Tuis

2023

Lewer kommentaar


Druk gerus ‘n gratis 2023-Kalender uit en begin om aan die nuwe jaar te skaaf. Loer gerus na idees om die nuwe skoolboeke oor te trek en druk gratis voorblaaie uit. Kies leë naamkaartjies of voltooi naamkaartjies om boeke, skryfbehoeftes, ensovoorts te merk. Dink aan goedjies wat julle gereed moet hê vir die kleinspan en ook vir jou klaskamer. Beplan stuk-stuk, maar maak seker dat jy genoeg rus in kry voor die nuwe skooljaar begin.

Mag die voorspoed van 2023 jou nooit verveel!

Rekenaarweek

Lewer kommentaar


Fokus hierdie week op prettige gebruike van die rekenaar en hersien alternatiewe metodes om programme te gebruik, bv. diktasie en vertaling. Wat werk en hoe kan ‘n mens elke program of aanvulling optimaal gebruik? Toets ‘n paar nuwe funksies so op die vooraand van die vakansie.

Geniet die ruskans!

Lewer kommentaar


Tik gerus soekterme soos ”somer, Kersfees, syfers, abc uitspraak, abc skryf, stories, liedjies, rympies…gratis, pasella, voorblaaie, klaskamerdekor…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en snuffel deur die hofies bo-aan My Klaskamer. Mag jy ‘n heerlike vakansie hê 🙂

Uniek: Eenders, Anders en Besonders

Lewer kommentaar


Op die derde Desember, vier ons Internasionale Dag vir Mense met Gestremdhede. In my klaskamer vier ons elkeen se unieke vermoëns. Indien ons nie verstaan nie, soek ons nuwe stories en inligting om lig op die onderwerp te werp. Daar verskyn al hoe meer inligting, storieboeke en webinare aanlyn om elke outjie beter te verstaan en om inklusiewe onderwys aan te help. Wat weet jy nie en waaroor wil jy graag meer lees? Is jou skool toeganklik en hoe maak ‘n mens jou klaskamer toeganklik vir elkeen? Hoe is ons eenders? Hoe is ons anders? Hoe is ons elkeen uniek?

Buiten die inligting oor Outisme, Downsindroom, Aandagspan Verskille, Gehoorverlies, Disleksie* (‘n spesifieke lees- en spelprobleem)… op My Klaskamer, kan jy deesdae baie oulike stories aanlyn vind om kinders in te lig. Loer gerus en deel jou gunstelingstories in die kommentare.

*Disleksie (Dyslexia) word elders in die wêreld as ‘n aanvaarbare term gebruik. Elke verskil of unieke vermoë word gevier en die positiewe sy word raak gesien.

Outisme

All my stripes

Uniquely Wired (A Story About Autism and Its Gifts)

Nathan’s Autism Spectrum Superpowers

The girl who thought in pictures

ADHD

Serebrale Gestremdheid

Downsindroom (Eli, Included)

Hannah’s Down Syndrome Superpowers

AAC

Outisme
Downsindroom
Downsindroom
ADHD