Hiermee ‘n voorbeeld van lopende skrif se letterformasies. Lekker oefen!
Sien ook die ABC’s van skryf, patrone, Hand- of vingeroefeninge as deel van ‘n skrifles, stadige skrif en die aspekte van perseptuele ontwikkeling.
CNX se voorbeelde (mag dalk na ‘n ekstra skakel verwys. Klik daarop.):
- Lopende Skrif Spikkelskrif Robotkaarte
- Oefeninge: Cursive Lopend VB (meer)
- Lopende Letters (Druk op wit, A4-papier: Gebruik saam met die muurkaarte, soos die robotkaarte of sommer as verspotte bordlysies.)
- Legkaarte
- a en d
- d skrifstukkie
- m en n
- r, m, n verbindings
- e en verbindings
- l, k en b
- t en f – met hoofletters
- i en t – met patroon
- f en j woorde
- j, g en y
- j, g en y met woorde
- s – met patroon
- h – skrifstukkie
- p – met patroon
- p en b
- o en c
- c – skrifstukkie
- c en x
- x en z
- w met woorde
- v, w, u
- skrifstukkie (rympie)
- skrifstukkie (liriek)
- verbindings
- kleinletters en patrone
- Lopende Skrif flitskaarte om na te trek (Afrikaans/Engels) of as voorbeeld
Begin eers aan die einde van Graad 2…
PS: Lees ook hier oor die waarde en doel van lopende skrif. Nog ‘n stukkie…
Sep 18, 2009 @ 12:41:15
Hallo,
Ek is so bly vir hierdie web, ek en my ma het gister gestry oor hoofletters want my dogter moet dit nou leer skryf. Nou kan ons kyk hoe dit REGTIG gemaak moet word.
Carin
LikeLike
Sep 18, 2009 @ 14:17:21
😆 hie hie hie…ja, dit is ‘n tameletjie! Lekker oefen 😉
LikeLike
Jan 18, 2010 @ 13:16:35
Baie nice!! Eks beindruk!! Dankie!
LikeLike
Jan 18, 2010 @ 13:47:15
Dankie! 😉 Kom loer weer in
LikeLike
Mar 11, 2010 @ 16:16:57
Ek hou hiervan my kind was in een skool hoef vas te geskryf het nie nou in anderskool nou moet sy vas skryf en nou kansy nie die blad het my baie gehelp dankie
LikeLike
Mar 11, 2010 @ 16:50:09
Ek hou hiervan ek moes my kind vanvooraf leer vas skryf want in die een skool was dit nie nodig om vas te skryf nie en nou in die ander skool moet sy ons sukkel.
Dankie help baie.
LikeLike
Mar 11, 2010 @ 17:39:53
Hello, Annelene 😉 Ja, die skole verskil soms…en dit verwar die kleingoed. Kyk gerus ook hier vir nog meer skrif oefeninge (skrif en patrone). Sterkte en groete vir poplap *
LikeLike
Nov 22, 2012 @ 10:05:33
Haha ja is dit nie nice my kind moes dit leer al vir Graad R
LikeLike
Apr 14, 2010 @ 15:02:48
Baie dankie vir die inligting. My seuntjie is in graad 3 en ons het baie gesukkel met lopende skrif gesukkel. Is daar miskien nog inligting wat ons kan help om sinne te skryf met die regte werkwoorde en sinlyn.
LikeLike
Apr 14, 2010 @ 16:46:45
Hi, Theresa
Die belangrikste aspekte van sinsbou in die Grondslagfase is dat die sin met ‘n hoofletter begin en eindig met ‘n punt. Die werkwoord is gewoonlik aan die einde. “Jan het die bal geskop.” “Ek gaan ‘n pragtige prentjie teken.” “My mamma het ‘n pragtige bloes gekoop.” Ek vertel gewoonlik vir my outjies dat hulle hul ouderdom se hoeveelheid woorde in ‘n sin moet probeer gebruik. As jy 8 jaar oud is, wil ek 8 woorde sien. As jou seuntjie se sin te kort is, kan julle saam kyk na opsies om dit uit te brei. Bv. “Die seun sit op die mat. Die soet seun sit op ‘n bont mat. Die groot seun sit op die skoon mat.” ‘n Mens kan speel met beskrywende woorde en dit iewers aanbring (yskas, kamerdeur, kamermuur), sodat julle dit gereeld kan sien en gebruik in “toevallige” gesprekke. Skryf dit in helder kleure of op kleurvolle papier. Dit help die kleingoed om die wonder van woorde te sien en te gebruik. Ek het kalenders onder die “drukbare” hofie geplaas met takies wat daagliks gebruik kan word. Ek het vergeet (blondie) om ‘n April een te maak, maar sal spoedig weer op dreef kom. Druk die ou kalenders en kyk na die opdragte vir die verskillende klanke. Julle kan dit dalk toepas as julle skrif en sinne oefen. Kyk ook na die skrif-voorbeelde. Laat weet gerus indien julle meer inligting verlang. 😉
LikeLike
Mei 19, 2010 @ 12:50:49
Absoluut dankie. By ons skool kan die graad 7 kinders nie in lopende skrif skryf nie!!
LikeLike
Mei 19, 2010 @ 16:40:55
O gats! Ek wonder of ‘n mens nie maar moet terug gaan na skriflesse en -periodes nie 😉
LikeLike
Feb 14, 2011 @ 17:07:00
Sjoe, hoekom het ek nie al 3 jaar terug van jou geweet nie – jy kon sooo baie gehelp het. Gelukkig is dit nog nie te laat vir die ander 2 outjies nie…, het nog ‘n entjie om te gaan met hulle. My oudste is in gr. 4, middelste in gr. R en jongste nog in die doeke… 😉
Baie dankie vir al die raad en hulpmiddels, dit word verskriklik waardeer.
Groete
Jeannine
LikeLike
Feb 14, 2011 @ 17:15:33
Dis ‘n plesier, Jeannine 😉 Graad R is ‘n lekker jaar! Geniet die kleingoed 😉
LikeLike
Jul 18, 2011 @ 16:01:43
Julle help ‘n Pa
LikeLike
Jul 18, 2011 @ 17:58:49
Dis ‘n plesier 😉
LikeLike
Aug 15, 2011 @ 19:14:09
Baie dankei juffer. Ek is ‘n nuwe juffrou. Gee nou vir ‘n week lank klas vir gr 2’s wat nie kan skryf nie (baie arm agtergeblewe skooltjie) en die help verskriklik baie! So baie dankie dat jy die met ander deel 😉
Groetetjies
Linette van Dyk
LikeLike
Aug 16, 2011 @ 17:42:03
Dis ‘n plesier! 😉 Loer gerus weer in.
LikeLike
Jan 29, 2012 @ 22:50:13
Goeie dag. Ek sal graag die lopende skrif van die internet wil aflaai (font). Ek het dit gaan soek maar weet nie wat is die skrif (font) se naam nie. Kan jy dalk help met die naam. Baie dankie – puik webwerf.
LikeLike
Jan 30, 2012 @ 19:26:22
Middag, Ilze 😉 Ons gebruik ‘n font wat aan ‘n rekenaarprogram gekoppel is (ABC). Edu-aid verkoop ‘n font wat bitter na daaraan is.
LikeLike
Feb 01, 2012 @ 11:49:29
ag dankie tog daars iemand wat ons kan help met die kleintjies in die skool. ek het seker ‘n goeie 13 jaar terug vas geskryf.
Nou kan ek hom mooi leer hoe dit gedoen word.
LikeLike
Feb 01, 2012 @ 18:33:24
😉 Hermien, kyk ook hier aan die regterkant na die skakel Skrif: The Happy Handwriter (oulike oefenboeke).
LikeLike
Feb 09, 2012 @ 20:07:41
Baie dankie hiervoor. My seun se skoolhoof het besluit dit was onnodig vir die kinders om lopende skrif te gebruik, die ander skole in die omgewing het al in graad 2 daarmee begin. My seun het 4’s vir geletterdheid gekry vir die eerste 3 kwartale van laasjaar (graad 3). Die laaste 3 weke van skool is dit skielik verpligtend en die kinders moes spartel. Nie een van hulle het naastenby die punte behaal wat ons verwag het nie omdat hul nog gesukkel het om woorde te vorm met die lopende skrif en nie mooi geweet het hoe n s byvoorbeeld langs n r lyk nie. Ek was briesend. Ek hoop dit sal standaard word dat lopende skrif vanaf graad 2 aan die kleintjies bekend gestel word.
LikeLike
Feb 10, 2012 @ 16:40:40
Middag, Cherie 😉 Blykbaar staan dit in die nuwe CAPS-kurrikulum dat die outjies nou aan die einde van Graad 2 met lopende skrif begin. Jy kan gerus ook na webtuistes soos CNX.org kyk vir oulike voorbeelde om na te doen 😉
LikeLike
Feb 22, 2012 @ 16:45:41
Middag, wanneer begin CAPS vir graad 7?
LikeLike
Feb 22, 2012 @ 17:29:01
Middag, Carene 😉 Ek skat dit sal eers in volgende jaar begin, want sover ek verstaan word die opvoeders eers later vanjaar opgelei.
LikeLike
Jul 24, 2013 @ 13:35:56
Goeie middag
Ek wou net hoor of daar n n plek is waar mens lopende skrif (font) kan aflaai. Die soos wat in die skool gebruik word.
Baie dankie!
Groete Este
LikeLike
Jul 24, 2013 @ 18:29:07
Middag, Este
Jy kan vir Kobus van Wyk, http://www.e4africa.co.za/, kontak. As ek reg verstaan sal hy kan help 😉
LikeLike
Jul 25, 2013 @ 12:02:40
Baie, baie dankie!
Este
LikeLike
Jul 25, 2013 @ 18:24:07
😉
LikeLike
Feb 05, 2014 @ 09:52:51
Help my asb? Ek sukkel om my Graad 3 seuntjie te leer vas skryf, ek het hom geleer om die letters in die vol straatjie te skryf, maar toe sal ek na ‘n speltoets waarvoor hy 0 gekry het uitvind eintlik moet hy net in die helfde van die straatjie skryf. Wat is nou reg of verkeerd, want ek sien die voorbeelde op jul blad is vol straatjie.
LikeLike
Feb 05, 2014 @ 20:26:32
Middag, Riana 😉 Hoor by die juffrou of sy hulle al voorberei vir die Ierse lyntjies (dunnetjies) – as ek reg verstaan skryf hy alles in ‘n 8mm-lyntjie?
LikeLike
Feb 06, 2014 @ 08:34:49
Dankie, ek was toe gisteraand by die ouer aand, in die klas sktyf hulle in die dunlyntjie, maar huiswerk word in die duk lyntjie gedoen, ek persoonlik dink dit verwar die kinders vreeslik, Volgens die juffrou is die baie deurmekaar as hulle in dunlyntjie skryf vir huiswerk, ek verstaan dit glad nie.
LikeLike
Jan 20, 2015 @ 09:18:54
Juffer
As ek op die letterformasies gaan wil hy glad nie oopmaak nie.
LikeLike
Jan 21, 2015 @ 01:44:12
Hallo, Lorraine 😉 Ek het gou geloer. Dit maak oop na Practical Pages se voorbeeld.
LikeLike
Aug 22, 2018 @ 05:41:14
Is dit moontlik om net die lopendeskrifwoorde (in Engels) wat ek as voorbeelde teen die muur kan opplak, te bestel? Dus: van a tot z?
Baie dankie vir uitstekende diens.
LikeLike
Aug 23, 2018 @ 01:10:58
Hallo, Rina 😉 Ek stuur vir jou ‘n ietsie. Indien jy een van die items in my winkeltjie wil bestel, sal dit binne oomblikke nadat die transaksie deur gegaan het aflaaibaar wees. Jy sal ook ‘n e-pos met direkte skakels ontvang.
LikeLike