Vadersdag is op die 17de Junie. Loer gerus na hierdie idees indien jy nog nie iets beplan het nie. Knip die geskenkkaartjie of etiket uit om aan die geskenk te hang of daarop te plak.
Vir vorige inskrywings, loer gerus hier.
© Hierdie blog is onderhewig aan kopiereg. Geen hergebruik sonder toestemming.
Junie 16, 2018
afrikaans vadersdag Lewer kommentaar
Vadersdag is op die 17de Junie. Loer gerus na hierdie idees indien jy nog nie iets beplan het nie. Knip die geskenkkaartjie of etiket uit om aan die geskenk te hang of daarop te plak.
Vir vorige inskrywings, loer gerus hier.
Mei 25, 2016
afrikaans geskenk, kuns, kunsvlyt, vadersdag Lewer kommentaar
‘n Mens kry deesdae heelwat gebruike vir paletplankies. Waarom dan nie ‘n geskenkie vir Pa nie?
Trek ‘n sigsagpatroon met ‘n potlood en kap spykertjies op die omdraaipunte, sodat ‘n mens sleutels of dasse daaraan kan hang en ‘n selfoon op die rakkie kan laat lê.
Draai die rakkie om en skroef ‘n koeldrankringetjie bo, in die middel of aan die hoekie vas.
Skroef koeldrankringetjies agter die rakkie vas.
Hierdie plankie is lank genoeg sodat jy die woord Pa* aan die linkerkant kan aanbring en dan ander spykertjies aan die regterkant kan versprei.
Junie 11, 2015
afrikaans geskenk, vadersdag Lewer kommentaar
Maak vir Pa drupmatjies met bekende embleme. ‘n Mens kan sommige embleme op die internet kry (bv. Castrol), maar ‘n mens kan ook advertensies of die ware Jakob gebruik.
Versier bekers of koppies met warm water en naellak.
Tik gerus ook “vadersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees en vorige skrywes.
Junie 9, 2014
afrikaans vader, vadersdag Lewer kommentaar
Sien ook Vadersdag 1 of Vadersdag 2.
Mei 23, 2011
afrikaans aktiwiteit, boekmerk, geskenk, kuns, kunsvlyt, pappa, vader, vadersdag 4 Kommentaar
Dis weer eersdaags Vadersdag en ons moet solank begin werk aan geskenkidees…
Plekmatjies: As pagoed graag ‘n koue glasie of verversing geniet, kan ‘n mens klein, ronde pierinkies by ‘n plastiekware-winkel koop en met ‘n sterk gom en kleurryke krale versier. Die gom dien as kleefmiddel, maak die geskenkie waterdig en seël dit vir ‘n skitter effek.
“To do”: Maak ‘n herinneringsbordjie. Trek die raamwerk van ‘n gereedskapstuk op ‘n eenvoudige blokkie hout af. Verf die buitekant / agtergrond met een kleur en die binnekant van die gereedskapstuk met swart bordverf. Skryf dan ‘n boodskap soos “onthou” of “moet doen” in wit bordkryt op die stukkie. Draai ‘n hakie onder en een aan die bokant van die blokkie in, sodat jy dit kan op hang en ‘n boodskap onderaan kan haak. As jy verkies om ‘n wasgoedpennetjie daarop vas te plak, kan die boodskappies in die pennetjie vas geknyp word.
Gewigtige saak: Maak ‘n papiergewiggie uit soutklei en pak ‘n boodskappie daarin uit met spoelklippies of effekleurige (dalk hout) krale. As jy die woord op ‘n voorbeeld pak of op die bord skryf, maak dit die na-apery makliker. (Soutklei resep hier.)
Emmer skop: Hierdie geskenk is meer persoonlik. Dink aan stringe dinge waarvan pagoed hou en waarvan hy droom. Tik dit netjies en groot uit. Knip in stroke en plak aan die buitekant van ‘n blikkie vas. Versier en vernis dit om as ‘n pennehouertjie te dien.
Gekleurde pennetjies: Verf ‘n klomp gholfpennetjies in verskillende kleure vir die gholfsak.
Boekmerkies:
As die outjies baie klein is, kan jy vir hulle ‘n basiese reghoek uit gekleurde karton laat sny. Gee bewerige ogies om bo-aan te plak en sny self die diep keep om soos ‘n skuifspeld oor die blaaie te gly. As julle lus het, kan die outjies self die karton met patroon-, plak- of verfspatwerk versier voor die knippery. Jy kan hierdie konsep ook op roomysstokkies probeer.
Ouer kinders kan ‘n handgeskrewe sin op ‘n eenkleurige vel papier skryf en saam met ‘n foto van hulself op ‘n boekmerk rangskik. As jy klein individuele foto’s van die kinders het (soos vir die skoolprofiele benodig word) kan jy dit op ‘n roomkleurige papier afrol. Gebruik ‘n karteltandskêr om ‘n raampie om elke foto te sny, plak op ‘n kartonvel soortgelyk aan die binnewand van geskenkpapier, versier met ‘n sinnetjie en rond af met ‘n stukkie tou of ‘n leerriempie.
Engels boekmerkies: ‘n stel.
‘n Boekmerk met ‘n fynmotoriese kinkel: Vou ‘n pypskoonmaker spiraal en gom aan ‘n breë lint sodat die pypskoonmaker by die boek sal uit hang.
Druk netjies kraaghempies in kleur of met swart ink op gekleurde karton (wat van scrap book papier?!). Sny die eenvoudige buitelyne uit, vou en plak magnete aan die binnekante van die hempspanele. So klou die hemp die boek vas. As Pa die boek klaar gelees het, kan hy die die boekmerk teen ‘n spieël of metaalkas stoor.
Mei 30, 2010
afrikaans, inkleur + aktiwiteite, Inklusiewe Onderwys, kind, kinders, pappa pa, pappa, vader, vadersdag 2 Kommentaar
Dis alweer binnekort Vadersdag (tyd vlieg!) en ‘n mens behoort darem vroegtydig aan idees te dink…
Woorde