Oktober 20, 2018
Juffer
English, huiswerk, hulpmiddels
app, disleksie, EAT, ELSEN, Inklusiewe Onderwys, leesprobleme, olso, toeps
Toeps en katoeties ter ondersteuning van spesifieke lees, spel en leer uitvalle:
Immersive Reader (‘n gratis Google Chrome aanvulling): As jy ‘n Google-blad oopmaak sal jy bo, heel regs drie vertikale kolletjies sien om op te klik. Dit gaan vir jou ‘n kieslys oop maak met die opsie ‘more tools’. Klik daarop en kies ‘extensions’. Soek dan ‘immersive reader’ en kies die opsie met ‘n swart en wit boekie. Jy kan jou instellings aanpas en na hartelus rond speel. Die Afrikaanse opsie, sal teks met ‘n aksent lees (half-Belgies?), maar ‘n mens sal dit verstaan.
Selekteer teks op enige webblad, regsklik en kies ‘Help me read this’ om ‘n eenvoudiger weergawe van die teks te sien en om daarna te luister. Daar is natuurlik ook ‘n lang lys tale om van te kies, indien leerders die inhoud wil vertaal. ‘n Eenvoudige illustrasie kan help om woorde te verduidelik en jy kan selfs die rekenaarskrif of kleure verander.
Hierdie opsie is deesdae ook in die Microsoft-pakket beskikbaar. Probeer gerus.

This slideshow requires JavaScript.
Claro ScanPen: Neem ‘n foto van die teks en luister na die inhoud. Verlig die deel wat jy wil hoor of lees en kies die stem wat vir jou lees. Daar is ‘n Engelse, Suid-Afrikaanse opsie en as jy die Belgiese Nederlands kies, lees die stem die Afrikaanse teks redelik verstaanbaar.

Claro Speak is gratis en lees teks wat jy tik of oorplaas (copy and paste).
Office Lens is nog ‘n gratis toep waarmee jy ‘n foto van die teks neem en dan na ‘n voorlesing luister.
SpeakIt! Laai die aanvulling op Google Chrome af. Verlig ‘n teks en regsklik om die stem te aktiveer.
This slideshow requires JavaScript.
Rewordify: Lees bekende Engelse stories met eenvoudige verklarings van die moeiliker begrippe en terme.

Hemingway: Plaas jou Engelse skrywe in die toep en dit sal jou help om sinne beter te formuleer soos nodig.
Math vocabulary: Flitskaarte in Engels.
My Homework App: ‘n Elektroniese huiswerkboek.
Call Scotland het ‘n verskeidenheid toeps.
Like this:
Like Loading...
Februarie 23, 2016
Juffer
flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, huiswerk, hulpmiddels, klaskamer, lees, school, skool, wiskunde
alfabet, dekor, engels, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, Graad R, hulpmiddels, kalender, koop, plakkaat, taakkaarte, teacha, tema, weerkaart, werkboekies, werkkaarte, werksvelle, winkel
Julie 14, 2015
Juffer
afrikaans, engels, English, Graad 1, Graad 2, Graad 3, huiswerk
EAT, engels, Phonics

Klik op die skakels in die skrywe om na enkele dokumente te gaan. Die prente is voorbeelde daarvan.
Hoe spreek ‘n mens die klanke uit? Kan die outjie die klanke uitken deur na die woorde te luister? Kan hy/sy eenvoudige woorde ontsluit en met die meegaande prente verbind?
Hersien die Engelse sigwoorde deur dit te lees en in sinne te gebruik. Kies ‘n flitskaartgroep en gebruik die woorde saam met die verskillende sigwoorde in beskrywende sinne. Skryf sinne met die kleurwoorde (of selfs hoeveelhede en dae) in die spesifieke kleure. Speel “snap” of ‘n geheuespel indien jy twee stelle van die woorde (flitskaarte) gedruk het. Indien jy die stippelsigwoorde gebruik, kan jy die woorde natrek wat jy reeds gebruik het om sodoende rekord te hou.
Hersien die klinker kombinasies (vowel blends/digraphs) en voltooi sinne met die onderskeie woorde. Bespreek die moontlike vangplekke. Kan die outjie ‘n persoonlike inligtingsvorm in Engels voltooi? Hersien die skrif tesame met Engelse letterrympies.
Loer in die biblioteek na reekse soos Letterland – ‘n goue oue wat stories en liedjies vir elke letter of klank het. Die storieboeke (ABC, Beyond ABC en Far Beyond ABC) sluit dikwels ‘n liedjie CD in en is ook in skryfbehoefte winkels beskikbaar. Daar is heelwat gratis toeps (apps) vir selfone en tablette beskikbaar – wat aktiwiteite en luisterstories insluit. Indien jy hierdie aspekte wil ondersoek, tik gerus soekterme soos iPad, Android, Leesreeks, e-boek, Engels…Teacha…by die bruin soekblokkie regs bo-aan dié blad in of loer na die lysie skakels onder die “Geletterdheid”-hofie aan die regterkant.
English FAL Grade 1
English FAL Grade 2
Like this:
Like Loading...
September 11, 2012
Juffer
afrikaans, Graad 1, Graad 2, Graad 3, huiswerk, vorms, wiskunde
breuke, deel, duisende, ene, getal, GPLMS, halveer, hersiening, honderde, huiswerk, intervensie, kombinasies, maal, minus, plus, syfer, tiene, vermenigvuldig, vorms, wiskunde, woordprobleme, woordsom
Klik op die onderstreepte woorde of op die prente onderaan die skrywe.
- Tel elke dag: As die outjie sukkel met telling – met begrip – tel eers net in ene. Gebruik tellers (soos knope of doppies) en skuif dit weg soos julle aftel. Later skuif ‘n mens twee-twee as jy in tweë tel en drie-drie as jy in drieë tel. Skuif eers vir die kind en laat die outjie dan self skuif as hy/sy genoeg selfvertroue het. Dis belangrik dat julle nie te ver tel nie – eers net tot by tien, dan 20, dan 30. As julle genoeg in veelvoude en ene vorentoe getel het, kan julle ook terug tel (Kom ons tel terug vanaf 30. Mooi! Kan jy in tweë terug tel?) Prys elke poging en motiveer met ‘n Steers-roomys aan die einde van die week.

