Afhangende van die ouderdomsgroep, kan ‘n mens verskeie idees probeer.
- Lees die woord en bou die woord dan met los kaartjies – een-vir-een.
- Skryf die woorde met ‘n swart veselpen en lees dit saam. Plaas ‘n papier bo-op en laat die outjie dit natrek.
- Vou ‘n vel papier in die helfte (in die lengte) en dan weer om sodoende ag gelyke blokke te maak. Laat die outjie dan ‘n woord in elke blok skryf en maak ‘n duplikaat. Sny die blokke op en speel ‘n geheuespel waar al die kaarte onderstebo is en dan twee op ‘n slag om gedop word. As dit ‘n paar is, hou dit of dop dit weer om as die kaarte ‘n onpaar is.
- Maak ‘n waaier met een stel kaarte, trek ‘n kaart – lees dit, hou toe en probeer dit hardop uitklank. Gaan deur al die woorde op dieselfde wyse. As die woord reg is, sit dit eenkant. Indien die woord verkeerd gespel is, hou dit in die waaier. Gebruik dieselfde gedagte om ook die woorde te skryf.
- Maak weer ‘n groot vel met blokke en trek die gunstelingpotlode nader. Skryf die woorde in verskillende kleure – een per blok. Indien die woord “illustreerbaar” is, teken ‘n prentjie by.
- Gebruik ‘n witbord veselpen om die woorde op ‘n plastieksakkie, op ‘n spieël of ‘n gladde teël na te trek.
Tik gerus soekterme soos “spelgoggas, spellys, dubbelklank, tweeklank, drieklank, verkleinwoord, meervoud, sigwoord, flits…klanke, hersien” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Woordsoeke [Engels en Afrikaans]
Mar 31, 2018 @ 11:22:00
More,
Ek wil graag weet hoeveel dit my sal kos as ek al die werk, beplanning en assessering vir graad 2 en 3 by julle koop vir yermyn 1 tot 4.
Groete
ANNERENE BRONKHORST
LikeLike
Mar 31, 2018 @ 15:20:32
Hallo, Annerene 😉
Ek verkoop nie assessering of beplanning nie, maar wel werksvelle, dekor, flitskaarte, weerkaart-/kalender inligting, ens…sowat 220+ items onder R25 😉 Daar is ongeveer 10 jaar se idees en drukbare werk hier op my blog beskikbaar (meestal gratis). Tik gerus soekterme soos die woorde* hier onder by die bruin soekblokkie in vir verskeie opsies.
Loer gerus hier na ‘n pryslys of gaan direk na die winkeltjie.
Ek hoop dit kan help 😉
*hulpmiddels
muurkaart
naamkaart
eerste dag
ken mekaar
boek oortrek
klanke
abc uitspraak
alfabet
sigwoord
dubbelklank
tweeklank
drieklank
klanksamevloeiings
hersien
meervoud
verkleinwoord
leestekens
flits
oefen self
e klink soos i (be-, ge-, ver-…)
f en v
omkering
b en d
woordeinde (-d/-t)
woordsoort
spellys
paragrawe
tydsvorm
lees
komponente
rym
rympies
stories
leesreeks
biblioteek
boeke dag
boeke nag
fondsinsameling
liedjies
e-boek
toeps
apps
inklusiewe onderwys
wiskunde huiswerk
woordsom
groot en klein
geld
breuke
voor en na
meer en minder
Hoe laat is dit? (tyd)
vorms
patroon
patrone
handspier
skrif
skryf
lopende skrif
abc skryf
knip
skryf stadig
potloodgreep
ogies
oog
oogsorg
VMI
visuele
ouditiewe
taal ontwikkeling
woordeskat
Graad R
skoolgereed
Graad 1
voorskool
posisie
middellynkruising
links en regs
spiertonus
tuis idees
tuis oefen
speel-speel
Engels
Engelse stories
vraestel
studietegniek
JNA / ANA
CAPS
ATPs
LikeLike
Mar 16, 2020 @ 05:10:22
More
Graag uitvind of jy gr r werk boekie het? En watis die kostes? As het vanaf kwartaal 1 -4 en uutvind of daar dalk leesboekie is wat ook vi rhom kan lees om hom mee te help.
Baie dankie
Christine
LikeLike
Mar 16, 2020 @ 13:08:57
Middag, Christine 😉
Loer gerus na hierdieidees vir voorskoolse kinders. Tik gerus ook soekterme soos ‘abc skryf, abc uitspraak, syfers, potloodgreep, knip, sigwoord, vorms, flitskaarte…skoolgereed, liedjies, stories, rympies…’
Ek het oefenboekies in die onderskeie seisoene. Blaai gerus deur die produkte vir meer opsies 😉
LikeLike
Mar 25, 2020 @ 10:28:10
Goeie dag
Ek wil graag al die woordsoeke per epos ontvang asseblief. Ek sukkel om dit afgelaai te kry en dit is baie oulik.
Vriendelike groete
Petro
LikeLike
Mar 25, 2020 @ 21:14:07
Hallo, Petro 😉
Dankie vir die boodskap. Daar het ‘n fout in getree en dis reg gestel. Ek het die woordsoeke vir jou gestuur.
LikeLike