Tuiste

Search Results for: beskerm

Kinderbeskermingsweek

Lewer kommentaar


Kinderbeskermingsweek2019  Sien gerus vorige inskrywings en idees.

Kinderbeskermingsweek

1 Kommentaar


Kinderbeskermingsweek duur van 27 Mei tot 3 Junie 2018. Weet die outjies wat om te doen om veilig te wees?  Ken hulle hul persoonlike inligting en noodnommers?  Herinner hulle gerus tydens dié week. regte

Kinderbeskermingsweek

Lewer kommentaar


Kinderbeskermingsweek strek hierdie jaar van 27 Mei tot 2 Junie. Klik gerus hier om verskeie inligtingstukke en noodnommers te vind om met die outjies te deel. Denver Storie beskerm regte    

Kinderbeskermingsweek

2 Kommentaar


Hierdie is die tyd van die jaar wanneer die skool se hulpspan kontakbesonderhede van ondersteuningsorganisasies in hul onmiddelike omgewing kan vernuwe en aanvul.  Dit sluit organisasies soos maatskaplike dienste, nooddienste, kundiges wat terapie aanbied, ens. in – almal wat fisiese en emosionele welstand kan verseker. Praat as ‘n personeel oor die onderwerpe (en grense daarvan) wat […]

Kinderbeskermingsweek

2 Kommentaar


Om Kinderbeskermingsweek te vier, gaan ons groen linte dra of ‘n groen lint deur ‘n boekmerk knoop.  Herinner die outjies net aan die simboliek of betekenis daarvan. Maak julle eie wasbare, tydelike tatoëermerke.  Tik die boodskap (ouer se kontakbesonderhede) in die spieëlbeeld en druk uit.  As jy op Power Point werk, kan jy die teks tik […]

beskerm

2 Kommentaar


Gesels gerus hierdie week met die klas oor hul regte en veiligheid.

Kinder Beskermingsweek

Lewer kommentaar


Daar is  min dinge wat my so grief soos ‘n verwaarloosde kind…en daar vergeet ek toe byna dat dit Kinder Beskermingsweek is.  Ek heg ‘n paar skakels na webtuistes aan waar u kan inligting kry oor kinderregte en –veiligheid. Dis ‘n onderwerp waaroor ‘n mens moeilik praat, want ons wil veiligheid en versorging van kinders […]

Boelie Teenkampingsweek

Lewer kommentaar


Gesprekke oor goeie gedrag, medemenslikheid, vriendskap en anti-boelie gedrag vind voortdurend plaas. In November is daar ‘n internasionale week waar die aandag spesifiek op ‘n teenkampingspoging gevestig word. Wat is reg en verkeerd? Hoe kan jy beter keuses aanwakker en wie kan help?

Die Padda

Lewer kommentaar


Iemand het inligting oor die lewensiklus van ‘n padda (vir ‘n multi-graad klas, Graad R – 3) gevra.  Hiermee dan ‘n paar idees. Padda prente As ‘n mens ‘n visbak met paddavisse in die klas kan aanhou, sou dit wonderlik wees.  Die kinders sou dan kon sien hoe paddas ontwikkel, beweeg en lewe. ‘n Mens […]

Dinge wat ons nodig het om te lewe

Lewer kommentaar


Iemand het idees gevra vir aktiwiteite in verband met dinge wat ons nodig het om te lewe.  Ons het oorwegend skoon lug (suurstof), kos (vrugte, groente, vleis, grane…), water, skuiling (behuising/beskutting) en klere nodig.  Hiermee dan so ‘n paar idees om dit aan te spreek. ‘n Collage Die agtergrond: Berei die lae apart (oor dae) […]

100

2 Kommentaar


Mnr. Nelson Mandela sou vanjaar 100 jaar oud geword het.  Ons spandeer jaarliks 67 minute aan gemeenskapsdiens op sy verjaarsdag – 18 Julie.  Vanjaar kan ons dit sommer ‘n ronde 100 minute maak! Hoe lyk ‘n 100?  Dis ‘n groot getal.  Vir die jonger outjies kan ‘n mens byvoorbeeld… ‘n 100 botteldoppies of -proppies in […]

waterbesparing

3 Kommentaar


Watter planne maak julle by die skool om water te bespaar?  Versamel julle water vir die tuin, die gemeenskap of ander  redes (dalk vir ‘n dierebeskermingsvereniging)? Herwin julle dalk water om die skooltuin mooi te hou?  Hoe doen ‘n mens dit? Water Muurprente (A4)  Aanlyn speletjie

