Tuis

Search Results for: klanke

klanke, spelwoorde, syfers, vorms, patrone

Lewer kommentaar


Probeer om soveel sintuie as moontlik te betrek en gee vir die outjie ‘n verskeidenheid maniere om die werk te hersien. Ons skryf dikwels die woorde groot op “flitskaarte” (gebruik sommer ou papbokse en dergelike kartonnetjies) en verf dan pofferige verf met ‘n oorstokkie bo-oor. Die outjie kan dit self in die mikrogolfoond plaas en laat verhard (onder […]

klanke en patrone

4 Kommentaar


RAAMWERK VIR DIE AANLEER VAN KLANKE IN DIE GRONDSLAGFASE Dit is nie ‘n moet dat die skryf van klanke noodwendig in dieselfde volgorde aangebied of aangeleer word nie.  ‘n Gids wat uit 1997 dateer gee die volgorde as:  “v, w, m, n, r, h, b, p, a, o, l, k, t, j, u, y, i, […]

hersiening van klanke

5 Kommentaar


Môre! Vir dié wat graag die dubbel-, twee- en drieklanke wil vaslê of ‘n muurkaart wil maak het ek so ‘n paar voorbeelde geplaas…(loer onder drukbare bladsye) Knip elke blok apart uit en plaas dit op ‘n A4-karton sodat julle nog woorde met die klanke daarin kan byvoeg…Steek dit teen ‘n kennisgewingbord vas of liaseer […]

dubbelklanke

10 Kommentaar


R het vir my gevra om idees vir dubbelklanke te plaas. Ek het so ‘n tydjie gelede iets oor die vaslegging van klanke geskryf en gaan daarom slegs ‘n paar ekstra idees gee. Maak groepe prente-kaartjies wat jy kan inkleur, oortrek en hou. Gebruik byvoorbeeld beet (ee-woorde), ‘n haas (aa-woorde), vuur (uu-woorde) en bome (oo-woorde). As jy die kaartjies permanent wil […]

Kom ons hersien die klanke…

32 Kommentaar


[Dubbel-, twee- en drieklank muurkaarte] Spel oefeninge Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik.  Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie.  Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede. Enkelklanke: Skryf die klank (bv. t) op Grootman se rug of in sy handpalm.  Hy moet dit […]

tweeklanke

2 Kommentaar


‘n Mamma het onlangs ‘n navraag gerig oor die verwarring van tweeklanke. Hiermee dan so ‘n paar gedagtes vir die Graad 2- en 3-outjies wat sukkel met klanke soos oe, ou, eu… Knip ‘n kolom uit ‘n tydskrif of koerant (in plaas van die hele artikel – wat oorweldigend kan wees) en skryf ‘n spesifieke […]

ABC – uitspraak van klanke

14 Kommentaar


  Die uitspraak van klanke gaan gewoonlik gepaard met ‘n assosiasie – a vir appel – en verskil van skool tot skool en van juffrou tot juffrou.  Party skole gebruik Klanke Kalante – ‘n reeks wat prentjies op of om die klanke teken.  Ander juffrouens gebruik geen spesifieke assosiasie nie.  Hoe dit ookal sy – […]

Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


Vanjaar se SA Boekweektema is Passport to Tomorrow.  Hulle vier ook ‘n dekade van boekbetowering.  Betrek gerus die gedagte van reis of betowerende sprokies tydens hierdie dae en geniet die wegbreekkansie. Die Internasionale Geletterdheidsdag val in die middel van die SA Boekweek – op die 8ste September.  Gebruik dié besonderse dag om sommer ekstra boeke […]

Hulpmiddels

Lewer kommentaar


Alle produkte is slegs aanlyn beskikbaar.Sodra die betaling deur gaan, kan jy die items begin uit druk.Toets gerus eers met die GRATIS produkte. Meer GRATIS idees is hier in MyKlaskamer.com beskikbaar. Loer na die inhoudsopgawe aan die regterkant en tik gerus soekterme soos die volgende by die soekblokkie aan die regterkant vir verskeie idees in: Taal: abc […]

Leer Tuis (Skoolsluitings)

1 Kommentaar


Vir die komende weke het velerlei Engelse webblaaie heelwat werk GRATIS beskikbaar gestel. Vind hiermee dan enkele idees: Gratis departementele werkboeke (- ook Boek 2 van 2020). Gratis departementele leesboeke (sluit ander in). Lees ‘n boek, ‘n gedig, lirieke… Clarkness laat jou toe om gratis, eenvoudige stories op ‘n foon, tablet of rekenaar te lees. […]

