Tuis

Search Results for: klaskamer

Speldag

Lewer kommentaar


Wêreld Speldag is vanjaar op die 3de Maart. Ons kleiner outjies kan nog nie spel nie, maar ons kan die klanke hersien of ‘n Woordboudag hou. Bou woorde met kleiwurmpies of skryf die woorde in plat klei. Gebruik letterstempels, -magnete of iets soos droë alfabetpasta. Fokus op woordfamilies (bv. -as woorde, -op woorde, ens.) en […]

Medemenslikheidsdag

Lewer kommentaar


Op die 17de Februarie word ons daaraan herinner om gaaf en behulpsaam te wees sonder om iets terug te verwag. Gaan stap as ‘n groep deur die naaste veld of park om vullis op te tel. Hoeveel swartsakke kan julle vol maak? Besoek ‘n aftree-oord en sing liedjies op die sypaadjie. Bied aan om met […]

Internetveiligheidsdag

Lewer kommentaar


Gebruik jy of jou geliefdes sosiale media en verskillende aspekte van die internet? Hersien of vervang wagwoorde en gesels met oud en jonk oor veiligheidsmaatreëls wat ‘n mens in gedagte met hou wanneer jy vreemde boodskappe, foto’s, skakels en inligting teë kom. Vra gerus dat ‘n kundige (polisie of rekenaarfundie) ‘n bietjie meer inligting deel.

Moedertaaldag

Lewer kommentaar


Dit is amper Moedertaaldag. Hoeveel verskillende tale praat die leerders in jou klas. Kan julle mekaar in die onderskeie tale groet?

Biddag vir Onderwys en Opvoeding

Lewer kommentaar


Vanjaar is die Biddag vir Onderwys en Opvoeding op die 13de Februarie. ‘n Mens kan altyd dié dag ook net voor of na die naweek vier.

Dag van die tweë

Lewer kommentaar


Elders gaan skole ‘n bietjie pret met die 22ste Februarie 2022 hê en aandag aan die syfer 2 skenk. Indien die kinders nie op die 22ste by die skool is nie, gaan hulle die 2de gebruik. Daar is ‘n verwante fees later in die jaar, maar op hierdie dag kan ‘n mens die syfer, getalnaam, […]

Luidleesdag

Lewer kommentaar


Luidleesdag word vanjaar wêreldwyd op die 2de Februarie gevier. Loer gerus na vorige plasings en die kieslysie hier bo. Hoe gaan julle die dag geniet?

Die nuwe skooljaar

Lewer kommentaar


Hier aan die begin van ‘n nuwe skooljaar wonder ‘n mens hoe die jaar sal lyk en wat ‘n mens kan verwag. Sal die jaar iewers ‘n geleentheid bied om weer normaal te kan skool gee of sal afstandsonderrig en grendeltydperke deel van ons moderne menswees? Hoe dit ookal sy, kan ons kies om met […]

‘n Fondsinsamelings uitdaging vir ‘n goeie doel

2 Kommentaar


Die #BettyWhiteChallenge word elders vir Betty White se 100ste verjaarsdag beplan. ‘n Fondsinsamelingspoging is aangewakker om geld vir dierebeskermings organisasies in te samel – iets wat baie na aan haar hart was. Die skool is dalk nie vir almal oop nie, maar ‘n uitdaging om R1,70, R17, R170, 100c, R100, 1, 17 of ‘n 100 […]

2022

Lewer kommentaar


Loer gerus na die hofies “Produkte” of “Drukbare Bladsye” hier bo vir verskeie idees of tik soekterme soos ‘Klaskamerdekor, pasella, boek oortrek…” by die bruin soekblokkie regs, bo-aan My Klaskamer in vir heelwat idees uit vorige jare.

Einde-van-die-jaar Afslag

Lewer kommentaar


Loer gerus na die produkte op my winkelrak. Alle produkte is outomaties elektronies beskikbaar om af te laai en te druk sodra die transaksie deur gaan. Toets gerus eers met die gratis materiaal.

Rekenaarweek

Lewer kommentaar


Rekenaar- of Rekenaarwetenskappe Week begin eersdaags. Probeer hierdie week om ‘n nuwe funksie op jou rekenaar of tablet aan te leer. Loer gerus na webblaaie soos Hour of Code, Scratch of speel Kersfeesspeletjies so op die vooraand van die vakansie.

Meer as net ‘n dag lank

Lewer kommentaar


Loer gerus by My Klaskamer se winkelrak in om deur meer as 200+ produkte onder R60 te loer. Koekeloer, kies, laai in die trollie, koop en druk uit. Toets gerus eers met ‘n gratis item of twee 🙂

16 Dae

Lewer kommentaar


Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) strek vanaf die 25ste November tot die 10de Desember. Hersien gerus noodnommers en veiligheidsmaatreëls. Weet die outjies wat geweld is en wat om te doen as hulle geweld sien of ervaar? Met wie kan hulle gesels? Bespreek gerus die konsepte tydens die volgende 16 […]

Boelieteenkampingsweek

Lewer kommentaar


Die teenkampingsweek vir bullebakkery of boeliegedrag word elders gevier, maar ‘n mens kan van die geleentheid gebruik maak ook hier aandag daaraan te skenk. Bespreek gerus wat dit beteken, hoe dit lyk en wat ‘n mens kan doen om die gedrag teen te veg. Gesels oor boelies wat ‘n mens kan sien – asook boelies […]

Onderwysersdag, 5 Oktober

2 Kommentaar


Vanjaar, is die tema “Teachers at the heart of education recovery”. Gebruik julle steeds afstandsonderrig of is julle reeds besig met intervensiewerk? Is daar leerders wat meer opvoedkundige agterstande as ander het? Hoe maak ‘n mens om almal optimaal te ondersteun? Ek skat dat elke skool en situasie uniek is. Bekyk die planne wat jy […]

Soktober

Lewer kommentaar


Tydens Soktober (Oktober), tel ons sokkies, tel ons sokkies op, versamel ons sokkies en skenk ons sokkies aan mense wat nie hul eie sokkies kan bekostig nie. Dink aan tehuise en organisasies in jul gemeenskap wat by hierdie projek kan baat vind en moedig die onderskeie klasse aan om ‘n sekere hoeveelheid sokkies bymekaar te […]

Langnaweek

Lewer kommentaar


Webwinkel afslag tot 50%

2 Kommentaar


My Klaskamer se webwinkel het ‘n nuwe funksie wat afslag met die merk van ‘n blokkie vergemaklik en ek het pas lekker gespeel. Loer gerus 🙂

Oogsorgmaand

Lewer kommentaar


Oogsorgmaand begin eersdaags en fokus beide op oog gesondheid en visie of sig. Betrek gerus visuele persepsie take en oog-hand koördinasie aktiwiteite. Is daar oogkundiges wat gratis oogtoetse in jou omgewing aanbied? Vra gerus en maak ‘n afspraak om moontlike uitvalle betyds aan te spreek.

Older Entries Newer Entries