Advertisements
Tuiste

Search Results for: boek

Wêreld Boeke Nag

Lewer kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag.  Besluit op ‘n leestyd van ‘n halfuur tot ‘n uur voor slaaptyd – waartydens die outjies kan lees of na ‘n storie kan luister. Tik gerus soekterme soos “stories, toeps, lees, biblioteek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir heelwat soortgelyke idees. Advertisements

Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

4 Kommentaar


Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas. 1.  Bou woorde met los kaartjies: Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou. Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of… Plak die woordbouwerk op groot velle papier […]

Boekweek & Geletterdheidsdag

Lewer kommentaar


Nasionale Boekweek vind vanjaar vanaf 5 tot 11 September en Internasionale Geletterdheidsdag vind op die 8ste September plaas. Pak letterstempeltjies, -plakkers en stensils uit, knip menigte tydskrifopskrifte op in woorde of letters, pak woord- en spelspeletjies uit en gee die geleentheid om muurprente te skep.  Skryf rympies, gedigte, trefwoorde of nuwe woorde se betekenisse.  Stel spesifieke […]

TAAL- én Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag, 14 Augustus

2 Kommentaar


Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut).  Dit is ‘n Sondag.  ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek. Kinderboeke Reekse Diereboeke Die Uile Sprokies Jeuglandreeks Nuwe Silwerboomreeks Leesreekse Leeslyste […]

Koeverte, Boekmerkies

Lewer kommentaar


  A5 report envelopes _ rapport koeverte Rapportkoeverte Boekmerkies Bookmarks (Toekennings/Belonings) Boekmerkies Boekmerk bookmark Gedrag toekennings A5-koeverte (lente)  

Boeke Nag, 23 April

2 Kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag. Klik gerus op die onderstreepte woorde om na verskillende skrywes te gaan.  Tik ook soekterme soos “biblioteek, boek, boekedag, lees, boekmerk, nuwe leser, taal” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees om tuis te probeer.

Boekedag

Lewer kommentaar


Tik gerus soekterme soos “boekmerk, boekedag, biblioteek, lees, klanke, sigwoord, Engels…” by die bruin soekblokkie in vir verskeie idees.

Internasionale Geletterdheidsdag en SA Boekweek

Lewer kommentaar


Op 8 September vier ons Internasionale Geletterdheidsdag en van 7 – 13 September is dit Nasionale Boekweek in Suid-Afrika. Stel hope ou tydskrifte en koerante beskikbaar sodat die outjies die opskrifletters in nuwe woorde en sinne kan gebruik.  Bou slagspreuke of idiome en laat die outjies hul eie prente daaroor teken.  Plak dit in die gange op, sodat […]

Wêreld Boeke nag

Lewer kommentaar


Pak vanaand die boekrak reg, rangskik dit op ‘n interessante manier (bv. volgens kleur), maak boekmerkies vir elke gesinslid, begin ‘n boeke spaarblikkie, besoek die biblioteek, raam oulike leesprente of aanhalings vir die leeshoekie, lees vir mekaar, maak opnames van voorlesings en luister daarna wanneer julle ‘n aftydjie het en neem ‘n “selfie” met jou gunstelingboek. […]

e-Boeke en ander

2 Kommentaar


Klik op die onderstreepte titels in die lysie.  Eerste woorde Teenoorgesteldes Is ek klein? Meneer Klaasneus se reusagtige vriend Die vernuftige verkleurmannetjie Stories vir die kleingoed Skoolstories (verskeie) Die Jasper-reeks Jasper: Wat ‘n dag [iPad]  Jasper: Wat ‘n partytjie [iPad] Jasper: Krisis op skool [iPad] Jasper: Wat ‘n diep duik [iPad] Radys, die veldmuis Feliks […]

