Hoe kan ons ‘n liefde vir lees kweek en ter selfde tyd geletterdheidsstandaarde verhoog?
Sien die oorspronklike plasing deur Ali hier.

As ‘n voormalige Engels-huistaalonderwyser in graad 4 – 6, weet ek ‘n ding of twee oor hoe Engels beskou word in klasse waar die meerderheid leerders nie Engels as hul huistaal praat nie – ‘n norm in Suid-Afrika. Dit kan dikwels ‘n stryd wees om leerders te oorreed om te lees vir plesier (dis nou as jy tyd daarvoor kry gedurende die dag!). Dis elke onderwyser se stryd om kinders te kry om te lees.

Om ‘n liefde vir lees te kweek, moet die volgende eers in plek gesit word. Dit help natuurlik dan om lees en begrip te verbeter:

  1. Toegang
  2. Vermoë
  3. Geduld 

TOEGANG TOT BOEKE

Die meerderheid van Suid-Afrikaanse skole het nie die voorreg van ‘n skoolbiblioteek nie. Selfs ‘n biblioteek in die dorp is dalk te ver. Hoe kry ons leerders dan toegang tot leesstof? 

Toe ek begin skoolhou het, het ek ‘n klein persentasie (soos enige onderwyser maar eintlik doen) van my salaris gebruik om in my klas in te ploeg. Ek het boeke, tydkskrifte en selfs gegradeerde leesreekse gekoop. Gek, ja, maar ek het die voordeel daarvan gesien.

Dis natuurlik nie moontlik vir alle onderwysers nie en dit hoef ook nie so te wees nie. Suid-Afrikaanse skole het begrotings. Dit is egter diegene wat daarvoor verantwoordelik is wat die geld op die regte plekke moet toeken en om na onderwysers se behoeftes te luister.

Toe ek op laerskool was (darem nie TE lank terug nie!), het ons toegang gehad tot ‘n leesboks. Hierdie boks het gelyk of dit uit die tagtigerjare gekom het, maar die inhoud was steeds relevant. Deesdae is daar baie meer hulpbronne om van te kies. Daar is ook interaktiewe leesreekse en e-boeke wat mens gratis kan aflaai.

VAARDIGHEDE

Wanneer jy jou klas binnetree, is daar onmiddellik ‘n wye verskeidenheid van leerders met vlakke van leesvaardigehede. Almal het verskillende sterk- en swakpunte. Leerders leer natuurlik nie op die selfde tempo nie. Hoe kan ons dan almal op verskillende vlakke bystaan? Dis nie maklik nie. ‘n Begin is om te fokus op ‘n goeie grondslag en van daar af te bou om kinders se vaardighede. Maak seker dat jy ook ‘n verskeidenheid van aktiwiteite het wat kinders kan doen op verskillende vlakke. Dit help nie mens forseer ‘n kind om op ‘n graadvyf-vlak te lees, indien hulle die vaardighede van ‘n graad 3-leerder het nie. Bou hulle saam op tot hulle op ‘n aanvaarbare vlak is en moedig dan leerders aan om moeiliker tekste aan te pak.

“It is only through reading that children learn to read. Trying to teach children to read by teaching them the sounds of letters is literally a meaningless activity.”  – Frank Smith (Psycholinguist, Development of Reading Theory Contributor, Harvard University)

Begrip, begrip, begrip! Dit is definitief die belangrikste.

GEDULD

Hierdie laaste is stap is nie net vir die leerders nie, maar vir almal wat betrokke is in die proses. Leerders kan gefrustreerd raak met die leesproeses – veral as hulle bewus is dat hulle leesvaardighede op standaard is nie. Leerders moet tyd gegee word om te lees vir genot. Nie net vir “punte” nie! Onthou, literatuur is nie net boeke nie. Dit kan ook ander tekste wees soos strokiesprente, rolprentskrifte, nuusartikels, kortverhale, prenteboeke en nie-fiksieboeke. Selfs die lees van onderskrifte van ‘n fliek is goeie oefening – skakel die klank af en dwing hulle om te oefen!

Probeer iets anders, nie net omdat dit anders is nie, maar omdat dit waarskyblik belangstelling by jou leerders sal wek. Jou leerders kan hul eie kort stories skryf en dit dan “publiseer” in ‘n klas boek. Of jy kan ‘n klasblog begin (dis gratis – soek vir WordPress) en julle kan dan saam stories lees. Praat met jou HODs en skoolbestuurspan om ‘n klasbiblioteek te begin opbou, stel ‘n “wenslys” op van boeke wat jy graag sal wil hê en deel dit op die internet. Wie weet, dalk is daar ‘n boekwurm wat reeds al hierdie boeke het en dit graag wil skenk.

‘Daar is nie iets soos ‘n kind wat haat om te lees nie; daar is slegs kinders wat nog nie die regte boek gevind het nie.‘ – Frank Serafini

Hierdie artikel is deur Macmillan se nuwe Language Gaps / Woordwys-reeks geborg; ‘n Oefen- en intervensie-hulpmiddel wat in die klaskamer en tuis gebruik kan word.

Wanneer daar dele van Afrikaans is wat moeilik is om te verstaan, is dit wonderlik om ’n helpende hand te hê om dinge makliker te maak. Die Woordwys-reeks bied presies hierdie soort hulp aan!

Die vyf Woordwys-boeke dek grade 4, 5 en 6, en werk deur al die grondbeginsels wat leerders nodig het vir hulle taalreis vir beide Afrikaans Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal: 

  • Woordwys – Werk met woorde 
  • Woordwys – Werk met sinne 
  • Woordwys – Lees met begrip 
  • Woordwys – Letterkunde
  • Woordwys – Skryf

Taalonderrig vind op ’n geïntegreerde wyse plaas in die klaskamer. Die Woordwys-boeke is ontwikkel om leerders die kans te gee om een vaardigheid of konsep op ’n slag te oefen en onder die knie te kry. Dit help leerders om probleemareas te oorkom sodat dit onmiddellik in die kiem gesmoor word en nie later meer probleme veroorsaak nie.

Elke Woordwys-boek dek grade 4, 5 en 6 en werk deur al die basiese kennis wat noodsaaklik is.

Kenmerke van die reeks:

  • Geskryf en hersien deur Intermediêre Fase kundiges
  • Voldoen aan KABV-kurrikulum
  • Spreek spesifieke leemtes in gefokusde areas aan
  • Notas en/of voorbeelde aan die begin van elke afdeling om die leerder, onderwyser of tutor te help met die konsep
  • Voldoende oefenaktiwiteite in elke afdeling
  • Verskillende tipes aktiwiteite, volgens moeilikheidsgraad, sorg dat daar genoeg oefening vir alle grade is
  • Aktiwiteite kan vir formatiewe en summatiewe assessering in die klaskamer gebruik word
  • Antwoorde vir alle aktiwiteite (behalwe vir Woordwys – Skryf)
  • Help leerders om die konnotasie tussen Engelse en Afrikaanse konsepte te maak Byvoorbeeld: Selfstandige naamwoord = Noun
  • Antwoordspasies vir leerders om in te skryf
KLIK HIER VIR MEER INLIGTING EN VIR UITTREKSELS VAN DIE BOEKE

Advertisements