Advertisements
Tuiste

Search Results for: boekmerk

Koeverte, Boekmerkies

Lewer kommentaar


  A5 report envelopes _ rapport koeverte Rapportkoeverte Boekmerkies Bookmarks (Toekennings/Belonings) Boekmerkies Boekmerk bookmark Gedrag toekennings A5-koeverte (lente)   Advertisements

boekmerkies

2 Kommentaar


‘n Mens is mos altyd op soek na oulike idees – om te maak of om te laat maak. Hoekom dan nie boekmerkies nie?!  Dis mos iets om aan die begin van die jaar te maak – om die jaar met ‘n lekker lees gees te begin. National Geographic het ‘n oulike webprogrammetjie waar die […]

Wêreld Boekedag

Lewer kommentaar


1 Maart en 23 April word onderskeidelik as Wêreld Boekedag beskou.  23 April is ook Boekenag. lekker om te lees [boekmerk] Het jy ‘n wenslys van boeke wat jy graag sou wou lees?  Vir wie sou jy dit lees?  Sou jy vir jou maat, ‘n onderwyser, ‘n troeteldier of ‘n speelding wou lees? Wat kan […]

luidleesdag

Lewer kommentaar


Wat doen jul skool jaarliks vir Luidleesdag?  Min tyd vir lees?  Probeer die volgende: lees flitskaarte lees spelwoorde soek die verklarings van woorde in ‘n klaswoordeboek op lees rympies lees die lirieke van gunstelingliedjies lees opskrifte in die klas lees sigwoorde soos die dae van die week of maande van die jaar lees stories vir […]

Paasfees

Lewer kommentaar


Loer gerus na vorige skrywes en idees – asook na die simbole van Paasfees. Paasfees Oefen die outjies se knipvaardighede deur paaseiers of kruise op verskillende teksture soos karton, viltlap, snesiepapier (uit ou geskenkpakkies) en riffelkarton na te trek.  Hulle kan dit dan uitknip om versierings en kaartjies te maak. As julle ‘n groot paaseier […]

Biblioteekweek 2017

Lewer kommentaar


Biblioteekweek strek vanjaar van 18 tot 26 Maart. Weet jy hoe om boeke in die biblioteek op te spoor?  Ken jy die Deweystelsel?  Wat is ‘n outeur, ‘n titel, illustreerder en ‘n uitgewer? Hoe bêre ‘n mens ‘n boek en hoe haal jy dit uit die rak? Wikkel jy die boek uit of haak jy […]

Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

4 Kommentaar


Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas. 1.  Bou woorde met los kaartjies: Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou. Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of… Plak die woordbouwerk op groot velle papier […]

Boekweek & Geletterdheidsdag

Lewer kommentaar


Nasionale Boekweek vind vanjaar vanaf 5 tot 11 September en Internasionale Geletterdheidsdag vind op die 8ste September plaas. Pak letterstempeltjies, -plakkers en stensils uit, knip menigte tydskrifopskrifte op in woorde of letters, pak woord- en spelspeletjies uit en gee die geleentheid om muurprente te skep.  Skryf rympies, gedigte, trefwoorde of nuwe woorde se betekenisse.  Stel spesifieke […]

Sonneblom

Lewer kommentaar


Sonneblomdag vervang nou die bekende Bandanadag en word op die 16de September gevier.  ‘n Mens kan dalk sade of klein plantjies verkoop as ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van die Sonneblomfonds. Ontkiem sonneblomsade in watte of grond binne-in ‘n oop glasflessie of deursigtige plastiekglasie.  Wanneer die plantjie sterk genoeg is, kan ‘n mens dit in die tuin of […]

TAAL- én Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag, 14 Augustus

2 Kommentaar


Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut).  Dit is ‘n Sondag.  ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek. Kinderboeke Reekse Diereboeke Die Uile Sprokies Jeuglandreeks Nuwe Silwerboomreeks Leesreekse Leeslyste […]

Boeke Nag, 23 April

2 Kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag. Klik gerus op die onderstreepte woorde om na verskillende skrywes te gaan.  Tik ook soekterme soos “biblioteek, boek, boekedag, lees, boekmerk, nuwe leser, taal” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees om tuis te probeer.

