Tuis

Redenaars 2021

Lewer kommentaar



Die 2021-temas is bekend:
Huistaal Graad 1 tot 3
  • Kaalvoet
  • Wonder
  • Fees
Huistaal en Addisionele Taal Graad 4 en 5
  • Letters
  • Voetspore
  • Voel
  • Kaalvoet
  • Wonder
  • Fees
Huistaal en Addisionele Taal Graad 6 en 7
  • Toekoms
  • Liefhê
  • Afronding
  • Letters
  • Voetspore
  • Voel
Huistaal en Addisionele Taal Graad 8 en 9 (Voorbereid)
  • Lees
  • Instinktief
  • Seine
  • Toekoms
  • Liefhê
  • Afronding
Huistaal en Addisionele Taal Graad 10 tot 12 (Voorbereid)
  • Murg
  • Alternatief
  • Erodeer
  • Lees
  • Instinktief
  • Seine

Erfenisdag

Lewer kommentaar


Daar is ongelooflik baie om op trots te wees en baie dinge wat ons kan vier en herdenk op Erfenisdag.

Watter museums of monumente is daar in jul omgewing?  Hoe het die dorp of stad ‘n honderd, twee honderd of selfs drie honderd jaar gelede gelyk?  Wat het intussen by gekom?  Hoe lyk die oudste wonings in julle omgewing en waarom is dit so gebou?  Het julle van die nasional embleme sigbaar in die skool of in die dorp waar julle woon?

Wie het met die stigting van jul skool gehelp en waarom het hulle die prentjies op die skoolwapen gekies?  Wat maak hierdie stukkie geskiedenis en erfenis so uniek?

Wie is jou voorgangers en voorsate?  Waarom hou julle gereeld op sekere plekke vakansie?  Wie het hierdie tradisies begin?  Watter geregte geniet julle as gesin en as familie?  Deel gerus die resepte met die klas of klasmaats.

Teken gerus prente van die dinge wat vir jou spesiaal is of skryf daaroor.

Mag julle ‘n mooi Erfenisdag hê 🙂

Erfenisdag Woordsoek 1
Erfenisdag Woordsoek 2

My Klaskamer is 12 jaar oud!

6 Kommentaar


Baie dankie vir jou volgehoue ondersteuning.  Loer gerus weer in 🙂

Geletterdheidsdag en SA Boekweek

2 Kommentaar


Vanjaar se SA Boekweektema is Passport to Tomorrow.  Hulle vier ook ‘n dekade van boekbetowering.  Betrek gerus die gedagte van reis of betowerende sprokies tydens hierdie dae en geniet die wegbreekkansie.

Die Internasionale Geletterdheidsdag val in die middel van die SA Boekweek – op die 8ste September.  Gebruik dié besonderse dag om sommer ekstra boeke te lees.  Maak ‘n lysie van al die klanke, sigwoorde of leesboeke wat julle vanjaar bemeester het en stel doelwitte vir die geletterdheidswerk wat julle graag nog wil bespreek.

Tik gerus soekterme soos “lees, klanke, boekmerk, boek, leeslys, leesreeks, gratis leesboeke…Engels, flitskaart, sigwoord…” by die soekblokkie aan die regterkant in vir vorige jare se idees.

Boekpaspoort                  Book Passport

Lekker lees!