Tuis

Tekkie Tax

Lewer kommentaar


Tekkie Tax’ maand begin op die 6de Augustus. Dra jou tekkies om die gemeenskapsdiensprojek te ondersteun, skenk direk op hul webblad of koop plakkers en veters. Oefen om veters te ryg en veters vas te maak.

Hoe kan julle soortgelyke ondersteuning in jul gemeenskap bied?

POPIA

Lewer kommentaar


Stamp, Secret, Top, Spy, Agent, Restricted, Vintage

My Klaskamer word deur een mens bestuur. Jou inligting is veilig en word nêrens versprei nie. Dit geld vir alle sosiale media blaaie en groepe ook.

Hersien asseblief jou privaatheidsinstellings om jouself te beskerm. Indien iemand voorts persoonlike inligting (soos ‘n telefoonnommer) plaas, sal ek dit dadelik verwyder om jou identiteit te beskerm. Indien jy ‘n glips raaksien, laat weet my asseblief dadelik.

Lees meer hier: POPIA

Vraestelle 2

4 Kommentaar


Vind hiermee verskeie gratis vraestelle [400+] wat op die internet beskikbaar is. Enkele basislyn vraestelle is hier beskikbaar. Loer gerus ook laer af aan die regterkant na die hofie waar meer vraestelle gelys is.

Meer Graad 7 Wiskunde Hersieningswerk

Loer gerus ook hier na ander vakke en moontlikhede:

Skoenlappers

Lewer kommentaar


Die lewensiklus van ‘n skoenlapper bestaan uit die fases: eier, ruspe/larwe, papie en volwasse skoenlapper. Loer gerus hier na idees en hulpmiddels om te gebruik:

Voorspoed

4 Kommentaar


Afslag

Lewer kommentaar


Probeer gerus die afslagkode HOLIDAYSALE wanneer jy nuwe hulpmiddels aanskaf.

Onbaatsugtigheid

Lewer kommentaar


Pay it Forward Dag is een van daardie dae wat ‘n mens eintlik elke dag in gedagte kan hou. ‘n Mens kan mos maar altyd die deur vir iemand oop hou of ‘n kompliment gee. Met die huidige gesondheidsmaatreëls is die mededeelsaamheid effens moeilik, maar daar behoort tog iets te wees wat ‘n mens kan doen om ‘n glimlag op ‘n medemens se gesig te plaas.

  • Help om die wasgoed af te haal of onderklere op te vou.
  • Saai ekstra saadjies in ‘n potjie en laat dit met ‘n boodskap op die bure se stoep. Blomme en kruie is altyd welkom.
  • Was die stort of bad uit.
  • Droog die skottelgoed af.
  • Dek die tafel.
  • Steek ‘n paar blomme in.
  • Pak die plastiekbakkiekas reg of help om die inkopies uit te pak.
  • Bied gerus aan om die plante nat te lei. Hoor net hoeveel water elke plant nodig het voor jy begin.
  • Was ‘n kombuislap uit en vee die toonbank skoon.
  • Stof die oppervlaktes af.
  • Vryf die spieëls op.
  • Stofsuig. Dit help baie.
  • Neem ‘n ekstra maaltyd na die bure of pak ‘n ekstra broodjie vir ‘n maat in skool toe.
  • Help om nuwe beddegoed oor te trek.
  • Skakel ‘n maat en help mekaar met huiswerk. Hoor net eers watter moontlikheid die beste en goedkoopste sal wees.

Dit maak nie saak wat ‘n mens vir die ander persoon gee of doen nie, solank jy nie iets in ruil verwag nie. Hou dit eenvoudig, haalbaar en goedkoop. Jy hoef natuurlik nie ver te soek nie. Daar is altyd iets in en om die huis waarmee jy kan help 🙂

Aarde dag

Lewer kommentaar


Aarde Dag is om die draai. Loer gerus na hierdie idees om op die 22ste te probeer.

Makliker Terug Skool Toe

Lewer kommentaar


Snuffel gerus deur hierdie idees, maar loer ook na soortgelyke skrywes onderaan hierdie skrywes.

Ken mekaar idees

”Welkom Terug”-idees

Boeke oortrek (idees en voorblaaie)

‘n Terug-skool-toe lysie

Kosblik idees

Stories

Naamkaartjies (etikette): 1, vissies, olifante, lieweheersbesies, bye, volstruise, uile, merk skryfbehoeftes.

Naamkaart vir die tafelblad

Tafelbladkaarte: 1, 2, 3

Welkom vlaggies: Potlode, Blou,

Welkom raamlysie

Riglyne of reëls (Engels)

Riglyne vir Virus veiligheid (meer)

Dekor en idees om jou klaskamer te versier

Skool Toe

Lewer kommentaar


In ‘n oogwink is die somervakansie verby. Verlede jaar was onvoorspelbaar en het soveel kinkels in die draadwerk van ons alledaagse bestaan gemaak. Elke opvoeder het beslis ‘n lysie nuwe vaardighede en bekwaamhede op die CVs aangevul. Met die nuwe skooljaar wat nou begin, mag die nuwe uitdagings ‘n mens ietwat oorweldig. Bou vanjaar op verlede jaar se suksesse voort, ruil idees met kollegas uit, onthou om jouself ruskanse te gun en om gereeld by My Klaskamer in te loer.

