Tuis

Medemenslikheid

Lewer kommentaar


Random Acts of Kindness of Medemenslikheidsdag is om die draai. Eintlik moet elke dag goeie gewoontes vier, maar soms het ‘n mens ‘n spesiale datum nodig om jou daaraan te herinner.

Medemenslikheidsdag

Lewer kommentaar


Op die 17de Februarie word ons daaraan herinner om gaaf en behulpsaam te wees sonder om iets terug te verwag.

Gaan stap as ‘n groep deur die naaste veld of park om vullis op te tel. Hoeveel swartsakke kan julle vol maak?

Besoek ‘n aftree-oord en sing liedjies op die sypaadjie.

Bied aan om met die bure se honde te stap.

As jou groentetuin of vrugtebome welig dra, deel gerus jou oes met ander.

Plant blomme en kruie wat jy ook met ander kan deel.

Skakel vriende of familielede met wie jy lanklaas gesels het.

Begin ‘n mini-biblioteek in ‘n koshuis of tehuis. Neem ‘n boek en los ‘n boek.

Help ‘n maat om nuwe konsepte baas te raak (bv. om veters vas te maak, skoolwerk te bemeester…).

Plaas ‘n skoenpoetsmandjie in die klas.

Help kinders om hul besittings te merk.

Is daar omgee aksies in jul skool of gemeenskap waaraan ‘n mens meer gereeld aandag kan skenk? Loer gerus en kies ‘n paar om hierdie jaar te ondersteun.

Goedgesindheidsdag

Lewer kommentaar


Tydens die grendeltydperk(e) het verskillende idees wêreldwyd begin om ander te laat glimlag. Nie net hou hierdie idees die kleingoed besig nie, maar kan die idees ook ‘n ligpunt vir ander wees. Hou die projekte eenvoudig en haalbaar.

  • Bou en verf ‘n houtkis as ‘n Honde Biblioteek – waar honde eienaars balle en stokke kan leen wanneer hulle in ‘n park of teen die see langs wil stap.
  • Bou ‘n waterdigte kassie om as ‘n Gratis Bibliotekie te dien. Vul met vyf tot 10 boeke en moedig ander aan om boeke te ruil – Neem ‘n Boek, Skenk ‘n Boek.
  • Skep ‘n Steggiebiblioteek – met steggies, nuwe plantjies of sade. Laat weet die bure dat hulle steggies kan kom haal of hul eie steggies daar kan deel.
  • Verf ‘n ruit met oulike karakters, boodskappe of iets wat by die seisoen pas. Gebruik ‘n helder tipe verf wat maklik kan af was – soos akrielverf.
  • Gebruik bordkryt om ‘n sensoriese wandelpad op die sypaadjie te teken of skep kunswerke op die inrit na jou skool of huis.

Medemenslikheidsdag, 17 Februarie

Lewer kommentaar


Random Acts of Kindness Day of Medemenslikheidsdag is ‘n dag waarop ons mekaar aan klein gebare van onbaatsugtige medemenslikheid kan herinner.

Neem foto’s van kinders wat ander help deur bv. ‘n maat se veters vas te maak of ‘n tas op te tel wat om geval het. Raam die foto’s of voeg dit in die raamwerk van groot letters of die agtergrond vir ‘n slagspreuk. Elders word die letters K…ND gebruik – met ‘n die slagspreuk “Be the I in Kind”. Kinders poseer dan in die gaping.

In Afrikaans, kan ‘n mens groot letters gebruik om Ons is gaaf uit die beeld. Plak weereens foto’s binne die lyne of skryf kortliks wat gebeur het. Hou dit sigbaar en verwys gereeld na elke poging – al is dit klein of min. Só kan ons mekaar inspireer.

Watter slagspreuke kan jy gebruik?

Medemenslikheidsdag, 17 Februarie

2 Kommentaar


Medemenslikheidsdag (Random Act of Kindness Day) is ‘n dag waar ons die outjies daarvan bewus kan maak om ander te help wanneer hulle dit die minste verwag. 

  • Is daar kinders sonder maats?  Skep ‘n rooster vir die klas en verduidelik dat dit ‘n goeie manier is om die maat te betrek.  Verseker dat die outjie nie in die klas is tydens die bespreking nie.  Dis wonderlik om die positiewe veranderinge in die klas te sien.
  • Indien die skool fondse het, kan ‘n mens ‘n maatsbankie (“buddy bench“) in elke speelarea instel.  Indien die banke te duur is, kan ‘n mens ‘n bankie uit stene en planke bou of ‘n oulike prentjie van maats teen ‘n muur aanbring.  Kinders wat alleen is of net wil gesels, kan daar met ander gesels of nuwe maats leer ken.
  • Stel ‘n oggendgroetkaart op (voorbeelde in die videos hier onder).  Dit help die kinders om daagliks óf met ‘n maat of met die opvoeder kontak te maak.  As jy kans sien, kan ‘n mens ‘n unieke groet (handdruk, -skud, ens.) met ‘n leerder oefen en elkeen volgens sy/haar unieke groet daagliks môre sê.

Wat doen julle om die konsep van medemenslikheid te ontwikkel?

Tik gerus soekterme soos “omgee, Pay it Forward, medemens…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

Medemenslikheid en Internasionale Dag van Geluk

4 Kommentaar


 

Vandag is Random Acts of Kindness Day en 20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk.  Ek sou dit egter nie tot een dag wou beperk nie…Hoe kan ons in het kleine iemand anders se dag opkikker?

  • Gooi ‘n ekstra munt in iemand anders se parkeermeter.
  • Het jy afslagkoepons iewers gekry?  Plaas dit hier en daar op die winkelrakke vir ander om te kry.
  • Laai ‘n ekstra pakkie koekies in die winkelmandjie vir die werkers by die skool of by die huis.
  • Werk saam aan ‘n maaltyd (soos lasagna) en lewer dit by iemand af wat dit nooit sal verwag nie.
  • Nie ‘n goeie kok nie?  Steek ‘n blom in ‘n ou speserybottel en plaas dit op ‘n buurvrou se stoep of ‘n juffrou se tafel.
  • Gooi die week se snoepiekleingeld in ‘n spaarbussie tot ‘n week voor die dag van jou/jul keuse.  Tel dit en besluit op ‘n skenking – hetsy kontant of byvoorbeeld kos aan iemand of ‘n instansie.
  • Is geld ‘n bietjie min?  Verskaf jou dienste gratis – om byvoorbeeld ‘n buurman te help.  By die skool, kan die klas die gang namens die opsigter vee of die dromme leegmaak.
  • Skenk klere.
  • Skenk orige verf om die klimrame te verf.
Tik gerus ook soekterme soos “hulp, pay it forward, omgee” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

%d bloggers like this: