teken Cecile het ‘n onderwerp geopper wat destyds in my studentejare ook bespreek is. Baie Graad R-juffrouens en -skole hou nie van inkleurprente nie en raai die gebruik daarvan af. Soos daar aan ons vertel is, beperk dit die kreatiwiteit van leerders en maak dit hulle lui om self na te dink oor vorms en figure. Die gebruik van inkleurboeke word as ‘n “besig-hou” aktiwiteit beskou om die tyd te verwyl eerder as ‘n leersame tydverdryf. Ander voel weer dat kinders minderwaardig voel as hulle nie soos die prentjie in die boek kan teken nie. Kyk gerus na die skrywes van John Funk en Victor Lowenfeld. Lowenfeld is ‘n kundige wat in die vroeë tot middeld 1900’s navorsing oor die ontwikkeling van kinderkuns gedoen het.

Die “Goodenough Draw a Person” aanlyntoets (eksterne bron).