Hello, Karen 😉 ‘n Mens kan tuisoefeninge probeer om die fynspiere van die hand te ontwikkel. Die eelt kom moontlik van “styf klem”. Kry gerus vir die outjie ‘n potloodgrepie – ‘n sagte rubber-apparaat – wat oor die potlood gly. Arbeidsterapeute (of sommige skryfbehoefte winkels) verkoop gewoonlik grepies wat gemerk is met ‘n rusplek vir die onderskeie vingers. Probeer ook om gereeld fynspier-oefeninge te doen en indien hierdie idees nie vinnige resultate lewer nie, kan ‘n mens by ‘n arbeidsterapeut aan klop. ‘n Arbeidsterapeut sal vir julle ‘n deeglike evaluasie kan doen en raad gee om jou seuntjie te help. Baie sterkte 😉
Apr 09, 2011 @ 19:00:05
My seuntjie is nou in graad 1. Hy sukkel met sy potloodgreep en het al ‘n eelt op sy middelvinger. Hoe kan ek hom help om dit reg te stel.
Apr 10, 2011 @ 18:15:28