28 Mei is Wêreld Speeldag. Pak vandag (Vrydag/Maandag) ekstra apparaat vir water-, fantasie- en sandspel uit. Maak speelgoed vir sandspel (verf en versier wasgoedpennetjies, bottelproppies of selfs spoelklippies), deel IF/SF kinders (en onderwysers) by Grondslagfase klasse as maats in en staan ‘n periode (of lang pouse) aan gerigte spel en vaardighede (balgooi, balansering, touspring, ens.) af. Die kinders mag dit dalk geniet om ‘n mentor te hê of te wees.
Speeldag
Mei 26, 2016
Jeugdag
Mei 26, 2016
afrikaans jeug, jeugdag Lewer kommentaar
Maak dit ‘n positiewe ervaring en laat die outjies drome en ideale uitbeeld. Skryf dalk sinsnedes soos “Met harde werk, kan ek eendag ‘n ….word.” op die bord. Elkeen gee sy ideale beroep (plak dalk ‘n handgeskrewe flitskaart in die spasie) en Juffrou of Meneer neem dan ‘n foto van hom / haar daarby. Slagspreuke soos “Ek kan ‘n verskil maak” – met klein omgee aksies daarby en “Ek is die toekoms van my land”, kan ook werk.
Druk die foto’s groot op A4-velle uit (al is dit swart en wit) en plak dit net so in die gange op of trek die bewoording met pastelle en bordkryte na. Speel die foto’s op ‘n skyfievertoning in die saal of plaas dit op die skool se webtuiste.
Skryf opstelle met soortgelyke tema’s, dateer dit en plaas dit in ‘n “tydkapsule” om eendag in Graad 12 oop te maak.
‘n Mens kan altyd kinderbeskermingsweek ook hierby betrek. Gesels net eers met die skoolhoof oor jou idees.
Afrikadag
Mei 25, 2016
afrikaans Afrika Lewer kommentaar
Watter aspekte van die kontinent gaan ons vandag bewonder? Hoeveel unieke en mooi foto’s kan ons opspoor? In watter lande is dit geneem? Weet jy waar op die kontinent hierdie lande is? Wat is hul hoofstede? Maak byskrifte vir die Afrikakaart en benoem die lande. Onthou om die foto’s daarby aan te bring.
Vadersdag
Mei 25, 2016
afrikaans geskenk, kuns, kunsvlyt, vadersdag Lewer kommentaar
‘n Mens kry deesdae heelwat gebruike vir paletplankies. Waarom dan nie ‘n geskenkie vir Pa nie?
- Saag ‘n lengte in korter dele op en sorg dat daar ‘n gedeelte van sowat 5 – 8cm ekstra is. Gom die kort stukkie loodreg aan die onderpunt van die plankie en kap met spykertjies vas sodra die gom slegs klewerig in plaas van loperig is. Knip die woord Pa* (pa dad) netjies en versigtig uit en plak dit met ‘n gomstiffie bo-aan die plankie. Hierdie papierwoord gaan slegs tydelik hier verskyn. Kap nou klein spykertjies ewe diep al op die buitelyn van die woord in, sodat die woord selfs sonder die papiergids herkenbaar sal wees. Sodra jy tevrede is, kan jy die papier los wikkel en ‘n bietjie water gebruik as dit lol. Wikkel en weef nou borduurgare of bruin verpakkingstou (“twine”) kruis en dwars tussen die spykertjies om die letters in te kleur. ‘n Mens kan mens ‘n lussie oor of om ‘n spyker begin en ook so eindig. Smeer gom of kleurlose naellak op die knopie om dit te versterk.
Trek ‘n sigsagpatroon met ‘n potlood en kap spykertjies op die omdraaipunte, sodat ‘n mens sleutels of dasse daaraan kan hang en ‘n selfoon op die rakkie kan laat lê.
Draai die rakkie om en skroef ‘n koeldrankringetjie bo, in die middel of aan die hoekie vas.
- ‘n Mens kan twee plankies loodreg, in die lengte vasplak – óf soos ‘n T in die middel van een plank, óf aan die rand. Gebruik dan die bokant van die T of die plat kant as die vooraansig. Kap spykertjies vir hangplek hierop vas. As jy die rakkie nou teen die muur ophang, gaan daar ‘n rakkie vir die selfoon agter die vooraansig wees – met hangplek vir dasse en jasse voor.
Skroef koeldrankringetjies agter die rakkie vas.
Hierdie plankie is lank genoeg sodat jy die woord Pa* aan die linkerkant kan aanbring en dan ander spykertjies aan die regterkant kan versprei.
- Spuit skeerroom op ‘n stuk foelie. Drup voedselkleursel daarop en trek lyne kruis en dwars met ‘n stokkie daardeur. Druk ‘n vel papier bo-op of selfs ‘n dun plankie. Gebruik die bladsy as geskenkpapier of skroef hakkies by die plankie in vir dasse en sleutels.
