir Kinderstories op jou Android of Apple toestel, loer gerus na die Geletterdheid/Taal– of Hulpmiddels-afdelings aan die regterkant.  Daar is ook skakels na staatmaker leesreekse.  Tik gerus voorts ook soekterme soos “e-boek, iPad, Android” by die soekblokkie aan die regterkant in.