Tuis

Search Results for: abc

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is. hulpmiddels muurkaart naamkaart eerste dag klanke abc uitspraak alfabet sigwoord dubbelklank tweeklank drieklank klanksamevloeiings hersien meervoud verkleinwoord leestekens flits oefen self e klink […]

Skryf in

2 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.

Ken mekaar

Lewer kommentaar


Dit is die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar sit ‘n nuwe groep leerders voor jou.  Hoe gemaak? Stel jouself op ‘n prettige manier bekend. Gee vir elkeen ‘n persoonlike inligtingsvorm om te voltooi en neem foto’s om daarby te plaas.  Plak dit teen die kennisgewingsbord in jou klas op of bind dit in […]

Engels: Aanleer en Vaslegging

2 Kommentaar


Klik op die skakels in die skrywe om na enkele dokumente te gaan.  Die prente is voorbeelde daarvan. Hoe spreek ‘n mens die klanke uit?  Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister?  Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind? Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in […]

robotkaarte

4 Kommentaar


Robotkaarte werk soos ‘n verkeerslig.  Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt.  Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig. robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy) Wat kan jy met hierdie kaarte doen? Gebruik dit as muurkaarte (voorbeelde of herinnering).  Gebruik […]

stamboom

2 Kommentaar


Ek het heelwat navrae oor stambome en families gekry.  ‘n Mens kan natuurlik pragtige, kleurvolle bome verf – met die unieke besonderhede van die familie daarby.  ‘n Ander opsie is om dit op ‘n bladsy te druk met ‘n eenvoudige diagram.  Hiermee dan so ‘n paar riglyne. Maak ‘n PowerPoint bladsy oop.  Gaan na SmartArt en […]

iPad Apps / Toeps

4 Kommentaar


Die volgende iPad Apps (en meer) is ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys.  Die eerste groep is meestal Afrikaanse Apps (Big Bug Books en Via Afrika Wiskunde is in Engels en Afrikaans beskikbaar) en die tweede groep is Engelse Apps.  Die hele Letterland storiereeks is aan die regterkant gelys – asook Biebie en Kalla […]

Android Apps / Toeps

2 Kommentaar


Hierdie is enkele Android Apps – wat ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys is.  Die eerste gedeelte se Apps is meestal in Afrikaans en die tweede helfte is Engelse Apps.  Big Bug Books en Via Afrika se Apps is tweetalig. *Op TinyTap kan jy die musiek verdoof deur op die note te klik.  Maak […]

Leesreekse

4 Kommentaar


Na aanleiding van navrae, plaas ek skakels na die volgende leesreekse vir die Grondslagfase.  Watter leesreekse word in jou skool gebruik? Afrikaans Goue Reeks:  Boet & Saartjie (Amazon), Graffiti, Via Afrika, Lizmar Rimpelstories Oxford Storieboom:  Biebie, Kalla, Vlooi & Flappie Pierewiet Begin Lees Kagiso stories Leer my lees (Tippie) Kom ons lees reeks Silwerboomreeks (Sus en […]

Skrifdag

Lewer kommentaar


23 Januarie is Skrifdag in ander wêrelddele, maar kan beslis ook in Suid-Afrika gevier word. Vir die jonger outjies, kan ‘n mens fynspier oefeninge gee: Bou eenvoudige prente, lyne, vorms, syfers of letters met ‘n pennetjiebord. Vorm eenvoudige prente met rekkies op ‘n spykerbord.  (Bou byvoorbeeld ‘n huisie uit vorms.) Versteek klein speelgoed of albasters […]

Voorspoed

1 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos abc, klanke, tweeklank, drieklank, dubbelklank, hersien, potloodgreep, sigwoord, lees, VMI, posisie, Graad R, Graad 1, woordsom, syfer, halveer, verdubbel, afrond, geld, maaltafel, deling, veelvoud, vorm, verkleinwoord, e klink soos i, skrif, skryf, engels, vraestel, aandagafleibaar, kosblik, eerste dag… by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in of kontak my […]

Klanksamevloeiings

Lewer kommentaar


klanksamevloeiings muurkaarte Klanksamevloeiings (lyste):  Gebruik die aanvangswoordelyste as ‘n verwysingsblad wanneer julle skrifwoorde oefen of sinne moet skryf. ‘n Pakket om die woordeskat uit te brei. Klanksamevloeiings aan die einde van woorde. Engels Tik gerus ook soekterme soos “abc, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die Drukbare Bladsye. […]

hulpmiddels vir die klaskamer

13 Kommentaar


Jy het ‘n nuwe pos gekry of jou universiteitsjare staan einde se kant toe.  Om gereed te maak vir ‘n nuwe klaskamer, kan jy die volgende items in gedagte hou: Hulpmiddels om te versamel (klik) Kies ‘n kleurskema of materiaal vir gordyne, kussinkies en ‘n tafeldoek – iets wat lank mooi sal bly.  Kyk ook na […]

“font”

22 Kommentaar


‘n Verskeidenheid “fonts” * (soos hierbo) vir die Verskeidenheid “fonts”. (Cami, ABCPrintArrow) Om die woorde of letters te “bind”, gaan na FORMAT en dan FONT in jou dokument.  Klik op ADVANCED.  Verstel die SPACING na CONDENSED en skakel die KERNING aan.  Verstel die KERNING se getalwaarde soos nodig. Teachers Pet en Teachers Pet Thin**, Mallard, Open Dyslexia, Grade […]

Koeverte

Lewer kommentaar


Hiermee verskillende koeverte vir boodskappe of rapporte.  Druk dit op koeverte, wit papier of kardoes sakkies van die toepaslike grootte.  Toets eers voordat jy dit in groot maat druk. Druk die kind se naam met Graad 1-skrif op ‘n strook papier en skuif dit binne-in die koevert.  Laat die kind die deurslag met ‘n dik […]

klanke en patrone

4 Kommentaar


RAAMWERK VIR DIE AANLEER VAN KLANKE IN DIE GRONDSLAGFASE Dit is nie ‘n moet dat die skryf van klanke noodwendig in dieselfde volgorde aangebied of aangeleer word nie.  ‘n Gids wat uit 1997 dateer gee die volgorde as:  “v, w, m, n, r, h, b, p, a, o, l, k, t, j, u, y, i, […]

boekweek

2 Kommentaar


Gebruik hierdie week om die mooiste rympies en storieboeke te lees. Soek spesifieke klanke in die storie of rympie (bv. woorde met ‘n oo of ‘n oe) en skryf dit neer.  Hoeveel woorde kan julle kry?  Kan julle sinne met dié woorde maak?  Plak die lyste teen die muur op en kyk of julle dit […]

beroepe

2 Kommentaar


Juffrou T het idees in verband met beroepe (voorskoolse vlak) gevra.  Hiermee dan so ‘n paar idees… As ‘n mens oor beroepe (of werke) praat, kan ‘n mens na die ouers se beroepe kyk of vooraf ‘n opname maak oor wat elkeen wil word “as jy groot is”.  Betrek ‘n paar van hierdie beroepe of […]

linkshandig

4 Kommentaar


Hoe hou ‘n linkshandige kind die potlood vas?  Hoe vorm die linkshandige letters? Knipoefeninge vir linkshandiges.  Só lyk die skêr. Skryfbehoeftes vir linkshandiges. Help linkshandiges om te leer skryf. Hoe gemaak met veters? Het jy geweet daar is ‘n spesiale dag vir linkshandigheid?  Dit is die 13de Augustus. WOH het my so ‘n bietjie laat dink…

skelet

2 Kommentaar


Die ouer kinders bespreek en ondersoek meer as net die liggaam.  Hiermee dan ‘n verskeidenheid hulpmiddels vir die bespreking van die skelet. Drukbare prente skedel rug/werwels volle skelet volle skelet skelet rame skeletmatjies – bou die skelet met klei voorbladprent proporsies/verhoudings idees vir lesse nog idees Vaslegging:  Maak ‘n skelet uit papierborde met behulp van oorstokkies […]

Older Entries Newer Entries