Tuis

November

2 Kommentaar


November is ‘n maand waartydens ons aandag aan boelieteenkamping skenk. In ander wêrelddele, word boelieteenkampingsweek vanaf die 10de tot die 14de of van die 17de tot die 21ste gevier. Ons kan oor die hele tydperk op die onderwerp fokus.

Praat gerus oor bullebakkery op die skoolgrond, op selfone en op die internet. Hoe lyk dit, hoe beskerm jy jouself en hoe kan ons ander help?

Op Wapenstilstandsdag onthou ons almal wat vir ons vryheid geveg het. Hou ‘n oomblik van stilte om 11:00vm op die 11de dag van die 11de maand.

Op die 13de dink ons aan idees om goedgesindheid aan ander to openbaar. Watter klein gebare of take kan ‘n glimlag veroorsaak of hulp bied? Daar is soveel gratis dingetjies wat ‘n mens kan doen, mooi woorde wat ‘n mens kan deel…Wat kan ‘n mens in die klas en in die skool doen om mekaar te ondersteun en wat kan ‘n mens in die gemeenskap doen? Oulike kindertekeninge en ‘n handgeskrewe kaartjie is altyd ‘n wenner.

Op Kinderdag fokus ons op alles wat kindwees lekker maak. Loop kaalvoet, eet roomys, eet lekkers, teken springblokke buite (hop scotch), sing saam, spring tou, speel speletjies, knap die speelterrein op, haal ekstra speelgoed uit vir pouse en herinner die outjies aan hul regte. Vanjaar se tema is ”my dag, my regte”.

Kort na hierdie spesiale dag, vier ons die 16 dae van aktivisme teen geweld (op vroue en kinders). Dra ‘n wit lint tydens hierdie tydperk (25ste November tot die 10de Desember) of kies ‘n spesifieke dag waarop die hele skool wit klere dra ter bewusmaking van die 16 dae.

Vir diegene wat idees in verband met assesserings soek, loer gerus na studietegnieke hier en voorbeelde van assesserings hier. Mag dit ‘n mooi maand wees.

Oktober

Lewer kommentaar


Tydens Oktober vier ons steeds Oogsorgmaand. Dit is ook Soktober – ‘n maand waartydens ons sokkies insamel vir minderbehoeftiges.

‘n Gelukkige Onderwysersdag aan al die opvoeders. Mag die volgende kwartaal baie suksesvol wees.

Oktober is ‘n maand waartydens ons ekstra aandag aan ons kennis van Disleksie (‘n spesifieke lees- en spelprobleem) skenk. Afhangende van waar jy woon, word daar beraam dat 10% tot 20% van samelewing ‘n vorm van ‘n lees- of spelprobleem het. Dra rooi om jou ondersteuning op die 8ste te wys.

Probeer gerus om met ‘n toep soos Google Lens ‘n foto van ‘n bladsy te neem en gebruik dan die vertalingsopsie om na die teks in Afrikaans te luister. Ek leer nog hoe om die spoed van die stem te verstel, want dit klink vreemd 😊

Oktober is ook die maand ter bewusmaking van Aanvullende en Alternatiewe Kommunikasie vorme. Dit word in verskillende gevalle gebruik – veral wanneer die outjies sukkel met kommunikasie. In my geval, is ‘n iPad met toeps soos Proloque2Go of TouchChat ‘n vorm waarmee sommige outjies met Outisme met meer gemak kommunikeer.

Daar is onlangs Afrikaanse woorde by die Suid-Afrikaanse toeps gelaai. Lees gerus meer daaroor.

Onthou om jou Oupa en Ouma op die eerste Sondag te bel en indien jy vergeet het, skakel sommer weekliks.

Op die 10de kyk ons ‘n bietjie dieper na Geestesgesondheid en kyk ons ook net so ‘n bietjie beter na ons eie gemoedsrus. Neem ‘n blaaskans en probeer om iets te doen wat jou gelukkig maak.

Samel gerus geld nie vir nuwe woordeboeke of stof die oues af vir klas gebruik. Alle voorspoed met die nuwe maand ☺️

September

Lewer kommentaar


Lente is hier! Maak gerus blomkrone en kranse. Maak groot blomme om die ingang of die gange te versier. Plak ‘n raam met saadpakkies (al om die koesyn) en saai of skenk die sade. Hoeveel saadpakkies kan julle insamel vir hierdie projek? Snuffel gerus deur vorige jare se idees vir werskvelle en aktiwiteite.

Vir Boomplantweek, kan ‘n mens die skool se bome bemesting of kompos gee of bome plant. Vanjaar se bome is die witmelk- of melkbessie- en die tambotiebome. Sou hierdie bome in julle omgewing aard?

My Klaskamer word 17 jaar oud! Baie dankie vir elkeen se inloer, geselsies en ondersteuning. Dit is altyd lekker om ander te kan help.

September fokus op Gehoorverlies of die bewustheid van Doofheid. Hoe kan ‘n mens ander help? Is daar iemand in die skool wat hul ervaring kan deel? ‘n Goeie begin is om te verseker dat daar goeie beligting is en dat ‘n mens na die persoon draai wanneer jy praat. Is die gehoorstukkies se batterye voldoende en aan die FM-stelsel gekoppel (indien van toepassing)? Hoe dra ‘n mens die FM-sisteem se mikrofoon en watter goeie gewoontes kan ‘n mens kweek om outjies met gehoorverlies altyd in te sluit?

Ons vier Sekretaressedag op die derde September. ‘n Lekker bederfdag is ideaal. Wat doen jul skool om dankie te sê? Dink aan ‘n geskenkbewys of ‘n spesiale geskenk en bederfies (bv. eetgoed, rome, ens.).

Loslitdag word op die 5de gevier. Trek volgens ‘n kleur, ‘n tema of ‘n konsep aan of hou ‘n muntlegging. Is daar ‘n langer pouse vir die klas wat die meeste insamel? (Onthou om jou plakker te dra.)

Internasionale Geletterdheidsdag word wêreldwyd op die 8ste gevier. Lees gerus ‘n verskeidenheid boeke, rympies, lirieke, berigte, opskrifte en elektronies boeke. Nasionale Boekweek duur van die 5de tot die 11de. Roald Dahl se verjaarsdag word op die 13de gevier. Hoeveel van sy boeke is daar en hoeveel het julle gelees? Skryf gerus ‘n paragraaf om ander van die boeke te vertel.

