Advertisements
Tuiste

Search Results for: posisie

posisie in die ruimte

4 Kommentaar


Dit is die verhouding van die voorwerp tot die waarnemer (eie liggaam).  Die kind neem voorwerpe waar as agter, voor, bo, onder en aan sy kante. Wanneer ‘n kind probleme ondervind met posisie in die ruimte is sy wêreld verwronge, hy is lomp en huiwering om bewegings uit te voer. Hy vind dit moeilik om […]

beplan

2 Kommentaar


Dis die einde van nog ‘n opwindende skooljaar.  Loer gerus hier na idees vir die nuwe jaar. Uil Kalender 2018 Owl Calendar 2018 Kalender 2018 Appel Calendar 2018 Apple *2018 Pynappel Kalender met spesiale dae *2018 Appel Kalender met spesiale dae *Kersfees *Spog- en Herinneringshorlosies *Sertifikate My Klaskamer Pryslys Maart 2018 Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) […]

werk

6 Kommentaar


Môre, Almal Ek het onlangs nuwe bydraes op die winkelrak geplaas en daar is tans net so ‘n bietjie meer as 160 produkte in totaal.  Hier in My Klaskamer, is daar ‘n bietjie meer as dit om deur te snuffel.  Die inskrywings oor vraestelle en e-boeke is aangepas, omdat van die webblaaie hul inligting verander […]

Voorskoolse jare – Wat word verwag?

Lewer kommentaar


Soos geplaas op Skool Toe In die voorskoolse jare werk ‘n mens voortdurend informeel en soveel as moontlik spelenderwys.  Die leerwerk geskied deur middel van sintuiglike ervaring en papierwerk (takies) word sover as moontlik vermy.  Daar is egter aspekte wat ‘n mens wel deur werksvelle kan vaslê of moet demonstreer. Roetine en struktuur:  Dit skep ‘n bekende […]

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is. hulpmiddels muurkaart naamkaart eerste dag klanke abc uitspraak alfabet sigwoord dubbelklank tweeklank drieklank klanksamevloeiings hersien meervoud verkleinwoord leestekens flits oefen self e klink […]

Skryf in

2 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.

Augustus Huiswerk

9 Kommentaar


Augustus Huiswerk Gebruik jou kennis van veelvoude, maaltafels, klanke, vorms, rym, woordsoorte en kleur. vorms en verskillende name, Posisie Ordinale Getalle maaltafelwaaier Rympies

Voorspoed

1 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos abc, klanke, tweeklank, drieklank, dubbelklank, hersien, potloodgreep, sigwoord, lees, VMI, posisie, Graad R, Graad 1, woordsom, syfer, halveer, verdubbel, afrond, geld, maaltafel, deling, veelvoud, vorm, verkleinwoord, e klink soos i, skrif, skryf, engels, vraestel, aandagafleibaar, kosblik, eerste dag… by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in of kontak my […]

wiskunde huiswerk

18 Kommentaar


Klik op die onderstreepte woorde of op die prente onderaan die skrywe. Tel elke dag:  As die outjie sukkel met telling – met begrip – tel eers net in ene. Gebruik tellers (soos knope of doppies) en skuif dit weg soos julle aftel. Later skuif ‘n mens twee-twee as jy in tweë tel en drie-drie […]

Olimpiese Spele

14 Kommentaar


    Die Olimpiese Spele is om die draai en daar is lekker baie om te beplan.  Hiermee so ‘n paar voorlopige gedagtes… Die ringe Vir die kleintjies kan ‘n mens by die embleem begin en aan hulle verduidelik wat die vyf ringe beteken.  Dié kleure is gekies, omdat dit die meeste op wêreldvlae voor […]

voor en na

Lewer kommentaar


C het idees gevra om “voor” en “na” vas te lê.  Betrek voorbeelde soos kinders wat in ‘n ry loop.  Nommer 1 is altyd voor en die groter getal altyd agter (1 = eerste).  Dit maak nie saak of die ry na links of regs loop nie – die kleinste getal is altyd voor die […]