Speel ook speletjies soos Slangetjies en Leertjies. Dit help die outjie om die volgorde (of posisie) van getalle spelenderwys aan te leer. Wanneer jy aan- of terugskuif, is dit in werklikheid aantel en terugtel.
- Bespreek die getal: Gee ‘n getal in jou kind se getalgebied (bv. 23). Vra nou vrae soos: Pak vir my 23 krale in die bakkie. Hoe sal jy dit groepeer? (bv. 10, 10 en 3 of 5 en 5 en 5 en 5 en 3…). Hoe skryf ‘n mens die syfer / getal? Skryf vir my die getalnaam. Tussen watter getalle staan 23 as ek tel? (Tel hardop van 1 af as die outjie sukkel of sleep vlugtig die 100-blok nader.) Ontbind die getal – skryf die tiene en ene apart: 20 + 3 en dan 20 + 3 = 23! Praat en bespreek voortdurend. Dit help nogal as jy gemaak “onkundig” voorkom (Haai, kyk hoe slim dink jy. Jy het nou ‘n slim manier gekry om die getal op te breek!) Ontbinding is maklik met flard-/spreikaarte (plaas die regtersye van die kaarte op mekaar om die syfer te vorm en skuif uit mekaar om die tiene en ene apart te sien). Hoe lyk die getal as ek die honderde, tiene, ene apart teken? Wat is * meer en * minder?
- Kombinasies: Trek ‘n “hoofletter T” en skryf 23 bo-op die boonste lyn. Skryf bv. 20 aan die linkerkant van die streep en vra vir die outjie wat hy/sy moet by tel om 23 te kry. Sy skryf dan die antwoord regs van die lyn. Skryf verskeie getalle (23 en kleiner) onder mekaar en vra dat die outjie die res van die getal aan die anderkant sal skryf. Hou na die tyd ‘n liniaal onder elke lyn en skryf die somme op ‘n bladsy neer: bv. 15 + 8 = 23, 16 + 7 = 23. Hierdie webtuiste laat jou toe om jou eie getalle te kies en gee dan verskeie kombinasiesomme om te oefen.
- Woordprobleme: Nou kan julle die woordprobleem aanpak. Begin aanvanklik slegs met plussomme (antwoorde kan dan toevallig 23 wees).
Jan het 16 sokkies en Johan het 7 sokkies. Hoeveel het hulle altesaam?
Minus bv.: Jana het 23 rekkies gehad. Sy het 4 verloor. Hoeveel rekkies het Jana oor?
- Halveer: Neem ‘n vel papier en vou dit in die helfte. Vou oop. Wys no
u dat die een heel papier presies in die helfte gedeel is. Die twee dele is presies ewe groot. Dit beteken dat die kleiner blokkies die helfte van die grootte is. Deel ook “slab” sjokolade op. Tel dan die blokkies – bv. 12. Werk nou uit hoeveel elkeen sal kry as julle die sjokoladeblokkies tussen net julle twee gaan verdeel. (Een vir jou en een vir my…) Hoeveel kry jy? Hoeveel kry ek? Dis dieselfde hoeveelheid. Die groot sjokolade is presies in die helfte verdeel. Doen hierdie tipe aftellery gereeld. 
GPLMS Revision Programme:
Tik gerus ook soekterme soos verdubbel, halveer, woordsom, deling, uitdeel, geld, hoe laat is dit, breuke, vorms, syfer, maaltafels en bewerking by die “soekblokkie” aan die regterkant in of loer na die lysie skakels onder die hofie “wiskunde” én die drukbare bladsye. Klik op die prente in hierdie skrywe vir meer beskrywende inligting.
*Konsepte Stories:
Like this:
Like Loading...
Mei 27, 2012
Juffer
afrikaans, huiswerk, kind, klaskamer, mamma, ouers, pappa, terapie
b, d, f, f en v, klanke, omkering, reëls, spelreël, v, verwarring

Ek het gevind dat die meerderheid kinders worstel met omkerings (spieëlskrif) en lettergreepverdeling. Dit is natuurlik ‘n veralgemening, maar as ‘n mens so deur hul boeke blaai…word die veralgemening ‘n werklikheid.
Die volgende omkerings vind baie plaas:
Dan kry ons ook die volgende vervangings of verwarrings:
In uitsonderlike gevalle verwar kinders ook b en w. Hierdie is egter (soos h / j) ‘n ouditiewe diskriminasie uitval.
b / d (ook van toepassing op b / d/ p / 9)
Vir hierdie verwarring is ‘n groot hoeveelheid visuele diskriminasie oefeninge nodig. Byvoorbeeld:
-
soek die b of d in die ry langsaan
-
watter prentjie begin met ‘n b of d?
-
watter prentjie begin nie met ‘n b / d nie?
-
omkring die woord wat met ‘n b / d begin
-
soek die b / d in die koerant artikel, tydskrif opskrif, ensovoorts
Taktiel (voel):
-
maak ‘n lang, dun, opgestopte skrifslang en buig dit in die vorm van die klanke
-
vorm die klank met klei
-
skryf die klank in sand – met die vinger
-
skryf die b met jou vinger teen ‘n boom se stam
-
skryf die d met jou vinger op die deur
-
doop jou vinger in water en skryf die klanke op sement of teen die bord
-
voel oor die klanke op ‘n robotkaart
-
maak dus ‘n vergroting van die klank
-
plak ‘n groen kol waar die klank begin en ‘n rooi kol waar dit eindig
-
b begin bo en d begin in die draai
-
lê op die mat en probeer om die letter met die lyf te vorm
-
staan en vorm die letters met die liggaam
Ouditief (gehoor):
-
noem drie woorde en vra “wat hoor jy eerste?”…bos, bak, buk…of…das, dek, dit
-
noem ‘n paar woorde op en vra aan die kind om ‘n spesifieke gebaar te maak as die woord met b of d begin (steek hand op, snap vingers, knip oë, ens.)
f en v
Hierdie is een van die “gewildste” verwarrings. Dit is egter makliker om te remedieer as baie van die ander verwarrings. Na aanleiding van ‘n paar opgemaakte reëls, oorkom heelwat kinders die uitval.
f
-
flamink is die enigste voël (waaraan ons kan dink) wat met ‘n “f” begin. Ons teken gewoonlik ‘n strepie in sy nek en siedaar! Sy kop en nek vorm sommer ‘n “f”.
-
Dinge wat stukkend of verniel beteken soos fyn, flenters, fraaiings, frommel…(*)
-
Dinge waaraan ‘n mens kan vat of wat ‘n mens kan sien – mensgemaak – soos fabriek, fiets, flits…(*)
-
Dinge wat ‘n mens kan wees soos fraai, flou, fier, familie…(*)
-
Aan die begin, einde of in die middel van woorde
v
-
Dinge wat vlieg of vinnig is soos vlieg, vlerk, vuurpyl, vuur (brand vinning), vlam, vlooi, viool (speel vinnig anders slaap ek)
-
Dinge wat met my lyf te make het soos vel, vingers, voete, vryf
-
Dinge wat met diere – veral plaasdiere – te doen het: soos vark, vul, vee, vos, vleis, volstruis, voer, vreet
-
As ‘n woord met “ver” begin, skryf ek altyd v-e-r.
-
Nooit aan die einde van woorde nie.
f-en-v-oefen
Werksvelle
(‘n toep)
Tik “b en d” of “omkering” by die soekblokkie in vir nog idees.
This slideshow requires JavaScript.
Like this:
Like Loading...
Maart 13, 2010
Juffer
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer, ouers, skool
bespaar, bewaar, water, water week
Wêrelddag vir water is 22 Maart en volgende week is Waterweek (begin die 15de). Hier is ‘n paar aktiwiteite en mense met blink idees se gedagtes.
1. ‘n Lêertjie oor Engels klanksamevloeiings – met oulike druppels en sambrele. Jy kan dit selfs aanpas vir die Afrikaanse outjies of die leë raampies vir iets anders gebruik.
2. Die waterkringloop.
3. So kan ek help om water suiwer te hou.
4. Die VSA het ‘n paar oulike idees om kinders bewus te maak van waterskaarstes, suiwering en -besparing.
5. Water verbruike tuis.
6. Water webwerf vir kinders
7. Water Wise
8. Besparing by die skool. (Video)
9. Bewarings aksies by die skool.
10. Aanlyn water speletjie.
11. Driesie Druppel gaan op reis
12. Dienie en Dimpie Druppel
Tik gerus soekterme soos “water, waterspel, grond, groen, bewaar” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Like this:
Like Loading...
Maart 9, 2010
Juffer
afrikaans, flitskaarte, Graad 1, Graad 2, Graad 3, huiswerk, kinders, klaskamer, lees, mamma, onderwys, ouers, pappa
drieklanke, dubbelklanke, enkelklanke, huiswerk, intervensie, klanke, letters, muurkaart, tweeklanke, vaslegging
This slideshow requires JavaScript.
[Dubbel-, twee- en drieklank muurkaarte]
Spel oefeninge
Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik. Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie. Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede.


- Enkelklanke:
- Skryf die klank (bv. t) op Grootman se rug of in sy handpalm. Hy moet dit dan identifiseer.
- Vra Grootman om ‘n woord te noem wat daarmee begin. Indien die woord ‘n rymwoord het, kan julle probeer om oulike rymwoorde te vind. Bv. tas, das, mas, las, pas, kas…
- Skryf die aanvanklike woord bo-aan die bladsy neer en vra Grootman om die ander woorde onder hierdie woord te lys. Bespreek die woorde om te verseker dat hy verstaan wat elkeen beteken. Teken prente langs die woorde of skryf ‘n sin daarby.
- Grootman moet nou aan ‘n woord dink wat eindig op die gegewe klank (bv. kat).
- Knip ‘n kolom uit ‘n ou tydskrif-artikel (bv. Huisgenoot). Vra dat Grootman die klank soek en omkring. Tel die klanke. (Dalk kruip daar nog weg.)
- Grootman moet die klank groot op ‘n bladsy neerskryf. Maak seker dat hy op die regte plekke begin. Hy kan nou aan vier of vyf items of diere dink wat daarmee begin en dit rondom die klank teken (bv. tier, tien, tande, tone, televisie…). Grootman hoef nie altyd net die klank te skryf nie. Hy kan bo-oor die letter “skryf” met gom en dan stukkies gekleurde papier daarop plak of sand daaroor strooi. Hoe meer kreatief hy raak, hoe lekker is die lees- en leerprosesse.
- Speel “name, vanne, diere, dorpe”. Kyk of julle aan ‘n naam, ‘n van, ‘n diersoort en ‘n dorp kan dink wat met die klank begin.
- Woordfamilies: Dit werk soos rymwoorde (bv. alles wat op -en, -aar, -oen eindig). Sit byvoorbeeld ‘n vel papier onder of in ‘n lêersakkie en skryf met ‘n witbord koki -os daarop. Pak ‘n los Scrabble-blokkie of skryf ‘n klank voor die -os. Werk dan deur die klanke wat die outjie ken en sê bv. b-os-bos. Is daar so ‘n woord? Indien ja, skryf die woord op ‘n papier oor skryf en teken ‘n prentjie daarby.
-
Hersien ‘n bietjie die klanke wat reeds behandel is: ‘n Mens sal ‘n kombinasie van dinge moet gebruik. Neem die klanke wat reeds behandel is stuk-vir-stuk. Wys dit. Wat is die klankie? Sê dit sommer saam met hom, bv. “s”. Watter prentjies op die storie se prent begin met “s”? Slang, son, sand, seuntjie…Skryf die woorde vir hom neer en teken rowwe tekeninge by om die geheue te verfris. Hy kan dan ‘n sin gee. Help hom om die moeilike woorde te skryf deur dit neer te skryf en laat hom ‘n prent by teken. As julle lus het, kan ‘n mens ‘n groot s skryf op papier (sien die drukbare bladsye se “robot- en muurkaarte”). Laat hom die s met gom “skryf”. Strooi dan iets wat met die klank begin bo-oor (bv. sout, suiker, sand). As dit droog is, kan hy daaroor voel. So kan ‘n mens verskillende prente in ‘n boek maak of bind, teen die muur plak of in ‘n lêer hou.
- Dubbel-, twee- en drieklanke:
- Gebruik dieselfde idees as by die enkelklanke, maar verseker dat Grootman weet dat die klanke nie meer as a-a of o-u geklank mag word nie. Dit is nou eenhede soos aa, ou, ui en eu.
- Knip die meegaande klanke kaartjies uit, plak ‘n breë strook kleeflint daaroor vir beskerming en bêre dit in ‘n houer. Op verveelde oomblikke kan Mamma of Pappa ‘n kaartjie trek en vir Grootman vra om dinge in die huis te soek wat daardie spesifieke klank bevat. Hy moet dit dan neerskryf en kom wys.
- Draai die klanke kaartjies om en vra vir Grootman om een te trek. Mamma of Pappa moet dan aan twee woorde dink wat die klank bevat. Ruil die rolle om en maak beurte. Skryf die woorde neer en vra Grootman om ‘n oulike sin met elkeen te skryf.
Tik soekterme soos “klanke, hersien, muurkaart, dubbelklank, tweeklank, drieklank” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir nog drukbare idees.
Like this:
Like Loading...
Maart 6, 2010
Juffer
afrikaans, huiswerk, klaskamer, skool, speeltyd
Graad R, ontwikkel, ouditiewe, perseptueel, perseptuele, skoolgereed, speel, speelgoed, visuele
Jessica het gevra of ek kan help met idees i.v.m. speelgoed (Graad R-vlak as ek reg kyk). Wat van die volgende?

Kry gemorspos met speelgoed daarop. Plak dit teen die muur op.
Perseptueel…
- Visuele diskriminasie: Soek al die speelgoed vir dogtertjies en die speelgoed vir seuntjies. Waarmee sal beide geslagte graag speel.
- Ouditiewe persepsie: Watter speelding begin met ‘n m? Die motor! Watter speelding begin met ‘n p? Die pop!
- Ouditiewe diskriminasie: As jy speelgoed het wat geluide maak – bespreek die speelgoed en maak die geluide. Die kind maak sy ogies toe en moet dan na ‘n geluid luister…Watter speelding het so gemaak? Die beertjie!
- Visuele geheue: Pak enige 3 speelgoed op die tafel. Die kind noem dit op. Bedek of skommel. Vra die kind om dit reg te pak soos tevore.
- Patrone: Pak speelgoed in ‘n ry (bv. pop, beer, motortjie) en vra die outjie om voort te gaan met die patroon (pop, beer, motortjie, pop, beer, motortjie)…
Buitespel…
- Maak ‘n motortjie by die houtwerktafel. Kap 4 doppies weerskante van ‘n blokkie hout vas en siedaar. Dit verg oog-hand koördinasie en toesig.
- Waterspel – Watter speelgoed dryf en watter speelgoed sink? Vir ‘n sekondêre aktiwiteit, buig en draai die kleingoed self ‘n pap draad in ‘n seepbelblaser (dalk soldeer draad). Dan kan hulle hul blaasvaardighede buite ten toon stel.
- Fantasiespel…Versier ‘n klimraam of houthuis soos ‘n speelgoedtrommel of -winkel. Vertel ‘n storie van ‘n speelgoedtrommel of -winkel. Plaas klere, pruike en maskers in die houthuis of klimraam en laat die kinders oor aan ‘n paar minute van fantasiespel.
- Sandspel – plaas spesifieke speelgoed in die sandput. Watter speelgoed kan skep? Watter speelgoed kan torings, kastele of huise bou?
Bespreek dalk…
- Speelgoed van toeka tot nou…vra die ouers om van hul eie speelgoed te stuur. Waarvan is die speelgoed gemaak? Waarvan is jou speelgoed gemaak? Hoe is dit eenders? Hoe is dit anders? Besoek ‘n speelgoedmuseum…
- Hoe werk die speelgoed op jou besprekingstafel? skarniere, wiele…toutjies…
- Sorteer jou speelgoed – volgens grootte, volgens kleur, volgens die materiaal waarvan die gemaak is (hout, rubber, lap…). Hoe voel jou speelding? sag, hard, wollerig, glad…Kan jou speelding ‘n geluid maak of is dit stil? Waarmee speel ‘n baba? Waarmee speel jy? Hoe verskil die speelgoed?
Skeppend…
- Maak ‘n Sponge BOB speelding (soortgelyk aan hierdie outjie)…Laat die kleingoed vooraf (‘n dag vooraf) een bladsy bruin en een bladsy geel verf. Gebruik dalk sponsdrukwerk of maak patrone in die nat verf. Jy kan natuurlik ‘n gekleurde styselpap mengsel op ‘n skinkbord plaas en die kinders vra om sirkels te teken. Druk ‘n bladsy liggies bo-op om die patroon af te ets. Oefen ‘n dag voor die tyd – anders flop jou krit les.
- ‘n Ou papboks kan nou met skeur en plak werk versier word in ‘n geel deel bo en ‘n bruin deel onder. Verskaf plakbare ogies (materiaalwinkels het verskeie) en rooi gekleurde pypskoonmakers vir die mond. Gebruik toiletrolle vir die arms en bene of dalk kurkproppe.
Like this:
Like Loading...
Februarie 27, 2010
Juffer
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kinders, klaskamer
drukskrif, kursief, letter, lopende skrif, patrone, skrif oefeninge, skrifles, skryf
Hier is ‘n paar idees vir tuis-oefeninge. Druk die voorbeeld uit en sit dit langs die kleinding neer of plak dit teen die muur vas. Gebruik ‘n “lyntjieboek” om in te oefen. Ek is nie seker of die prente se skaal korrek sal wees indien jy dit direk druk nie. Indien dit wel werk – kan jy die bladsy in ‘n lêersakkie bêre en ‘n dun koki (witbord veselpen) gebruik om dan daarop te skryf. ‘n Mens kan die sakkie vinnig skoon vee en môre weer oefen.
Die drukskrif oefeninge is nog te moeilik vir Graad 1. Doen dit eerder met Graad 2- en 3-leerders. Die lopende skrif-oefeninge kan met kinders van Graad 2 af op gedoen word.
Tik gerus ook soekterme soos “skrif, skryf, potloodgreep, lopende skrif, knip” by die bruin soekblokkie in vir nog hulp en idees.
Moenie van CNX vergeet nie…So skryf ‘n mens op lyne: a m, n, r, h, p r en b p en d h, p, b b, d d k l i e met patroon a, e, s g o en c u s s en patroon z en j t, i, k v w x y
Vir linkshandige outjies.
Tik ook soekterme soos “skrif, skryf, abc skryf, lopende skrif, robotkaart, potloodgreep, knip…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.
Like this:
Like Loading...
Desember 14, 2009
Juffer
afrikaans, flitskaarte, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kind, kinders, lees, leesvlotheid
flitskaart, fonemiese bewustheid, hoë frekwensie woorde, klanke, komponente van lees, lees, leesbegrip, sigwoorde, vlotheid

Soos wiskunde, het lees ook verskeie aspekte of boublokke om die leser se vaardighede te versterk. Dit sluit fonemiese bewustheid, leesbegrip, klanke, vlotheid en woordeskat ontwikkeling in.
Fonemiese bewustheid dek die begrip dat ‘n woord uit verskillende dele bestaan. Ek hoor die begin-, middel- en eindklanke…Ek kan ‘n woord verskaf wat rym met…
Klanke is die dele waaruit woorde gebou word: klinkers / vokale, medeklinkers, klanksamevloeiings (br-, -ng, sw-…), dubbelklanke (aa, ee, oo, uu), tweeklanke (ui, oe, eu…) en drieklanke (aai, eeu…). As die leser nie sy klanke ken nie, kan hy nie die woord ontsluit (lees of spel) nie. Dus is ‘n goeie kennis van klanke belangrik.
Vlotheid het te make met die vloeiendheid van lees. Dit steun nogal sterk op die leser se vermoë om dele van woorde en hele woorde met die eerste blik of oogopslag te herken. ‘n Groot hoeveelheid woorde val onder die konsep sigwoorde of hoë frekwensie sigwoorde. Hoe vinniger en hoe meer akkuraat hierdie woorde gelees word, hoe meer vloeiend lees die kind. Vlotheid neem egter hande met sigwoorde én leestekens. Die kennis van leestekens en hul gebruike, maak die leesproses ‘n outomatiese proses. Dink maar net aan jou bestuursvernuf. Jy weet hoe om verkeerstekens en padaanwysings te gebruik sonder om twee maal te dink.
Woordeskat ontwikkeling is ‘n lekker en spesiale oefening wat deurgaans kan plaasvind en sonder veel “stres”.
Gebruik die vakansie om spelenderwys en op ‘n ontspanne manier aandag aan die konsepte van lees te skenk en lees, lees, lees 😆 Koop ‘n boek of ruil uit met ‘n vriendin.
Time4learning is ‘n Amerikaanse webwerf wat ook hier en daar verklarings oor leesontwikkeling oulik voorstel. Gaan loer gerus…
Tik voorts soekterme soos “lees, leeslys, sigwoord, woordeskat, abc, klanke, hersien, dubbelklank, tweeklank, drieklank, flits…ouditiewe, visuele, ogies, rympies, engels” by die bruin soekblokkie laer af aan die regterkant in vir verskeie idees.
Like this:
Like Loading...
November 22, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, klaskamer, school, skool
einde, graduation, koevert, rapport, rapportkommentaar, skool, slaag