Op die 15de September, vier ons Spikkeldag na aanleiding van Peter H Reynold se book: The Dot. Hoe kan julle spikkels of kolle by verskillende lesse betrek? Tel byvoorbeeld verskillende versamelings kolle, skep prente met behulp van dotjies (pointillisme) of kyk hoeveel kolleplakkers teen die lengte en breedte van ‘n boek of bladsy sou in pas…

Dra ‘n bandana of ‘n kopdoek en ‘n oogklap op die 19de. Kan jy soos ‘n seerower praat? Dis ‘n goeie geleentheid om jul Engels te oefen.

Versier papier met ‘n vredestema (bv. duiwe) en maak waaiers om uit te deel of in die gras te steek.

Waarom moet renosters beskerm word en hoe word dit gedoen? Wat maak hierdie diere so spesiaal?

Aan die einde van September fokus ons op oogsorg tydens Oogsorgmaand. Nooi gerus ‘n spreker of reël ‘n uitstappie na ‘n oogkundige praktyk. Deel artikels met die ouergemeenskap en vind gerus uit watter oogkundiges gratis oogtoetse doen (vir kinders).

Leer gerus meer oor die nasionale simbole vir Erfenisdag. Druk groot simbole uit, kleur dit in of teken jul eie en knip die prente uit. Versier die lengte van die gang in patroonformaat (bv. bloukraanvoël, protea, galjoen…) of maak rame om die deurkoesyne en vensterrame.

Ek het onlangs kinders met ‘n skaars tipe spierdistrofie (LGMD) leer ken. Die outjies ervaar pyn in die bo-arms en bene. Hierdie spiere word stelselmatig swakker soos hulle ouer word en kan hul beweeglikheid aansienlik verminder wanneer hulle in hul 20s is.

In die laerskool, probeer ons om daagliks strek oefeninge te doen en om versigtig te wees met die tipe oefeninge wat hulle tydens liggaams opvoedingsklasse doen. Strawwe oefening kan skade veroorsaak. Skryfwerk, kan tot uitputting lei. Ons leer hulle tans om soms hulle skryfwerk te dikteer en help ook met die skryfwerk.

Dra gerus lemmetjie groen klere of linte op die 30ste ter bewusmaking van een van die vele skaars diagnoses.

Mei gedagtes

Lewer kommentaar


Geniet die ekstra ruskans te midde van al die vakansiedae.

Afrikaans is vanjaar amptelik 100 jaar oud. Dit is waarskynlik baie ouer, maar word tans 100 jaar amptelik erken. Loer gerus na die Afrikaanse Taalmuseum en Taalmonument se inligting en ook na die SBA, Afrikaans100 en die Afrikaanse Taalraad. Kan julle (as ‘n skool) 100 verskillende idiome voorstel, soos 100 verskillende storieboekkarakters aan trek, 100 nuwe Afrikaanse boeke aanskaf of 100 Afrikaanse boeke lees? Kan julle 100 nuwe woorde in die woordeboek ontdek? Hoeveel R100’e kan ons aan woordeboeknavorsing en -uitbreiding skenk?

Moedersdag word op Sondag, 11 Mei, gevier. Maak gerus spesiale kaartjies of kunswerk om Vrydag huis toe te stuur.

Op die 18de, vier ons Museumdag. Reël gerus ‘n uitstappie en hoor of daar spesiale toelatingsfooie op hierdie besonderse dag is. Leer oor die museums in jul dorp of stad en deel brosjures met die klas.

Wêreld Bye Dag word op die 20ste gevier. Hoekom wil ons bye beskerm? Het jul skooltuine genoeg blomme of kan ‘n mens blomme plant om by (en ander bestuiwers) te lok?

Afrikadag is ‘n dag om alles wat mooi is aan ons kontinent te vier. Die diere, die natuur, die klimaat (die aardrykskundige aspekte), die weer en die mense.

Op die 28ste gaan ons Speeldag vier deur soveel as moontlik te speel.

Ons vier Hemelvaart op die 29ste Mei. Loer gerus hier na velerlei werksvelle en les idees.

Dra jou pantoffels op die 30ste ten bate van siek kinders en Reach for a Dream.

Kinderbeskermingsweek duur van die 29ste Mei tot die 5de Junie en ons word aangemoedig om iets groens te dra. Hersien gerus die noodnommers en kinderregte.

Maart

Lewer kommentaar


Versier t-hemde met boekvoorblaaie of gunstelingboekkarakters.

Spandeer op die 8ste Maart ‘n bietjie meer tyd om die dag vir die vroue (of meisies) in jou lewe interessant en lekker te maak. Nooi iemand vir koffie, deel blomme uit of gaan kuier by iemand wat soms eensaam is.

Fokus op velerlei wiskundige konsepte op Wêreld Wiskunde Dag. Skep stasies waar die outjies met sakrekenaars, vorms, werksvelle, tablette (toeps/apps), ensovoorts hul kennis kan verbreed.

Op die 20ste, dink ons aan mense, dinge en oomblikke wat ons gelukkig maak. Hoe kan jy ander se dag ophelder?

Dra op Downsindroomdag prettige sokkies of geel en blou klere. Leer ‘n bietjie meer en lees stories aan die klas voor.

Hersien vandag die verskillende Menseregte en bespreek die Kinderregte (Engels) ook. Waarom is Kinderregte so belangrik?

Hoe bespaar julle water by die skool en by die huis? Hoe kan ‘n mens ander help wat met watersnood worstel?

Ons vier Earth Hour op die 22ste Maart. Beplan ‘n speletjiesaand of ‘n braai by kerslig 😊

Biblioteekweek val so saam met die einde van die eerste kwartaal – ‘n ideale tyd om assesseringsdae met leeswerk af te wissel. Is dit tyd om julle biblioteek op te knap of ‘n fondsinsameling te hou? Skep dalk ‘n tema vir Biblioteekweek. Hou dan inkleurkompetisies, stal boeke oor die tema uit, versier die gange en deure volgens die tema en trek volgens boekkarakters aan.

Dra pers op die 26ste Maart en kom meer te wete oor Epilepsie – veral die soorte wat in jou skool voor kom.

