Advertisements
Tuiste

Search Results for: herwin

herwin potlode so

4 Kommentaar


As die potlood korter as jou langste vinger raak, kan jy dit herwin!  Maak juweliersware, fotorame, kandelare of lampskerms.  So maklik soos dit! Advertisements

herwin

Lewer kommentaar


Ek het besluit om vanjaar ‘n herwinningsprojek aan te wakker in my klas.  Die besluit is egter makliker as die “oorgaan in aksie”, maar tog behoort dit die moeite werd te wees om te probeer. Wat kan ek alles herwin?  Basies alles wat weggooibaar is in ‘n gewone klas.  Kontak die volgende plekke om uit […]

‘n Nuwe skooljaar

6 Kommentaar


Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en heelwat nuwe juffrouens het gevra wat ‘n mens kan doen om die jaar met ‘n ekstra huppel in die stap aan te durf… Aan die begin van ‘n skooljaar, is daar heelwat senuwees betrokke – vir die kinders, die ouers en die opvoeders.  Tree dus voorkomend op. […]

beplan

2 Kommentaar


Dis die einde van nog ‘n opwindende skooljaar.  Loer gerus hier na idees vir die nuwe jaar. Uil Kalender 2018 Owl Calendar 2018 Kalender 2018 Appel Calendar 2018 Apple *2018 Pynappel Kalender met spesiale dae *2018 Appel Kalender met spesiale dae *Kersfees *Spog- en Herinneringshorlosies *Sertifikate Pryslys van verskeie produkte Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos […]

werk

6 Kommentaar


Môre, Almal Ek het onlangs nuwe bydraes op die winkelrak geplaas en daar is tans net so ‘n bietjie meer as 160 produkte in totaal.  Hier in My Klaskamer, is daar ‘n bietjie meer as dit om deur te snuffel.  Die inskrywings oor vraestelle en e-boeke is aangepas, omdat van die webblaaie hul inligting verander […]

Wêreld Oseane Dag

Lewer kommentaar


Op die 8ste Junie vier ons Wêreld Oseane Dag.  Vanjaar se tema is Gesonde Oseane, Gesonde Planeet. Fokus op die see en omgewingsbewaring. Maak groot muurprente om gangmure te bedek en vul dit met gesonde en besoedelde seetonele.  As julle naby die see is, maak die strand as ‘n klas of skool skoon.  Nooi die […]

Earth Hour en Waterweek

Lewer kommentaar


Skakel die elektroniese toestelle af en begin nuwe bewarings- en besparingsprojekte.  Loer gerus na herwinningsaksies in jou omgewing of begin jou eie.  Verseker dat die krane nie lek nie en bespaar soveel jul kan.  Is daar ‘n rivier, damme of strandgebied om skoon te maak?  Dit kan ‘n ideale klasuitstappie maak so ‘n dag of […]

Lente en Boomplantweek

1 Kommentaar


Lentedag word tradisioneel op die 1ste September gevier – al skyn die sonnetjie nog nie heeltemal so skerp nie.  Om voorbrand vir die nuwe seisoen te maak, kan ‘n mens die volgende idees in die klas probeer…  1.  Indien jy ‘n rol rekenaar- of ongedrukte koerantpapier het, kan jy lengtes vir jou kennisgewingsborde of ‘n […]

Fondsinsameling

Lewer kommentaar


Goue oues en ‘n paar nuwes… Hou ‘n dans:  Verskaf die tafels, stoele en musiek en verkoop die tafels of kry lede van die komitee om gasheer/-vrou per tafel te wees.  Gee pryse vir die kreatiefste tafel, ens.  Verkoop ‘n beperkte verskeidenheid eet- en drinkgoed soos koppies sop, water, koeldrank, skyfies of eenvoudige hamburgers.  Verskaf ys […]

aarde

Lewer kommentaar


Staan op 28 Maart ‘n uur aan Earth Hour (20:30 – 21:30) af. Tik ook soekterme soos “aarde”, “grond”, “water” en “herwin” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.  Loer hier na ‘n oulike herwinnings- en gemeenskapsdiens projek.