- Druk ‘n kleurvolle Vadersdagkaartjievoorblad uit en plak dit bo-op jou kaartjie, gebruik die vel as ‘n skinkbordmatjie of as ‘n plekmatjie vir Pa se ontbyt.
*’n Mens kan die plankie ook vir ‘n oom of ‘n oupa maak. [Oom Oupa]
Tik gerus ook soekterme soos “vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vorige idees.
Boeliegedrag / Bullebakkery
Mei 22, 2016
afrikaans boelie, boeliegedrag, bullebak, bullebakkery, kuberboelie 5 Kommentaar
- Hoe bemagtig ek my kind?
- Verskeie oogpunte
- Afknouery
- ‘n Voorbeeld van ‘n Boeliebeleid 1, 2, 3
- LO Graad 5-les
- Betrek ‘n appel om die boodskap oor te dra
- Wat is ‘n Kuberboelie?
- Wat is ‘n Kuberboelie?
- Sosiale Media (Facebook)
- Sosiale Media en Kuberboelies
- ‘n Artikel (bl.13)
- ‘n Artikel (LitNet)
- ‘n Artikel
- Beskerm jouself
- Pak die boelie by die horings
- Navorsing 1
- Navorsing: In die werksplek
- Moontlike leesboeke
- How full is your bucket?
- The Berenstain Bears And The Bully
- How to Beat the Bully Without Really Trying
- Die Boelie
- Die Anti-Boelie-Masjien, Fase 13
- Hoezit-riglyne
- Internasionale Anti-Boelieweek
Wêreld Oseane Dag
Mei 22, 2016
afrikaans oseaan, see Lewer kommentaar
Op die 8ste Junie vier ons Wêreld Oseane Dag. Vanjaar se tema is Gesonde Oseane, Gesonde Planeet. Fokus op die see en omgewingsbewaring.
Maak groot muurprente om gangmure te bedek en vul dit met gesonde en besoedelde seetonele. As julle naby die see is, maak die strand as ‘n klas of skool skoon. Nooi die gemeenskap en kyk of daar ‘n manier is om die rommel te herwin.
Resepte
Mei 17, 2016
afrikaans bak en brou, lewensvaardighede, resep, resepte Lewer kommentaar
Eenvoudige bederfies en peuselresepte vir die jongspan…Ons gebruik hierdie resepte nou en dan in die klas.
resepte
Kinderbeskermingsweek
Mei 9, 2016
afrikaans beskerm, noodnommer 2 Kommentaar
Hierdie is die tyd van die jaar wanneer die skool se hulpspan kontakbesonderhede van ondersteuningsorganisasies in hul onmiddelike omgewing kan vernuwe en aanvul. Dit sluit organisasies soos maatskaplike dienste, nooddienste, kundiges wat terapie aanbied, ens. in – almal wat fisiese en emosionele welstand kan verseker.
Praat as ‘n personeel oor die onderwerpe (en grense daarvan) wat julle wil aanspreek. Gaan julle ‘n spreker kry (bv. ‘n maatskaplike werkster, lid van die polisie, brandweer, mediese personeel)? Watter storieboeke is daar in die skoolbiblioteek? Weet die outjies wat om te doen as hulle van hul ouers af wegdwaal? Ken hulle ‘n telefoonnommer en hul ouers se name? Wie gaan hulle in hierdie geval vertrou?
Tik gerus ook soekterme soos “beskerm”, “boelie“, “liggaam” en “noodnommer” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir vorige inskrywings en drukbare werksvelle.
Moedersdag
Mei 2, 2016
afrikaans moedersdag Lewer kommentaar
Hiermee ‘n inkleurblad vir Moedersdag. Verklein dit om voor-op ‘n kaartjie (ongeveer A6-grootte) te plak of maak dit heelwat kleiner om te lamineer en dan op ‘n magneet te plak. ‘n Ander idee is om dit tot ‘n A3-grootte te vergroot en dan as ‘n skinkbord- of plekmatjie in te span.
moedersdag
Ons het ‘n klein kunsdoekie met vetkryt ingekleur (hoofsaaklik in een rigting) en toe met wit houtlym geverf. Die outjie het soene sywaarts en vorentoe geblaas en die beste foto gekies. Dit is in kleur gedruk en uit geknip. Tesame met sy eie boodskap en ‘n paar hartjieplakkers, is dié geskenkie vinnig afgerond. Lang stroke magnete is agterop aangebring, sodat ‘n mens dit teen ‘n metaal liaseerkabinet of die yskas kan opsit. As jy ‘n hartjie en letters stempels het, kan ‘n mens die boodskap en hartjies daarmee vervang.
Tik gerug “Moedersdag” of “Ma se dag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees en drukbare bladsye.
Woorde