Februarie

2 Kommentaar


Luidleesdag is om die draai. Haal gerus interessante leesstof byderhand (bv. storieboeke, advertensies, tydskrifte, gedigte, lirieke, flitskaarte, opskrifte, ens.). Wat is die oudste boek op die rak? Het julle nog plate, kasette of kompakskywe met lirieke in die omhulsels? Lees ou verjaarsdagkaartjies, poskaarte en briewe. Skryf ons nog so? Lees boodskappe op boekmerkies, stal voorblae (afskrifte of die los omslae) uit of plak die leesstof teen die dak en mure in die skool se gange. Hoe het ‘n spesifieke storie se omslae deur die jare verander? Dink sommer net aan boeke soos ”Heidi”.

Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding is vanjaar op die 9de Februarie. Bid gerus voor of na die dag by die skool.

Op Internetveiligheidsdag kan ons die skool se internet opknap en ook met die kinders oor internetveiligheid gesels. Waarom beskerm en verander ‘n mens wagwoorde gereeld en hoe kan ‘n mens jouself en jou toestelle beveilig? Het jul skool selfoonreëls en is daar ‘n beleid vir die veilige gebruik van die internet by die skool?

Die Internasionale Dag vir Vroue in die Wetenskappe word op die 11de Februarie gevier. Ken jy van hierdie dames en hoeveel artikels of boeke kan jy oor dames in die veld lees? Deel gerus jou kennis met ander.

Fokus op vriendskap en mooi wense op Valentynsdag.

Dink aan idees om iemand anders se dag op te helder. Hoe kan ‘n mens medemenslikheid of buurmanskap betoon? Loer gerus hier na velerlei idees.

Op Moedertaaldag vier ons die tale wat ons elkeen in die skool praat. Kan jy iemand in sy of haar moedertaal groet?

Die eerste Disney Pinocchiorolprent is op die 23ste Februarie 1940 bekend gestel. Ken jy die Afrikaanse reeks of Mynie Grové se temaliedjie?

Op die 26ste dra baie lande pienk hemde om ‘n bewusmakingsdag teen bullebakkery te ondersteun. Dit word gedoen na aanleiding van ‘n seun wat gespot is omdat hy ‘n pienk hemp gedra het.

Stal sprokiesboeke uit, trek soos karakters uit ‘n sprokiesverhaal aan en spandeer oomblikke gedurende die dag om na sprokiesverhale in Afrikaans en Engels te luister.

Januarie 2025

2 Kommentaar


Winnie the Pooh dag word op die outeur, AA Milne, se verjaarsdag gevier: die 18de Januarie. Luister gerus na ‘n luisterboek, kyk ‘n storie, kleur prente in of lees ‘n Winnie boek.

Skrifdag word elders op die 23ste Januarie gevier. Oefen gerus hoe om patrone te trek, hoe om ‘n goeie potloodgreep te hê of hoe om afsonderlike letters (lopende skrif, drukskrif) en syfers te vorm. Loer gerus na idees in verband met fynspier of handspier ontwikkeling. Meer idees is hier aan die regterkant (onder die verkorte inhoudsopgawe) gelys.

Op die 28ste vier ons Lego dag. Soek gerus na al die blokkies in jou kas en speel soveel as wat jy wil.

November

Lewer kommentaar


Wapenstilstand- of Herinneringsdag word op die 11de November gevier. Dis ‘n manier om respek aan oorlogsoldate te betoon. Ons hou ‘n oomblik van stilte om 11:00vm op die 11de dag van die 11de maand.

Elders fokus die week van 11 tot 15 November boelie gedrag en op maniere om dit teen te staan.

Op Wêreld Goedgesindheidsdag dink ons aan ander wat tans ‘n bietjie bemoediging en goedgesindheid nodig het. Deel ‘n boodskap, ‘n kaartjie, blomme of ‘n eetdingetjie. ‘n Klein gebaar kan baie beteken.

Wat maak kind wees lekker in jou kontrei? Kaalvoetdae, roomys, lang pouses of ‘n speletjiesdag? Bring komberse skool toe en lees stories onder koelte bome of hou ‘n pienkniek tydens klastyd. ‘n Mens mag kind wees so ‘n bietjie meer op die 20ste geniet.

Tussen die 25ste November en die 10de Desember, vier ons 16 dae van aktivisme teen geweld. Hoe kan ons geweld teen vroue en kinders voorkom of hoe kan ons diegene help wat daarin vas gevang is?

31 Oktober

Lewer kommentaar


Vandeesweek vier ons Hervormingsweek, want op die 31st Oktober 1517 het Martin Luther 95 stellings op die kerkdeur in Wittenberg vasgenael. Luther en Johannes Calvyn het se harde werk het ‘n groot invloed op hedendaagse kerke gehad. Lees gerus meer.

Oktober

Lewer kommentaar


So aan die begin van ‘n nuwe (en laaste) kwartaal vier ons Wêreld Onderwysersdag. Onthou om mekaar ‘n bietjie meer te waardeer en te ondersteun.

In Suid-Afrika vier ons Oupa en Ouma dag op die eerste Sondag in Oktober, maar ‘n mens kan die datum beslis aanpas of meer gereeld waardering toon.

Disleksie word soms as ‘n spesifieke spel- en leesprobleem in verslae beskryf. Wat kan ‘n mens doen om te help wanneer iemand (ten spyte van al die lees- en spellesse) steeds worstel? Maak beurte om stories hardop voor te lees, speel stemopnames van voorlesings (oudioboeke/luisterstories), toets Google Lens se voorlesings opsie deur ‘n slimfoonfoto van die teks te neem en toets Immersive Reader (‘n Google Chrome aanvulling) of Microsoft se Read Aloud moontlikhede. As ‘n mens navorsing op Wikipedia doen, kan jy die teks na byvoorbeeld Afrikaans vertaal en selfs ‘n vereenvoudigde Engels (Simple English) kies om met die ontleding te help. Help jou skool met alternatiewe assessering (konsessies)?

Elders word Soktober gevier om sokkies vir minderbevoorregte mense aan te skaf. Begin op ‘n kleiner skaal en samel sokkies vir kinders in die skool of naburige tehuise in. Dra dalk oulike sokkies as deel van ‘n fondsinsamelingspoging en laat die klas wat die meeste insamel iets prettigs doen.

Op Geestesgesondheidsdag, skenk ons ‘n bietjie meer aandag aan ander en onsself. Gesels ‘n bietjie meer en wys ‘n bietjie meer belangstelling. Soms is die kleinste gebaar genoeg om ander se dag beter te maak.

Voorspoed met die eksamen wat eersdaags begin. Mag al die harde werk en voorbereiding vrugte afwerp. Loer gerus hier na vorige of voorbeelde van vraestelle.

Koop ‘n nuwe woordeboek, vergelyk verskillende soorte woordeboeke of borg ‘n woord as ‘n skool of klas.

Voorspoed met laaste kwartaal se uitdagings en geleenthede. Mag dit mooi begin en mooi bly.

16 jaar

4 Kommentaar


Dit is moeilik om te glo dat My Klaskamer reeds 16 jaar oud is. Baie dankie vir jou ondersteuning. Loer gerus weer in 😊

September

Lewer kommentaar


September is My Klaskamer se verjaardagmaand en vanjaar word My Klaskamer 16 jaar oud! Baie dankie vir jou getroue ondersteuning.

In September, skenk ons aandag aan gehoorverlies en kyk ons hoe ons meer kan doen om mense met gehoorverlies te ondersteun. Gesels met kundiges en win ‘n bietjie kennis in.

Ons vier Lente Dag op die eerste en Boomplantweek van die 29ste Augustus tot die 4de September. Samel gerus kompos of kunsmis vir die skool se plante in of kikker die skool se beddings op. Saai blom-, kruie en groente sade wat ‘n mens later by funksies, ens. kan gebruik. Maak ‘n projek daarvan om uit te vind wat die beste in jul tuine sal aard en wat die beste moontlikhede kan wees. Stem en saai.

Die witpeer is die skaars boomsoort van die jaar en die karee of rooikaree is die meer algemene boom van die jaar.

Sekretaresse Dag word vanjaar op die 4de September gevier. Bederf gerus al die administratiewe personeel so ‘n bietjie.

Loslitdag/Casual Day, is ‘n dag waarop ‘n mens fondse kan insamel om mense met alle soorte gestremdhede te ondersteun. Sommige mense is so gebore en sommige mense het die gebruik van sintuie of liggaamsdele mettertyd verloor. Ondersteun gerus organisasies of skole in jou omgewing en vind uit hoe julle verskillende leerders kan insluit.

Die Paralimpiese Spele vind vanaf die 28ste Augustus tot die 8ste September plaas en daar is vanjaar 26 Suid-Afrikaanse atlete om te ondersteun.

Tradisioneel, het ons Bandana of Sonneblomdag in die middel van September gevier om ‘n bewusmakingveldtog vir bloedkanker te loods (Leukemiebestryding). Dit verg steeds ons aandag en is beslis iets om mee te help.

Internasionale Geletterdheidsdag word op die 8ste September gevier en Nasionale Boekweek duur van die 5de tot die 11de September. Spandeer ‘n bietjie meer tyd om deur die klas se leesboeke te blaai en om boeke te lees wat julle gewoonlik vermy of vergeet.

Roald Dahl se verjaarsdag word op die 13de gevier. ‘n Mens kan heelwat van sy boeke in Afrikaans en Engels kry. Lees gerus.

Op die 15de September, vier ons Spikkeldag na aanleiding van Peter H Reynold se book: The Dot. Hoe kan jy ‘n betekenisvolle merkie of spikkel in die samelewing maak?

Op die 19de praat ons soos seerowers. Dit is die ideale dag om die Engelse ”ar” in woorde te hersien.

Oogsorgmaand begin teen die einde van die maand. Praat gerus oor verskillende maniere om die ogies op te pas, doen visuele oefeninge en moedig oogtoetse aan. Is daar oogkundiges in jul omgewing wie gratis oogtoetse doen? Vra gerus.

Vou en plant gerus waaiertjies vir vrede in die voortuin. Skryf jou wense op die waaiers en deel dit met ander.

Op die 22ste leer ons oor Renosters en oor die bewaring van hierdie wonderlike diere. Maak Erfenisdag, op die 24ste, ekstra spesiaal. Spandeer die dag saam met spesiale mense en eet iets uniek aan jou erfenis 🙂 Mag jy ‘n besonderse mooi September hê.

Augustus

2 Kommentaar


Terwyl ons hierdie naweek die einde van die Olimpiese Spele geniet, vier ons ook Leeudag. Maandag ondersteun ons die bewaring van olifante.

Op die 13de vier ons almal wat linkshandig is en kyk hoe ons ‘n bietjie meer ondersteuning kan bied of begrip kan betoon. Hoe kan ‘n mens die tafels skuif om almal te help?

Taaldag word op die 14de Augustus gevier – tesame met die Lees-‘n-Boek, Koop-‘n-Boek, Gee-‘n-Boek…tradisie. Loer gerus na vorige plasings vir ‘n paar gratis werksvelle.

Heuningbydag word vanjaar op die 17de gevier. Onthou om blomsade of -plantjies gereed te kry vir die lente seisoen en om ons bye te ondersteun.

Op die 19de, sien ons die Super-, Bloumaan. Dit is ook Wêreld Fotografiedag. Neem foto’s van argitektuur, plante, diere, mens of die maan 🙂

Die Afrikaanse Bybel is 91 jaar gelede vir die eerste keer in gebruik geneem, nadat dit in Mei daardie jaar afgelewer is.

Vrouedag

Lewer kommentaar


Vrouedag is hier. Rus ‘n bietjie meer, sit ‘n bietjie langer, glimlag eerder as om jouself te vervies en gee mekaar ‘n bietjie meer grasie tot volgende week. Mag dit ‘n mooi naweek wees.

Julie

Lewer kommentaar


Die Julie-kwartaal begin sommer met bibberende weer. Loer gerus na vorige skrywes wat winter sportsoorte soos rugby, netbal en selfs die Olimpiese Spele aanraak.

Op die 18de Julie help of dink ons aan ander. Loer gerus na die lysie omgee idees hier onder of maak jou eie. Gesels met die tannies in die kantoor of die teedame. Hulle mag dalk van mense weet wat jul hulp benodig.

Departementele Werkboeke 2024 [Deel 2]

Lewer kommentaar


Laai gerus die departementele werkboeke hier af deur op die onderskeie hofies te klik. Ander gidse is hier beskikbaar. Ouer gidse (asook EAT werkboeke), is hier gelys.

Graad R Boek 3, Boek 4

Grade R Book 3, Book 4

Graad 1 Huistaal

Graad 1 Wiskunde

Grade 1 Mathematics

Grade 1 Home Language

Graad 1 Lewensvaardighede

Grade 1 Life Skills

Graad 2 Huistaal

Graad 2 Wiskunde

Grade 2 Mathematics

Graad 2 Lewensvaardighede

Grade 2 Life Skills

Grade 2 Home Language

Grade 2 FAL

Graad 3 Huistaal

Graad 3 Wiskunde

Grade 3 Mathematics

Graad 3 Lewensvaardighede

Grade 3 Life Skills

Grade 3 Home Language

Grade 3 FAL

Graad 4 Huistaal

Graad 4 Wiskunde

Grade 4 Mathematics

Grade 4 Home Language

Grade 4 FAL

Graad 5 Huistaal

Graad 5 Wiskunde

Grade 5 Mathematics

Grade 5 Home Language

Grade 5 FAL

Graad 6 Huistaal

Graad 6 Wiskunde

Grade 6 Mathematics

Grade 6 Home Language

Grade 6 FAL

Graad 7 Wiskunde

Grade 7 Mathematics

Geniet jou vakansie!

Lewer kommentaar


Kinderbeskermingsweek

2 Kommentaar


Ons dra groen om Kinderbeskermingsweek te vier, byvoorbeeld linte, veters, skoene of naellak.

Mei dae

Lewer kommentaar


Museumdag word op die 18de Mei gevier. Sommige museums bied gratis toegang op die 18de – wat beslis die moeite werd is. Doen gerus navrae by die plaaslike museums.

Wêreld Bye Dag word op die 20ste gevier. Het julle ‘n blomtuin by die skool? Kan ‘n mens een skep om bye te lok (van die speelgrond verwyder)?

Afrikadag is op die 25ste Mei.

Wat kan ‘n mens alles op Speeldag speel? Speletjies buite, sport, bordspeletjies, TV-speletjies, waterspel, fantasiespel, musiek, musiek instrumente, ens. Waar kan ‘n mens speel? In die klaskamer, buite, by die huis, op die sportveld of op ‘n -baan, ens. Betrek gerus verskillende sportsoorte, speletjies en instrumente. Dit kan mos net lekker wees.

Pantoffeldag (ter ondersteuning van Reach for a Dream) word op die 31ste gevier.

Boeke Dag en Nag

Lewer kommentaar


Op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag en baie mense vier ook Wêreld Boeke Dag. Dit is ook Kopieregdag. Wat is dit en hoe kan ‘n mense met ouer kinders oor kopiereg gesels wanneer hulle navorsing doen en take skryf? Moedig gerus ‘n bronnelys of bibliografie aan.

Deel gerus ‘n leeslysboekmerkie, lees boeke op ‘n toestel (rekenaar, slimfoon, tablet), skakel die onderskrifte vir videos aan lees saam. Trek soos ‘n boekkarakter aan of versier die klasdeur soos jou gunstelingboek se voorblad.

Aarde dag/Onbaatsugtigheid

Lewer kommentaar


Ons vier Aarde Dag op die 22ste April. Wat kan julle in die klas, by die skool of by die huis doen om ons aarde beter op te pas?

Doen iets om ander te help sonder om iets terug te verwag. Verras iemand met ‘n bederfie of ‘n ekstra gawe woord.

‘n Geseënde Paasfees!

Lewer kommentaar


‘n Geseënde Paasfees!

Loer gerus hier na verskillende idees om hierdie naweek te betrek.

Spelwoorde

Lewer kommentaar


Loer gerus hier na verskillende lyste spelwoorde – op uitdagingsvlak. Vir lyste sigwoorde en flitskaarte of idees in verband met die hersiening van spelwoorde, kan jy hier klik.

Wiskunde, ‘n Tikkie Geluk en baie meer

2 Kommentaar


Ons vier Internasionale Vrouedag op die 8ste Maart. Geniet ek ‘n ekstra ruskansie, ‘n ekstra blokkie sjokolade of lees oor vroue in jul omgewing wat ander inspireer.

Pi en Wiskunde Dag is om die draai. Loer gerus hier na verskeie vorige plasings.

Ons word op die 20ste daaraan herinner om die mooi in die lewe raak te sien. Wat maak jou gelukkig en hoe kan jy ander laat glimlag?

Op Downsindroomdag dra ons blou en geel of interessante sokkies ter bewusmaking van die dag.

Hersien of herinner mekaar aan Menseregte en Kinderregte (met die gepaardgaande verantwoordelikhede).

Waterdag is amper hier. Hoe kan ‘n mens water bespaar? Drup daar krane in die badkamers of buite op die skoolgronde? Melt dit aan om reg gemaak te word en dink aan maniere om water gebruik te verminder waar moontlik. Hoe kan reënwater benut word en op die skoolgronde gestoor word?

Hoe het Earth Hour begin en waarom vier ons dit? Dink aan maniere om ‘n bietjie meer omgewingsvriendelik te lewe en om bewaring aan te moedig.

Boeke en Sprokies

Lewer kommentaar


Ons vier Sprokiesdag op die 26ste Februarie. Trek soos ‘n sprokieskarakter aan of lees ‘n storie in meer as een taal. Hoe verskil die weergawes en hoe kom dit ooreen?

Op die sewende Maart, is dit Wêreld Boeke Dag en op die 23ste April is dit Wêreld Boeke Nag. Lees boeke oor ‘n spesifieke tema of boeke wat deur ‘n spesifieke outeur geskryf is. Kies ‘n bekende storie en kyk of julle dieselfde storie in ander lande kan opspoor. Hoe lyk Rooikappie se voorblaaie in verskillende wêrelddele of hoe lyk die tale (bv. Afrikaans, Engels, Spaans, ens.).

Trek die gordyne toe om die vertrek donkerder te maak en versier die klas met sterre. Bou ‘n fort in die klas en lees met behulp van flitsligte of lampies.

