Advertisements
Tuiste

Search Results for: "graad r"

Belangrike dinge: Graad R en 1

12 Kommentaar


Wanneer die fondamente vir lees en leer gelê is en die kind die aspekte bemeester het, begin hy ryp word vir formele onderrig. As die leesproses begin voor die gereed is om die inligting in te neem, kan dit lei tot lees- en leerprobleme.  Sonder ‘n sterk grondslag, kan die gebou ineen stort. Ontwikkelingsmylpale artikel […]

Beginner-juffer idees (Graad R en 1)

20 Kommentaar


Onderwysers is amper soos die “hunter gatherers” van ouds. Ons is altyd opsoek na nuwe dinge en inligting en gooi min goed weg. Dis eintlik noodsaaklik om idees en hope papier te hou. Daarom is dit wenslik om dik ringlêers byderhand te hê waarin jy jou “oulike takies” en planne kan liaseer – volgens temas […]

Voorskoolse jare – Wat word verwag?

Lewer kommentaar


Soos geplaas op Skool Toe In die voorskoolse jare werk ‘n mens voortdurend informeel en soveel as moontlik spelenderwys.  Die leerwerk geskied deur middel van sintuiglike ervaring en papierwerk (takies) word sover as moontlik vermy.  Daar is egter aspekte wat ‘n mens wel deur werksvelle kan vaslê of moet demonstreer. Roetine en struktuur:  Dit skep ‘n bekende […]

pasella vir jou klaskamer

5 Kommentaar


Hiermee gratis hulpmiddels vir jou klaskamer.  Verklein die naamkaartjievelle tot twee op ‘n A4-bladsy indien jy dit so verkies 😉 voorblaaie (ander) (tik besonderhede op ‘n skoon dokument en druk op die voorbladvelle) Klaskamer reëls, doelwitte Classroom goals rules dagprogram uiltjies-naamkaartjies uiltjies-dagprogram bytjie-naamkaartjies bytjie-dagprogram volstruis-naamkaartjies volstruis-dagprogram liewenheersbesie-naamkaartjies liewenheersbesie-dagprogram olifant-naamkaartjies olifant-dagprogram vissie-dagprogram vissie-naamkaartjies toilet-posters badkamer-muurkaarte klas-verlaat-1 Tik […]

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is. hulpmiddels muurkaart naamkaart eerste dag klanke abc uitspraak alfabet sigwoord dubbelklank tweeklank drieklank klanksamevloeiings hersien meervoud verkleinwoord leestekens flits oefen self e klink […]

Skryf in

2 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.

die see

6 Kommentaar


Iemand het onlangs gevra wat ‘n mens kan doen met ‘n see-tema.  Laat ek sien… Berei groot velle wit of koerantpapier vir ‘n seetoneel voor.  Indien jy ‘n rol papier het, kan jy die papier sowat ‘n muurlengte lank maak.  Meng muurpapiergom/styselpap met voedselkleursel (‘n emmer met groen, ‘n emmer met blou en dalk ‘n […]

Voorspoed

1 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos abc, klanke, tweeklank, drieklank, dubbelklank, hersien, potloodgreep, sigwoord, lees, VMI, posisie, Graad R, Graad 1, woordsom, syfer, halveer, verdubbel, afrond, geld, maaltafel, deling, veelvoud, vorm, verkleinwoord, e klink soos i, skrif, skryf, engels, vraestel, aandagafleibaar, kosblik, eerste dag… by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in of kontak my […]

Skoolgaande of skoolpligtige ouderdom

18 Kommentaar


Graad R is die amptelike aanvangsjaar van die Grondslagfase – ‘n fase wat van Graad R tot 3 strek – en het ‘n volwaardige kurrikulum (KABV/CAPS).  Gewoonlik woon kleuters Graad R by die jaar waarin hulle 6 jaar oud word, maar daar is ‘n uitsondering vir kinders wat voor Junie 5 jaar oud word. Kinders gaan Graad 1 toe […]

Koeverte

Lewer kommentaar


Hiermee verskillende koeverte vir boodskappe of rapporte.  Druk dit op koeverte, wit papier of kardoes sakkies van die toepaslike grootte.  Toets eers voordat jy dit in groot maat druk. Druk die kind se naam met Graad 1-skrif op ‘n strook papier en skuif dit binne-in die koevert.  Laat die kind die deurslag met ‘n dik […]

Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Hou ‘n muntlegging om boeke vir die biblioteek te kan aankoop.  Pak dit in vorms, rye, patrone, letters, woorde of embleme.   Skryf die vorms of simbole met bordkryt op teer of maak los papierweergawes.  Kies ‘n spesifieke munttipe (soos 5c of 10c) om te versamel vir die dag en pak dit. Betaal 50c om […]

vakansie

2 Kommentaar


  Dit is vakansie!  Indien jy graag meer oor die kodes op die rapport wil weet, tik “CAPS” by die soekblokkie aan die regterkant in.  Loer gerus ook na “Paasfees” en skooldinge soos “potloodgreep, skrif, skryf, klanke, hersien, halveer, voor en na, meer en minder, vermenigvuldig, Graad R, Graad 1, middellynkruising, visuele persepsie, handspier, fynspier, […]

beroepe

2 Kommentaar


Juffrou T het idees in verband met beroepe (voorskoolse vlak) gevra.  Hiermee dan so ‘n paar idees… As ‘n mens oor beroepe (of werke) praat, kan ‘n mens na die ouers se beroepe kyk of vooraf ‘n opname maak oor wat elkeen wil word “as jy groot is”.  Betrek ‘n paar van hierdie beroepe of […]

bêre

4 Kommentaar


Lê daar dikwels skoolskoene en -klere op die vloer?  Hiermee dan ‘n paar goedkoop bêre idees om die kledingstukke smiddae op te hang en om die skoene blink te hou. In die klas… As jou skool nie hake het nie:  Maak eenvoudige klerehake deur stukke ou speelgoed (bv. arms, bene, skaakstukke), ongebruikte deurknoppe of gesaagde […]

CAPS – nuwe kurrikulum

106 Kommentaar


Die CAPS-kurrikulum is aanlyn beskikbaar.  Jy kan ook die departementele werkboeke vir gesyferdheid en geletterdheid aflaai.  Ons het gemerk dat die dokumente ingewikkelde terme rakende skrif gebruik…”arkade” en “guirlande” patrone.  Ek verstaan dit as volg: Garlands/Guirlande is die rondings soos in ‘n “apieswaai patroon”.  Dit sinspeel op die “Garlands”, tinselof kersversierings wat ‘n mens kan […]

spreker

Lewer kommentaar


Renee Lighton gaan weer by verskillende geleenthede optree. Dit is regtig die moeite werd en ‘n inspirasie vir enige mamma of juffrou van Graad R – 3-outjies. 1. Gallagher Estate Baba Indaba (Môre al!) 2. Milnerton (Maandag, 30 Mei) 3. George

Hoekom word inkleurboeke ontmoedig?

2 Kommentaar


Cecile het ‘n onderwerp geopper wat destyds in my studentejare ook bespreek is. Baie Graad R-juffrouens en -skole hou nie van inkleurprente nie en raai die gebruik daarvan af. Soos daar aan ons vertel is, beperk dit die kreatiwiteit van leerders en maak dit hulle lui om self na te dink oor vorms en figure. […]

Skoolgereed

6 Kommentaar


Het jy jou Graad R-kind al by ‘n laerskool in geskryf?  Is jou kind skoolgereed en het hy of sy genoegsaam ontwikkel om Graad 1 met selfvertroue aan te durf?  Kyk gerus na die volgende skakels vir ‘n paar idees om op te volg: ‘n Algemene skoolgereedheidsvraelys – soos deur ‘n opvoedkundige sielkundige vas gestel. […]

Leer speel-speel

2 Kommentaar


Ek het onlangs ‘n navraag oor die volgende aspekte gekry.  Die antwoorde en idees is gemik op Graad R- en 1-outjies.  Dit kan daagliks in gespan word en is nie noodwendig harde werk nie.  Loer asseblief ook na die lysie aan die regterkant (blogroll) vir skakels na oulike werwe. Vir spiertonus en balans is daar […]

Speel ‘n bietjie

Lewer kommentaar


28 Mei is Wêreld Speeldag.  Ander mense noem dit wêreld speelgoeddag.  Wat jy ookal verkies, maak seker dat jy ‘n bietjie pret vir die dag beplan… Pak die speelgoed- of apparaatstoor uit en stel verskeie stasies op waar kinders verskillende aktiwiteite kan probeer. (Balgooi, dribbel, balanseer, kruip, klim, hang, “monkey bars”…) Bou ‘n hindernisbaan. Bou […]

Older Entries