Krieket

2 Kommentaar


Die Wêreldbeker Kriekettoernooi begin in Februarie (19de) en duur tot die 2de April. Tooi hierdie kwartaal jou klas eg-Suid-Afrikaans op en herleef die opwinding van die 2010 Sokker Wêreldbeker.  Die klas kan meer oor die Proteaspan leer. Afhangende van jou klas se ouderdomsgroep, kan jy aspekte soos reëls, kleredrag en die posisies op die veld […]

Drukbare bladsye (printables)

894 Kommentaar


Ek het begin om dokumente by die gewone skrywes in te voeg (soos die een met sigwoorde).  As jy na die “search”-blokkie (sien regs bokant die lysie skakels) gaan, behoort jy verskillende terme te kan soek…of kontak my en ek sal help soek.  NB.  Die prente op hierdie blad dien slegs as voorbeelde van die dokumente […]

inkleurprente en aktiwiteite

50 Kommentaar


Ek merk op dat daar verskeie soeke na inkleur- en aktiwiteitsboeke is. Hiermee dan so ‘n paar skakels vir die vakansie: Alfabet inkleurprente vervoermiddels inkleurprente beroepe inkleurprente Vrugte en Groente Inkleurprente Afrikaanse klanke Inkleur 1 Inkleur 2 Inkleur 3 Soek dieselfde simbole Aktiwiteite Nog aktiwiteite Verskeie Oefeninge Oefeninge 2 Oefeninge 3 Dieselfde Posisie in die […]

syfers

41 Kommentaar


Janeen het onlangs gevra hoe ‘n mens kleintjies kan help om syfers korrek te skryf (veral syfers soos 2 en 3)…   Dis belangrik dat ‘n mens van die begin af die regte voorbeeld voorhou.  Doen dieselfde aktiwiteite as wanneer jy letters aanleer – baie visuele diskriminasie, visuele geheue, posisie in die ruimte en lateraliteits […]

padtekens en padveiligheid

10 Kommentaar


‘n Student het idees gevra om tydens buitespel te gebruik – as fantasiespel nie gebruik mag word nie: As die skool ‘n rybaan en skopfietsies het, kan jy verkeersligte en padtekens maak sodat hulle die paaie veilig kan gebruik. Tydens sandspel kan jy kleiner padtekens en voertuie uit houtblokkies en bottelproppe neersit. Die outjies moet […]

Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 3

20 Kommentaar


TEL MET BEGRIP • Tel tot 1004 (NB om te skat!) • Tel in spronge (veelvoude) • Tel in groot eenhede (10, 15, 20, 25, 30, 50, 100 – vanaf enige gegewe getal)…tel aan en terug WERK MET GETALPATRONE • Verwantskap tussen getalgebiede 10, 20, 30 210, 220, 230 • Oorbrugging van 10e, 100e, 1000e… […]

Wiskundige aspekte vir Graad 2

26 Kommentaar


  Die ontwikkeling van wiskundige aspekte in Graad 2 Graad 2 TEL MET BEGRIP · Aftel in 10e tot 100 (begin met knopies, dan prentjies…) · Tel in ene tot 104 · Aantel vanaf enige getal (oor dekades) · Terugtel (ook oor dekades…oor 10, 20, 30…bv. 33, 32, 31, 30, 29) · Tel in spronge […]

vorms

38 Kommentaar


  Ek het gemerk dat ouers soms inligting oor vorms soek. Ek het ‘n paar oulike webwerwe ontdek wat oor vorms praat. Ongelukkig is die taakkaarte in Engels en sal ‘n mens maar moet knip, spoeg en plak om jou eie werkvel daaruit te bou. Die eerste vorms wat ‘n kind gewoonlik leer ken is […]

tuis oefeninge (C)

22 Kommentaar


Hiermee ‘n paar oefeninge vir Graad R, 1 en 2 outjies.  Lekker speel! Liggaamsbeeld: 1. Laat die kind sy/haar groot liggaamsbewegings oefen. Demonstreer ‘n liggaamsbeweging en laat die kind dit nadoen. Gebruik eers beide teenoorstaande liggaamsdele saam en dan net een liggaamsdeel. Daarná kan die kante van die liggaam afwisselend gebruik word. (Maak dit ‘n […]

Older Entries