Tuis

Search Results for: linkshandig

Linkshandigheid

Lewer kommentaar


13 Augustus vier ons Linkshandigheidsdag. Hoeveel kinders in die klas is linkshandig? Watter aanpassings maak julle?  Dink byvoorbeeld aan die volgende: ‘n Skêr vir linkshandiges Plasing in die klas:  Verseker dat outjie nie elmboë met ‘n regshandige outjie hoef te stamp nie. Demonstreer skriflesse van aangesig-tot-aangesig, sodat jy onderstebo skryf – eerder as om langs die […]

Dag vir Linkshandige Persone

Lewer kommentaar


13 Augustus word al 25 jaar lank as die dag vir linkshandige persone gevier.  Loer gerus hier vir idees en aanpassings om in die klas in gedagte te hou. potloodreëls

linkshandig

4 Kommentaar


Hoe hou ‘n linkshandige kind die potlood vas?  Hoe vorm die linkshandige letters? Knipoefeninge vir linkshandiges.  Só lyk die skêr. Skryfbehoeftes vir linkshandiges. Help linkshandiges om te leer skryf. Hoe gemaak met veters? Het jy geweet daar is ‘n spesiale dag vir linkshandigheid?  Dit is die 13de Augustus. WOH het my so ‘n bietjie laat dink…

Potloodgreep

2 Kommentaar


Op die 23ste Januarie vier ander lande Skrifdag.  ‘n Vinnige idee om met die ontwikkeling van ‘n goeie potloodgreep te help, is ‘n vinnige manier om die potlood op te tel… Plaas die potlood “vertikaal” voor jou op die tafel – met die punt na jou lyf (maag/bors) – asof dit in die vou van […]

‘n Nuwe skooljaar

6 Kommentaar


Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en heelwat nuwe juffrouens het gevra wat ‘n mens kan doen om die jaar met ‘n ekstra huppel in die stap aan te durf… Aan die begin van ‘n skooljaar, is daar heelwat senuwees betrokke – vir die kinders, die ouers en die opvoeders.  Tree dus voorkomend op. […]

Voorskoolse jare – Wat word verwag?

Lewer kommentaar


Soos geplaas op Skool Toe In die voorskoolse jare werk ‘n mens voortdurend informeel en soveel as moontlik spelenderwys.  Die leerwerk geskied deur middel van sintuiglike ervaring en papierwerk (takies) word sover as moontlik vermy.  Daar is egter aspekte wat ‘n mens wel deur werksvelle kan vaslê of moet demonstreer. Roetine en struktuur:  Dit skep ‘n bekende […]

Skrifdag

Lewer kommentaar


23 Januarie is Skrifdag in ander wêrelddele, maar kan beslis ook in Suid-Afrika gevier word. Vir die jonger outjies, kan ‘n mens fynspier oefeninge gee: Bou eenvoudige prente, lyne, vorms, syfers of letters met ‘n pennetjiebord. Vorm eenvoudige prente met rekkies op ‘n spykerbord.  (Bou byvoorbeeld ‘n huisie uit vorms.) Versteek klein speelgoed of albasters […]

Skrif voorbeelde

8 Kommentaar


Hier is ‘n paar idees vir tuis-oefeninge.  Druk die voorbeeld uit en sit dit langs die kleinding neer of plak dit teen die muur vas.  Gebruik ‘n “lyntjieboek” om in te oefen.  Ek is nie seker of die prente se skaal korrek sal wees indien jy dit direk druk nie.  Indien dit wel werk – […]

Middellynkruising

26 Kommentaar


Die outjie sukkel om verby die denkbeeldige middellyn van die liggaam te beweeg of om die denkbeeldige lyn te kruis. Die werk: Die skryf- of tekenwerk op die een helfte van die bladsy is gewoonlik meer in mekaar gedruk as aan die ander kant. Byvoorbeeld by patrone begin die kind egalig en teen die helfte […]