Dis die einde van die jaar en ‘n mens wil die laaste rapport ekstra spesiaal maak. Indien jy baie tyd op hande het, kan jy self ‘n oulike koevert vir elke kind maak…indien jy ‘n onderwyseres is…kan die kinders dit maak 🙂
Jessica Jones het oulike idees oor koeverte. Ek gaan nog so ‘n paar idees noem…Gebruik A5 bruin of wit koeverte vir die volgende:
Teken die buitelyn van ‘n prent af op ‘n ou x-straalplaat – met ‘n permanente koki. Gebruik byvoorbeeld ‘n kenteken van jou klaskamer (‘n ster, dier of selfs die Graad – bv. 2, 1 of 3) of kersfeesprente (kersboom…) en sny dit uit. Indien jy ‘n lamineermasjien naby het, kan jy eenvoudige die prent lamineer en versigtig uitsny vir gebruik. Plaas dit bo op die koevert en plak liggies met wondergom vas . Nou kan jy kies wat jy met die sjabloon wil maak…
- doop ‘n sponsie (sommer ‘n sponsie uit ‘n ou pilbotteltjie) in tandepasta-dik verf en drup die meeste verf uit…droogspons nou liggies bo-oor die sjabloon en laat droog word…skryf die kind of ouers se naam in die oop spasies
- vul ‘n ou spuitbotteltjie met voedselkleursel – verdun effens – en spuitverf die koevert…hou egter die botteltjie hoog en ver weg sodat die koevert nie onnodige blertse kry nie…’n keelspuitjie het nogal baie woema
- as jy netjies kan sny, kan jy die karaktertjie uitsny en een kant bêre – sodat jy die groter raam kan gebruik. Spuitverf of spons dan die binnekant van die stensil op jou koeverte…
Neem ‘n foto van elke kind en druk dit op die koevert tesame met sy / haar naam. (Gebruik ‘n tema – bv. dra ‘n kersmus, poseer by die skoolwapen…)
Koop spesiale papier, druk die koevertraam daarop en sny uit.
Sny geskenkpapier (gewone, bruin of kerstema) in A4-velle. Druk die koevertraam daarop – met die kind se naam in die middel. Daarna kan jy die koevert self uitknip of vir die betrokke kind vra om dit te doen. Seël dit met ‘n bypassende satyn of organza lint. Jy kan die lint strik of met ‘n wasseël afrond.
Indien jy die buitekant van die koevert professioneel wil hou, kan jy die woord “Vertroulik” en die ouerpaar se name daarop druk. Versier die binnekant van die koevert met ‘n verrassingsmotief. Sny die randjie ietwat kleiner as die buiterand van die koevert se flap en plak die koevert toe met ‘n gepaste plakker – eerder as om dit toe te lek.
Rapportkommentaar:
Like this:
Like Loading...
November 17, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kind, kinders, klaskamer
christmas, elf, geskenk, geskenksakkie, idees, inkleur, inkleurprente, kaartjie, kabouter, kersboomversiering, kersfees, kinders, koevert, kunsvlyt, maak, skool, sneeuvlokkies, take, vakansie, versiering, werkvelle, xmas
Iemand (dankie T!) het vandag vir my gevra oor idees vir ‘n Kersfees-tema. Ek plaas solank ‘n paar idees hier en sal uitbrei so tussen die punte en rapporte deur 😉
- Allkidsnetwork
- Inkleurprente
- Inkleurwerk
- Kunsvlyt
- Kinderhelper – verskeie temas
- Animal Junior
- DLTK verskeie werkvelle en aktiwiteite
- abcteach verskeie aktiwiteite
- Oulike idees vir geskenksakkies en kaartjies
- verskeie
- Skryf vir Kersvader…en ander
- kunsvlyt
- doolhof
- naamkaartjies vir geskenke
- sneeuvlokkies
- nog sneeuvlokkies
- kersboomversierings uit herwinde kaartjies
- Kabouterprent
- Kwaaitjie Kabouter (ou omie)
- Blomruiker kabouter
- Dawie die Kabouter en nog Dawie prente
- Kabouterkoekies
- Verskeie kabouters
- Kous doolhof
- Kersboom
- GROOT verskeidenheid prente
Lekker snuffel!
Loer ook hier vir skakels na Bybelverhale.
Tik soekterme soos “Kersfees” en “soutklei” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke skrywes.
Like this:
Like Loading...
Oktober 31, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, kind, klaskamer, skool, terapie
fonemiese bewustheid, Graad 1, Graad R, groot skool, kyk, luister, ouditief, ouditiewe, persepsie, ruimtelik, ruimtelike, sien, visueel, visuele
Dit is amper tyd vir die groot skool. Dit is nou tyd vir ekstra werk en speletjies om die vaardighede op te skerp. Hiermee ‘n paar aktiwiteite om op ‘n lekker speel-speel wyse te doen. Hou alle “skool” aktiwiteite of speletjies lekker en informeel. Indien die kleinding sukkel, stop die speletjie en gaan oor na iets anders. Skool moenie met ‘n spanningsvolle ervaring verbind word nie…
Ouditiewe Persepsie
(praat agter ‘n skerm soos ‘n koevert of stuk papier – sodat die lippe nie sigbaar is nie)
- Watter klankie hoor jy aan die begin? Wat hoor jy eerste? (Spreek die “vet” klankie met mening uit. “Oordoen” dit.)
bal
lap
hap
toon
sit
man
nek
rok
(KVK – Konsonant, Vokaal, Konsonant)
mot
kat
sit
rek
bus
Later…(Graad 1, 2 en 3)
(Dubbelklanke)
toon, room, foon…
naam, gaap, laat…
vuur, suur, muur, nuut…
meel, veer, neem…
Nog later…(Graad 1, 2 en 3)
(Tweeklanke)
vuil (met ‘n diep stem)
seil (met “plat” lippe)
boek
koud
deur
(KVK – Konsonant, Vokaal, Konsonant)
kat
man
bos
bal
stof…
Bv. nek, man, nek, nek.
Skuif die “ander” woord rond. Bv. buk, buk, buk, dak. hak, hak, tak, hak.
Geheue
- Noem 2 KVK-woorde. Die kind herhaal. Bv. mat, pen.
- Noem 3 KVK-woorde. Die kind herhaal. Bv. tas, bed, rok…Vermeerder tot 5 woorde.
- Gee ‘n opdrag met een aksie. Bv. skakel die lig aan…Vermeerder die aksies tot 4 (mettertyd). Bv. Skakel die lig aan, maak die deur toe, bring die boek en klim op die bed.
VISUELE PERSEPSIE
Gebruik ‘n besige prent of foto.
- Soek sekere items. Bv. Druk met die vinger op al die geel blomme. Omkring al die driehoeke. Omkring al die groot bome.
- Kyk na twee eenderse prente en soek die verskille (gewoonlik in aktiwiteitsboeke).
- Skryf ‘n klomp syfers rond en bont op ‘n bladsy neer. Omkring al die 2’s / 3’s / 4’s, ens.
- Soek takies soos:
- Watter prentjie lyk dieselfde as die eerste een?
- Watter prentjie pas nie?
- Soek die maats.
- Omkring al die prente wat met ‘n s begin (oorvleuel met ouditiewe takies).
Geheue
- Pak drie speelgoed langs mekaar. Wys aan die kind. Bedek na 5 tellings. Die kind moet opnoem wat hy gesien het. Later moet hy die volgorde herroep of die items self na pak.
- Kyk na 3 tot 5 prente. Bedek. Wat het jy gesien? Was jy reg?
- Kyk na ‘n besige prent. Bedek. Wat het jy alles gesien? Wys nou vir my waar is die …? (Wys die genoemde items uit.)
- Wys ‘n eenvoudige lynskets. Neem weg. Die kind moet dit teken. (Begin by vorms en dan eenvoudige “simbole”.)
- Skryf 2 tot 5 syfers in ‘n ry. Bedek. Die kind met dit skryf.
Aksies met rigting-woorde, woordeskat en waardevolle konsepte
- Druk op die blom langs die huis, voor die boom, links van die motor, regs van die hond…
- Raak aan jou… (liggaamsdele – ook knie, skouer, elmboog, ken, hak…)
- Raak met jou linker- / regterhand aan jou …
- Raak met jou linker- / regterhand aan jou linker- / regter-…
- Gee aksies om te onthou (soos by die ouditiewe afdeling), maar las rigting by. Bv. Skuif die gordyn na links en maak die venster oop. Bêre die glas regs van die wasbak en die bord links van die wasbak.
- Pak speelgoed in ‘n ry en wys uit. Watter speelding staan eerste? Laaste? In die middel?
- Drie tot vyf prente in ‘n ry: Watter prent is eerste? Tweede? Laaste? In die middel? Watter prent kom na die …? …voor die …?
- Sorteer prente volgens dinge wat in die oggend (borsel tande, trek aan, eet pap…), gedurende die dag (skool toe, speel) of nag gebeur (slaap, bad…).
- Deel items uit. Bv. Verdeel die lekkers tussen twee kinders. Hoeveel kry elkeen? Hoeveel bly oor?
- Kyk na versamelings (3 to 4 groepies). Watter groupie het die meeste / minste items?
- Tel voorwerpe. Skryf die syfer (tot 10). [Gebruik die regte skrif.]
- Volg die stippellyn. (bv. van die kat tot by die muis)
- Volg die doolhoof.
- Knip op die lyn (reguit lyne, effense kurwes…)
- “Lees” logo’s soos die name van bekende winkels, eetgoed, koeldrank, padtekens…
- Bou legkaarte.
- Lees BAIE stories, sing liedjies, sê rympies op…maak stories op, maak gediggies op…
Rig ‘n hoekie vir “lekker werk” iewers in die huis in. ‘n Hoekie in die slaapkamer sal fantasties wees. ‘n Spesiale houer vir kryte, potlode en veselpenne (koki’s) kan op die “lessenaar” staan – met baie afvalpapier (ou blaaie met skoon agterkante is ideaal). Knip verskillende vorms uit x-straalplate of skaf stensils (selfs ou deksels, plekmatjies…) aan. Hou ‘n verskeidenheid “teken-” of “verfgoed” aan. ‘n Mens hoef nie net met ‘n kwas te verf nie. ‘n Ou skeerkwas, sponsie, oorstokkies en vingers is fantasties. Hou maar altyd ‘n ou lappie (die dun, blou kombuislappies is baie handig) naby om die vingers skoon te hou. Indien daar nie ‘n voorskoot naby is nie, kan gate uit ‘n inkopiesak geknip word vir die kop en arms. Siedaar! ‘n Weggooibare voorskoot. ‘n Tafeldoek kan uit ‘n swartsak geprakseer word. Pep het egter rolle plastiek (in oulike ontwerpe) om spesiale en goedkoop tafeldoeke te maak.
Stempels hoef nie duur en gekoopte items te wees nie. ‘n Een-sessie stempel kan uit aartappels gemaak word. Sny die aartappel in die helfte, “teken” jou ontwerp met die mespunt en kerf rondom. Dit gee dieselfde effek as ‘n stempel en is sommer “personalised” vir die kleinding. Groter kinders kan natuurlik woorde stempel – indien iemand 26 klanke wil kerf 😉 Vra ook vir vriende of daar nie ongebruikte, ou stempel by die kantoor lê nie – vir ‘n skenking. Kantore en fabrieke het dikwels ou afvalmateriaal, plakkers en diesmeer wat kleingoed op kreatiewe wyses kan gebruik.
Gebruik gemorspos, ou koerante en tydskrifte:
Maak klein winkeltjies in die kamer (woordeskat ontwikkeling)…
Gebruik gemorspos om die logo’s uit te knip en plak dit teen die muur vas. Hoeveel selfone is daar in jou winkel? Watter selfoon is die grootste? Kleinste? Wat verkoop jy in hierdie winkel? Waar gebruik ek hierdie items? Sorteer prente van meubels en elektriese apparaat volgens vertrekke. Waarvan hou jy?
Gebruik die prente in gemorspos om ‘n huis te versier. Gebruik ‘n ou doos (of verskeie) om “pophuise” te maak – met meubels, matte, mense, ens. Wees lekker kreatief, maar doen hierdie aktiwiteite SAAM MET die kleinding. Die doel van hierdie kreatiewe werk is om baie te gesels, om woordeskat aan te leer en te ontwikkel, om die handjies besig te hou en om die verhouding tussen ouer en kind te versterk.
Lekker speel!
Like this:
Like Loading...
Oktober 2, 2009
Juffer
afrikaans, education, huiswerk, kind, kinders, onderwys
bederf, onderwyser, opvoeder

Maandag, 5 Oktober, is Onderwysersdag. Bederf so ‘n bietjie 😉
Like this:
Like Loading...
September 30, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, inkleur + aktiwiteite, kind, kinders, mamma, pappa
aktiwiteite, gratis, huiswerk, inkleur, skool, vakansie, werk
Ek merk op dat daar verskeie soeke na inkleur- en aktiwiteitsboeke is. Hiermee dan so ‘n paar skakels vir die vakansie:
Jy sal verskeie werksvelle, kunsvlyt en les-idees kry, wanneer jy tema’s soos “liggaamsdele, die see, weer, lente, somer, winter, herfs, karnivore, wildtuin, troeteldier, plaasdier, vervoer, padveilig, grond, water, moedersdag, vadersdag… tuis idees, olimpiese spele, collage…” of konsepte soos “robotkaart, knip, flits, sigwoord, klanke, abc, hersien, syfer, dubbelklank, tweeklank, drieklank, klanksamevloeiing, Engels, vorms, kleur, oefen self…hulpmiddels” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in tik. Meer hulpmiddels is onder die “Drukbare Bladsye”-hofie gelys.
Volg die “Mandjie”-hofie vir nog gratis, drukbare hulpmiddels.
Like this:
Like Loading...
September 3, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, kinders, lees, ouers, wiskunde
alfabet, huiswerk, klanke, legkaart, opvoedkundige speletjie, sinne, somme, vorm, wiskunde, woorde
Klik op die skakels onder die prente vir nog voorbeelde.
Ek het onlangs hierdie “stilspeletjie” herontdek. Dit is eenvoudig om op te stel en is ‘n handige huiswerk hulpmiddel – veral as Ma en Pa gou iets anders moet doen.
Ek maak my raamwerk gewoonlik op MS Powerpoint – bloot omdat ek die prentjies makliker kan manipuleer. Jy kan natuurlik Word of enige ander program gebruik. Trek ‘n reghoek en gebruik die “lines“-skakels (onder die AutoShapes-gids) om die lyne te manipuleer. Jy kan jou skeidslyne verander om elke reghoek uniek te maak. Sodra jy die bladsy vol uniek rame getrek het, kan jy met die text box funksie somme, klanke, woorde en selfs sinne op die kaartjies tik. Die doel van die unieke skeidslyne is dat jou kind die twee dele bymekaar kan pas en hom- of haarself kan korregeer. As die rande nie pas nie, staan die foutjie duidelik uit en moet die kleingoed self die regte antwoord soek.
Druk gerus so ‘n paar stelle, knip die reghoekige kaartjies uit, plak breë deursigtige kleeflint bo-oor en knip die skeidslyn deur. Siedaar! Jou eie stel opvoedkundige speelkaarte. Die kleeflint kan voor en agter geplak word om die kaartjies te beskerm en behoort vir ‘n kind of twee te hou. Jy kan die kaartjies byvoorbeeld in klanke op deel: ‘n bladsy vir a-woorde, ‘n bladsy vir b-woorde, ens. As jou kleinding die oe-klankie geleer het, kan jy sommer dieselfde aand ‘n stelletjie maak en vir die res van die week die woorde oefen. Na ‘n dag of twee kan jou kleinding die speletjie onafhanklik aanpak terwyl jy kos maak of jou aandag moet verdeel.
legkaartraam
Self-correcting puzzles
Legkaarte
Afrikaans / Engels
Skriflegkaarte
*Hou die legkaarte heel en gebruik dit as flitskaarte.
Like this:
Like Loading...
Augustus 22, 2009
Juffer
afrikaans, Graad 1, Graad 2, Graad 3, huiswerk, lees, ouers
ei, eu, klanke, lees, oë, ou, spel, sukkel, tweeklanke, ui

This slideshow requires JavaScript.
‘n Mamma het onlangs ‘n navraag gerig oor die verwarring van tweeklanke. Hiermee dan so ‘n paar gedagtes vir die Graad 2- en 3-outjies wat sukkel met klanke soos oe, ou, eu…
Knip ‘n kolom uit ‘n tydskrif of koerant (in plaas van die hele artikel – wat oorweldigend kan wees) en skryf ‘n spesifieke klank bo-aan. Vra jou kleinding om dan byvoorbeeld net die oe-klank te omkring en om te sê hoeveel hy gekry het. Hy moet die woorde dan netjies oorskryf op ‘n oe-bladsy. Kyk of hy dalk ‘n woord gemis het. As hy almal gekry het en reg geskryf het, kan hy ‘n belonging of klein bederfie kry. (‘n DVD vir die naweek of iets…niks duurs of spandabelrigs nie.) Plak die papier teen ‘n deur vas of iewers waar hy gereeld verby sal stap. Toevallige lees verrig wondere. Skryf vir hom sinne met die woorde (bv. Ek moet die groen boek soek. Die koek lê op die handdoek.) en plak dit by die woorde op. Vra jou kleinding om dit neer te skryf. Julle kan dit sommer in ‘n werkboek doen en dan kan hy iets daarby teken. Boeta kan ook deur ou tydskrifte blaai, oe-woorde uitknip (gebruik opskrifte) en in die boek plak. Maak julle eie flitskaarte – sommer twee stelle. Flits net eers die woorde en speel dan “snap” of ‘n “memory game” (waar die karate onderste bo lê en jy die pare moet omdraai en pas).
Doen eers julle oe-ontwikkeling klaar (vir ‘n dag of drie) en pak dan ‘n heeltemal ander klank aan voordat julle die ou aandurf. Dit keer net dat ‘n mens deurmekaar raak.
‘n Seun wat ek help het sy eie assosiasies gemaak. Hy ken die oe-klank as die oe vir koek. Nou sê hy telkens “oe…koek” (soos een wie se mond water vir ‘n lekker stukkie koek) en ou-nou (“oh no” met ‘n sug) as hy die ou sien. Dit werk om die een of ander vreemde rede vir hom.
Baie kinders verwar die ee– en eu-klanke. Behandel die ee-klanke eers en dan op ‘n volgende keer die eu. ee is ‘n jong outjie en eu is sy ouboet met die diep stem. Ons spreek dit ook onderskeidelik met ‘n normale en ‘n diep stem uit. Die u in eu laat ‘n mens ook dink aan ‘n diep bakkie, daarom spreek ons dit dieper uit. Weereens werk dit nie vir almal nie. Toets dit gerus en probeer alternatiewe metodes. Laat weet ons asseblief as dit werk.
ui en ei…Ek teken prentjies of gebruik clip art. Weereens word die ui dieper uitgespreek as die ei. Behandel elkeen apart (en volg dit op met die y). Dit help om die woorde visueel voor te stel. Ek teken byvoorbeeld ‘n “bakkie” soos die u in ui vir woorde soos tuin en kruiwa. Ek kan suiker in ‘n bakkievormige koppie gooi. ‘n Kruiwa het ‘n bakkie-vorm en as ek ‘n boom wil plant, grawe ek ‘n bakkie-vorm in die tuin. Ek slaan ‘n duik in die deur met my vuis en druk ‘n bakkie-vorm in die modder met my duim. ei staan bekend as die “plat” ei, omdat dit ‘n plat strepie in het. Die trein moet op ‘n gelyke, plat spoor ry en lyk self ook ‘n bietjie plat. ‘n Eiland se waterlyn lyk soos die plat strepie in die e…en so gaan ‘n mens maar voort met jou eie idees.
As ons ei sê trek jou lippe styf of reguit soos die lyntjie in die “e”. As ons ui sê, gebruik ons ‘n dieper stem – wat so diep sak soos die “u” 🙂
‘n Paar lees-lusmakers vir lui lesers: Los gereeld notas op baie sigbare plekke. Bv. teen die kamerdeur: Ek wonder of Jannie sy kosblik in die wasbak gesit het…Ek is trots op jou netjiese kamer…in die kosblik: Ek hoop jy het ‘n lekker dag…Allerhande skriftelike dinge op snaakse plekke gee hom die geleentheid om alleen te lees – sonder die frustrasie van sukkel voor ander. As hy sukkel met sekere aspekte soos die oe-klank, kan jy ‘n koek liggies bokant die woord teken. As hy sukkel om bv. uu en ee as ‘n geheel te lees, kan jy dit onderstreep om die “eenheid” aan te dui. …en natuurlik is lees en leesstof ‘n vereiste, want Juffer sê so 😆 Koekeloer en soek vir ou Storieman-reekse, sodat die lui lesertjie kan luister en volg. Neem stories op – as daar reekse op die radio speel of sommer tuisgemaakte / eie stem opnames. ‘n Mens hoef nie vreeslik uitgawes aan te gaan nie… Laat weet gerus as hierdie idees kon help 😉
Tik gerus soekterme soos “hersien, klanke, dubbelklank, tweeklank, drieklank, flits” by die soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.
Like this:
Like Loading...
Augustus 14, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, kind
Dit is vandag Taaldag…

Studentejuffrou het my laat wonder oor watter organisasies vir ons kan help om oulike boeke te kies en te koop. IBBY SA is een van hulle. Hierdie groep skryf kort resensies van kinderboeke en kan dalk waardevol wees vir ouers én opvoeders.
Vir die outjies wat met Engels sukkel, is daar oulike blogs soos HLTA STAFFROOM. Dit is regtig oulik en propvol interessante idees. Het jy dalk ‘n oulike webwerf teë gekom? Laat weet my gerus.
Like this:
Like Loading...
Junie 8, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, kind, klaskamer, lees, mamma, ouers, pappa, skool, wiskunde
bewerking, minus, plus, probleemoplossing, somme, wiskunde werkvelle, woordsom

