Tuis

Search Results for: klanke

Oogsorg

Lewer kommentaar


Dit is Oogsorgmaand.  Fokus hierdie maand op visuele persepsies, deur verskeie takies en speletjies beskikbaar te stel, reël ‘n optometris as spreker of verskaf inligtingstukke aan ouers oor die belangrikheid van oogsorg en oogtoetse.  Bv. Visuele geheue: Teken of pak 4 tot 6 prente in ‘n ry. Die kind kyk vir vyf tellings daarna en […]

Augustus Huiswerk

9 Kommentaar


Augustus Huiswerk Gebruik jou kennis van veelvoude, maaltafels, klanke, vorms, rym, woordsoorte en kleur. vorms en verskillende name, Posisie Ordinale Getalle maaltafelwaaier Rympies

Rym

4 Kommentaar


Rym en rymende sinne, is ‘n heerlike manier om ouditiewe vaardighede op te skerp en om taalontwikkeling te doen.  Die kleintjies geniet rympies en kan dikwels onsinrympies spontaan voltooi.  Byvoorbeeld:  Vandag is dit baie koud…Ek dra ‘n serp van …goud. Soos met die jong huistaalleerders, kan ‘n mens ook rymwoorde gebruik om die taal vir […]

Engels: Aanleer en Vaslegging

2 Kommentaar


Klik op die skakels in die skrywe om na enkele dokumente te gaan.  Die prente is voorbeelde daarvan. Hoe spreek ‘n mens die klanke uit?  Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister?  Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind? Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in […]

‘n Vinnige waterspel aktiwiteit

Lewer kommentaar


“Water babies”, “water beads” of Jelliekrale vir sensoriese/waterspel: Plaas in ‘n (deursigtige) plastiekbak – ‘n groter oppervlakte speel lekkerder – en vul met water. Voeg kort-kort water by totdat die krale lekker vet is. Gebruik ‘n plat bak en vul die bak met opgepofde krale.  Versteek magneetletters en syfers op die bodem en vra dat die […]

robotkaarte

4 Kommentaar


Robotkaarte werk soos ‘n verkeerslig.  Jy kan ‘n groen kol by die beginpunt van syfers of letters plaas en ‘n rooi kol by die eindpunt.  Sodoende weet die kleingoed waar om te begin en te eindig. robotkaarte abc syfers (een simbool per bladsy) Wat kan jy met hierdie kaarte doen? Gebruik dit as muurkaarte (voorbeelde of herinnering).  Gebruik […]

die see

6 Kommentaar


      Iemand het onlangs gevra wat ‘n mens kan doen met ‘n see-tema.  Laat ek sien… Berei groot velle wit of koerantpapier vir ‘n seetoneel voor.  Indien jy ‘n rol papier het, kan jy die papier sowat ‘n muurlengte lank maak.  Meng muurpapiergom/styselpap met voedselkleursel (‘n emmer met groen, ‘n emmer met blou […]

iPad Apps / Toeps

4 Kommentaar


Die volgende iPad Apps (en meer) is ook aan die regterkant onder “Hulpmiddels” gelys.  Die eerste groep is meestal Afrikaanse Apps (Big Bug Books en Via Afrika Wiskunde is in Engels en Afrikaans beskikbaar) en die tweede groep is Engelse Apps.  Die hele Letterland storiereeks is aan die regterkant gelys – asook Biebie en Kalla […]

Skrifdag

Lewer kommentaar


23 Januarie is Skrifdag in ander wêrelddele, maar kan beslis ook in Suid-Afrika gevier word. Vir die jonger outjies, kan ‘n mens fynspier oefeninge gee: Bou eenvoudige prente, lyne, vorms, syfers of letters met ‘n pennetjiebord. Vorm eenvoudige prente met rekkies op ‘n spykerbord.  (Bou byvoorbeeld ‘n huisie uit vorms.) Versteek klein speelgoed of albasters […]

Voorspoed

1 Kommentaar


Tik gerus soekterme soos abc, klanke, tweeklank, drieklank, dubbelklank, hersien, potloodgreep, sigwoord, lees, VMI, posisie, Graad R, Graad 1, woordsom, syfer, halveer, verdubbel, afrond, geld, maaltafel, deling, veelvoud, vorm, verkleinwoord, e klink soos i, skrif, skryf, engels, vraestel, aandagafleibaar, kosblik, eerste dag… by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in of kontak my […]

Klanksamevloeiings

Lewer kommentaar


klanksamevloeiings muurkaarte Klanksamevloeiings (lyste):  Gebruik die aanvangswoordelyste as ‘n verwysingsblad wanneer julle skrifwoorde oefen of sinne moet skryf. ‘n Pakket om die woordeskat uit te brei. Klanksamevloeiings aan die einde van woorde. Engels Tik gerus ook soekterme soos “abc, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die Drukbare Bladsye. […]

hulpmiddels vir die klaskamer

13 Kommentaar


Jy het ‘n nuwe pos gekry of jou universiteitsjare staan einde se kant toe.  Om gereed te maak vir ‘n nuwe klaskamer, kan jy die volgende items in gedagte hou: Hulpmiddels om te versamel (klik) Kies ‘n kleurskema of materiaal vir gordyne, kussinkies en ‘n tafeldoek – iets wat lank mooi sal bly.  Kyk ook na […]

drieklank

Lewer kommentaar


Klik op hierdie dokument om oop te maak (en sien ook die drukbare bladsye vir legkaarte): drieklank sinne  [meer dubbel-, twee-, drieklanke] Legkaart Omkring of skryf byvoorbeeld die oei, eeu, aai of ooi in kleur. Nog werk.

Water

2 Kommentaar


Dit is amper waterweek.  Leer die outjies om waterwys te wees en loer na die idees in hierdie Engelse boekie.  Leer die kleingoed om water op ‘n verantwoordelike wyse te benut deur: waterbekers/gieters te gebruik.  Maak die klas se potplante met spesifieke hoeveelhede (bv. 1 blikkie) nat en maak dit ‘n reël. waterspel water te […]

Biblioteekweek

Lewer kommentaar


Hou ‘n muntlegging om boeke vir die biblioteek te kan aankoop.  Pak dit in vorms, rye, patrone, letters, woorde of embleme.   Skryf die vorms of simbole met bordkryt op teer of maak los papierweergawes.  Kies ‘n spesifieke munttipe (soos 5c of 10c) om te versamel vir die dag en pak dit. Betaal 50c om […]

abc

2 Kommentaar


    Muurkaarte soos hierbo Verskeie Muurkaarte soos hier onder alfabet rympies Alfabetvlaggies & Klanke legkaarte (Afrikaans en Engels) Alfabet Kleikaarte (Afrikaans / Engels) robotkaarte ABC skryf ABC uitspraak letters skrif oefeninge – drukskrif Werkboek Workbook Leesstukkies vir die onderskeie klanke Woordbou:  Klinkers/Vokale Woordbou:  Dubbel-, Twee- en Drieklanke Klanksamevloeiings Tik ook abc, klanke, skrif, skryf of alfabet […]

Boekedag, 6 Maart

2 Kommentaar


6 Maart is Wêreld Boekedag en vanjaar is daar vele ekstra idees om in die klas te probeer. Verdeel die klanke wat reeds aangespreek is (hetsy enkel-, dubbel-, twee- of drieklanke) en laat die kinders volgens die klanke aan trek – bv. a vir appel, akkers, anker, aartappel, b vir bal, bok, ballonne.  Sien alfabet rympies vir inspirasie. Kies ‘n boek per […]

boekweek

2 Kommentaar


Gebruik hierdie week om die mooiste rympies en storieboeke te lees. Soek spesifieke klanke in die storie of rympie (bv. woorde met ‘n oo of ‘n oe) en skryf dit neer.  Hoeveel woorde kan julle kry?  Kan julle sinne met dié woorde maak?  Plak die lyste teen die muur op en kyk of julle dit […]

geletterdheidsdag

2 Kommentaar


Internasionale Geletterdheidsdag word op 8 September gevier, maar omdat dit vanjaar op ‘n Sondag val gaan ons dit ook op die 9de vier. Lees ‘n bietjie meer op dié dae, hersien die klanke of speel woordspeletjies. Bou woorde volgens klankgroepe (bv. dubbelklanke soos aa, ee, tweeklanke, drieklanke…) met los Junior Scrabble-blokkies. Kyk na die tweeklank-woordsoektogte. […]

hemelruim

1 Kommentaar


Die aarde (luister) Kaptein Kadoef se avonture Iemand het onlangs navrae gerig in verband met ‘n ruimte-/musiek-les.  Ek het lanklaas musiek gegee en slaan nou heeltemal toe.  Aspekte waaraan ‘n mens kan dink is seker instrumente om planete en sterre voor te stel.  Sterre laat my dink aan klokkies en ‘n xilofoon – hoë note. […]

Older Entries Newer Entries