Advertisements
Tuiste

Search Results for: lees

Luidleesdag

6 Kommentaar


Luidleesdag word vanjaar op die 1ste Februarie gevier. luidlees opsies                boek vraelys Nooi die outjies om ‘n laken, kombers en kussings skool toe te bring om ‘n leesfort te bou.  Hang kersliggies aan die binnekant of laat ‘n bietjie sonlig (venster) in. Hou ‘n boekbesprekingskring.  Stel riglyne voor soos: […]

Toeps en Katoeties vir Spesifieke Lees, Spel en Leer Uitvalle

4 Kommentaar


Toeps en katoeties ter ondersteuning van spesifieke lees, spel en leer uitvalle:   Claro ScanPen:  Neem ‘n foto van die teks en luister na die inhoud.  Verlig die deel wat jy wil hoor of lees en kies die stem wat vir jou lees.  Daar is ‘n Engelse, Suid-Afrikaanse opsie en as jy die Belgiese Nederlands […]

luidleesdag

Lewer kommentaar


Wat doen jul skool jaarliks vir Luidleesdag?  Min tyd vir lees?  Probeer die volgende: lees flitskaarte lees spelwoorde soek die verklarings van woorde in ‘n klaswoordeboek op lees rympies lees die lirieke van gunstelingliedjies lees opskrifte in die klas lees sigwoorde soos die dae van die week of maande van die jaar lees stories vir […]

Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

4 Kommentaar


Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas. 1.  Bou woorde met los kaartjies: Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou. Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of… Plak die woordbouwerk op groot velle papier […]

Leestekens / Punktuasie

2 Kommentaar


Leestekens 1 Leestekens 2 Graad 2 Graad 4 1 Graad 4 2 Afkortings Toets jou kennis Afrikaanse Taalstudies Diktee FAL Meer leestekens Engels Depicta het oulike muurkaarte.

Luidleesdag, 2016

2 Kommentaar


Wat kan ‘n mens alles op Luidleesdag lees of doen? Knip en plak sigwoorde, rymwoorde en ander ouderdomstoepaslike woorde uit tydskrifte of bou dit uit los opskrifletters.  Flits die woorde, plaas dit op die woordmuur, skryf dit oor in die individuele woordeboekies of tik dit oor tydens rekenaarlesse. Luister na voorlesings op die mat, e-boeke of […]

Luidleesdag

4 Kommentaar


Ja, daar is werklik ‘n Luidleesdag.  Skep Woensdag die geleentheid vir luidlees deur middel van die volgende moontlikhede: Lees ‘n storie tydens ‘n saalbyeenkoms voor. Lees ‘n storie oor die interkom voor. Deel die klasse in groepe in sodat klasse oor die graadvlakke heen vir mekaar lees (makker lees). Laat die kinders saam lees en […]

Leesreekse

4 Kommentaar


Na aanleiding van navrae, plaas ek skakels na die volgende leesreekse vir die Grondslagfase.  Watter leesreekse word in jou skool gebruik? Afrikaans Goue Reeks:  Boet & Saartjie (Amazon), Graffiti, Via Afrika, Lizmar Rimpelstories Oxford Storieboom:  Biebie, Kalla, Vlooi & Flappie Pierewiet Begin Lees Kagiso stories Leer my lees (Tippie) Kom ons lees reeks Engels Oxford Reading […]

Luidleesdag, 5 Maart

Lewer kommentaar


5 Maart is Luidleesdag.  Lees stories, nuus en rympies vir mekaar…dalk op Skype?

Luidleesdag

Lewer kommentaar


6 Maart 2013 is Luidleesdag en ‘n mens kan dié dag gebruik om lees aan te moedig.  Kyk hoe wys hierdie onderwyser nuwe boeke aan sy leerders en hul ouers.  Sou dit moontlik wees om ‘n soortgelyke opname vir jou skool se webtuiste te maak? Staan 20 minute vroeër op om ‘n gediggie of ‘n […]

Leeslyste

Lewer kommentaar


Is die kleingoed al verveeld en soek jy nog ‘n laaste geskenkie vir die Kerskous?  Loer gerus na hierdie leeslyste vir verskeie storieboeke.   Leeslys: afrikaanse-boekelys-wkod Stories vir Haasbekkies Storiewerf se leeslyste Leeslyste vir verskillende ouderdomsgroepe    

Lees: motivering en aanmoediging

8 Kommentaar


Iemand het idees gevra om luierige lesers te motiveer om meer te lees.  Vir lui lesers kan ‘n mens ‘n beloningskaart maak – ‘n basiese almanak-uitleg met groterige blokke (tik “kalender” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in).  Op Grondslagfasevlak kan boekies redelik vinnig gelees word.  Maak ‘n kolletjie vir elke boek wat klaar […]

komponente van lees

1 Kommentaar


Soos wiskunde, het lees ook verskeie aspekte of boublokke om die leser se vaardighede te versterk.  Dit sluit fonemiese bewustheid, leesbegrip, klanke, vlotheid en woordeskat ontwikkeling in. Fonemiese bewustheid dek die begrip dat ‘n woord uit verskillende dele bestaan.  Ek hoor die begin-, middel- en eindklanke…Ek kan ‘n woord verskaf wat rym met… Klanke is […]

lees, leer en die ogies

17 Kommentaar


Visuele oefeninge speel ‘n groot rol tydens die leerproses. Daarom maak arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges spesifieke melding van die VMI – ‘n telling wat bepaal of die kind se visueel perseptuele ontwikkeling op die korrekte vlak is. Dit is ‘n goeie indikasie of die outjie sukkel of sal sukkel met sy werk. Dikwels word ‘n […]

Wêreld Boeke Dag en Nag

Lewer kommentaar


Dit is byna Wêreld Boeke Dag en Nag. Stel lysies saam van wat julle graag wil lees en neem dit saam as julle weer die biblioteek besoek. Boeke Dag vind ‘n dag na Aarde Dag plaas.  Kan julle interessante boeke oor die aarde en natuur kry om te lees? Gee vir elke opvoeder die geleentheid […]

Outisme

Lewer kommentaar


April is die maand ter bewusmaking van die Outisme Spektrum en die 2de is spesifiek ‘n dag daarvoor.  In baie gevalle is oogkontak, kommunikasie en sosiale interaksie ietwat anders.  Die outjies mag dalk verby jou kyk, weg kyk, laat begin praat, worstel om gesprekke te volhou, baie gevorderde woordeskat gebruik, langs kinders (eerder as met) […]

Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Dis vakansie én Biblioteekweek!  Wie kan nou ‘n goeie boek en ‘n sonkolletjie weerstaan?  Besoek jou plaaslike biblioteek vir nuwe leesstof en loer ook ‘n bietjie na al die ander opsies wat hulle bied. Loer gerus hier na Boekmerkies, leeslyste, e-boeke…

Die Padda

Lewer kommentaar


Iemand het inligting oor die lewensiklus van ‘n padda (vir ‘n multi-graad klas, Graad R – 3) gevra.  Hiermee dan ‘n paar idees. Padda prente As ‘n mens ‘n visbak met paddavisse in die klas kan aanhou, sou dit wonderlik wees.  Die kinders sou dan kon sien hoe paddas ontwikkel, beweeg en lewe. ‘n Mens […]

Dinge wat ons nodig het om te lewe

Lewer kommentaar


Iemand het idees gevra vir aktiwiteite in verband met dinge wat ons nodig het om te lewe.  Ons het oorwegend skoon lug (suurstof), kos (vrugte, groente, vleis, grane…), water, skuiling (behuising/beskutting) en klere nodig.  Hiermee dan so ‘n paar idees om dit aan te spreek. ‘n Collage Die agtergrond: Berei die lae apart (oor dae) […]

3…2…1…Amper klaar

2 Kommentaar


Dis weereens die einde van die jaar.  Tyd vlieg!  Indien jy idees soek vir die laaste dag of twee, probeer gerus die Hour of Code rekenaar aktiwiteite of laat die outjies Kersvader speletjies daagliks aandurf.  Jy kan Afrikaans of Engels as die taal van jou keuse stel 🙂 Versamel al die oorblywende skryfbehoeftes in die klas, […]

Older Entries