Tuis

Search Results for: ogies

lees, leer en die ogies

17 Kommentaar


Visuele oefeninge speel ‘n groot rol tydens die leerproses. Daarom maak arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges spesifieke melding van die VMI – ‘n telling wat bepaal of die kind se visueel perseptuele ontwikkeling op die korrekte vlak is. Dit is ‘n goeie indikasie of die outjie sukkel of sal sukkel met sy werk. Dikwels word ‘n […]

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Oogsorgmaand begin eersdaags en fokus beide op oog gesondheid en visie of sig. Betrek gerus visuele persepsie take en oog-hand koördinasie aktiwiteite. Is daar oogkundiges wat gratis oogtoetse in jou omgewing aanbied? Vra gerus en maak ‘n afspraak om moontlike uitvalle betyds aan te spreek.

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Dit is oogsorgmaand en ‘n ideale geleentheid om meer te wete te kom. Loer gerus na idees en inligting in verband met die ogies en hersien aspekte soos visuele persepsie. Is daar ‘n oogkundige en ‘n arbeidsterapeut wat die personeel meer inligting oor goeie oogsorg, visie en visuele persepsie kan gee? Kontak gerus die kundiges […]

Die Padda

Lewer kommentaar


Iemand het inligting oor die lewensiklus van ‘n padda (vir ‘n multi-graad klas, Graad R – 3) gevra.  Hiermee dan ‘n paar idees. Padda prente Padda se lewensiklus en basiese bou As ‘n mens ‘n visbak met paddavisse in die klas kan aanhou, sou dit wonderlik wees.  Die kinders sou dan kon sien hoe paddas […]

Intervensie of Ingrypings

Lewer kommentaar


Soos gepubliseer in Teacha! Tik ook soekterme soos “inklusiewe onderwys, apps, ogies” (of spesifieke terme soos “gehoorverlies, Outisme”…) by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Oogsorgmaand fokus dalk meer op die gesondheid van jou oë, maar in terme van onderwys kan ons ook visuele persepsie en oogbewegings konsentreer. Sekere oogkundiges toets kinders se oë gratis.  Al is die outjies se visie of sig goed, kan die oogspiere dalk oefening kort.  Die egalige beweging en samewerking van die ogies help kinders […]

Hoe help ek ‘n kind wat ander tale praat?

4 Kommentaar


Ons kry dikwels kinders van ander lande en kulture in ons klas.  Hoe gemaak as die kind nie die skool se tale (LOLT) kan praat nie? Dis beslis ‘n baie moeilike situasie.  ‘n Mens skuif nie sommer na die onbekende nie en dus moet ‘n mens die leerder (en ouers) met baie deernis benader.  Spreek […]

100

2 Kommentaar


Mnr. Nelson Mandela sou vanjaar 100 jaar oud geword het.  Ons spandeer jaarliks 67 minute aan gemeenskapsdiens op sy verjaarsdag – 18 Julie.  Vanjaar kan ons dit sommer ‘n ronde 100 minute maak! Hoe lyk ‘n 100?  Dis ‘n groot getal.  Vir die jonger outjies kan ‘n mens byvoorbeeld… ‘n 100 botteldoppies of -proppies in […]

beplan

2 Kommentaar


Dis die einde van nog ‘n opwindende skooljaar.  Loer gerus hier na idees vir die nuwe jaar. Uil Kalender 2018 Owl Calendar 2018 Kalender 2018 Appel Calendar 2018 Apple *2018 Pynappel Kalender met spesiale dae *2018 Appel Kalender met spesiale dae *Kersfees *Spog- en Herinneringshorlosies *Sertifikate My Klaskamer Pryslys Maart 2018 Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) […]

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Dit is een van die dae Oogsorgmaand.  Herinner die outjies aan gesonde eetgewoontes en veiligheid.  Tik gerus ook soekterme soos oogsorg of visuele by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer ook na die Oog- en Fokus oefeninge wat help met die egalige beweging van ogies (oor die leesstuk).   Watter oogkundiges in jou dorp/area gee […]

werk

6 Kommentaar


Môre, Almal Ek het onlangs nuwe bydraes op die winkelrak geplaas en daar is tans net so ‘n bietjie meer as 160 produkte in totaal.  Hier in My Klaskamer, is daar ‘n bietjie meer as dit om deur te snuffel.  Die inskrywings oor vraestelle en e-boeke is aangepas, omdat van die webblaaie hul inligting verander […]

oogsorg

Lewer kommentaar


Dit is oogsorgmaand en hierdie maand kan ons besondere aandag aan visie, oogbewegings en visuele persepsie skenk. Loer gerus na hierdie skrywes en hou die pers dop vir gratis oogtoetse vir die jongspan: oogsorg lees, leer en die ogies Wat is ‘n “VMI”? visuele persepsie Oogprobleme en leerprobleme Oog- en fokus oefeninge Oogsorgmaand Klik op die prent, […]

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is. hulpmiddels muurkaart naamkaart eerste dag klanke abc uitspraak alfabet sigwoord dubbelklank tweeklank drieklank klanksamevloeiings hersien meervoud verkleinwoord leestekens flits oefen self e klink […]

Skryf in

2 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.

Oogsorg

Lewer kommentaar


Dit is Oogsorgmaand.  Fokus hierdie maand op visuele persepsies, deur verskeie takies en speletjies beskikbaar te stel, reël ‘n optometris as spreker of verskaf inligtingstukke aan ouers oor die belangrikheid van oogsorg en oogtoetse.  Bv. Visuele geheue: Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en […]

Bye

2 Kommentaar


Saterdag, 15 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Wat kan ons doen as ons “bye” bespreek? Soek seshoekige vorms om tydens kleiwerk of wiskunde te gebruik.  Die ou vormpasballe, het ‘n stewige blokkie in die stel.  Jy kan koekies uit deeg druk, byekorwe uit geel klei druk of drukwerk met dikkerige verf doen. Knak leë toiletrolle aan drie […]

die see

6 Kommentaar


      Iemand het onlangs gevra wat ‘n mens kan doen met ‘n see-tema.  Laat ek sien… Berei groot velle wit of koerantpapier vir ‘n seetoneel voor.  Indien jy ‘n rol papier het, kan jy die papier sowat ‘n muurlengte lank maak.  Meng muurpapiergom/styselpap met voedselkleursel (‘n emmer met groen, ‘n emmer met blou […]

stamboom

2 Kommentaar


Ek het heelwat navrae oor stambome en families gekry.  ‘n Mens kan natuurlik pragtige, kleurvolle bome verf – met die unieke besonderhede van die familie daarby.  ‘n Ander opsie is om dit op ‘n bladsy te druk met ‘n eenvoudige diagram.  Hiermee dan so ‘n paar riglyne. Maak ‘n PowerPoint bladsy oop.  Gaan na SmartArt en […]

Kersfees

Lewer kommentaar


Kersfees briefhoof Kersvader briefhoof Kersfees Vlaggies  Druk op verskillende kleure A4-papier.  Knip op die buitelyn en vou die klein randjie oor ‘n dun lint of tou.  Plak vas.  Versier ‘n deur, ‘n muur of ‘n venster.  Gebruik blinkertjie gom om die prente te versier. Druk op wit papier, kleur die prente met uitdraaikryte in (druk […]

winter

8 Kommentaar


Sambreel en reën:  Sny ‘n papierbord in die helfte en “oefen” dan die apieswaai- of hasie hoppatrone bokant of langs die reguitlyn.  Knip al op die lyn om die kartelrand te maak.  Verf of versier die sambreel met spatwerk.  Gebruik verskillende helder kleure en kyk hoe dit in mekaar vloei.  Só kan die kleingoed ook sien […]

Older Entries