Tuis

Voorspoed!

Lewer kommentaar


Onderwysersdag 2020

3 Kommentaar


‘n Voorspoedige Onderwysersdag vir jou! Mag dit ‘n besonderse suksesvolle dag wees en mag jy kans kry om jou tee of koffie te drink terwyl dit nog warm is 🙂

Erfenisdag

Lewer kommentaar


Daar is ongelooflik baie om op trots te wees en baie dinge wat ons kan vier en herdenk op Erfenisdag.

Watter museums of monumente is daar in jul omgewing?  Hoe het die dorp of stad ‘n honderd, twee honderd of selfs drie honderd jaar gelede gelyk?  Wat het intussen by gekom?  Hoe lyk die oudste wonings in julle omgewing en waarom is dit so gebou?  Het julle van die nasional embleme sigbaar in die skool of in die dorp waar julle woon?

Wie het met die stigting van jul skool gehelp en waarom het hulle die prentjies op die skoolwapen gekies?  Wat maak hierdie stukkie geskiedenis en erfenis so uniek?

Wie is jou voorgangers en voorsate?  Waarom hou julle gereeld op sekere plekke vakansie?  Wie het hierdie tradisies begin?  Watter geregte geniet julle as gesin en as familie?  Deel gerus die resepte met die klas of klasmaats.

Teken gerus prente van die dinge wat vir jou spesiaal is of skryf daaroor.

Mag julle ‘n mooi Erfenisdag hê 🙂

Erfenisdag Woordsoek 1
Erfenisdag Woordsoek 2

My Klaskamer is 12 jaar oud!

6 Kommentaar


Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning.  Loer gerus weer in 🙂

Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


Vanjaar se SA Boekweektema is Passport to Tomorrow.  Hulle vier ook ‘n dekade van boekbetowering.  Betrek gerus die gedagte van reis of betowerende sprokies tydens hierdie dae en geniet die wegbreekkansie.

Die Internasionale Geletterdheidsdag val in die middel van die SA Boekweek – op die 8ste September.  Gebruik dié besonderse dag om sommer ekstra boeke te lees.  Maak ‘n lysie van al die klanke, sigwoorde of leesboeke wat julle vanjaar bemeester het en stel doelwitte vir die geletterdheidswerk wat julle graag nog wil bespreek.

Tik gerus soekterme soos “lees, klanke, boekmerk, boek, leeslys, leesreeks, gratis leesboeke…Engels, flitskaart, sigwoord…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir vorige jare se idees.

Boekpaspoort                  Book Passport

Lekker lees!

Boomplantweek en Lentedag

Lewer kommentaar


Tradisioneel vier ons Boomplantdag op die 1ste September.  Vanjaar se Bome van die Jaar is die Essenhout (Ekebergia Capensis Cape Ash) en die Kremetart Bome (Adansonia Digitata).

Vanjaar gaan dit dalk moeilik wees om fisies self blomme te plant en bome te versorg.  Neem gerus ‘n organisasie wat die natuur versorg in ag vir ‘n fondsinsamelingsprojek.  Loer gerus hier na idees in verband met Lente.

Mag September met warmer en meer kleurryke dae begin.

Heuningbydag, 15 Augustus

Lewer kommentaar


Ons vier Heuningbydag vanjaar op 15 Augustus.  Kom gerus meer oor heuningbye te wete en ook waarom hulle beskerm word.  Byeboerdery is baie interessant, gewild en waardevol.

Bye Velle pdf

 

KABV-Werkboeke 2020 – Deel 2 [Boek 2]

Lewer kommentaar


Werkboeke 2020 2

Die tweede werkboek is nou aanlyn beskikbaar.  Klik gerus op die onderskeie skakels om die boeke af te laai indien die skool nie ‘n eksemplaar beskikbaar het nie.  Die boeke mag nie verkoop word nie en word GRATIS deur die onderwysdepartement verskaf.

Ou EAT-boeke is hier beskikbaar en verskeie ander jare se (interaktiewe) werkboeke is hier te vinde.  Laasgenoemde sluit ‘n skakel na wiskunde antwoorde in.  Die eerste werkboeke van 2020 kan jy hier aflaai.

  1. Graad R Boek 3
  2. werkboeke 2 2020Grade R Book 3
  3. Graad R Boek 4
  4. Grade R Book 4
  5. Graad 1 Huistaal
  6. Graad 1 Wiskunde
  7. Graad 1 Lewensvaardighede
  8. Grade 1 Home Language
  9. Grade 1 FAL
  10. Grade 1 Mathematics
  11. Grade 1 Life Skills
  12. Graad 2 Huistaal
  13. Graad 2 Wiskunde
  14. Graad 2 Lewensvaardighede
  15. Grade 2 Home Language
  16. Grade 2 FAL
  17. Grade 2 Mathematics
  18. Grade 2 Life Skills
  19. Graad 3 Huistaal
  20. Graad 3 Wiskunde
  21. Graad 3 Lewensvaardighede
  22. Grade 3 Home Language
  23. Grade 3 FAL
  24. Grade 3 Mathematics
  25. Grade 3 Life Skills
  26. Graad 4 Huistaal
  27. Graad 4 Wiskunde
  28. Grade 4 HL
  29. Grade 4 FAL
  30. Grade 4 Mathematics
  31. Graad 5 Huistaal
  32. Graad 5 Wiskunde
  33. Grade 5 HL
  34. Grade 5 FAL
  35. Grade 5 Mathematics
  36. Graad 6 Huistaal
  37. Graad 6 Wiskunde
  38. Grade 6 HL
  39. Grade 6 FAL
  40. Grade 6 Mathematics
  41. Graad 7 Wiskunde
  42. Grade 7 Mathematics
  43. Graad 8 Wiskunde
  44. Grade 8 Mathematics
  45. Graad 9 Wiskunde
  46. Grade 9 Mathematics

Madibadag 2020

Lewer kommentaar


18 Julie is Madibadag – ‘n dag waarop ons minstens 67 minute aan gemeenskapsdiens kan wy.  Hoe kan jy onbaatsugtige hulp aan ander bied of aanmoedig?  Dit sal vanjaar ietwat moeiliker wees om uit te reik, maar wat kan jy onder die huidige omstandighede doen?

  1. Maak maskers vir ander.  Kan jy 67 maskers maak?
  2. Versamel en versprei droë rantsoene (bv. droë boontjies, meel…).  Kan jy 67 pakkies skenk?
  3. Kan jy 67 persoonlike higiëne produkte (toiletware) versamel en skenk (bv. koekies seep, tandeborsels)?
  4. Kan julle 67 kledingstukke insamel en skenk (bv. skoene, warm sokkies)?
  5. Kan jy 67 kryte aan ‘n skooltjie of behoeftige kinders skenk?
  6. Kan jy 67 saadjies in aparte houers plant om later aan ander te skenk?
  7. Brei 67 rytjies elk om ‘n kombers of ‘n serp vir iemand anders te maak.
  8. Sny lap in 67cm x 67cm blokke om warm blokkieskomberse te maak.
  9. Maak 67 komberse deur as ‘n klas verskillende komberse (en/of kussingslope) te knoop.
  10. Vleg ou lap en vra iemand om ‘n matjie te stik.
  11. Maak slaapmatte uit plastieksakke of stroke plastieksakke.
  12. Weef slaapmatte uit ou t-hemplap.
  13. Kan elkeen ‘n geldjie afstaan (60c, 70c, R6,70 of R67) en skenk?
  14. Speel woordeskatspeletjies wat rys as punte skenk.  Kan jy 67 woorde korrek kies?

Onthou dat jy nie alles binne 67 minute hoef te doen nie.  Dit is slegs ‘n goeie beginpunt. 😉

No child left behind

Lewer kommentaar


Lees gerus

Indien die bogenoemde skakel lol, klik hier.

Kinderbeskermingsweek

Lewer kommentaar


Dit is Kinderbeskermingsweek.  Gesels gerus met die outjies oor veiligheid in die gemeenskap en veiligheid tuis.  Gesels oor die noodnommers en veiligheidsmaatreëls wat julle kan volg.  Onder huidige omstandighede, kan ‘n mens ook veiligheidsmaatreëls in terme van die COVID-19 virus bespreek.

Corona en Covid-19

Lewer kommentaar


  1. Afrikaans: Corona velle
  2. English: Corona sheets
  3. Was Hande

    Meer muurkaarte

    Nog muurkaarte en inligting

    Tik gerus ook soekterme soos higiëne by die soekblokkie aan die regterkant in. Iemand het ‘n idee gehad dat jy soggens ‘n stempel op elkeen se hande druk en kyk of dit nog daar is teen die middag – as almal gereeld hande (korrek) gewas het.

    Kontak ‘n dokter om meer inligting te bekom. Mediese personeel sal kliniese inligting kan deel.

Pay it Forward, Onbaatsugtigheid

Lewer kommentaar


Dis een van die dae Onbaatsugtigheidsdag – ‘n dag waarop ‘n mens ekstra deernis teenoor jou medemens kan toon sonder om ‘n teenreaksie te verwag.

‘n Mens sal vanjaar baie vindingryk moet wees, maar dink aan maniere om jou medemens te help sonder om die insluitings- of grendeltydreëls te oortree.

Skakel gerus organisasies of instansies wat dalk van behoeftes in jou area sal weet en hoor wat die riglyne tans is. Is daar mense wat eensaam is en ‘n oproep sal waardeer? Maak kontak met kennis en hoor hoe dit gaan.

Elders versier mense die vensters wat aan die straat grens ter ondersteuning en bemoediging van noodpersoneel en ander. Probeer gerus ‘n paar van hierdie idees:

  1. Plak maskeerband om verskillende geometriese blokke te maak en verf die blokke met ‘n mengsel wasbare akrielverf en skottelgoedwasmiddel. Wissel die kleure af en verwyder die maskeerband sodra die verf droog is. ‘n Mens kan natuurlik ander boodskappe en prente ook verf.
  2. Teken kleurvolle prente met bordkryt op sementtrappe of die inrit.
  3. Sny kleurvolle harte uit en rangskik dit in die venster – in ‘n raampie of in ‘n boog.
  4. Verf ou koerantvelle – elkeen in ‘n aparte helder kleur. Sny elke vel in eenderse stroke op en maak papierkettings om in julle ruit te hang.
  5. Versier die motordeur indien dit binne die grenslyne van die erf is.

Loer gerus na moontlikhede wat aanlyn beskikbaar is of wat ‘n mens tydens die grendeltydperk kan begin om na die tyd te volbring.

Alle voorspoed!

Aarde Dag

Lewer kommentaar


Vanjaar val Aarde Dag so in die middel van die grendeltydperk. Hoe gaan ‘n mens dan nou in jou huis op hierdie dag fokus?

Kyk na gebruike in die huis en moontlike vermorsings. Kan ‘n mens sekere items dalk eerder herwin, herverbruik of in ‘n komposhoop begrawe?

Sny ou papbokse as legkaarte op, gebruik blikke as stelte of gebruik ou telefoongidse om skrif op te oefen (lekker groot letters dwars-oor die kolomme).

Plant sade of plantjies in ou blikkies en maak steggies in glasflesse groei. Jy kan jou eie groentetuintjie begin.

Gebruik flesse en herbruikbare bakke om kos te bêre – eerder as om herhaaldelik sakkies te koop. Het ‘n mens telkens ‘n servet nodig of kan ‘n natlappie werk?

Waarheen loop die gryswater in julle huis? Is daar omgewingsvriendeliker maniere om die huis skoon te maak eerder as om sterk chemikalieë te gebruik?

Hou vir ‘n paar dae dop hoeveel goed in die vullisdrom beland en beraam dan ‘n plan 🙂

Afstandsonderrig: Verskillende idees om te probeer

Lewer kommentaar


Sien Bladsye 14 – 16

Google Classroom en SeeSaw werk tans goed vir my outjies. Die skool het seker gemaak dat al die InterSen leerders ‘n e-pos adres het waarmee hulle by Google Classrooms kan aansluit. Elkeen van my ouer graadgroepe het ‘n eie Google klaskamer en ons maak afsprake om in die groep se Google Meet-funksie te gesels. Jy kan hierdie funksie in jou instellings aanskakel. Sodoende sal die outjies op die skakel in die klaskamer se hofie kan klik om kontak te maak.

Indien jou skool die Google-pakket gebruik, kan jy ook Google Meet-gesprekke in die e-pos afdeling begin of ‘n vinnige boodskap deur Google Hangouts stuur – ‘n meer informele klets opsie.

SeeSaw laat my toe om opdragte aan sekere kinders te stuur of om inligting met sekere graadgroepe te deel soos nodig. Ek neem videos op en laai op waar nodig of deel dokumente om tuis uit te druk.

Zoom is ‘n ander platform waarmee jy groepe of individue kan nooi om by ‘n gesprek aan te sluit. Gesprekke kan met ‘n wagwoord beskerm word. Haak ‘n Osmo-spieëltjie oor jou skootrekenaar se kamera en deel só werk wat jy op ‘n witbordjie of papier verduidelik.

Wat werk vir jou?

Hulpmiddels

Lewer kommentaar


Alle produkte is slegs aanlyn beskikbaar.
Sodra die betaling deur gaan, kan jy die items begin uit druk.
Toets gerus eers met die GRATIS produkte.


Meer GRATIS idees is hier in MyKlaskamer.com beskikbaar. Loer na die inhoudsopgawe aan die regterkant en tik gerus soekterme soos die volgende by die soekblokkie aan die regterkant vir verskeie idees in:

Taal:

  1. abc skryf
  2. klanke
  3. hersien
  4. dubbelklanke
  5. tweeklanke
  6. drieklank
  7. klanksamevloeiings
  8. flitskaart
  9. sigwoorde
  10. sinne en paragrawe
  11. leestekens
  12. woordsoort
  13. lees
  14. leesreeks
  15. leeslys
  16. e-boek
  17. toeps
  18. apps
  19. stories
  20. liedjies
  21. rympies

Wiskunde

  1. syfers
  2. vorms
  3. bewerkingstekens
  4. voor en na
  5. meer en minder
  6. woordsom
  7. halveer
  8. verdubbel
  9. veelvoude
  10. uitdeel
  11. maaltafels
  12. deling
  13. geld
  14. Hoe laat is dit
  15. wiskunde huiswerk
  16. breuke

Ander onderwerpe:

  1. herfs
  2. winter
  3. lente
  4. somer
  5. seisoene
  6. die see
  7. beroepe
  8. grond
  9. water
  10. beskerm
  11. vervoer
  12. padveilig
  13. Paasfees
  14. liggaamsdele
  15. gesonde mond
  16. skelet
  17. higiëne
  18. Olimpiese Spele
  19. rugby
  20. sokker
  21. krieket
  22. atletiek

KABV-Werkboeke / CAPS Workbooks 2020 [Deel 1]

64 Kommentaar


Die departementele werkboeke is GRATIS en mag nie verkoop word nie. Nie al die boeke is tans op die Onderwysdepartement se blad beskikbaar nie. Loer gerus hier en hier na ouer werkboeke.

 

 

Boek 2 (2020)

 

Leer Tuis (Skoolsluitings)

1 Kommentaar


Vir die komende weke het velerlei Engelse webblaaie heelwat werk GRATIS beskikbaar gestel. Vind hiermee dan enkele idees:

