Vorm die “als reg” (“okay“) teken met die vingers en sit die hande voor jou neer…of druk die gebalde vuiste teen mekaar. Wat hoor jy eerste? b. b staan eerste. Wat hoor jy laaste? d. d staan laaste.
Naamkaartjies Deskplates
b en d tafelblad
b-en-d
Druk b-en-d uit. Trek die b in blou na of skeur-en-plak stukkies om daarop te plak. Gebruik donkergroen of donkerblou vir die d.
Mei 24, 2014 @ 17:50:57
Ek wil vreeslik baie dankie sê vir die OULIKE idee van die b en d met die hande. My kids sukkel nogsteeds met die omruiling as ek bed gebruik. Was al raadop. Nou is ek seker as ek dit met die hande doen, gaan hulle dit nie weer omruil nie. Nooit daaraan gedink nie. Wys jou, jy kan hoe lank al skoolhou, en ELKE dag iets leer. Dis soos wat my man, wat baie wiskundig is, vir my op kollege, waar ek hom ontmoet het, gesê het dat as jy wil weet of dit grooter as of kleiner as is, maak die een ‘n k. Dis kleiner as. Ek leer dit vir my kids in die klas en hulle snap dit so vinnig. Ek kon nooit op skool > < snap nie. Die krokodil kan mos enige kant toe lê. Dit was altyd my ding.
LikeLike
Mei 26, 2014 @ 20:13:19
😉 Dis ‘n groot plesier, Lienkie 😉 Ek het self met gesukkel totdat die juffrou ‘n krokodil geteken het wat die grootste getal wil hap 😆 Kom loer gerus weer in.
LikeLike
Jun 27, 2022 @ 05:11:12
Jip, maar dit bly ook belangrik om die
b en d korrek te begin. Ek leer my kids dat b begin bo en maak ñ boepens. Die d begin …..eers die dammetjie en dan kry hy ń stammetjie. Susan Nel xx
LikeLike
Mei 25, 2014 @ 19:04:10
Ek is so bly ek op jou blog afegekom. Ek is ‘n hoërskool juffrou met my eie gr. R dogtertjie en vir haar is jou inligting absoluut goud werd! Dankie dat jy so vrygewig is en ons help – mag jy oorvloedig geseën word!
LikeLike
Mei 26, 2014 @ 20:17:56
Baie dankie, Anina 😉 Ek waardeer dit opreg 😉
LikeLike
Okt 17, 2014 @ 19:27:47
Baie ulike idee oor die kleiner……Dankie! Ook dankbaar mens kry juffrouens wat advies deel, waardeer>
LikeLike
Des 14, 2014 @ 00:12:43
😉
LikeLike