Klaskamerdekor en Dinge: Loer gerus

Lewer kommentaar


Vind hiermee ‘n paar goedjies waarmee jy jou klas in 2020 kan optof. Vir werk en ander hulpmiddels, kan jy soekterme soos “klanke, lees, hersien, verwarring, flitskaart, sigwoord, lees, leesreeks, leeslys, stories, liedjies, rympies, wiskunde huiswerk, woordsom, meer en minder, voor en na, breuke…hulpmiddels, beplan…” by die soekblokkie aan die regterkant in tik. Loer ook […]

Luidleesdag

6 Kommentaar


Luidleesdag word vanjaar op die 1ste Februarie gevier. luidlees opsies                boek vraelys Nooi die outjies om ‘n laken, kombers en kussings skool toe te bring om ‘n leesfort te bou.  Hang kersliggies aan die binnekant of laat ‘n bietjie sonlig (venster) in. Hou ‘n boekbesprekingskring.  Stel riglyne voor soos: […]

3…2…1…Amper klaar

2 Kommentaar


Dis weereens die einde van die jaar.  Tyd vlieg!  Indien jy idees soek vir die laaste dag of twee, probeer gerus die Hour of Code rekenaar aktiwiteite of laat die outjies Kersvader speletjies daagliks aandurf.  Jy kan Afrikaans of Engels as die taal van jou keuse stel 🙂 Versamel al die oorblywende skryfbehoeftes in die klas, […]

Einde van die jaar afslag

Lewer kommentaar


Loer gerus in 😉 Sien ook die Produkte-blad, Drukbare Bladsye-hofie of tik soekterme soos “wiskunde huiswerk, voor en na, halveer, meer en minder, verdubbel, breuke, Hoe laat is dit, geld, klanke, hersien, sinne en paragrawe, leestekens, weer, Kersfees, pasella…spelwoorde, woordsoek, Engels, sigwoord, flitskaart…” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in om meer idees […]

gehoorverlies

Lewer kommentaar


Hierdie grafika het vandag my oog gevang.  Het julle leerders met gehoorverlies in die klas?  Een van die juffrouens betrek die alfabet gebare dikwels wanneer sy klanke in die hoofstroomklas aanleer.  Wat doen jou skool om kinders met gehoorverlies te help? ‘n Kundige het die volgende voorstelle gegee: ‘n Volvloermat (sommer teen die muur op) demp […]

Sertifikate

Lewer kommentaar


Sertifikate vir Graad R-outjies Gradeplegtigheidsvlaggies Sertifikate vir Graad R: Verskeie ontwerpe Sertifikate vir Graad R / Certificates for Grade R Gradeplegtigheid Uitnodigings / Graduation Invitations A4-Sertifikate: Lees-, Spelwerk…Klanke, Wiskunde…’n Penlisensie

Internasionale Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


  SA Boekweek duur van 3 tot 9 September en Internasionale Geletterdheidsdag is tradisioneel op die 8ste September. Tik gerus soekterme soos “biblioteek, boek, lees, leeslys, leesreeks, boekmerk, klanke, hersien…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir verskeie idees om tydens hierdie week te gebruik. Lekker lees!

Hoe help ek ‘n kind wat ander tale praat?

4 Kommentaar


Ons kry dikwels kinders van ander lande en kulture in ons klas.  Hoe gemaak as die kind nie die skool se tale (LOLT) kan praat nie? Dis beslis ‘n baie moeilike situasie.  ‘n Mens skuif nie sommer na die onbekende nie en dus moet ‘n mens die leerder (en ouers) met baie deernis benader.  Spreek […]

Produkte

Kommentare af op Produkte


Alle produkte in my winkel is slegs elektronies beskikbaar.  Sodra jou transaksie deur gaan, kan jy die dokumente aflaai en uit druk. Toets gerus eers met ‘n gratis produk of twee. *Heelwat van hierdie konsepte word gratis in My Klaskamer bespreek.  Vra gerus indien jy na iets spesifieks soek. Hoe maak ‘n mens? Klik op […]

Engelse Stories

Lewer kommentaar


As jy op die onderskeie hofies klik, kan jy die afsonderlike skakels vind om na die stories te luister en om die prente te sien.  Indien jy die “scan to reveal” toeps aflaai, kan jy die onderskeie prente skandeer vir ‘n kort verduideliking van die verskillende klanke. Alphabet Stories [ook] – luister na die stories […]

Older Entries