Rym en rymende sinne, is ‘n heerlike manier om ouditiewe vaardighede op te skerp en om taalontwikkeling te doen. Die kleintjies geniet rympies en kan dikwels onsinrympies spontaan voltooi. Byvoorbeeld: Vandag is dit baie koud…Ek dra ‘n serp van …goud.
Soos met die jong huistaalleerders, kan ‘n mens ook rymwoorde gebruik om die taal vir tweede taal leerders interessant te maak.
- Kies ‘n woord en kyk hoeveel onsin en/of sinvolle rymwoorde julle kan kry.
- Skryf die woorde neer en sorteer dit in onsin en sinvolle woorde.
- Maak muurprente of rymwoordlyste per rymgroep – om teen die muur op te plak. Sodoende, kan ‘n mens vinnig die maats op spoor.
- Maak sinne met die sinvolle woorde.
- Weet julle wat die woorde beteken? Vind gerus uit.
- Skryf julle eie rympies. Onthou dat die rymwoorde gewoonlik aan die einde van ‘n versreël staan.
- Maak ‘n afskrif van die klas se rympies en bind dit in ‘n klasbundel (vir die leeshoekie).
Afhangende van die outjies se vaardigheidsvlakke, kan ‘n mens die rymwoorde tot kort woorde (een lettergreep) – met ‘n klinker, dan dubbelklanke, tweeklanke en drieklanke beperk. Vir uitdagings, kan ‘n mens dan aan woorde met meer lettergrepe dink.
Jan Oberholzer
Jul 27, 2015 @ 15:56:16
Goeie Dag
My e-pos adres verander na d…
Groete
isabell
LikeLike
Juffer
Jul 27, 2015 @ 19:17:55
Hallo, Jan/Isabell 😉 Ek kan ongelukkig nie die adres aan my kant verander nie. Wanneer jy ‘n kennisgewing kry, kan jy heel onderaan “unsubscribe” en dan met die nuwe adres regs bo-aan my voorblad in skryf. Dit hou die beheer en magtiging veilig in lesers se hande. 😉
LikeLike
Derise
Jul 30, 2015 @ 16:12:46
Halo, weet enige iemand dalk waar kan ek ‘n video of liedjie kry wat handel oor rymwoorde en rymklankies ? Dit is vir Graad 2.
Dankie
LikeLike
Juffer
Jul 31, 2015 @ 01:32:57
Derise, hierdie inskrywing gaan help en dan kan jy ook “rympies” by die bruin soekblokkie in tik. 😉
LikeLike