This slideshow requires JavaScript.
Begin deur die probleem te lees.
Watter getalle / hoeveelhede kry ons in die som? Bv. ‘n drie, ‘n tien, ens.
Wat dink jy moet ons doen?
Bymekaar tel / plus / optel…wegneem / aftrek / minus…meer maak…minder maak?
Bespreek die woordeskat in die probleem.
Bv. Jan spaar R2 elke dag. Hoeveel geld spaar hy in 5 dae? Wat beteken spaar?
“Teken” die som:
sien prent 1
Pak dan boontjies, knope of ander tellers bo-op elke blokkie:
sien prent 2
Tel die tellers een vir een, m.a.w. 1, 2, 3, 4…9, 10! Hoeveel rand het Jan gespaar? R10!
Is daar nie ‘n makliker manier om die geld te tel nie? Kom ons tel weer (sê nou die ewe getalle harder as die onewe getalle): 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10 en ‘n laaste keer: 2, 4, 6, 8, 10!
Aanvanklik moet ‘n mens maar oor en oor werk en stelselmatig vir die outjies wys hoe om dinge makliker te maak.
Gebruik dan ook ‘n volgende / verdere voorbeeld soos hierdie:
Mia bêre elke dag twee lekkers vir die naweek. Hoeveel lekkers sal sy na vyf dae oorhê?
sien prent 3
Twee en twee en twee en twee en twee. Daar is vyf dae – dus het Mia vyf twee’s bymekaar gemaak. As ons in tweë tel (druk op elke prentjie of blokkie soos jy tel) kry ons twee, vier, ses, ag, tien! Tien lekkers!
Belangrik:
Hou die getalgebied klein. Graad 1’s werk meestal in die gebied van 1 tot 10 en later tot by 20. Graad 2’s werk aanvanklik in die gebied van 1 tot 20 en later tot by 34. Die Graad 3’s werk dan verder – in dekades (tiene) en honderde (tot by 1004). Maak by die juffrou seker in watter getalgebied jou kleinding moet werk en moet nooit vooruit hardloop nie. ‘n Motor sukkel as jy van eerste na vyfde rat spring – so sal die kinders ook vas val as die ratte nie deur die regte prosesse gaan nie.
Werk met tellers as wiskunde en woordprobleme ‘n groot probleem is en hou dit altyd byderhand. Daar moet ook altyd rofwerkpapier wees om prentjies te teken en om rofwerk op te doen.
Probleemtipes:
Hierdie is voorbeelde van woordsomtipes. Gebruik die basiese strukture om jou eie probleme te skep.
1. Groepering:
Tom verkoop balle in sakkies van 2 elk. Hy het 7 balle. Hoeveel sakkies met 2 balle elk kan hy verpak?
Bly daar balle oor? Hoeveel balle bly oor?
Jana se ma koop ‘n pakkie lekkers. Daar is 18 lekkers in die pakkie. Jana kry elke dag 3 lekkers. Hoeveel dae sal die pakkie lekkers hou?
2. Verdeel / Uitdeel:
Verdeel 15 lekkers tussen 5 maats sodat al die maats ewe veel lekkers kry.
3. Deling wat tot ‘n breuk lei:
Verdeel 12 worsies tussen vier honde sodat elkeen ewe veel kry en sodat daar niks oorbly nie.
4. Nog deling (proporsioneel):
Tim en Jan werk saam. Tim werk drie ure lank en Jan werk slegs vir ‘n uur. Hulle kry saam R90. Hoe gaan hulle nou die geld verdeel?
5. Herhaalde optelling:
Hoeveel wiele het 3 motors?
Hoeveel pote het 5 honde?
Hoeveel wiele het 2 driewiele?
6. Koers:
Mila eet elke dag twee koekies. Hoeveel koekies eet sy in ‘n week?
Hoeveel dae is daar in ‘n week?
7. Roosters:
Dink hier aan ‘n “grid” of rooster.
Oom Daan plant beet. Daar is drie rye beet en ses plante in elke ry. Hoeveel beetplantjies is daar altesaam?
8. Kombinasies:
Ousus pak ‘n tas vir die naweek. Sy het 4 verskillende toppies en 3 broeke. Hoeveel verskillende uitrustings kan sy aantrek?
9. Optelling en Aftrekking:
Saamvoeg
- Tim het 3 penne. Tom gee vir hom nog 4 penne. Hoeveel penne het Tim altesaam?
- Tim het 3 penne. Hoeveel meer penne het hy nodig om altesaam 7 penne te hê?
Skei
- Tim het 7 penne. Hy gee 4 penne vir Tom. Hoeveel penne het Tim oor?
- Tim het 7 penne gehad. Hy gee van die penne vir Tom. Nou het hy 3 oor. Hoeveel penne het Tim vir Tom gegee?
Voorbeelde en werksvelle:
Klik op die skakel – ook in die aparte venster.

- Woordsom 1 – 10 optel
- Woordsom 1 – 10 optelling
- Woordsom 1 – 10 aftrek
- Woordsom 1 – 10 aftrekking
- Woordsom optelling 1 -20
- Woordsom 1 – 20 aftreksom
- Woordsom 1 – 20 aftrekking
- Woordsom 1 – 20 aftreksom

- Woordsom 10 – 20 optel
- Woordsom 10 – 20 aftrek
- Verskeie woordsomme pakket
- Verskeie somme in groter getalgebiede
Aflaaibare werkkaarte is in die departementele werkboeke beskikbaar. Kyk gerus ook na die volgende skakels:
Woordsom 1
Woordsom 2
Wenke
Like this:
Like Loading...
Mei 23, 2009
Juffer
afrikaans, huiswerk, kind, klaskamer, mamma, ouers, pappa, skool, wiskunde
analoog, dae, digitaal, flitskaart, horlosie, taakkaart, tyd, werkvel

Ek het gemerk dat daar na idees oor tyd en horlosies gesoek word. Hier is so ‘n paar webwerwe met oulike idees. Onthou dat sommige werwe ‘n proeseltjie gee en dan vra dat jy aansluit of betaal vir meer inligting. Gebruik egter die proesel as inspirasie en maak jou eie werkvelle.
Analoog is die ouer weergawe en het twee “arms” – ‘n korte en ‘n lange. Die arms beweeg altyd regs om en die horlosie is in 12 ure verdeel.
Digitaal is die meer moderne weergawe en flits of wys die tyd met syfers. Digitale tyd wys die ure aan die linkerkant – met die minute aan die regterkant van die kolletjies. Die linkerkant is dus soos die kort “arm” en die regterkant soos die “lang” arm op ‘n analoog horlosie. Sommige digitale horlosies is in twaalf ure verdeel (herhaal dus twee maal gedurende ‘n dag) en ander in 24 ure.
NB: As jy begin fokus op tyd, verseker dat daar ‘n muurhorlosie in die klas is. Só kan ‘n mens kort-kort na die tyd verwys, blitsig take volgens tyd afbaken (witbord veselpen/koki op die plastiek), tel in veelvoude van 3 en 5, breuke…noem paar op…
- As ‘n mens tyd bespreek, kan die tydsverloop deur middel van prente voor gestel word. Hang dit kronologies aan ‘n draad of plak dit teen ‘n skoon muur.

- Plak die digitale en analooghorlosies by die prente – om die outjies aan tydsverloop gewoond te maak.
- Kleur die agtergrond van die klashorlosie in om “voor” en “oor” voor te stel. Jy kan so ‘n voorstelling op ‘n ekstra groot horlosie maak.
- Speel ‘n stil speletjie – waar die outjie die digitale en analoogtye bymekaar pas.
- Speel ‘n speletjie met twee of meer persone.
- Kyk na hierdie tipe vrae oor tyd en pas jou eie aan.
- Pas die analoog- en digitale ure by mekaar deur middel van ‘n legkaartspeletjie.
- tyd-hoe-laat-is-dit drukbaar
Loer ook na: inter-aktief, the teacher corner, time for time, teaching time, education, home school (tik tye in en “submit”), Rimpelstories se leesboek (“Hoe laat is dit?”) , teachnology, dae take, dag-en-tydwoorde, dag-en-tydwoorde


‘n Video oor tyd – speel deur die TinyTap toep op ‘n slimfoon of tablet.

Meer drukbare velle.

Engelse Tyd Werksvelle
Engelse Kalenderwoorde

Like this:
Like Loading...
Older Entries
Woorde