Advertisements
Tuiste

Search Results for: handspier

Handspiere en Perseptuele Ontwikkeling…

15 Kommentaar


oefeninge vir klein handjies en nuwe lesertjies Skryf woorde met waterverf en jou vinger. Gebruik houtlym en strooi sand oor jou klanke, syfers, somme of woorde. Write words with water paint and your finger. Use wood glue and sprinkle sand on your sounds, words, numbers or sums. Pak los klanke (letters) of syfers in ‘n […]

Potloodgreep

2 Kommentaar


Op die 23ste Januarie vier ander lande Skrifdag.  ‘n Vinnige idee om met die ontwikkeling van ‘n goeie potloodgreep te help, is ‘n vinnige manier om die potlood op te tel… Plaas die potlood “vertikaal” voor jou op die tafel – met die punt na jou lyf (maag/bors) – asof dit in die vou van […]

beplan

2 Kommentaar


Dis die einde van nog ‘n opwindende skooljaar.  Loer gerus hier na idees vir die nuwe jaar. Uil Kalender 2018 Owl Calendar 2018 Kalender 2018 Appel Calendar 2018 Apple *2018 Pynappel Kalender met spesiale dae *2018 Appel Kalender met spesiale dae *Kersfees *Spog- en Herinneringshorlosies *Sertifikate My Klaskamer Pryslys Maart 2018 Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) […]

werk

6 Kommentaar


Môre, Almal Ek het onlangs nuwe bydraes op die winkelrak geplaas en daar is tans net so ‘n bietjie meer as 160 produkte in totaal.  Hier in My Klaskamer, is daar ‘n bietjie meer as dit om deur te snuffel.  Die inskrywings oor vraestelle en e-boeke is aangepas, omdat van die webblaaie hul inligting verander […]

Skrifdag, 23 Januarie

2 Kommentaar


Vind hiermee ‘n paar skakels in verband met skrif ingesluit.  Tik gerus ook soekterme soos “knip, perseptuele, skrif, skryf, handspier, patroon, patrone, syfers, tuis…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in (of loer na die “Drukbare Bladsye“-hofie) vir meer idees. Robotkaarte (drukskrif / lopende skrif) Potloodgreep Drukskrif Bladsy Handwriting Lopende Skrif Bladsy Cursive Writing ABC […]

skouer aan die wiel

2 Kommentaar


  Met die aanvangs van die skooljaar, is daar so ‘n paar nuwe goedjies beskikbaar – hier in My Klaskamer en ook in my winkeltjie.  Klik gerus op die volgende skakels en tik ook soekterme* by die bruin soekblokkie aan die regterkant van my blog in vir velerlei idees en drukbare opsies. Laai temaprentjies vir jou […]

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is. hulpmiddels muurkaart naamkaart eerste dag klanke abc uitspraak alfabet sigwoord dubbelklank tweeklank drieklank klanksamevloeiings hersien meervoud verkleinwoord leestekens flits oefen self e klink […]

Skryf in

2 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.

robotkaarte

Lewer kommentaar


Robotkaarte werk soos ‘n verkeerslig.  Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt.  Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig. robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy) Wat kan jy met hierdie kaarte doen? Gebruik dit as muurkaarte (voorbeelde of herinnering).  Gebruik […]

“font”

18 Kommentaar


‘n Verskeidenheid “fonts” * (soos hierbo) vir die Grondslagfase. (Nog een – Cami) Om die woorde of letters te “bind”, gaan na FORMAT en dan FONT in jou dokument.  Klik op ADVANCED.  Verstel die SPACING na CONDENSED en skakel die KERNING aan.  Verstel die KERNING se getalwaarde soos nodig. Teachers Pet en Teachers Pet Thin**, Mallard, Open Dyslexia, ABC, […]

winter

8 Kommentaar


Sambreel en reën:  Sny ‘n papierbord in die helfte en “oefen” dan die apieswaai- of hasie hoppatrone bokant of langs die reguitlyn.  Knip al op die lyn om die kartelrand te maak.  Verf of versier die sambreel met spatwerk.  Gebruik verskillende helder kleure en kyk hoe dit in mekaar vloei.  Só kan die kleingoed ook sien […]

vakansie

2 Kommentaar


  Dit is vakansie!  Indien jy graag meer oor die kodes op die rapport wil weet, tik “CAPS” by die soekblokkie aan die regterkant in.  Loer gerus ook na “Paasfees” en skooldinge soos “potloodgreep, skrif, skryf, klanke, hersien, halveer, voor en na, meer en minder, vermenigvuldig, Graad R, Graad 1, middellynkruising, visuele persepsie, handspier, fynspier, […]

liggaamsdele

Lewer kommentaar


My liggaam (werksvelle) / My body (worksheets) Een van die aspekte wat Graad 1-outjies aan die begin van die jaar moet kan doen, is om die liggaamsdele te benoem.  Hierdie kennis word dan later (en in die ouer grade) gebruik om meer kennis van die liggaam op te doen.  Wat kan ‘n mens doen om […]

blou maan

2 Kommentaar


Met die onlangse afsterwe van Neil Armstrong is dit seker gepas om na sekere aspekte van ons sonnestelsel en ruimtevaarders te kyk… Die Maan Die maan draai om die aarde en is ‘n koue massa.  Dit het nie ‘n aantrekkingskrag – soos die aarde nie.  Ruimtevaarders dra spesiale pakke as hulle op die maan wil […]

Paasfees

2 Kommentaar


Dit is Paasfees en die kleingoed soek moontlik na lekker besigbly idees om hierdie spesiale naweek te vier.  Hierdie idees fokus op versierings en kunsvlyt: Sny groot kruise uit ou koerantpapier.  As jy ‘n lekker dik veselpen (koki) gebruik, kan die kleingoed dit self doen.  Laat hulle die kruise met dik verf en koekiedrukkers (of […]

potloodgreep

18 Kommentaar


Sukkel jou kind om ‘n potlood reg vas te hou?  Knoop ‘n sagte, handdoekstofrekkie in die vorm van ‘n 8.  Trek die  groter deel losserige oor die gewrig en steek die potlood deur die kleiner ring.  Dít help om die potlood te lig sodat dit meer korrek in die webspasie tussen die wysvinger en duim […]

Skrifdag

4 Kommentaar


Amerika vier op 23 Januarie Nasionale Skrifdag en doen dit nes die Amerikaners kan.  Die groot vraag wat geopper word is of skrif (met die hand) nog relevant is in die moderne en tegnologiese gemeenskap.  Is dit dalk ‘n kunsvorm wat op sy geskuif sal word?  Volgens sommige studies stimuleer skrifoefening juis breinwerking en verbeter […]

tuis idees in beeld

12 Kommentaar


Ek moes die afgelope tyd my gedagtes weer reg aanskroef om ‘n jong leerder met fyn motoriese vaardighede en oog-hand koördinasie te help.  Hier is sommer so ‘n paar foto’s en oefeninge uit ons leersessies… Die outjie sukkel met skrif en daarom het ek byvoorbeeld sy naam en syfers met kolletjieskrif getik en uitgedruk.  Die […]

higiëne

1 Kommentaar


Johlene het gevra vir ‘n paar gedagtes oor higiëne.  Hiermee dan so ‘n paar idees…(vir voorskoolse kleintjies) Wat daarvan as julle waslappies met patroonwerk bedruk? Sny ‘n handdoek in blokke op, stik om en bedruk met lapverf.  Gee vir die outjies verskillende proppe, doppies en koekiedrukkers om die drukwerk mee te doen.  As jy ‘n […]

arbeidsterapie

108 Kommentaar


‘n Soekfunksie Indien u kind baie van die volgende uitvalle openbaar en indien die klasopvoeder dit as ‘n probleem ervaar, kan ‘n evaluasie deur ‘n arbeidsterapeut waardevol wees. Hierdie diens is aftrekbaar van die meeste mediese fondse. Tasdefensief: Die kind hou nie van fisieke kontak nie en vermy aanraking. Vermy spel met liggaamskontak (bv. rugby, […]

Older Entries