Biblioteekweek duur van die 18de tot die 24ste Maart. Lees ‘n boek of luister gerus na ‘n storie. Herrangskik julle leeshoekie, samel geld in vir ‘n nuwe boek of vra gerus vir skenkings. Lekker lees!

Departementele Werkboeke

3 Kommentaar


Die departementele werkboeke is gratis beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Indien daar tekorte by skole is, kan ‘n mens dit aflaai en druk. Nie alle graadvlakke het tale of FAL- en EAT-boeke beskikbaar nie. Boeke uit vorige jare is hier beskikbaar. Loer ook hier na punte 15 en 16Afrikaans Eerste Addisionele Taal boeke (EAT) vir Grade 1 tot 6, is hier heel onder gelys.

Graad R Boek 1

Graad R Boek 2

Grade R Book 1

Grade R Book 2

Graad 1 HT

Graad 1 Wiskunde

Grade 1 Maths

Grade 1 HL

Grade 1 FAL

Graad 1 Lewensvaardighede 1

Grade 1 Life Skills 1

Graad 2 HT

Graad 2 Wiskunde

Grade 2 Maths

Grade 2 HL

Grade 2 FAL

Graad 2 Lewensvaardighede 2

Grade 2 Life Skills 1

Graad 3 HT

Graad 3 Wiskunde

Grade 3 Maths

Grade 3 HL

Grade 3 FAL

Graad 3 Lewensvaardighede 1

Grade 3 Life Skills 1

Graad 4 HT

Graad 4 Wiskunde

Grade 4 HL

Grade 4 FAL

Graad 5 HT

Graad 5 Wiskunde

Grade 5 Maths

Grade 5 HL

Grade 5 FAL

Graad 6 HT

Grade 6 HL

Grade 6 FAL

Graad 6 Wiskunde

Grade 6 Maths

Graad 7 Wiskunde

Grade 7 Maths

Biddag vir Onderwys

Lewer kommentaar


Die Biddag vir Onderwys en Opvoeding val vanjaar op die 11de Februarie.

Luidleesdag

Lewer kommentaar


Luidleesdag is om die draai. Loer gerus hier na idees vir Luidleesdag (in Afrikaans en in Engels). Loer gerus na die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant vir skakels na flitskaarte, sigwoorde, rympies, e-boeke en gratis leesboeke. Dis ‘n heerlike dag om saam wees, saam te leer en saam te lees. Wie gaan vanjaar die aankondiginge lees en kan julle ‘n rekord opstel om almal op dieselfde tyd te lees?

Geniet die dag 🙂

Onderrigplanne/ATPs en Basislyn Assesserings

Lewer kommentaar


Grondslagfase (Graad 1 – 3): 2023-2024

Intermediêre Fase (Graad 4 – 6): 2023-2024

Senior Fase (Graad 7 – 9): 2023-2024

FET (Graad 10 – 12): 2023-2024

Basislyn Assessering en ATPs

Ander vraestelle

‘n Voorspoedige 2024!

1 Kommentaar


‘n Baie voorspoedige 2024 vir jou!

Baie dankie vir jou ondersteuning. Loer gerus weer in.

16 dae

Lewer kommentaar


Die 16 dae van aktivisme teen geweld (teen vroue en kinders) duur van die 25ste November tot die 10de Desember. Dra gerus ‘n wit lint tydens hierdie tydperk ter ondersteuning van die projek.

Afslag

Lewer kommentaar


Afslag op produkte. Loer gerus.

Snuffel ook op My Klaskamer – vir velerlei gratis idees en gedagtes.

Boelieteenkampingsweek

Lewer kommentaar


Volgende week, word ‘n Boelieteenkampingsweek elders gevier. Hoe lyk dit en wat kan ‘n mens doen om kinders te bemagtig? Gebruik gerus hierdie komende Boelieteenkampingsweek om gedrag te identifiseer en om oor moontlike hulp te gesels.

Redenaars

Lewer kommentaar


Die temas vir 2024 is bekend. Loer gerus hier of op die ATKV se webblad.

Onderwysersdag

Lewer kommentaar


Soktober

Lewer kommentaar


Oktober is Soktobermaand – ‘n maand om sokkies aan behoeftiges te skenk, om bont sokkies te dra en om pret te hê.

Spellyste

Lewer kommentaar


Die WOW-webblad sluit verskeie toetsies in. Loer gerus 🙂

September

Lewer kommentaar


September begin met Boomplantweek, Lente dag en Loslitdag (op die eerste). Loslitdag se tema is ”Deel ‘n glimlag”. Wat laat jou glimlag?

Die Nasionale Boom van die Jaar is die basboom. Plant gerus ‘n boom wat in jul omgewing aard en versorg die skool se tuine met ‘n bietjie kompos of kunsmis.

Die Nasionale Boekweek duur van die 5de tot die 11de September en die Internasionale Geletterdheidsdag is op die 8ste. Lees ‘n boek deur Roald Dahl op sy verjaarsdag (13de) en vier Spikkeldag op die 15de September. Sonneblomdag is vanjaar op die 15de en bly ‘n baie spesiale projek om lewens te red. Op die 19de praat ons soos seerowers. Onthou Waaierdag vir Vrede op die 21ste.

Renosterdag is op die 22ste September en Oogsorgmaand duur van die 21ste September tot die 18de Oktober. Snuffel gerus hier na vorige idees in verband met visuele oefeninge en oogsorg.

Tussendeur vier ons ons erfenis en geniet ons rugby saam as ‘n land. Om alles te kroon, word My Klaskamer vanjaar 15 jaar oud!

Baie dankie vir die ondersteuning en gereelde inloer. Kom kuier gerus weer.

Netbal: 28 Julie – 6 Augustus

Lewer kommentaar


Vir die nuutste wêreldbekernuus, kan jy hier loer. Enkele netbalwenke en idees is hier beskikbaar. Alle voorspoed aan die Proteaspelers!

2023 Departementele Werkboeke 2 (Kwartaal 3 & 4)

Lewer kommentaar


Die departementele werkboeke is beskikbaar. Die boeke is gratis beskikbaar en mag nie verkoop word nie. Indien daar tekorte by skole is, kan ‘n mens dit aflaai en druk. Nie alle graadvlakke het tale of FAL- en EAT-boeke beskikbaar nie. Boeke uit vorige jare is hier beskikbaar. Loer ook hier na punte 15 en 16Afrikaans Eerste Addisionele Taal boeke (EAT) vir Grade 1 tot 6, is hier heel onder gelys.

