Advertisements
Tuiste

Search Results for: skrif

gedrag en dergelike dinge

Lewer kommentaar


Iemand het navrae gerig oor beloningskaarte.  Dit wissel van ouderdomsgroep tot ouderdomsgroep… Ek het al met sukses ‘n inkleurkaart gehad wat ek dateer het en huis toe gestuur het as dit vol is. Dit is later verklein en gelamineer, sodat ons klein plakkertjies daarop kon plak en ‘n string van elkeen se hangende kaarte kon […]

Rooimierblussers

Lewer kommentaar


Aan die begin van die skooljaar moet ‘n mens die nuwe roetine inoefen en deurgee.  Die lyfies is nog met vakansie en so ook die eetgewoontes.  Verduidelik aan hulle hoe die rooster werk, wanneer julle sal eet, hoe julle aantree in rye en hoe julle deur die skool gaan stap (bv. hande agter die rug). Plak/teken […]

beplan

2 Kommentaar


Dis die einde van nog ‘n opwindende skooljaar.  Loer gerus hier na idees vir die nuwe jaar. Uil Kalender 2018 Owl Calendar 2018 Kalender 2018 Appel Calendar 2018 Apple *2018 Pynappel Kalender met spesiale dae *2018 Appel Kalender met spesiale dae *Kersfees *Spog- en Herinneringshorlosies *Sertifikate My Klaskamer Pryslys Maart 2018 Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) […]

Heuningby

Lewer kommentaar


Saterdag, 19 Augustus, is Wêreld Heuningbydag.  Neem gerus ‘n paar minute om na die bewaring, redes vir bewaring en die nut van bye te loer. By raampie Bye Bees (ontwerp) ‘n Tydskrif Oulike inligting

sinne en paragrawe

2 Kommentaar


Iemand het onlangs gevra hoe ‘n mens kan help om die jong outjies sinne te laat skryf. Blaai deur ou tydskrifte en soek prente wat tot die belangstellings spreek.  Vra aanvanklik vir beskrywende woorde en skryf dit rond en bont op ‘n bladsy neer.  In Graad 1, sal die outjies geneigd wees om sinne herhaaldelik […]

werk

6 Kommentaar


Môre, Almal Ek het onlangs nuwe bydraes op die winkelrak geplaas en daar is tans net so ‘n bietjie meer as 160 produkte in totaal.  Hier in My Klaskamer, is daar ‘n bietjie meer as dit om deur te snuffel.  Die inskrywings oor vraestelle en e-boeke is aangepas, omdat van die webblaaie hul inligting verander […]

Voorskoolse jare – Wat word verwag?

Lewer kommentaar


Soos geplaas op Skool Toe In die voorskoolse jare werk ‘n mens voortdurend informeel en soveel as moontlik spelenderwys.  Die leerwerk geskied deur middel van sintuiglike ervaring en papierwerk (takies) word sover as moontlik vermy.  Daar is egter aspekte wat ‘n mens wel deur werksvelle kan vaslê of moet demonstreer. Roetine en struktuur:  Dit skep ‘n bekende […]

Outisme

Lewer kommentaar


‘n Bewustheidsdag vir Outisme word op die 2de April gevier.  Die statistieke verskil hier en daar, maar inligting dui daarop dat minstens 1 uit 68 kinders daardeur geraak word.  Die kenmerke verskil… van verbale (wat kan praat) tot nie-verbale (spraak ontbreek of is uiters beperk) outjies; van outjies wat vroeg reeds begin praat het tot […]

klanke, spelwoorde, syfers, vorms, patrone

Lewer kommentaar


Probeer om soveel sintuie as moontlik te betrek en gee vir die outjie ‘n verskeidenheid maniere om die werk te hersien. Ons skryf dikwels die woorde groot op “flitskaarte” (gebruik sommer ou papbokse en dergelike kartonnetjies) en verf dan pofferige verf met ‘n oorstokkie bo-oor. Die outjie kan dit self in die mikrogolfoond plaas en laat verhard (onder […]

Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag

4 Kommentaar


Die volgende maand is deurspek met lees-, taal- en boekgenot:  Luidlees-, Moedertaal- en Wêreld Boekedag vind binne enkele dae na mekaar plaas. 1.  Bou woorde met los kaartjies: Gebruik klankkaartjies* om sigwoorde, spelwoorde en sinne na te bou. Neem die woorde af en druk die foto’s op A4-velle uit of… Plak die woordbouwerk op groot velle papier […]

skouer aan die wiel

2 Kommentaar


  Met die aanvangs van die skooljaar, is daar so ‘n paar nuwe goedjies beskikbaar – hier in My Klaskamer en ook in my winkeltjie.  Klik gerus op die volgende skakels en tik ook soekterme* by die bruin soekblokkie aan die regterkant van my blog in vir velerlei idees en drukbare opsies. Laai temaprentjies vir jou […]

Gereed vir 2017

Lewer kommentaar


Via Afrikaanse Hulpmiddels vir die klaskamer Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar is gewoonlik verskeie dae om tydens die skooljaar te vier. Loer gerus na die 2017 Kalenderpakket vir ‘n rekenaar én ‘n drukbare weergawe om te volg. Hierdie kopie sluit ook verjaarsdagkalenders (12 Bladsye) as ‘n ekstratjie in. Hierdie kalenderpakket is […]

pasella vir jou klaskamer

7 Kommentaar


Hiermee gratis hulpmiddels vir jou klaskamer.  Verklein die naamkaartjievelle tot twee op ‘n A4-bladsy indien jy dit so verkies 😉 voorblaaie (ander) (tik besonderhede op ‘n skoon dokument en druk op die voorbladvelle) Klaskamer reëls, doelwitte Classroom goals rules dagprogram uiltjies-naamkaartjies uiltjies-dagprogram bytjie-naamkaartjies bytjie-dagprogram volstruis-naamkaartjies volstruis-dagprogram liewenheersbesie-naamkaartjies liewenheersbesie-dagprogram olifant-naamkaartjies olifant-dagprogram vissie-dagprogram vissie-naamkaartjies toilet-posters badkamer-muurkaarte klas-verlaat-1 Tik […]

Boekweek & Geletterdheidsdag

Lewer kommentaar


Nasionale Boekweek vind vanjaar vanaf 5 tot 11 September en Internasionale Geletterdheidsdag vind op die 8ste September plaas. Pak letterstempeltjies, -plakkers en stensils uit, knip menigte tydskrifopskrifte op in woorde of letters, pak woord- en spelspeletjies uit en gee die geleentheid om muurprente te skep.  Skryf rympies, gedigte, trefwoorde of nuwe woorde se betekenisse.  Stel spesifieke […]

TAAL- én Koop-‘n-Afrikaanse-Boekdag, 14 Augustus

2 Kommentaar


Merk die 14de Augustus op jou kalender, want op hiérdie dag vier ons Afrikaans as taal en koop ons Afrikaanse boeke (lees-, werk-, e-, handboeke, ens.; oud en nuut).  Dit is ‘n Sondag.  ‘n Mens kan die dag van die Vrydag tot die Maandag rek. Kinderboeke Reekse Diereboeke Die Uile Sprokies Jeuglandreeks Nuwe Silwerboomreeks Leesreekse Leeslyste […]

skryfbord

2 Kommentaar


Versorging: Die volgende voorstelle is deur die jare gevind – ook aanlyn. Was deeglik met warm water en ‘n sagte lap of spons en dan… As jy met bordkryt skryf Was idees Trek permanente lyne met ‘n wit of swart veselpen. Witbord Wit tandepasta Gel Handwasmiddel (Hand Sanitizer) Wit Asyn – verdun met water indien verkies […]

Afrikadag

Lewer kommentaar


Watter aspekte van die kontinent gaan ons vandag bewonder?  Hoeveel unieke en mooi foto’s kan ons opspoor?  In watter lande is dit geneem?  Weet jy waar op die kontinent hierdie lande is?  Wat is hul hoofstede?  Maak byskrifte vir die Afrikakaart en benoem die lande.  Onthou om die foto’s daarby aan te bring. 54 Afrikadag

Werksvelle, Muurkaarte en ander hulpmiddels

Lewer kommentaar


Tik soekterme (in geen spesifieke volgorde) soos die volgende by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, loer na die “Drukbare Bladsye” of na die skakels wat aan die regterkant gelys is. hulpmiddels muurkaart naamkaart eerste dag klanke abc uitspraak alfabet sigwoord dubbelklank tweeklank drieklank klanksamevloeiings hersien meervoud verkleinwoord leestekens flits oefen self e klink […]

Skryf in

2 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.

Luidleesdag, 2016

2 Kommentaar


Wat kan ‘n mens alles op Luidleesdag lees of doen? Knip en plak sigwoorde, rymwoorde en ander ouderdomstoepaslike woorde uit tydskrifte of bou dit uit los opskrifletters.  Flits die woorde, plaas dit op die woordmuur, skryf dit oor in die individuele woordeboekies of tik dit oor tydens rekenaarlesse. Luister na voorlesings op die mat, e-boeke of […]

Older Entries Newer Entries