Tuis

Search Results for: sigwoorde

Sigwoorde of Hoë Frekwensie woorde

18 Kommentaar


Sigwoorde vorm ‘n brug tussen die aanvanklike “klanklees” tot by vlotlees. Hoe vinniger die kind dus daardie “tussen-in” woorde kan herken, hoe vlotter sal hy lees en dus sal die leesbegrip ook sterker wees. Sigwoorde is al die kleiner en meer algemene woorde wat in die meeste graadtoepaslike leesboeke voorkom.  Dit is woorde soos dae […]

Moedertaaldag, Boekedag en Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Moedertaaldag word op die 21ste Februarie gevier. Daarna volg Wêreld Boekedag op die 4de Maart en duur die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek van die 15de tot die 21ste Maart. Gebruik gerus hierdie volgende paar weke om klanke te hersien, flitskaarte te lees, sigwoorde te hersien, rympies, lirieke en stories te lees of om na stories te luister. […]

Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


Vanjaar se SA Boekweektema is Passport to Tomorrow.  Hulle vier ook ‘n dekade van boekbetowering.  Betrek gerus die gedagte van reis of betowerende sprokies tydens hierdie dae en geniet die wegbreekkansie. Die Internasionale Geletterdheidsdag val in die middel van die SA Boekweek – op die 8ste September.  Gebruik dié besonderse dag om sommer ekstra boeke […]

Hulpmiddels

Lewer kommentaar


Alle produkte is slegs aanlyn beskikbaar.Sodra die betaling deur gaan, kan jy die items begin uit druk.Toets gerus eers met die GRATIS produkte. Meer GRATIS idees is hier in MyKlaskamer.com beskikbaar. Loer na die inhoudsopgawe aan die regterkant en tik gerus soekterme soos die volgende by die soekblokkie aan die regterkant vir verskeie idees in: Taal: abc […]

Leer Tuis (Skoolsluitings)

1 Kommentaar


Vir die komende weke het velerlei Engelse webblaaie heelwat werk GRATIS beskikbaar gestel. Vind hiermee dan enkele idees: Gratis departementele werkboeke (- ook Boek 2 van 2020). Gratis departementele leesboeke (sluit ander in). Lees ‘n boek, ‘n gedig, lirieke… Clarkness laat jou toe om gratis, eenvoudige stories op ‘n foon, tablet of rekenaar te lees. […]

Hersien Engelse woorde

Lewer kommentaar


Spelling Training gee jou die opsie om jou eie lyste te skep, te deel, na die uitspraak te luister of om op die groen blokke onderaan te klik vir speletjies. Eenvoudiger werk, Engelse sigwoorde en woordsoeke. Die volgende woorde is op ‘n uitdagingsvlak: ai words ay words oi words oy words ea words ee words […]

Produkte

Kommentare af op Produkte


Alle produkte in my winkel is slegs elektronies beskikbaar.  Sodra jou transaksie deur gaan, kan jy die dokumente aflaai en uit druk. Toets gerus eers met ‘n gratis produk of twee. *Heelwat van hierdie konsepte word gratis in My Klaskamer bespreek.  Vra gerus indien jy na iets spesifieks soek. Hoe maak ‘n mens? Klik op […]

100

2 Kommentaar


Mnr. Nelson Mandela sou vanjaar 100 jaar oud geword het.  Ons spandeer jaarliks 67 minute aan gemeenskapsdiens op sy verjaarsdag – 18 Julie.  Vanjaar kan ons dit sommer ‘n ronde 100 minute maak! Hoe lyk ‘n 100?  Dis ‘n groot getal.  Vir die jonger outjies kan ‘n mens byvoorbeeld… ‘n 100 botteldoppies of -proppies in […]

luidleesdag

Lewer kommentaar


Wat doen jul skool jaarliks vir Luidleesdag?  Min tyd vir lees?  Probeer die volgende: lees flitskaarte lees spelwoorde soek die verklarings van woorde in ‘n klaswoordeboek op lees rympies lees die lirieke van gunstelingliedjies lees opskrifte in die klas lees sigwoorde soos die dae van die week of maande van die jaar lees stories vir […]

klanke, spelwoorde, syfers, vorms, patrone

Lewer kommentaar


Probeer om soveel sintuie as moontlik te betrek en gee vir die outjie ‘n verskeidenheid maniere om die werk te hersien. Ons skryf dikwels die woorde groot op “flitskaarte” (gebruik sommer ou papbokse en dergelike kartonnetjies) en verf dan pofferige verf met ‘n oorstokkie bo-oor. Die outjie kan dit self in die mikrogolfoond plaas en laat verhard (onder […]

Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

4 Kommentaar


Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas. 1.  Bou woorde met los kaartjies: Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou. Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of… Plak die woordbouwerk op groot velle papier […]

Skrifdag, 23 Januarie

2 Kommentaar


Vind hiermee ‘n paar skakels in verband met skrif ingesluit.  Tik gerus ook soekterme soos “knip, perseptuele, skrif, skryf, handspier, patroon, patrone, syfers, tuis…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in (of loer na die “Drukbare Bladsye“-hofie) vir meer idees. Robotkaarte (drukskrif / lopende skrif) Potloodgreep Drukskrif Bladsy Handwriting Lopende Skrif Bladsy Cursive Writing ABC […]

Luidleesdag, 2016

2 Kommentaar


Wat kan ‘n mens alles op Luidleesdag lees of doen? Knip en plak sigwoorde, rymwoorde en ander ouderdomstoepaslike woorde uit tydskrifte of bou dit uit los opskrifletters.  Flits die woorde, plaas dit op die woordmuur, skryf dit oor in die individuele woordeboekies of tik dit oor tydens rekenaarlesse. Luister na voorlesings op die mat, e-boeke of […]

Sakpas Doen-dit-self Hulpmiddels

3 Kommentaar


  ‘n Vinnige “werkende” woordmuur: Ons het ‘n ou lêertipe foto-album opgeknip en kaartjies daarin geplaas. Die outjies soek dan die letter/klank teen die muur, neem ‘n kaartjie, skryf die woord neer en bring dit terug.  Hou kaartjies van verskillende kleure in die sakkie of bring meer as een sakkie onder elke letter/klank aan (vir […]

Julie Huiswerk

2 Kommentaar


Julie Huiswerk Hierdie maand hersien ons die Engelse sigwoorde en kombinasies.  Gebruik dit vir Graad 2 en 3 (of vir Graad 1 HL). sight words 2015 Tik soekterme soos “Engels” by die bruin soekblokkie in en loer ook na die Drukbare Bladsye hier bo.

Engels: Aanleer en Vaslegging

2 Kommentaar


Klik op die skakels in die skrywe om na enkele dokumente te gaan.  Die prente is voorbeelde daarvan. Hoe spreek ‘n mens die klanke uit?  Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister?  Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind? Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in […]

Luidleesdag

4 Kommentaar


Ja, daar is werklik ‘n Luidleesdag.  Skep Woensdag die geleentheid vir luidlees deur middel van die volgende moontlikhede: Lees ‘n storie tydens ‘n saalbyeenkoms voor. Lees ‘n storie oor die interkom voor. Deel die klasse in groepe in sodat klasse oor die graadvlakke heen vir mekaar lees (makker lees). Laat die kinders saam lees en […]

biblioteekweek

Lewer kommentaar


Biblioteekweek skop op die 16de Maart af.  Dit is die ideale tyd om die biblioteek of die klas se leeshoekie ‘n nuwe baadjie te gee. Verf die trappe naaste aan die biblioteek soos die rugkante van geliefde boeke (of gebruik papier as dit net tydelik so gaan lyk). Vra die outjies om die leesboeke volgens […]

boeke: soggens en saans

Lewer kommentaar


7 Maart is Wêreld Boeke Dag en 23 April is Wêreld Boeke Nag.  Laasgenoemde blyk wel vir grootmense te wees, maar ‘n mens kan van enige dag ‘n leesdag maak! Stel ‘n paar leeslyste beskikbaar vir ywerige lesers, laat hulle hul gunstelingboeke kom wys, hou ‘n spesiale leesuur of selfs ‘n marathon en laat ander […]

flitskaarte

18 Kommentaar


Flitskaarte om verskeie klanke mee vas te lê… Hersien die klanke groepie-vir-groepie. Dubbelklanke uu flits oo flits ee flits aa flits Tweeklanke ie flits ou flits ei flits oe flits ui flits eu flits Drieklanke eeu flits aai flits oei flits ooi flits Spikkelskrif woorde Druk die flitskaarte in hierdie groottes uit of plaas 2 velle op […]

Older Entries