Toeps en katoeties ter ondersteuning van spesifieke lees, spel en leer uitvalle:
Claro ScanPen: Neem ‘n foto van die teks en luister na die inhoud. Verlig die deel wat jy wil hoor of lees en kies die stem wat vir jou lees. Daar is ‘n Engelse, Suid-Afrikaanse opsie en as jy die Belgiese Nederlands kies, lees die stem die Afrikaanse teks redelik verstaanbaar.
Claro Speak is gratis en lees teks wat jy tik of oorplaas (copy and paste).
SpeakIt! Laai die aanvulling op Google Chrome af. Verlig ‘n teks en regsklik om die stem te aktiveer.
Rewordify: Lees bekende Engelse stories met eenvoudige verklarings van die moeiliker begrippe en terme.
Hemingway: Plaas jou Engelse skrywe in die toep en dit sal jou help om sinne beter te formuleer soos nodig.
Math vocabulary: Flitskaarte in Engels.
My Homework App: ‘n Elektroniese huiswerkboek.
Call Scotland het ‘n verskeidenheid toeps.
Loer gerus ook na Google se opsies, elektroniese boeke en verskeie ander toeps om te toets.
Okt 21, 2018 @ 07:37:05
Goeie dag juffer.
Asb help ek soek dringend hulp met die v en f woorde….hoe leer ek die verskil vir my seun. Asook die ei en y. En wanneer word ‘n vokaal net een as dit ‘n meervoud word bv. Skaap….skape
Dankie
Lucy Read
Okt 21, 2018 @ 23:05:31
Hallo, Lucy 😉
Daar is verskillende idees om te probeer in verband met die f/v-woorde. Loer gerus hier.
Vir die ei woorde, kan jy hier loer. Dis ‘n moeiliker een – juis omdat ei en y so eenders klink. Ek verwys dikwels na die y-woorde wat “langer” items beskryf (ys wat van ‘n dak af hang/drup, yster – golfstok, lyf, skryf – potlood, wyn – glas met steel, woorde wat na ‘n lyf verwys – jy, my, hy, sy, wys, gryp, lyk, kyk, yskas, pyl…
Woorde soos skaap/skape, gaan heelwat aandag kry as hulle oor meervoude, verkleinwoorde en lettergrepe begin leer. Ek laat die outjies die woord klap. As die lettergreep eindig op ‘n klank wat soos a vir appel klink, kry die woord nog ‘n medeklinker (ka-te word katte). As die lettergreep eindig op ‘n klank wat soos ‘n dubbelklank klink (aa, ee, uu, oo), val die een klinker weg en kry die woord niks by nie (muu-re word mure, stoo-rie word storie, skaa-pie word skapie…).
Tik gerus ook soekterme soos “verkleinwoord, meervoude” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.
Ek hoop dit kan help.
Okt 22, 2018 @ 11:21:43
Goeie dag,
Asb verander my epos adress na: …
Vriendelike groete,
Lucy Read
Okt 22, 2018 @ 13:11:38
Hallo, Lucy 😉
Dit lyk asof jou nuwe adres reeds geaktiveer is. Ek hoop jy kry kennisgewings daar.
Ek kan ongelukkig nie ‘n e-pos van die lys verwyder nie, maar jy sal onderaan ‘n e-pos op die “unsubscribe”-skakel kan klik om kennisgewings te keer.
Ek hoop dit kan help.