Tuis

Vakansie!

5 Kommentaar


Screen Shot 2015-06-25 at 21.03.09

Vadersdag

Lewer kommentaar


DSCN1340

Maak vir Pa drupmatjies met bekende embleme.  ‘n Mens kan sommige embleme op die internet kry (bv. Castrol), maar ‘n mens kan ook advertensies of die ware Jakob gebruik.

  • Haal die etiket liggies van die spesifieke blikkie af of skeur die dosie versigtig oop.  Meet en pas ‘n kurkmatjie op die logo, sodat jy nie te veel sal afsny nie.  Indien dit makliker is om eers ‘n vorm op die logo af te trek, kan julle ‘n voorwerp soos ‘n wye glas of ‘n kosblikkie gebruik.  Trek die ring, knip uit, lamineer, knip uit, smeer ‘n dun lagie wit houtlym (of modge podge) agter-op die papier en plak dit in die middel van die kurkmatjie.  Herhaal met nog embleme van Pa se gunstelinge.  Vir ‘n permanente weergawe, kan ‘n mens die embleme lamineer sonder die kurk.
  • ‘n Mens kan ook foto’s of tekeninge (met veselpenne) probeer.  Maak net eerder ‘n afskrif as om die oorspronklike foto te gebruik.

vadersdag drupmatjies

DSCN1341 DSCN1343

Versier bekers of koppies met warm water en naellak.

  • Koop unieke kleure naellak vir Pa (loer by die goedkoop winkels) en ‘n skoon beker of bakkie (verwyder plakkers).  Tap warm water in ‘n 2l roomysbak en drup die naellak in die middel van die bak.  Die kleure gaan begin vloei of versprei, maar dit gaan die ontwerp beslis interessant maak.  Hoe groter die item, hoe meer naellak sal nodig wees om die oppervlakte van die water te bedek.
  • Doop die bak of beker so diep as moontlik in die bak en lig uit.  Indien julle dit ‘n tweede keer wil doen, moet ‘n mens weer naellak drup.
  • Laat die beker of bak drupdroog en “set” die kleure in die mikrogolfoond (1 – 2 minute) of oond.  Indien naellak binne-in die bak of beker beland het, kan julle dit met naellakverwyderaar uitvee.  Was met die hand.
  • Vul die beker of bakkie met lekkernye en draai toe.

Tik gerus ook “vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees en vorige skrywes.

eksamentyd

Lewer kommentaar


Dit is sulke tyd.  Gebruik hierdie boodskappies in e-posse, briewe of op die kennisgewingsbord.  Tik ook soekterme soos “vraestel”, “boodskap” of “eksamen” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die hofies wat met “vraestel”, “wiskunde” en “geletterdheid” gemerk is vir meer idees.

[Klik om te vergroot.]

Eksamengedig

Junie Huiswerk, Vaslegging of Intervensie

2 Kommentaar


Screen Shot 2015-06-01 at 18.55.02

Junie Huiswerk (drukbaar)

Tik “f en v”, “e klink soos i”, “klanksamevloeiing” of “Vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in, om skrywes te kry wat sommige van hierdie huiswerk aktiwiteite sal ondersteun.  Die huiswerk strek vir die volle maand, maar kan gekombineer word soos verkies.