Nie al die skakels op die Onderwysdepartement het die korrekte dokumente beskikbaar gehad nie. Met geduld, sal dit weldra beskikbaar wees 🙂

Graad R Boek 3

Graad R Boek 4

Grade R Book 3

Grade R Book 4

Graad 1 Huistaal

Graad 1 FAL

Grade 1 Home Language

Graad 1 Wiskunde

Grade 1 Mathematics

Graad 1 Lewensvaardighede

Grade 1 Life Skills

Graad 2 Huistaal

Graad 2 FAL

Grade 2 Home Language

Graad 2 Wiskunde

Grade 2 Mathematics

Graad 2 Lewensvaardighede

Grade 2 Life Skills

Graad 3 Huistaal

Graad 3 FAL

Grade 3 Home Language

Graad 3 Wiskunde

Grade 3 Mathematics

Graad 3 Lewensvaardighede

Grade 3 Life Skills

Graad 4 Huistaal

Graad 4 FAL

Grade 4 Home Language

Graad 4 Wiskunde

Grade 4 Mathematics

Graad 5 Huistaal

Grade 5 Home Language

Grade 5 Numeracy

Graad 5 Wiskunde

Graad 5 FAL

Graad 6 Huistaal

Grade 6 Home Language

Graad 6 FAL

Graad 6 Wiskunde

Grade 6 Mathematics

Graad 7 Wiskunde

Grade 7 Mathematics

Graad 8 Wiskunde

Grade 8 Mathematics

Graad 9 Wiskunde

Grade 9 Mathematics

Eksamens en Toetse

Lewer kommentaar


1.Plak die eksamenrooster en -inligting teen jou deur of ‘n spieël vas – iewers waar jy dit gaan sien. Lees mooi en kyk wanneer jy elke vak of toets skryf.

2.Pak jou boeke, lêers en notas uit en kyk of jy alles het wat nodig is om vir elke leerarea of vak te leer. As jy onseker is, praat met jou onderwyser daaroor. Moenie te lank wag nie en vra vandag nog.

3.Hou jou vorige toetse, werksvelle en opdragte naby, want dit gee dikwels voorbeelde van jou opvoeder se manier van vraagstelling.

4.Rig ‘n leerhoekie in (bv. ‘n lessenaar, ‘n spesifieke stoel…) – met kleurvolle penne, potlode of glimpenne (highlighters) en papier vir notas. As jy Post It-velletjies het, kan jy dit gebruik om inligting te merk wat meer aandag kort, wat belangrik is, wat jy saam met iemand wil deur gaan, ens.

5.Lees jou notas, maak aantekeninge en teken jou sketse weer – rofweg – om jou aan die uitleg te herinner. Breinkaarte kan jou help om inligting te herroep wanneer jy hersiening doen. Ek het altyd belangrike aspekte oor geskryf, verlig en rympies met die aanvangsklanke van sleutelterme gemaak

6.Maak ‘n afspraak met ‘n maat en bespreek die inligting wat julle geleer het tot op ‘n spesifieke bladsy. Is daar ‘n som wat moeilikheid gee? Werk saam deur die bewerking. ‘n Mens hoef nie te kuier nie en kan mekaar op WhatsApp, Zoom, Skype, ens. help. ‘n Vinnige geselsie help soms om ‘n struikelblok te oorbrug.

7.As jy iets nie verstaan het nie, gesels met jou opvoeder daaroor – lank voor die toets of eksamen – en wees spesifiek. Bv. Ek verstaan hoe om hierdie deel te doen, maar sukkel met die volgende stap. Maak ek sus of so?

8.As musiek help, speel dit saggies in die agtergrond. Vermy musiek wat jou aandag sal aftrek of gebruik dit as ‘n beloning nadat jy klaar geleer het.

9.Skakel die televisie en selfoon af, sodat jy op die werk kan fokus.

10.Hou genoeg eetgoed en water naby. ‘n Mens wil iets gesonds eet, maar ‘n peuselhappie hier en daar help om die energievlakke te lig terwyl jy leer. Kougom help dikwels.

11.Rek en strek of loop ‘n vinnige draai deur die huis na elke 30 – 45 minute. Hou jou breuke kort en begin so gou en vroegtydig as moontlik met die studietye.

12.Laai jul herlaaibare lampies of beplan vir beurtkrag.

Sien ook: Studietegnieke, Ou Vraestelle

Wikkel- en Woemabreuke

Lewer kommentaar


Wat kan ‘n mens op reëndae doen om van ‘n bietjie energie ontslae te raak? Wat kan ‘n mens doen om ‘n bietjie te wikkel en om die lyfies gereed te kry vir nuwe werk?

Verf of teken ‘n sensoriese voetpad op ‘n sementstoep, op ‘n los mat of plak plakkers in die gang. Maak nadoenmatte of verf die speletjie op ‘n stoep. Een persoon spring ‘n patroon uit en die maat(s) doen dit na.

Wie gaan die leiertjie wees?

Reward Time

Wikkeltyd

Beloningstyd

Gelukkig

2 Kommentaar


Die 20ste Maart is die VN se Dag van Geluk. Doen dinge wat jou gelukkig maak, bederf jouself (en ander) met ‘n lekker eetding, kyk ‘n gunstelingfliek of speel jou gunstelingliedjie.

Aarde en Water

Lewer kommentaar


Earth Hour en Waterdag is baie na aan mekaar. Wat kan jy doen om water te bespaar? Is daar krane wat drup en geute wat lek? Noem dit aan iemand wat herstelwerk kan doen.

Gebruik Earth Hour om batterye te ruil en onthou om nie ou batterye in die drom te gooi nie. Wat doen julle as die krag af is? Wat kan ‘n mens gereed hou vir ete? Dink aan ‘n paar idees (soos om die gasbottel af te stof vir later) en begin om ‘n houer met speletjies (bv. bord- en kaartspeletjies), flitsligte, boeke, tydskrifte, inkleurboeke en versnapperinge byderhand te hou.

Kan ‘n mens Earth Hour en Waterdag by die skool vier? Natuurlik! Klik gerus op die onderstreepte skakels in hierdie skrywe en op die werksvelle heel onder. Tik ook soekterme soos ”aarde”, ”water”, ”waterwys” en ”besoedeling” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees 🙂

Vrou

Lewer kommentaar


Internasionale Vrouedag word op die 8ste Maart gevier. Dit fokus op gelyke behandeling op verskillende vlakke. Wat beteken dit vir jou? Skryf gerus ‘n sin of twee op hierdie velle:

Wiskunde

Lewer kommentaar


Wêreld Wiskunde Dag word in sommige wêrelddele op die 8ste en in ander op die 23ste Maart gevier. Pi Dag, vier ons op die 14de.

Loer gerus hier na verskillende moontlike wiskunde idees en werksvelle om te probeer of te hersien (in geen spesifieke volgorde):

  1. Verskeie Wiskunde idees
  2. Syfers
  3. Vorms
  4. Meer en Minder
  5. Voor en Na
  6. Groot en Klein
  7. Halveer
  8. Verdubbel
  9. Veelvoude
  10. Maaltafels
  11. Uitdeel
  12. Deling
  13. Woordsomme
  14. Tyd
  15. Geld
  16. Breuke
  17. Getallyn
  18. Bewerkingstekens
  19. Dieneskaarte [HTE]
  20. syfers (kleur in, skryf en tel)
  21. getalname-syfers-en-voorstellings
  22. getalname
  23. syfers-pas
  24. syfers en getalname 1 – 100 oefen
  25. honderdblok
  26. Duisendblok, 1 000
  27. spinnekopsomme
  28. tyd-hoe-laat-is-dit
  29. wurmtel
  30. maats-van-kombinasies
  31. Wasgoedpennetjiesomme
  32. Vinnige somstrokies
  33. Syfer Legkaarte Number Puzzles
  34. plus somme Graad 1
  35. Plus somme Graad 2 dekades plus ene
  36. aftrekking Graad 1 minus onder 10
  37. aftrekking-10-tot-20
  38. aftrekking twee-syfer getalle 0 tot 100
  39. Hoeveel
  40. Hoeveel gevoel skoon takie
  41. Woordsomtake
  42. vorms
  43. deling-drie-syfer-deur-een-syfer
  44. deling-twee-syfer-deur-een-syfer
  45. vermenigvuldiging-drie-syfer-maal-een-syfer
  46. vermenigvuldiging-twee-maal-eensyfer-getal
  47. vermenigvuldiging-een-maal-een-syfer
  48. veelvoude-kaartjies
  49. veelvoude
  50. maaltafelwaaier
  51. vorms-en-verskillende-name (bv. seshoek/heksagoon)
  52. Posisie eerste
  53. Posisie Ordinale Getalle  (hoeveelste…)
  54. Meting:  Die eenhede van massalengte en inhoud.
  55. Flardkaarte spreikaarte (Gebruik só)
  56. Tien 10
  57. 29
  58. Honderd 100

Hemelvaart

Lewer kommentaar


Ons vier Hemelvaart op die 13de Mei. Loer gerus hier na ‘n paar liedjies en idees vir dié spesiale dag.

Hemelvaart: Drukbare lesidee

Die Hemel: Oudioboek (vir kinders), Groter prente (inkleur), Kleiner prentjies

Heaven: Audiobook for children, Larger pictures to colour, A smaller version, Colour

Allerbeste Stories uit die Kinderbybel, Volume 3

Hemelvaart (Preke ter agtergrond): Preek 1, Preek 2

Meer idees.

Gratis Leesboeke

24 Kommentaar


Die Onderwysdepartement het verskeie Grootboeke en Leesboeke in Afrikaans en Engels – 11 tale in totaal – op hul webblad geplaas. Loer gerus hier na spesifieke voorbeelde. Die dokumente is baie groot. Laai die boeke (dalk verkieslik in ‘n WiFi-area) af om herhaaldelik te lees en om data te spaar.

Graad R: Voorleesles: Gouelokkies (storie), Die drie bokke (storie), Ali en die verf, Bosbok se besoeker, Spot gaan winkel toe (storie), Babavoëltjie vind sy mamma, Die groen rok (storie), Skilpad en sy dop (storie),

Virtuele Biblioteek (3 Vlakke)

Gratis leesboeke (verskillende ouderdomsgroepe)

Virtual Library (3 Levels)

Graad 1 Leesboeke: Die Dieresportdag, Petrus Padda gaan skool toe, Ek kan leesGraad 1 Grootboek met Kort Stories

Graad 2 Leesboeke: Dis ‘n Hondelewe

Graad 3 Leesboeke: Pret in die Kombuis

WKOD Boekrakke

******

‘n Veeltalige Suid-Afrikaanse boek met video.

Nog voorbeelde (sien die Huistaal hofie vir Grade 1 – 3)

Ander boeke:

  • Letterland,
  • Nalibali (Afrikaans, Engels en meer),
  • Snapplify (meer tale),
  • Funphonics,
  • Flyleaf,
  • Vooks,
  • Afrikaanse boeke (Engels, Ander tale) – nog ‘n lys,
  • Engelse Leesboeke met werksvelle,
  • Jolly Phonics Google Play, Apple Books, Google Play, Apple Books
  • Decodable Books
  • Onderwysersdag

    Lewer kommentaar


    Vanjaar val Onderwysersdag op ‘n Saterdag en kan ons dit van die Vrydag tot die Maandag vier. Hoekom nie? 😉

    Maak ‘n kaartjie of skryf ‘n briefie. Versier ‘n geskenk (iets kleins soos ‘n sjokolade of koekies) met ‘n oulike boodskap, maar hou die bederf sakpas en klein. Dis die gedagte wat tel.

    Beurse

    8 Kommentaar


    onderwysbeurs

    Klik op hierdie skakels vir meer besonderhede.

    Pikkewyne en Vryheidsdag

    Lewer kommentaar


    Ons vier Pikkewyndag op die 25ste. Loer gerus by ‘n paar pikkewyne in of versier die klas. Op die 27ste, vier ons 30 jaar van vryheid in Suid-Afrika. Trek gerus trots Suid-Afrikaans (in die kleure van die vlag of ‘n nasionale sport) aan.

    Older Entries