Alles van die beste vir die nuwe skooljaar!

Skrifdag, 23 Januarie

2 Kommentaar


Skrifdag word gewoonlik elders gevier, maar hoekom dan nie ook hier nie? Loer gerus na hierdie skakels en snuffel gerus deur die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant of die “Drukbare Bladsye”-hofie bo-aan My Klaskamer. Tik gerus ook soekterme soos “skrif, skryf, lopende skrif…” by die soekblokkie hier aan die regterkant in vir meer idees.

Potloodgreep

Hand- en Vinger oefeninge as deel van ‘n skrifles

Knip idees

Patrone

Robotkaarte (groot letters)

Spikkelletters en Spikkelskrif

Skrif – Druk (druk skrif formasies)

Skrif – Lopend (lopende skrif formasies)

Loer gerus ook hier na die hofie “Skrif“.

Kersfees

Lewer kommentaar


Vakansie!

2 Kommentaar


2021 Kalender Calendar #Gratis

Onderrigplanne, ATPs

4 Kommentaar


2021

Loer gerus na die onderskeie graadvlakke se onderrigplanne. Meer Grondslagfase tale is hier beskikbaar.

Die amptelike lys Onderrigplanne vir die Intermediêre Fase.

Die amptelike lys Onderrigplanne vir die Senior Fase.

Die FET Onderrigplanne.

2021 Graad 1 – 12

2021 Graad 4 – 12

Afslag

Lewer kommentaar


Daar is vandag heelwat afslag op produkte beskikbaar. Loer gerus 🙂

Blou Maan

Lewer kommentaar


Blou Maan verwys na ‘n maand waarin ons twee keer ‘n volmaan kan sien. Oktober se tweede volmaan sal op Saterdag, die 31ste, sigbaar wees. 😉

Afslag

Lewer kommentaar


Gebruik die afslagkode “THANKYOUTEACHERS” om die afslag by die betaalpunt te aktiveer.

Loer gerus in 🙂

Redenaars 2021

Lewer kommentaar



Die 2021-temas is bekend:
Huistaal Graad 1 tot 3
  • Kaalvoet
  • Wonder
  • Fees
Huistaal en Addisionele Taal Graad 4 en 5
  • Letters
  • Voetspore
  • Voel
  • Kaalvoet
  • Wonder
  • Fees
Huistaal en Addisionele Taal Graad 6 en 7
  • Toekoms
  • Liefhê
  • Afronding
  • Letters
  • Voetspore
  • Voel
Huistaal en Addisionele Taal Graad 8 en 9 (Voorbereid)
  • Lees
  • Instinktief
  • Seine
  • Toekoms
  • Liefhê
  • Afronding
Huistaal en Addisionele Taal Graad 10 tot 12 (Voorbereid)
  • Murg
  • Alternatief
  • Erodeer
  • Lees
  • Instinktief
  • Seine

Taaldag, 14 Augustus

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Taaldag vind jaarliks op die 14de Augustus plaas.  Dit is ‘n dag waarop jy ekstra aandag aan Afrikaans – as taal – kan skenk.  Besoek die Taalmuseum of Taalmonument aanlyn en kom meer oor die geskiedenis van Afrikaans te wete.

Taaldag Woordsoek

Olifantdag, 12 Augustus

Lewer kommentaar


Olifantdag fokus op die bewaring en versorging van olifante.  Waarom is dit belangrik en hoe kan ons ‘n bewustheid skep?  Dink aan verskillende idees of gesels daaroor terwyl julle op takies en kunsvlyt fokus.

  1. Gom die bladsy op karton of druk dit op karton.  Sny die kop en bek van die olifant uit.  Steek jou hand in ‘n ou sokkie (duim in die hak en vingers regop).  Plak die dele op die sokkie vas.
  2. Druk ‘n olifantvingerpop uit en pons ‘n gat vir die slurp.  Steek jou vinger deur.  Indien die kop groot genoeg is, kan jy ‘n trompettertjie deur die gat glip.
  3. Takie met getalle 1 tot 20.
  4. Maak ‘n olifantkaartjie.
  5. Teken ‘n olifant.
  6. Teken verskillende olifante na of kleur hulle in.
  7. Trek ‘n doolhof na.
  8. Verskeie idees.
  9. Druk olifantflitskaarte (naamkaarte).
  10. Olifante: Les 1, Les 2, Les 3

Olifantvelle

Older Entries

%d bloggers like this: