Tuis

Kinderbeskermingsweek

2 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Om Kinderbeskermingsweek te vier, gaan ons groen linte dra of ‘n groen lint deur ‘n boekmerk knoop.  Herinner die outjies net aan die simboliek of betekenis daarvan.

  • Maak julle eie wasbare, tydelike tatoëermerke.  Tik die boodskap (ouer se kontakbesonderhede) in die spieëlbeeld en druk uit.  As jy op Power Point werk, kan jy die teks tik en “rotate” gebruik om die blokkie te draai.  Seël die boodskap met 2nd Skin, Liquid Bandage of kleurlose naellak.
  • Jy het nie altyd spesiale papier nodig nie, skryf die besonderhede direk op die vel en seël dit soos bo of gebruik kleurlose naellak.
  • Maak ‘n Kinderbeskermingsboekmerk met moontlike noodnommers daarop.  Hou dit in ‘n spesiale boek of maak meer boekmerke om in die skool uit te deel.  Druk die boekmerk op groen karton of lamineer dit indien julle groen papier verkies.  Pons ‘n gat in die middel van die breedte en knoop ‘n groen lint daar deur.
 Sien ook:

moedersdag

2 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

Ek het voorheen ‘n paar Moedersdag idees geplaas en het nog een of twee om by te voeg:

  • Verklein ‘n Bybelvers op A5-karton (kaartjie formaat) of hou dit op ‘n A4-grootte.  Laat die kinders die woorde natrek en versier.  (knap vrouens – veelvuldige opsies)
  • Plekmatjies:  Druk glasmatjies of bordmatjies uit om in te kleur en te versier.  Kleur dit in met uitdraaikryte (druk hard) en verf met ‘n lagie effens verdunde voedselkleursel.  Lamineer die matjies apart en bind ‘n lintjie daarom.
  • Die plekmatjie en versies kan ook tot magneetgrootte verklein word.  Plak ‘n dun yskasmagneet agterop en siedaar.  [MoedersdagkleurvolMother’s Day]
  • ‘n Ander idee vir ‘n magneet is om ‘n kleurfoto van elke outjie te neem en dan op ‘n magneet te plak.  ‘n Mens kan die foto’s ook in klein sleutelhouers skuif, maar moet dan verseker dat dit perfek sal pas.
  • Versier teeligkersies met ‘n smal strokie washi tape.  Sny ‘n vierkantige strokie deursigtige (of gewone) materiaal en bind die kers daarin toe.  Die maklikste sou wees om vir elkeen ‘n “loom”-rekkie te gee om die lap se punte bymekaar te bind.  Daarna kan ‘n mens ‘n bypassende lintjie om die rekkie bind.  Voeg ‘n lekkertjie of twee as ‘n verrassing by.
  • Indien die kinders hul eie epos adresse by die skool het, kan julle die kleurvolle Moedersdagboodskappe as ‘n dokument aan elke mamma stuur.

Watter oulike idees het julle al gebruik?

Vir nog idees en drukbare hulpmiddels, tik die soekterme “moeder” of “moedersdag” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.

Hoezit se kaartjies.