Ek het al vergeet van die GOUE REEKS totdat iemand my weer daaraan herinner het. Die boeke is aanlyn beskikbaar.
Boet en Saartjie
Oktober 12, 2010
afrikaans Boet en Saartjie, Goue Reeks, lees, leesreeks, Nasou, Nasou via Afrika 28 Kommentaar
Skoolgereed
Oktober 11, 2010
afrikaans arbeidsterapeut, Graad 1, Graad R, groot skool, kleuterskool, kurrikulum, laerskool, skool, skoolgereed 6 Kommentaar
Het jy jou Graad R-kind al by ‘n laerskool in geskryf? Is jou kind skoolgereed en het hy of sy genoegsaam ontwikkel om Graad 1 met selfvertroue aan te durf? Kyk gerus na die volgende skakels vir ‘n paar idees om op te volg:
Vra gerus indien jy spesifieke kwelpunte het en indien jy oor jou eie kind of ‘n kind in jou klas wonder. Dalk kan ons saam aan idees en oplossings dink.
Tik gerus ook soekterme soos “skoolgereed, Graad R, Graad 1” by die bruin soekblokkie regs bo-aan my blog in vir nog idees…
onderwysersdag
Oktober 3, 2010
afrikaans juffrou, meneer, onderwyser, onderwysersdag, skool 2 Kommentaar
Die tema vir hierdie jaar se Onderwysersdag is min of meer “Die pad na herstel begin by onderwysers”. Dit val so reg in die kraal van remediërende opvoeding en ondersteuning. Indien jy dalk opgelei is in spraak- en taalterapie, opvoedkundige sielkunde, arbeidsterapie of skoolverwante hulp kan bied sal ‘n bietjie hulp per week BAIE waardeer word.
Ons is pas klaar met ‘n bietjie vakansie, maar ‘n rowwe kwartaal lê voor. Om jou juffrou (of jou kind se juffrou) ‘n bietjie woema te gee, kan die volgende oorweeg word…
- ‘n self geplukte blom
- ‘n kaartjie
- oulike plakkers (vir oulike boekwerk)
- ‘n skoon klas…Dit sal ‘n heerlike verrassing wees om by ‘n skoon klas in te stap…’n Alles-in-een skoonmaak-pakkie sal ook werk. (Lappe, sponse, skoonmaak produkte…)
- ‘n aandjie sonder verantwoordelikhede…
- ‘n klein rukkie se hulp soggens…al kom lees ‘n ouma ‘n storie vir die klas of ‘n kundige kom bied ‘n handwerk- of kunsles aan.
Elke bietjie help en sal die pad na herstel (veral na die lang vakansie, baie administratiewe werk, staking-steurnisse…) vergemaklik. Baie voorspoed aan alle mamma’s, pappa’s, juffrouens, oupa’s, ouma’s en oppas-tannies. Mag die laaste kwartaal ‘n gelukkige een wees.
1 – 6 Oktober: ‘n mooi gebaar
Oktober 1, 2010
Woorde