  1. Gratis departementele werkboeke (- ook Boek 2 van 2020).
  2. Gratis departementele leesboeke (sluit ander in).
  3. Lees ‘n boek, ‘n gedig, lirieke…
  4. Clarkness laat jou toe om gratis, eenvoudige stories op ‘n foon, tablet of rekenaar te lees.
  5. FREE eBook Library (Biff, Kipper and Chip)
  6. Letterland (Gratis toegang tot aktiwiteite en stories.)
  7. Sny ‘n bladsy uit ‘n ou tydskrif of ‘n artikel uit ‘n ou koerant.
    1. Hoeveel woorde met drie letters/klanke kan julle omkring?
    2. Hoeveel woorde met die volgende klanke onderskeidelik – kan julle omkring?: aa, ee, oo, uu, ie, ei, ou, eu, ui, oe, aai, ooi, eeu, oei...? (In ‘n Engelse tydskrif of koerant: oo, ee, ea, ai, ay, oi, oy, oa, ow, oe, ou, ew, aw, au, ui, ue, igh, ie, ei…)
    3. Lys die woorde op verskillende bladsye in ‘n boek en kyk of die outjie elkeen kan illustreer. Kan julle ‘n beskrywende sin vir sommige woorde skryf?
    4. Magneetletters of Scrabble-letters: Bou 4 woorde uit elke lys – een-vir-een. As jy Scrabble-letters gebruik, tel elke woord se punte op. Watter woord tel die meeste in elke lysie?
    5. As jy nie Scrabble– of magneetletters het nie, sny groot letters uit dosies soos papbokse en hou dit gereed vir woordbou takies.
  8. Druk ‘n gratis 2020-Kalender uit. Dui die dag se weerstoestande en temperatuur in die onderskeie blokkies aan en skryf daaroor.
  9. Druk GRATIS woordsoeke in Afrikaans en Engels uit.
  10. Bou ‘n fort uit komberse.
  11. Speel bordspeletjies.
  12. Bak koekies.
  13. Bou legkaarte. As jy nie legkaarte tuis het nie, sny prente uit ou tydskrifte op. Hou die stukke in ou koeverte of sakkies.
  14. Week jouself in ‘n borrelbad.
  15. ‘n Klomp skakels na GRATIS Engelse opsies.
  16. Scholastic Learn at Home (BookFlix: Gebruikersnaam: Learning20 | Wagwoord: Clifford) Kindergarten, Grades 1/2, Grade 3-5, Grade 6+
  17. Vorms:  Soek soortgelyke vorms in jou huis en teken dit op die blaaie waar hulle inpas.
  18. ‘n Wiskunde storie oor ‘n sambreel en apies.
  19. Tel die voëls in die tuin. Hoeveel hop? Hoeveel eet?
  20. Sny herwinbare papier in stroke en maak ‘n ketting. Kan die outjie die ringe self kram of met kleeflint bind?
  21. Teken ‘n prent of skryf ‘n brief vir ‘n maat, familielid of onderwyser. Vra ‘n ouer om ‘n foto elektronies te stuur – aangesien ons nie tans seëls of koeverte wil lek nie.
  22. Story:  What is the Corona Virus?
  23. Kuns: Gebruik klei of waterverf
  24. Gebruik verskillende Lego-stukke om in dikkerige verf of ink te doop. Druk dit soos stempels om prente te bou. Soek sommer allerhande proppies, doppies of speelgoed om te betrek.
  25. Het jy verf oor? Druk verskillende kleure in verskillende bakkies van ‘n ysbakkie, steek ‘n stokkie (oorstokkie, roomysstokkie, takkie) in elke bakkie en vul met water. Vries tot hard. Plaas ‘n vel papier op ‘n skinkbord of ‘n bakplaat en verf met die blokkies daarop.
  26. Plaas ‘n vel papier onder-in ‘n diep, plastiese houer of ‘n vlak dosie. Spuit dikkerige verf in lyne of kringe bo-oor die papier. Plaas ‘n albaster in die houer en beweeg die houer deur die kante heen en weer te swaai of te kantel. Laat die velle droog word en hou dit vir geskenkpapier later.
  27. Wetenskap idees
  28. Story Time from Space
  29. ‘n Groot verskeidenheid Engelse stories: Luister en lees saam
  30. Luister na velerlei gratis stories.
  31. Loer daagliks na die seekoei se eskapades.
  32. Besoek museums aanlyn (nog ‘n paar)
  33. Besoek parke
  34. Besoek ‘n plaas
  35. Verken wêreldkaarte – asook Suid-Afrikaanse inligting
  36. Bathroom Posters, Badkamer Muurkaarte
  37. GoNoodle – wikkel en beweeg.
  38. LO tuis

Loer gerus na Gratis opsies hier en tik gerus ook soekterme soos “klanke, hersien, flitskaarte, sigwoorde, syfers, sinne en paragrawe, stories, liedjies, rympies, leestekens, knip, lees, leeslys, leesreekse, biblioteek, boekmerk, e-boek…, app… herfs, Paasfees…tuis idees, studietegnieke, vraestelle, ATP, CAPS…Engels” by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir verskeie idees en skrywes.

Ek hoop dit kan help.

Loer gerus na die “skrikkerige peper” eksperiment en die idees in verband met higiëne.

Water Week / Earth Hour

Lewer kommentaar


Praat gerus oor waterbesparing, die gebruike van water, die belangrikheid van water en waarom skoon water so belangrik is. Waar en wanneer gebruik ons dit? Wie gebruik water en kan ons daarsonder?

Plant ‘n Spekboom of twee. Wat van ‘n heining of ‘n rytjie al langs die skool se grensdrade langs? Is daar waterbronne om skoon te maak (bv. spruite, rivierwalle, ‘n strandgebied)?

Earth Hour is vanjaar op die 28ste Maart.

Bepaal dalk ‘n tydperk waar ‘n mens by die dag by die skool kan vier. Skakel die ligte af, skakel die elektronika af en raai die outjies aan om lanterns, kopligte of flitsligte te bring. Gebruik die uur om boeke te lees, bordspeletjies te speel of om tyd aan kuns en kunsvlyt te spandeer.

Hoe maklik of moeilik is dit om sonder elektroniese toebehore of elektrisiteit te wees?

Spellys

Lewer kommentaar


Die WOW Spellyste word deur die Universiteit van Stellenbosch op gestel.  Dit is op ‘n uitdagingsvlak.

Vorige jare se lyste is hier beskikbaar. Sien ook die ATKV Spelathon.

Graad 1

Graad 2

Graad 3

Graad 4

Graad 5

Graad 6 Afrikaans / EFAL

Graad 7 Afrikaans / EFAL

Graad 8 Afrikaans / EFAL

Graad 9 Afrikaans / EFAL

Graad 10

Older Entries