Boekedag

Lewer kommentaar


Tik gerus soekterme soos “boekmerk, boekedag, biblioteek, lees, klanke, sigwoord, Engels…” by die bruin soekblokkie in vir verskeie idees.

Kersfees

Lewer kommentaar


Kersfees is om die draai en is ‘n opwindende tema.  Wat kan ons in die klas doen om vir Kersfees voor te berei? ‘n Boekmerk (hang verskeie aan die boom om uit te deel) en ‘n boodskap (rol op, bind ‘n lint om die rol en plaas dit by elke bord).  Jesaja 9 vers 5 […]

Kinderbeskermingsweek

2 Kommentaar


Om Kinderbeskermingsweek te vier, gaan ons groen linte dra of ‘n groen lint deur ‘n boekmerk knoop.  Herinner die outjies net aan die simboliek of betekenis daarvan. Maak julle eie wasbare, tydelike tatoëermerke.  Tik die boodskap (ouer se kontakbesonderhede) in die spieëlbeeld en druk uit.  As jy op Power Point werk, kan jy die teks tik […]

Wêreld Boeke nag

Lewer kommentaar


Pak vanaand die boekrak reg, rangskik dit op ‘n interessante manier (bv. volgens kleur), maak boekmerkies vir elke gesinslid, begin ‘n boeke spaarblikkie, besoek die biblioteek, raam oulike leesprente of aanhalings vir die leeshoekie, lees vir mekaar, maak opnames van voorlesings en luister daarna wanneer julle ‘n aftydjie het en neem ‘n “selfie” met jou gunstelingboek. […]

Paasfees

4 Kommentaar


Druk ‘n groot ovaal, reghoek of sirkel uit soutklei.  Plaas ‘n kruisvormige koekiedrukker in die middel en “pons” ‘n kruis uit die middel.  Strooi ‘n verskeidenheid deursigtige krale in die middel en bak totdat die krale gesmelt het.  Hierdie sonvanger kan in die venster of aan die Kersboom gehang word.  Indien die outjie vooraf ‘n […]

Boeke Nag

Lewer kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag. Hou ‘n Gesinsaand.  Nooi gesinne na die biblioteek met die belofte van sagte kussings, koffie, warm sjokolade en malvalekkers.  Hou uitstallings van die skool se nuutste biblioteekboeke en lees vir mekaar. Nooi die ouers om saam na nuwe moontlikhede te kyk en om saam om oulike boeke vir die […]

Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Hou ‘n muntlegging om boeke vir die biblioteek te kan aankoop.  Pak dit in vorms, rye, patrone, letters, woorde of embleme.   Skryf die vorms of simbole met bordkryt op teer of maak los papierweergawes.  Kies ‘n spesifieke munttipe (soos 5c of 10c) om te versamel vir die dag en pak dit. Betaal 50c om […]

Boekedag, 6 Maart

2 Kommentaar


6 Maart is Wêreld Boekedag en vanjaar is daar vele ekstra idees om in die klas te probeer. Verdeel die klanke wat reeds aangespreek is (hetsy enkel-, dubbel-, twee- of drieklanke) en laat die kinders volgens die klanke aan trek – bv. a vir appel, akkers, anker, aartappel, b vir bal, bok, ballonne.  Sien alfabet rympies vir inspirasie. Kies ‘n boek per […]

boekweek

2 Kommentaar


Gebruik hierdie week om die mooiste rympies en storieboeke te lees. Soek spesifieke klanke in die storie of rympie (bv. woorde met ‘n oo of ‘n oe) en skryf dit neer.  Hoeveel woorde kan julle kry?  Kan julle sinne met dié woorde maak?  Plak die lyste teen die muur op en kyk of julle dit […]

Older Entries