Boeke Nag

Lewer kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag. Hou ‘n Gesinsaand.  Nooi gesinne na die biblioteek met die belofte van sagte kussings, koffie, warm sjokolade en malvalekkers.  Hou uitstallings van die skool se nuutste biblioteekboeke en lees vir mekaar. Nooi die ouers om saam na nuwe moontlikhede te kyk en om saam om oulike boeke vir die […]

Boekedag, 6 Maart

2 Kommentaar


6 Maart is Wêreld Boekedag en vanjaar is daar vele ekstra idees om in die klas te probeer. Verdeel die klanke wat reeds aangespreek is (hetsy enkel-, dubbel-, twee- of drieklanke) en laat die kinders volgens die klanke aan trek – bv. a vir appel, akkers, anker, aartappel, b vir bal, bok, ballonne.  Sien alfabet rympies vir inspirasie. Kies ‘n boek per […]

boekweek

2 Kommentaar


Gebruik hierdie week om die mooiste rympies en storieboeke te lees. Soek spesifieke klanke in die storie of rympie (bv. woorde met ‘n oo of ‘n oe) en skryf dit neer.  Hoeveel woorde kan julle kry?  Kan julle sinne met dié woorde maak?  Plak die lyste teen die muur op en kyk of julle dit […]

boeke: soggens en saans

Lewer kommentaar


7 Maart is Wêreld Boeke Dag en 23 April is Wêreld Boeke Nag.  Laasgenoemde blyk wel vir grootmense te wees, maar ‘n mens kan van enige dag ‘n leesdag maak! Stel ‘n paar leeslyste beskikbaar vir ywerige lesers, laat hulle hul gunstelingboeke kom wys, hou ‘n spesiale leesuur of selfs ‘n marathon en laat ander […]

Wêreld Boekedag, 1 Maart

Lewer kommentaar


boek oortrek

Lewer kommentaar


   voorblaaie Die skooljaar het al plek-plek begin en dit raak nou tyd vir boeke oortrek.  In baie skole is daar spesifieke voorskrifte.  As die skool dit toelaat, kan julle die volgende ontwerpe probeer…(Weereens voeg ek ‘n paar “groen” idees by om die beursies te laat asem haal.) Die boeke: 1.  Grawe in die motorhuis […]

Hoekom word inkleurboeke ontmoedig?

2 Kommentaar


Cecile het ‘n onderwerp geopper wat destyds in my studentejare ook bespreek is. Baie Graad R-juffrouens en -skole hou nie van inkleurprente nie en raai die gebruik daarvan af. Soos daar aan ons vertel is, beperk dit die kreatiwiteit van leerders en maak dit hulle lui om self na te dink oor vorms en figure. […]

Boek Buddies Opvoedkundige Teater

Lewer kommentaar


Lizé Crouse van Boek Buddies het vir my die volgende inligting gestuur.  Lees dit gerus en kontak haar direk indien jy of jou skool belangstel. (lizecrous@hotmail.com) Boek Buddies Produksie is geskep n.a.v die behoefte om lees in Afrikaans te bevorder. Die feit dat kinders minder lees is egter ‘n groot kommer vir talle ouers en […]

TAAL- én Boekedag, 14 Augustus

6 Kommentaar


Die 14de is Koop-‘n-boek-dag.  Doen asseblief iets om ‘n liefde vir lees en vir tale aan te moedig. Hou ‘n leesuur.  Laat almal toe om ‘n kussing of kombers te bring en lees die kleingoed se gunstelingboeke voor…of kry iemand uit die gemeenskap om die boeke te lees. Laat die kleingoed kreatiewe stories skryf en […]

boekmerkies

2 Kommentaar


‘n Mens is mos altyd op soek na oulike idees – om te maak of om te laat maak. Hoekom dan nie boekmerkies nie?!  Dis mos iets om aan die begin van die jaar te maak – om die jaar met ‘n lekker lees gees te begin. National Geographic het ‘n oulike webprogrammetjie waar die […]

Older Entries