16 Dae

Lewer kommentaar


Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) begin vandag.  Alhoewel ons voortdurend met die outjies daaroor gesels, kan ‘n mens weer die veiligheidsmaatreëls en aspekte soos noodnommers aanspreek.  Loer gerus hier: Noodnommers 1 Noodnommers 2 Veiligheid Persoonlike inligting Persoonlike Veiligheid (in terme van vreemdelinge, veiligheid tuis en op die pad) – […]

behulpsaamheid, onbaatsugtigheid…

2 Kommentaar


Pay-it-Forward Dag fokus op medemenslikheid, behulpsaamheid, waardering en onbaatsugtigheid.  Wat kan jy in jou alledaagse omgang met mense doen om hierdie eienskappe uit te leef? Lees vir ‘n maat of lees boeke vir die inwoners van plaaslike tehuise. Loop om die blok om rommel op te tel (in groepe). Help plaaslike organisasies, bv. die dierebeskermingsvereniging […]

Ondersteuning

Lewer kommentaar


Van my leerders benodig alternatiewe hulpmiddels en idees om hul skooldag makliker te maak.  Sommige outjies is tasdefensief en hou nie van sekere teksture nie (bv. etikette in klere, growwe papier, klei), ander hou nie van sekere geluide nie (bv. skril skree geluid van ‘n foutiewe klankstelsel of interkom), ander sukkel om te fokus, party […]

Jeugdag

Lewer kommentaar


Maak dit ‘n positiewe ervaring en laat die outjies drome en ideale uitbeeld. Skryf dalk sinsnedes soos “Met harde werk, kan ek eendag ‘n ….word.” op die bord. Elkeen gee sy ideale beroep (plak dalk ‘n handgeskrewe flitskaart in die spasie) en Juffrou of Meneer neem dan ‘n foto van hom / haar daarby.  Slagspreuke soos […]

Boeliegedrag / Bullebakkery

5 Kommentaar


Hoe bemagtig ek my kind? Verskeie oogpunte Afknouery ‘n Voorbeeld van ‘n Boeliebeleid 1, 2, 3 LO Graad 5-les Betrek ‘n appel om die boodskap oor te dra Wat is ‘n Kuberboelie? Wat is ‘n Kuberboelie? Sosiale Media (Facebook) Sosiale Media en Kuberboelies ‘n Artikel (bl.13) ‘n Artikel (LitNet) ‘n Artikel Beskerm jouself Pak die boelie […]

Sakpas Doen-dit-self Hulpmiddels

3 Kommentaar


  ‘n Vinnige “werkende” woordmuur: Ons het ‘n ou lêertipe foto-album opgeknip en kaartjies daarin geplaas. Die outjies soek dan die letter/klank teen die muur, neem ‘n kaartjie, skryf die woord neer en bring dit terug.  Hou kaartjies van verskillende kleure in die sakkie of bring meer as een sakkie onder elke letter/klank aan (vir […]

Onderwysersdag, 5 en 16 Oktober

7 Kommentaar


Ons vier vanjaar Onderwysersdag op 5 én 16 Oktober. Wêreld Onderwysersdag gaan nie oor geskenke nie, maar eerder oor die bewustheid en ondersteuning van die persone wat nuwe generasies onderrig en opvoed.  Om hierdie dag spesiaal te maak, kan ‘n mens die volgende geskenkies oorweeg, maar ‘n briefie of ‘n boodskap bly altyd ‘n wenner.  Loer […]

Pikkewyn

1 Kommentaar


  Vandag is Pikkewyndag.  Die Bril- of Afrika-pikkewyn kom aan die Suid-Westelike kus van Afrika voor en lewe ongeveer 10 – 15 jaar.  Daar is egter ook baie ander soorte pikkewyne.  Ken jy die spesies?  Kan jy soos ‘n pikkewyn waggel (of swem)? Watter stories kan julle lees? Meneer Koning se ongelooflike reis Meneer Koning […]

Older Entries