groen

2 Kommentaar


    Maak kompos vir die skooltuin op die skoolgrond deur die kinders bewus te maak van herwinning.  Plaas twee (of meer) dromme plek-plek op die skoolgrond sodat die kinders met die projek kan help.  Lamineer Drom etikette of verf die dromme om hiermee te help. Hark die herfsblarebymekaar. Maak die skool se geute skoon en gebruik […]

ligte uit

Lewer kommentaar


  Dit is amper skoolvakansie en EARTH HOUR val op die 29ste Maart.  Skakel die krag vir ‘n uur af, steek die kerse aan en ontspan saam as gesin.  Maak solank ‘n oorlewingshouer gereed en vul dit met bordspeletjies (slangetjies en leertjies, Scrabble, kaarte, ens.), storieboeke, stories of liedjies op die iPod en die kwartaal […]

Water

Lewer kommentaar


Dit is amper waterweek.  Leer die outjies om waterwys te wees en loer na die idees in hierdie Engelse boekie.  Leer die kleingoed om water op ‘n verantwoordelike wyse te benut deur: waterbekers/gieters te gebruik.  Maak die klas se potplante met spesifieke hoeveelhede (bv. 1 blikkie) nat en maak dit ‘n reël. waterspel water te […]

Hulp

Lewer kommentaar


  25 April is Pay it Forward Day.  Hoe kan jy in, by of naby die skool help? Help die biblioteekjuffrou om stukkende boeke te herstel. Help om handboeke met plastiek oor te trek. Skenk meerjarige plante – Wat van steggies of kruie? Verf speelblokke (springblokke) op die speelgrond. Begin ‘n herwinningsprogram by die skool. […]

winter

8 Kommentaar


Sambreel en reën:  Sny ‘n papierbord in die helfte en “oefen” dan die apieswaai- of hasie hoppatrone bokant of langs die reguitlyn.  Knip al op die lyn om die kartelrand te maak.  Verf of versier die sambreel met spatwerk.  Gebruik verskillende helder kleure en kyk hoe dit in mekaar vloei.  Só kan die kleingoed ook sien […]

bewaar

2 Kommentaar


‘n Uur vir die aarde.  Hoe kan ‘n mens die aarde op pas en wat moet ‘n mens bewaar?

bêre

4 Kommentaar


Lê daar dikwels skoolskoene en -klere op die vloer?  Hiermee dan ‘n paar goedkoop bêre idees om die kledingstukke smiddae op te hang en om die skoene blink te hou. In die klas… As jou skool nie hake het nie:  Maak eenvoudige klerehake deur stukke ou speelgoed (bv. arms, bene, skaakstukke), ongebruikte deurknoppe of gesaagde […]

Supernova

2 Kommentaar


Dis die einde van die jaar en die begin van ons sonskyn vakansie.  Indien jy van nuuskierige navorsertjies weet, kan hierdie tydskrif dalk net die regte leesstof bied. Supernova is ‘n engelse tydskrif – gemik op kinders van sowat 9 tot 14 jaar oud.  Dit is ‘n kleurvolle tydskrif – gedruk op papier wat nie […]

rympies, gedigte en versies

99 Kommentaar


  Kinderrympies is maar redelik skaars op die internet.  Die volgende skakels sal jou na webtuistes lei waar jy ‘n paar goue oues kan ontdek: Gediggies-rympies-liedjies-bk Liedjies-bk Gediggies-rympies-liedjies-bk Perdjie Bobbejaan-kabouterman Blink-vorsperd-kat-kom-weer Liedjies-as-rympies Mandjie-tannie-slaap Duif-hansie Hande-vingers Hoendertjie-trein-wielie-walie Duimpie-apie Kleuters Afrikaans Sarie Marais Kinderwerf Woorde Olifant – Depicta Versies LinderOpperman1961 Deel 1 Versies LinderOpperman1961Deel 2 Die Dwergies (C […]

Paasfees

2 Kommentaar


Dit is Paasfees en die kleingoed soek moontlik na lekker besigbly idees om hierdie spesiale naweek te vier.  Hierdie idees fokus op versierings en kunsvlyt: Sny groot kruise uit ou koerantpapier.  As jy ‘n lekker dik veselpen (koki) gebruik, kan die kleingoed dit self doen.  Laat hulle die kruise met dik verf en koekiedrukkers (of […]

Older Entries