Iemand het onlangs gevra dat ons ‘n bietjie na deling kyk. Deling is die teenpool van vermenigvuldiging (inversie) soos minus teenoor plus. Waar vermenigvuldiging kyk hoeveel keer jy iets kan optel tot by die antwoord, kyk deling na die hoeveelheid kere waar jy kan aftrek (uit deel).
Daar is verskillende vorme van deling: Verdeling en groepering. Só werk dit:
Verdeling:
Jana en Kira moet ‘n sak vol uitveërs uit deel totdat daar niks oorbly nie. Daar is 12 uitveërs. Verdeel die uitveërs gelykop tussen die twee dogters.
Tel 12 tellers (bv. doppies, knope…) af. Verdeel die “uitveërs” dan fisies volgens “een vir jou, een vir my, een vir jou…” uit. Vra dan: Hoeveel het jy gekry? Hoeveel het ek gekry? Is dit ewe veel? Ja! Elkeen kry 6 uitveërs. Jana kry 6 en Kira kry 6. Is daar ‘n makliker manier om dit te sê? 12 gedeel deur 2 is 6. (Skryf die som)
Verdeel 12 lekkers gelykop tussen 4 kinders. Hoeveel lekkers sal elke kind kry? (Deel dan uit.) Hoeveel lekkers kry elkeen? 12 lekkers gedeel deur 4 kinders is 3. As ek 12 in 4 gelyke dele opdeel is dit 3.
Groeping:
(Maak groepies)
Doen tafeldek-oefeninge…
Daar is 16 wortels. Gee 4 wortels vir elke bord. Hoeveel borde moet jy uit haal? (Oefen eers met herhaalde aftrekking: 16 – 4 – 4 – 4 – 4 = 0…is dieselfde as 16 gedeel deur 4)
Verdeel 12 sjokoladeblokkies gelykop in twee hopies. Hoeveel hopies gaan jy maak?
12 – 2 – 2 – 2 – 2 – 2 – 2 = 0…12 gedeel deur 2 = 6
Belangrik:
Toets die som. As 12 gedeel deur 2 = 6, vermenigvuldig jy die twee klein getalle (6 en 2) om die groot getal te kry. Kry jy die regte getal?
Deling met ‘n 1:
As jy 4 lekkers aan 1 mens uitdeel, kry die persoon alles. Dus sal 4 gedeel deur 1 gelyk wees aan 4.
Deling met ‘n nul:
0 word nie verdeel nie. Bv. 0 gedeel deur 1 = 0 (Daar is niks om te verdeel nie.)
😉 As die bogenoemde steeds verwarring skep, kan jy ook die deelsom ‘n bietjie verdraai…Bv. 14 gedeel deur 2: Hoeveel keer tel jy in 2 om by 14 te kom?
Jun 02, 2011 @ 17:22:45
Hallo daar!
Wonderlike verduideliking en steeds n lekker en leersame blog! Dankie daarvoor!
Kan dalk help! Ek het nog n beperkte aantal stempeltjies teen afslagpryse wat lekker kan werk vir die maak van werkvelle vir verdeling, asook vermenigvuldiging bv treintjies ( las soveel trokkies aan soos nodig en teken kolletjies ), dobbelsteentjies, voetjies, handjies, diertjies, ens. Dobbelsteentjies pas ook in trokkies.
Ek doen posbestellings landswyd en kan gekontak word by 083 462 8822. Loer sommer ook by Juffer se argiewe van Mei 2010 na watter stempels daar nog is. Het ongelukkig nie n webblad nie, maar werk daaraan!
Stempelgroete
Alta
LikeLike
Jun 02, 2011 @ 18:57:22
Hallo, Alta 😉 Ek het juis onlangs weer ‘n pienk briefie op ‘n tafel gesien lê. Jou stempels maak ‘n juffrou se werk baie ligter 😉
LikeLike
Nov 02, 2012 @ 08:27:49
Ek is mal oor hierdie webblad!!!!!!!
LikeLike
Nov 04, 2012 @ 17:16:16
Dankie, Anneline 😉
LikeLike
Aug 01, 2016 @ 21:04:18
Deling in hoër grade. As daar net 2 getalle voorkom in die woordsom , maak die groot getal 6 en die klein getal 2. Nou lees weer die som en sien daar n gr1 som om te bepaal of dit +-× of ÷ is. My leerlinge het in ANA en nationale vraestelle dit kon gebruik en geweet wat om te doen. Doen die metode al 35jaar.
LikeLike