Tuis

Search Results for: beskerm

Boeliegedrag / Bullebakkery

5 Kommentaar


Hoe bemagtig ek my kind? Verskeie oogpunte Afknouery ‘n Voorbeeld van ‘n Boeliebeleid 1, 2, 3 LO Graad 5-les Betrek ‘n appel om die boodskap oor te dra Wat is ‘n Kuberboelie? Wat is ‘n Kuberboelie? Sosiale Media (Facebook) Sosiale Media en Kuberboelies ‘n Artikel (bl.13) ‘n Artikel (LitNet) ‘n Artikel Beskerm jouself Pak die boelie […]

Sakpas Doen-dit-self Hulpmiddels

3 Kommentaar


  ‘n Vinnige “werkende” woordmuur: Ons het ‘n ou lêertipe foto-album opgeknip en kaartjies daarin geplaas. Die outjies soek dan die letter/klank teen die muur, neem ‘n kaartjie, skryf die woord neer en bring dit terug.  Hou kaartjies van verskillende kleure in die sakkie of bring meer as een sakkie onder elke letter/klank aan (vir […]

Onderwysersdag, 5 en 16 Oktober

7 Kommentaar


Ons vier vanjaar Onderwysersdag op 5 én 16 Oktober. Wêreld Onderwysersdag gaan nie oor geskenke nie, maar eerder oor die bewustheid en ondersteuning van die persone wat nuwe generasies onderrig en opvoed.  Om hierdie dag spesiaal te maak, kan ‘n mens die volgende geskenkies oorweeg, maar ‘n briefie of ‘n boodskap bly altyd ‘n wenner.  Loer […]

Pikkewyn

1 Kommentaar


  Vandag is Pikkewyndag.  Die Bril- of Afrika-pikkewyn kom aan die Suid-Westelike kus van Afrika voor en lewe ongeveer 10 – 15 jaar.  Daar is egter ook baie ander soorte pikkewyne.  Ken jy die spesies?  Kan jy soos ‘n pikkewyn waggel (of swem)? Watter stories kan julle lees? Meneer Koning se ongelooflike reis Meneer Koning […]

1 – 8 Junie

1 Kommentaar


Dis eersdaags Kinder Beskermingsweek en dié tyd van die jaar word aan bewusmakingsveldtogte geskenk. Dra heldergroen strikkies of linte in dié week en maak die kinders bewus van hul regte en veiligheidsmaatreëls. Leer hulle die plaaslike nooddienste se telefoonnommers aan en lig die ouers van hierdie poging in, sodat almal saam kan werk. Engelse takies […]

Koeverte

Lewer kommentaar


Hiermee verskillende koeverte vir boodskappe of rapporte.  Druk dit op koeverte, wit papier of kardoes sakkies van die toepaslike grootte.  Toets eers voordat jy dit in groot maat druk. Druk die kind se naam met Graad 1-skrif op ‘n strook papier en skuif dit binne-in die koevert.  Laat die kind die deurslag met ‘n dik […]

Paasfees

Lewer kommentaar


Ek het voorheen ‘n stukkie oor Paasfees geplaas.  Hiermee nog so ‘n paar idees. Sny ‘n kruis uit foelie en versier met patroonwerk. Sny ‘n groot kruis uit ‘n dikkerige karton (soos bokse/dose).  Hou dan ‘n muntlegging om die kruis te bedek.  Plak dit vas en versier om aan bv. die plaaslike dierebeskermingsvereniging te skenk.  Reël met […]

flitskaarte

18 Kommentaar


Flitskaarte om verskeie klanke mee vas te lê… Hersien die klanke groepie-vir-groepie. Dubbelklanke uu flits oo flits ee flits aa flits Tweeklanke ie flits ou flits ei flits oe flits ui flits eu flits Drieklanke eeu flits aai flits oei flits ooi flits Spikkelskrif woorde Druk die flitskaarte in hierdie groottes uit of plaas 2 velle op […]

liggaamsdele

Lewer kommentaar


My liggaam (werksvelle) / My body (worksheets) Een van die aspekte wat Graad 1-outjies aan die begin van die jaar moet kan doen, is om die liggaamsdele te benoem.  Hierdie kennis word dan later (en in die ouer grade) gebruik om meer kennis van die liggaam op te doen.  Wat kan ‘n mens doen om […]

16 Dae

6 Kommentaar


Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) het gister begin.  Hersien die gesin se belangrike noodnommers deur dit in netjiese “Graad 1 skrif” te skryf sodat die kleingoed dit kan natrek.  Verkleinde weergawes kan met breë, deursigtige kleeflint beskerm word of gelamineer word.  Plak dit in die kamer, langs die telefoon, […]

moedersdag

Lewer kommentaar


Plekmatjies: Maak plekmatjies uit ou padkaarte, scrap book papier of uit papier wat julle self met patroon- en verfwerk versier het.  As jy die papier op vilt of kurk wil plak moet jy sorg dat die hele oppervlakte met gom gesmeer word.  Kies jou eie vorms – sirkels, hande, vierkante – en seël dit met […]

vervoer

13 Kommentaar


Adri het gevra oor ‘n paar idees i.v.m. vervoer…As ek aan ‘n les of ‘n tema rakende vervoer dink, wil ek hoofsaaklik op die drie “gebiede” van vervoer dink, naamlik:  Lug-, see- en padvervoer. Koppel spesifieke kriteria aan elkeen soos spoed, grootte van voertuig, ensovoorts.  Reis jy vir die lekkerte, vir werk, vir plig, vir […]

boek oortrek

Lewer kommentaar


   voorblaaie 1 voorblaaie 2 Voorblaaie 3 voorblaaie 4 voorblaaie My Klaskamer Die skooljaar het al plek-plek begin en dit raak nou tyd vir boeke oortrek.  In baie skole is daar spesifieke voorskrifte.  As die skool dit toelaat, kan julle die volgende ontwerpe probeer…(Weereens voeg ek ‘n paar “groen” idees by om die beursies te laat asem […]

herverbruik

Lewer kommentaar


Is daar tema’s wat jou soms uitboul? Is daar soms ‘n leemte of ‘n gaping vir ‘n interessante aktiwiteit? Probeer gerus iets kreatiefs soos om bruikbare items uit gebruikte produkte te skep.   1. ‘n Pennetjiesak: Soek ou hand-naaimasjiene in die skool se stoor, stof hulle af en gee ‘n naaldwerkles. Vra dat die outjies […]

Lentedag!

5 Kommentaar


Woensdag is dit Lentedag!  Die tyd vlieg behoorlik hierdie jaar…As jy ‘n paar idees benodig om Lentedag in jou klas of skool te verwelkom, probeer gerus die volgende: Vensterversierings:  Die kleingoed kleur die blomme met vetkryt (verkieslik die ou betroubare uitdraaikryte) in, knip die sirkel uit en verf dit met voedselkleursel.  Eiergeel hoef nie veel […]

Kom ons hersien die klanke…

32 Kommentaar


[Dubbel-, twee- en drieklank muurkaarte] Spel oefeninge Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik.  Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie.  Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede. Enkelklanke: Skryf die klank (bv. t) op Grootman se rug of in sy handpalm.  Hy moet dit […]

herwin

Lewer kommentaar


Ek het besluit om vanjaar ‘n herwinningsprojek aan te wakker in my klas.  Die besluit is egter makliker as die “oorgaan in aksie”, maar tog behoort dit die moeite werd te wees om te probeer. Wat kan ek alles herwin?  Basies alles wat weggooibaar is in ‘n gewone klas.  Kontak die volgende plekke om uit […]

oefen self

55 Kommentaar


Klik op die skakels onder die prente vir nog voorbeelde. Ek het onlangs hierdie “stilspeletjie” herontdek.  Dit is eenvoudig om op te stel en is ‘n handige huiswerk hulpmiddel – veral as Ma en Pa gou iets anders moet doen. Ek maak my raamwerk gewoonlik op MS Powerpoint – bloot omdat ek die prentjies makliker […]

Verwysings

476 Kommentaar


Hopelik kan ons ‘n paar telefoonnommers en dinge ruil om kinders spoedig te ondersteun. Aandagafleibaarheid: Helderberg Ondersteuningsgroep (vergader maandeliks):  Kontak Vergezicht school vir inligting:  vergezicht123@gmail.com Kinderpsigiater wat meer raad kan bied. ADHASA Maatskaplik:  Badisa en ACVV Lifeline Berading:  021 461 1111 Lifeline Berading Nasionaal:  0861 322 322 Childline Berading:  021 461 1114 Childline Tolvry (Gratis): 0800 055 […]

Newer Entries