Advertisements
Tuiste

Search Results for: toeps

Nog oulike Apple en Android toeps/apps

Lewer kommentaar


Na aanleiding van versoeke, het die volgende toeps geplaas ter aanvulling van die skrywe oor Apple/iPad toeps. Ek het onlangs op ‘n toep af gekom wat jou van gratis toeps inlig. Appsgonefree gee jou ‘n daaglikse lysie om af te laai en te kies.  Daar is dikwels iets vir ‘n bietjie intervensiewerk. Clock Puzzle help met die uitleg van […]

iPad Apps / Toeps

4 Kommentaar


Die volgende iPad Apps (en meer) is ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys.  Die eerste groep is meestal Afrikaanse Apps (Big Bug Books en Via Afrika Wiskunde is in Engels en Afrikaans beskikbaar) en die tweede groep is Engelse Apps.  Die hele Letterland storiereeks is aan die regterkant gelys – asook Biebie en Kalla […]

Android Apps / Toeps

2 Kommentaar


Hierdie is enkele Android Apps – wat ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys is.  Die eerste gedeelte se Apps is meestal in Afrikaans en die tweede helfte is Engelse Apps.  Big Bug Books en Via Afrika se Apps is tweetalig. *Op TinyTap kan jy die musiek verdoof deur op die note te klik.  Maak […]

Wêreld Boeke Nag

Lewer kommentaar


23 April is Wêreld Boeke Nag.  Besluit op ‘n leestyd van ‘n halfuur tot ‘n uur voor slaaptyd – waartydens die outjies kan lees of na ‘n storie kan luister. Tik gerus soekterme soos “stories, toeps, lees, biblioteek” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir heelwat soortgelyke idees.

Google Ekstra’s vir die klaskamer

Lewer kommentaar


Tegnologie (en aanlyn hulpmiddels) maak aanpassings en toeganklikheid vir outjies met lees en spel uitvalle ietwat beter.  Google Chrome se aanvullings bied spraak-na-tik, vertalingsfunksies, en dies meer. Die Chrome Web Store verskaf verskaf verskeie gratis opsies soos Instant Translate wat ‘n webblad kan vertaal (en selfs lees).  ‘n Elektroniese stem lees die stukkie as jy op […]

Wiskunde Week

2 Kommentaar


Elders in die wêreld, het die Wêreld Wiskunde Week pas met Pi Dag begin.  Loer gerus dié week na toeps (Android, iPad, ‘n bietjie van beide) wat op verskeie aspekte fokus. Webwerwe soos A+ Click, Math Seeds en IXL is wel Engelse webblaaie, maar die outjies behoort dit met ‘n klein bietjie hulp te kan baas […]

Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

4 Kommentaar


Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas. 1.  Bou woorde met los kaartjies: Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou. Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of… Plak die woordbouwerk op groot velle papier […]

Voorspoed

2 Kommentaar


Voorspoed met die nuwe (en laaste) skoolkwartaal! kleur flitswoorde (nog) eu flits (nog) aa flits aai flits Woordsom 1 – 20 aftreksom (nog) Woordsom 1 – 20 optel maaltafelwaaier (nog) vermenigvuldiging-een-maal-een-syfer vermenigvuldiging-twee-maal-eensyfer-getal deelsomme-in-woordvorm (nog) iPad Apps / Toeps Android Apps / Toeps Nog oulike Apple en Android toeps/apps Leeslyste Studietegnieke/-metodes Huiswerk en roetine Voorbeelde van soekterme om by die soekblokkie op My Klaskamer […]

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is. hulpmiddels muurkaart naamkaart eerste dag klanke abc uitspraak alfabet sigwoord dubbelklank tweeklank drieklank klanksamevloeiings hersien meervoud verkleinwoord leestekens flits oefen self e klink […]

Biblioteekweek

1 Kommentaar


Biblioteekweek duur vanjaar 10 dae – van 11 tot 21 Maart.  Fokus op lewenslange leer en die bemagtiging van jong lesers. Besoek die dorpsbiblioteek en die skool s’n.  Hoe vergelyk die twee en wat is anders?  Kry jy soortgelyke boeke by soortgelyke aanwinsnommers? Neem ‘n selfie met jou gunstelingboek en maak ‘n muurcollage van die […]

Huiswerk en Roetine

4 Kommentaar


Merk elke vak se boeke met ‘n kleurkol op die rugkant om dit makliker in die tas of kas op te spoor.  Gebruik dieselfde kleure op die skoolrooster. Plak ‘n kalender en rooster teen die muur op.  Merk inhandigings- en toetsdatums in dieselfde kleure as die boeke en steek die besonderhede teen die notabord vas.  Maak […]

Geskenk idees

4 Kommentaar


Heelwat mense het begin loer na moontlike idees vir geskenke.  Daar is geskenk idees in verskeie skrywes op my blog beskikbaar.  Hiermee ‘n paar idees vir… Onderwysers en onderwysstudente:   Loer gerus na Depicta of Teacha se hulpbronne en hulpmiddels (bv. flitskaarte, weerkaarte, boeke, plakkers). Einde van die jaar 1 Einde van die jaar 2 Kaartjies, toeps en […]

Onderwysersdag, 5 en 16 Oktober

7 Kommentaar


Ons vier vanjaar Onderwysersdag op 5 én 16 Oktober. Wêreld Onderwysersdag gaan nie oor geskenke nie, maar eerder oor die bewustheid en ondersteuning van die persone wat nuwe generasies onderrig en opvoed.  Om hierdie dag spesiaal te maak, kan ‘n mens die volgende geskenkies oorweeg, maar ‘n briefie of ‘n boodskap bly altyd ‘n wenner.  Loer […]

Roald Dahl

Lewer kommentaar


Die skrywer van stories soos “Charlie and the Chocolate Factory“, “James and the Giant Peach” en “Matilda” het op 13 September verjaar.  Hierdie dag word gebruik om Roald Dahl se boeke te lees en om sy karakters te vier. Klik op die onderskeie skakels in hierdie skrywe om verskeie idees te kry en sien ook […]

Internasionale Geletterdheidsdag en SA Boekweek

Lewer kommentaar


Op 8 September vier ons Internasionale Geletterdheidsdag en van 7 – 13 September is dit Nasionale Boekweek in Suid-Afrika. Stel hope ou tydskrifte en koerante beskikbaar sodat die outjies die opskrifletters in nuwe woorde en sinne kan gebruik.  Bou slagspreuke of idiome en laat die outjies hul eie prente daaroor teken.  Plak dit in die gange op, sodat […]

Engels: Aanleer en Vaslegging

2 Kommentaar


Klik op die skakels in die skrywe om na enkele dokumente te gaan.  Die prente is voorbeelde daarvan. Hoe spreek ‘n mens die klanke uit?  Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister?  Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind? Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in […]

Outisme

Lewer kommentaar


2 April is Outisme Bewustheidsdag.  Die statistieke wissel, maar tans is die skatting dat ongeveer 1 uit 86 kinders deur die Outisme Spektrum geraak word.  Dit kom vier keer meer in seuns as in dogters voor en in ander wêrelddele is dit meer algemeen.  Wat sê die kundiges? Indien julle blou gloeilampe het, verlig die skool of […]

Kinderstories op die internet

16 Kommentaar


Ek is tans besig om na Afrikaanse kinderstories op die internet te soek. Dit is nogal moeilik om te kry.  Het jy al ‘n paar teë gekom? Kyk gerus ook op my tuisblad.  Aan die regterkant is die “blogroll” (nou skakellys) vol skakels na opvoedkundige webblaaie met stories.  Ek lys ‘n paar: Die Drie Varkies Verskeie […]