Tuis

Suid-Afrika

Lewer kommentaar


Blokkiesraaisel en raaisels

Rugby

Tik gerus soekterme soos “rugby, krieket, sokker…rympies…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir ouer idees.

rugby

Lewer kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

‘n Mens kan amper nie glo dat die Rugby Wêreldbeker alweer een van die dae gaan begin nie.  Hiermee dan so ‘n paar idees om met die kleingoed te deel.

As jy ‘n bietjie meer oor die Springbokke wil leer, kan jy na die Bokke se webtuiste gaan.  SA Rugby verduidelik daar hoe die rugby reëls werk. Dalk kan die klas hul eie “bok-reëls” opstel en toekennings kry vir goeie gedrag, hulpvaardigheid en dies meer.

Die Wêreldbeker bied die geleentheid om aan aspekte soos sportmansgees, nasietrots en spangees te werk.  Bokkie is ‘n oulike karakter om by sulke lesse te betrek en leer jou selfs hoe om die spel te speel.

Kyk na die verskillende lande wat deelneem en hoe hulle in elke afdeling vorder.  Suid-Afrika speel in afdeling B. Druk die kleurvolle kaartjies uit en maak julle eie muurkaart om die punte aan te dui en te sien wie gaan wen. Speel ‘n speletjie waar die deelnemende lande se vlae en name gepas kan word. As jy twee stelle vlae druk, kan julle snap of ‘n geheuespel daarmee speel.  Leer meer oor die Wêreldbeker-gasheer, Engeland.

Dan is daar pragtige inkleurprente oor rugby (vir meisies en seuns) beskikbaar.  Daar is natuurlik meer ingewikkelde werksvelle en aktiwiteitspakkies oor rugby beskikbaar.  Julle kan julle eie rugbyballe of -hemde ontwerp.  Hou ‘n vasvra of ‘n kompetisie waar die wenner ‘n Springbokserp of Bokkie-beddegoed wen.  Ek is seker die manne sal woeker vir so ‘n prys.

Maak julle eie serpe of musse uit viltlap.  Trek die buite lyne van ‘n springbok of die landsvlag op karton of ‘n x-straalplaat af om as patrone te gebruik.  Trek die patrone op die vilt af en knip uit.  Gom of werk die stukkies vas.

Loer ook na inskrywings oor die sokker– en krieket-wêreldbekers vir nog idees (of tik “Suid-Afrika” by die bruin soekblokkie in).

groen

Krieket

2 Kommentaar


Die Wêreldbeker Kriekettoernooi begin in Februarie (19de) en duur tot die 2de April. Tooi hierdie kwartaal jou klas eg-Suid-Afrikaans op en herleef die opwinding van die 2010 Sokker Wêreldbeker.  Die klas kan meer oor die Proteaspan leer.http://2011-worldcup.blogspot.com

Afhangende van jou klas se ouderdomsgroep, kan jy aspekte soos reëls, kleredrag en die posisies op die veld bespreek.  Met die kleintjies kan ‘n mens mini-krieket speel (indien jou skool dit nie reeds aanbied nie) en ‘n mini-Wêreldbeker reël aan die einde van die kwartaal.  Aangesien al die outjies graag vir die Proteas sal wil speel, kan julle eerder die Grondslagfase in spanne verdeel en die klassies verteenwoordig.  Dit kan groot pret wees en kan die Grondslagfase gees woema gee.

Integreer die vorm van die veld (ovaal), die kolfblad (reghoek) en die bal (rond) met jou wiskunde lesse.  Tel in viere en sesse binne die klas se getal gebied.  Maak “treintjiesomme” met kamma-lopies binne ‘n boulbeurt.  Daar is mos ses moontlike balle.  (Bv. Die kolwer teken 2 sesse en 4 lopies binne die boulbeurt aan. Hoeveel lopies is dit altesaam?…Jan en Wilbur het 50 lopies in ‘n vennootskap aangeteken.  Wilbur het 31 lopies aangeteken.  Hoeveel lopies het Jan aangeteken?…As Wilbur 4 sesse en 3 viere aangeteken het, hoeveel enkellopies het hy gekry?)

Die 2011 gelukbringer is Stumpy, ‘n 10-jarige olifantjie.  Hy is versot op krieket en is besig om die kuns van konsentrasie te bemeester.  Dalk kan ‘n mens die olifantjie as ‘n aansporing vir goeie werk gebruik.  As die outjies (individueel of in ‘n groep) mooi gewerk het, kry hulle ‘n sterretjie (“lopies”) op ‘n grafiek of op die almanak.  Aan die einde van die week kry die kind of groep met die meeste toekennings ‘n sertifikaat – ‘n Stumpy-toekenning.

Ander idees is om die kleingoed na ‘n stadion te neem vir ‘n uitstappie en om professionele spelers te ontmoet.  Kry rolmodelle om vir hulle ‘n werkswinkel te hou (seuns én dogters) of kry ‘n krieket-legende om met hulle te gesels.  Maak krieketkolwe en balle van afvalprodukte of probeer iets soos paper mache.  Sny kolfvorms uit ligbruin viltlap en klein rooi hartjies (laasgenoemde moet ‘n juffrou maar self doen).  Plak die hartjie op die kolf vas en ryg dit met swart gare vas.  ‘n Kruisie kan mos as ‘n soentjie dien. Wys vir die outjies hoe om gare om die greep van die kolf te werk en siedaar! Nou kan ‘n mens dit op ‘n magneet of ‘n kaartjie plak – as ‘n geskenkie vir Valentynsdag…

Mini Cricket handbook

Mini Cricket Handbook

Inkleurtyd:

Krieketpapier

Krieketkolf en -bal

Krieketwedstryd

Kolwer en geskiedenis

Kolwer uit

Kolwer slaan ‘n lopie

Kolwer kolf

Die moderne weergawe van die Afrikaanse Krieketveldplasingsterme is op aanvraag beskikbaar.  Hierdie foto’s is deur ‘n vriend gestuur.  Ongelukkig is die boek uit druk uit.

krieketveldplasings Krieketreelscricketmuseum

Trots Suid-Afrikaans

2 Kommentaar


Suid-Afrika

Met die oog op die Wêreldbeker en verwante sake, kan ‘n mens seker ‘n bietjie patrioties raak.  Gebruik die laaste paar dae voor die vakansie om vlae te maak.  Plak dit in die ruite op of stuur dit huis toe vir die motorruite.

Vlytige vingers:  Skeur en plak die korrekte kleure (uit ou tydskrifte) om die vlag te versier…of laat die kleingoed in groepe werk om ander landsvlae ook te versier.  Maak ‘n collage (in ‘n venster) wat sigbaar van die pad af is.  Onthou dat die rooi gedeelte altyd bo is of as die vertikaal vlag hang, is die rooi deel aan die linkerkant.

 

  • Kyk na Kaarte om te lamineer.  Knip ‘n duplikaat uit en laat die outjies die kontinente op ‘n wêreldkaartpas of vir jonger outjies kan ‘n mens ‘n kaart van Suid-Afrika en dele van die oseane gee.  Hulle pas dan die los stukke bo-op die volledige weergawe.
  • Gee Kaarte om in te kleur of vul dit met skeur- en plakwerk.  Gee ‘n topografiese kaart om “na te plak”.  Die outjies gebruik skakerings van blou, geel, bruin en groen om dus die berge, plantegroei en see aan te dui.  Dit kan nogal mooi lyk as die kaart uit geknip word en bo-op die agtergrond geplak word vir ‘n bietjie meer diepte of dimensie.
  • Kleur die vlag in of verf die kleur in.
  • Maak ‘n groot klasvlag.  Trek die buitelyne op ‘n lap af en gee vir die outjies die verskillende kleure in lapverf om met die kwas of handafdrukke te versier.

Ander Suid-Afrikaanse embleme:

 

RSA

%d bloggers like this: