Tuis

f- en v-reëls en b/d?

35 Kommentaar


Ek het gevind dat die meerderheid kinders worstel met omkerings (spieëlskrif) en lettergreepverdeling.  Dit is natuurlik ‘n veralgemening, maar as ‘n mens so deur hul boeke blaai…word die veralgemening ‘n werklikheid.

Die volgende omkerings vind baie plaas:

  • b / d / p / 9 (verwarring van rigting wanneer die simbool uit geken word)
  • u / n (verwarring van rigting wanneer die simbool uit geken word)
  • t / j

Dan kry ons ook die volgende vervangings of verwarrings:

  • h / j
  • m / n
  • f / v

In uitsonderlike gevalle verwar kinders ook b en w.  Hierdie is egter (soos h / j) ‘n ouditiewe diskriminasie uitval.

b / d (ook van toepassing op b / d/ p / 9)
Vir hierdie verwarring is ‘n groot hoeveelheid visuele diskriminasie oefeninge nodig.  Byvoorbeeld:

  • soek die b of d in die ry langsaan
  • watter prentjie begin met ‘n b of d?
  • watter prentjie begin nie met ‘n b / d nie?
  • omkring die woord wat met ‘n b / d begin
  • soek die b / d in die koerant artikel, tydskrif opskrif, ensovoorts

Taktiel (voel):

  • maak ‘n lang, dun, opgestopte skrifslang en buig dit in die vorm van die klanke
  • vorm die klank met klei
  • skryf die klank in sand – met die vinger
  • skryf die b met jou vinger teen ‘n boom se stam
  • skryf die d met jou vinger op die deur
  • doop jou vinger in water en skryf die klanke op sement of teen die bord
  • voel oor die klanke op ‘n robotkaart
    • maak dus ‘n vergroting van die klank
    • plak ‘n groen kol waar die klank begin en ‘n rooi kol waar dit eindig
    • b begin bo en d begin in die draai
  • lê op die mat en probeer om die letter met die lyf te vorm
  • staan en vorm die letters met die liggaam

Ouditief (gehoor):

  • noem drie woorde en vra “wat hoor jy eerste?”…bos, bak, buk…of…das, dek, dit
  • noem ‘n paar woorde op en vra aan die kind om ‘n spesifieke gebaar te maak as die woord met b of d begin (steek hand op, snap vingers, knip oë, ens.)

f en v
Hierdie is een van die “gewildste” verwarrings.  Dit is egter makliker om te remedieer as baie van die ander verwarrings.  Na aanleiding van ‘n paar opgemaakte reëls, oorkom heelwat kinders die uitval.

f

  • flamink is die enigste voël (waaraan ons kan dink) wat met ‘n “f” begin.  Ons teken gewoonlik ‘n strepie in sy nek en siedaar!  Sy kop en nek vorm sommer ‘n “f”.
  • Dinge wat stukkend of verniel beteken soos fyn, flenters, fraaiings, frommel…(*)
  • Dinge waaraan ‘n mens kan vat of wat ‘n mens kan sien – mensgemaak – soos fabriek, fiets, flits…(*)
  • Dinge wat ‘n mens kan wees soos fraai, flou, fier, familie…(*)
  • Aan die begin, einde of in die middel van woorde

v

  • Dinge wat vlieg of vinnig is soos vlieg, vlerk, vuurpyl, vuur (brand vinning), vlam, vlooi, viool (speel vinnig anders slaap ek)
  • Dinge wat met my lyf te make het soos vel, vingers, voete, vryf
  • Dinge wat met diere – veral plaasdiere – te doen het:  soos vark, vul, vee, vos, vleis, volstruis, voer, vreet
  • As ‘n woord met “ver” begin, skryf ek altyd v-e-r.
  • Nooit aan die einde van woorde nie.

f-en-v-oefen

Werksvelle

(‘n toep)

Tik “b en d” of “omkering” by die soekblokkie in vir nog idees.

 

This slideshow requires JavaScript.

moedersdag

8 Kommentaar


Dit is Sondag Moedersdag. Hiermee ‘n paar idees vir ‘n ietsie vir Ouma, Mamma of ‘n spesiale tannie.

This slideshow requires JavaScript.

Trek die sjablone of raamwerkies af op stewige karton (soos ‘n papboks) of ‘n ou x-straal plaat.  Help die kinders om dan die vorm na te trek op ‘n kleurvolle papier.

Julle kan byvoorbeeld ‘n gedig soos “Ma” deur Antjie Krog op ‘n A4-vel skryf.  Gebruik skerpgemaakte uitdraaikryte en verf kleursel bo-oor om die papier ekstra spesiaal te maak.  Selfs spatsels van verskillende kleure suiwer voedselkleursel (oorheersend eiergeel met rooi, groen en blou spatsels) kan ‘n interessante effek gee.  Oefen vooraf en gebruik jou eie oordeel.  As die papier droog is, kan jy die patroon natrek, laat uitknip en vou. Vul die houer met lekkertjies (“pienk pilletjies”, smarties, jelly beans, love sweets, malvalekkers) of jul gebak en heg ‘n kaartjie daaraan.

Indien jy die hartjieboekie soos hierbo wil vou, kan jy die sjabloon tussen hakkies probeer.  (Ek het die oorspronklike sjabloon probeer vergroot.)  Skryf dan “byvoeglike naamwoorde” soos “mooi, liefdevol, spesiaal” daarin en rond dit af met ‘n spesiale laplint.

‘n Tipe papier wat goed werk, is die bruin dosie-karton wat net ‘n bietjie dikker as gewone papier, maar dunner as ‘n papboks is.  Dit het sulke spikkels in en is relatief goedkoop.  Indien jy ‘n laplint of verpakkingstou gebruik, gee dit ‘n “rustieke” gevoel.  Uitdraaikryte sal steeds pragtig daarop vertoon.

moeder2

senteacher.orgmoeder

herfs

12 Kommentaar


herfs

Dit is eintlik alreeds Herfs en ek het nog niks daaromtrent gesê nie.  Dis seker omdat dit nog onlangs 40° C in my klas was!  Kom ons dink aan ‘n paar gedagtes om die kleurvolle seisoen in te wy.  (Dalk meer op Graad R en 1 gefokus.)

Uitstallings:

As juffrou moeite doen en die uitstalling aanloklik maak, sal die werk sommer ekstra lekker wees om te doen.  Gebruik ‘n herfstafeldoek of gebruik groot velle bruinpapier – met herfskleur drukwerk daarop.  Plaas houers met blare en sade in afsonderlike houers.  Die outjies kan hieraan voel, ruik en skud.  Dink net aan al die geluide wat sade en peule kan maak.  Gebruik dié natuurlike musiekinstrumente sommer tydens sanglessies.

Collage:

‘n Collage word nie in een dag voltooi nie.  Dit bou op.  Elke takie wat jy elke dag doen, kan op die ou einde ‘n stukkie van die finale kunswerke wees.  Jy kan ‘n klassikale werk maak of individuele prente.

  • Berei ‘n groot vel papier voor (las dalk so twee A1-velle ongedrukte koerantpapier vir die klas of ‘n A3-vel vir ‘n individu) deur drie tot vier verskillende mengsels verf dikkerig aan te maak.  Dit moet soos “tandepasta” wees en kan in kleure soos ‘n gelerige oranje, rooierige oranje en ‘n roesbruin gemeng word.  Moet nooit die poeierverf net so uit die potjie gebruik nie – dis vervelig.  Plaas ‘n paar sponsies (sommer dié in pillehouertjies en ou kombuissponsies) by elke kleur neer en laat die outjies die verf op die groot vel “spons”.  Verduidelik vir hulle dat die sponsies nie moet drup van die verf nie en amper droog moet wees.  Hou maar ‘n ogie oor die takie, want die kleur kan dalk op een kol gekonsentreer wees.  Versprei die kleure in ‘n lekker bont “blare bed”.
  • Maak ‘n krimpvarkie.  Jy sal die sjablone moet verskaf of die buitelyne vooraf moet afrol.  Verf die verskillende dele met vingerverf, plak bewegende ogies (soos die plastieksoort wat jy in materiaalwinkels se knope-afdeling kry.  Onthou dat die buitelyne dik en donker moet wees om die knippery te vergemaklik.  In Graad R kan jy dalk die “pelsies” uit watte laat maak en dit met voedselkleursel kleur.  Groen en rooi kleursel behoort bruine te maak – voeg geel by en maak dit ligter met water.  Die krimpvarkie sal later op die gesponsde agtergrond verskyn.
  • Maak ook ‘n eekhoring.  Koop A4-velle bruinpapier (die soort waarmee boeke oorgetrek word) en rol die sjabloon daarop af.  Die kleingoed knip die eekhoring uit en rol verskillende skakerings bruin verf met ‘n droërige rollertjie daaroor.  Hou stukkies bruin gekleurde pypskoonmakers byderhand vir snorbaarde, ‘n swart knopie of bewegende ogie en selfs regte akkers vir die afronding.  ‘n Mens moet altyd aan iets dink wat diepte sal gee aan ‘n collage.  Indien jy lus het, kan jy ou stukkies lap (monsters) by ‘n mat- of gordynwinkel vra en die lappies in klein blokkies opsny.  Dit sal oulike teksture vir die lyfie gee…of ou snippers hare by ‘n haarsalon (siesa!).  Wees kreatief en maak die aktiwiteit prettig..
  • Plak nou die diere bo-op die agtergrond en gee ekstra stukkies akkerdoppe of boombas om om die voetjies te strooi.  Indien jy lus het, kan julle stukkies gom of alkant-kleefkant sponsstrokies onder die diere plak vir ‘n 3D-effek.  Stal die prente in die gang uit – op die kinders se ooghoogte.
  • Maak eenvoudige sjablone van eikeblare uit x-strale of dik karton.  Sny dit uit.  Die kleingoed teken dit af met ‘n vetkryt of ‘n dik potlood.  Onthou dat die vorm nie te vol detail moet wees vir die kleinste outjies nie.  Elkeen kan oor die getekende lyn gaan met ‘n platpunt veselpen (swart koki).  Kleur in met vet, Jumbo pastelle (druk hard…oranjes, rooie, bruine) en gebruik die helder blare in ‘n raam vir jou uitstalborde, vir die klas se deur, die vensterrame, ens.
  • Maak herfsblaarbrille.  Gee ‘n paar bril sjablone, laat dit aftrek op dik karton, knip uit en versier met herfsblare (wat van wingerdblare?).  Julle kan ook die pastelblare hiervoor gebruik of die brilletjies in herfskleure spons.  Knip die skrefies of kykgleuwe vir die kleingoed uit.
  • Maak herfslanterns.  Gebruik ou glasflesse (vra vir Puritybottels by dagmoeders) of goedkoop glase.  Smeer styselpap of (my gunsteling) muurpapiergom aan beidekante van lekker bont herfsblare EN aan die binnekant van die skoon glas.  Plak die blare aan die binnekant van glas en spasieer die blare sodat dit net een lagie maak.  As dit relatief droog is, kan die outjies bo-oor verf met nog gom.  Was maar die glas buite-om skoon met ‘n bietjie opwasmiddel en skryf die outjies se name onder-aan die klas.  Nou kort hulle net ‘n teeligkersie en siedaar! ‘n Oulike geskenk vir Moedersdag.
  • Maak ‘n groot boom.  Teken die boom se buitelyne op koerantpapier of selfs ‘n oop gerolde vel bruinpapier.  Teken duidelike graslyne.  Hierdie is ‘n “ekstra tafel” aktiwiteit…  Die outjies kry skakering van blou en witterige verwe om die lug mee te verf…of sê bv. dat elkeen 5 drukke met ‘n sponsie mag maak (tel word ook by gewerk).  Die gras-deel kan weer met bruine en oranjes bedruk word of met gom en strooiwerk versier word.  Gebruik sommer budjiesaad en droë blare vir die grond.  Die boom kan met growwe bas en fyn gedukte (“crushed”) akkerdoppe bestrooi word.  Sodra dit droog is, kan jy dit agter ‘n deur of op ‘n fokusarea in die gang opplak.  Vir ouer leerders kan jy BITTER versigtig wys hoe om herfsblare met was te preserveer.  Smelt kerse, knyp die blaarstingels in ‘n pennetjie was en doop dit in die was – 2 tot drie maal.  Hang die blare op om droog te word (dit gebeur gou) en plak die blare op die boom.  Die blare is veronderstel om die kleur te behou – met ‘n oulike glans.  Dalk kan ‘n mens die draadwerkies vir tuisgemaakte oorbelle koop en sulke blare as oorbelle inspan (vir Moedersdag natuurlik).
  • Doen “afvryf” werk.  Gee vetkryte, houtskool en conté kryte (as julle het).  Die kleingoed gaan soek dan oulike teksture, plaas die papier daarop en “vryf” met die lengte van die kryt daaroor.  Growwe boombas en blare met prominente are sal goed werk.  Laat hulle die bladsy lekker vol maak en gaan bo-oor met ‘n bietjie verdunde voedselkleursel.  Eiergeel kleursel gee ‘n warm effek.  Jy kan egter flou rooi en geel mengsels met ‘n spuitjie oor die “vryfwerk” spuit.  Klad dit met sneesdoekies, handdoekrol of ou lappe.  Wees versigtig, want ‘n nat bladsy kan frommel as jy hard vryf.  Hierdie blaaie kan as voorblaaie, agtergronde, versierings, ens. ingespan word…of gebruik dit vir skeur-en-plak werk op ‘n volgende Collage.
  • Drukwerk…dink aan verskillende kleure…teksture soos bas, sade, blare (dik are!) en selfs halwe appels.  Gebruik dik verf (pastarig), kerswas (ouer kinders…smelt afval stukkies) wat met voedselkleursel gekleur is…kleursel in muurpapiergom gemeng – vir glans…wees kreatief.
  • Vir Graad 1’s (en ander outjies wat dalk intervensie en ekstra oefening benodig) kan jy selfs letters / klankies met blare en sade laat bou…of strooi dit bo-oor gomletters…Laat die outjie spelwoorde met gom skryf en gee dan budjiesaad of krummelbare droë blare om te sprinkel.  Lekker vaslegging en dit ontwikkel sommer die fynspiere ook!

Ander:

Herfsstorie en werksvelle

Gedigte

Simmetrie

Verskeie

Tel

Takies

Voorskools

Inkleurwerk

Engelse stories

Tik ook soekterme soos somer, winter, lente en weer by die bruin soekblokkie in.

HerfsAutumn

waterwys

Lewer kommentaar


waterwysWêrelddag vir water is 22 Maart en volgende week is Waterweek (begin die 15de).  Hier is ‘n paar aktiwiteite en mense met blink idees se gedagtes.

1. ‘n Lêertjie oor Engels klanksamevloeiings – met oulike druppels en sambrele. Jy kan dit selfs aanpas vir die Afrikaanse outjies of die leë raampies vir iets anders gebruik.

2. Die waterkringloop.

3.  So kan ek help om water suiwer te hou.

4.  Die VSA het ‘n paar oulike idees om kinders bewus te maak van waterskaarstes, suiwering en -besparing.

5.  Water verbruike tuis.

6.  Water webwerf vir kinders

7. Water Wise

8.  Besparing by die skool. (Video)

9. Bewarings aksies by die skool.

10. Aanlyn water speletjie.

11. Driesie Druppel gaan op reis 

12. Dienie en Dimpie Druppel

Tik gerus soekterme soos “water, waterspel, grond, groen, bewaar” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Kom ons hersien die klanke…

32 Kommentaar


This slideshow requires JavaScript.

[Dubbel-, twee- en drieklank muurkaarte]

Spel oefeninge

Hier is ‘n paar idees om tydens klankvaslegging te gebruik.  Doen dit alles in ‘n werkboek of op los blaaie.  Beloon goeie werk en spog ‘n bietjie by die ander gesinslede.

Screen Shot 2015-09-01 at 15.57.39Screen Shot 2016-05-30 at 13.31.46

  • Enkelklanke:
    • Skryf die klank (bv. t) op Grootman se rug of in sy handpalm.  Hy moet dit dan identifiseer.
    • Vra Grootman om ‘n woord te noem wat daarmee begin.  Indien die woord ‘n rymwoord het, kan julle probeer om oulike rymwoorde te vind.  Bv. tas, das, mas, las, pas, kas…
    • Skryf die aanvanklike woord bo-aan die bladsy neer en vra Grootman om die ander woorde onder hierdie woord te lys.  Bespreek die woorde om te verseker dat hy verstaan wat elkeen beteken.  Teken prente langs die woorde of skryf ‘n sin daarby.
    • Grootman moet nou aan ‘n woord dink wat eindig op die gegewe klank (bv. kat).
    • Knip ‘n kolom uit ‘n ou tydskrif-artikel (bv. Huisgenoot).  Vra dat Grootman die klank soek en omkring.  Tel die klanke.  (Dalk kruip daar nog weg.)
    • Grootman moet die klank groot op ‘n bladsy neerskryf.  Maak seker dat hy op die regte plekke begin.  Hy kan nou aan vier of vyf items of diere dink wat daarmee begin en dit rondom die klank teken  (bv. tier, tien, tande, tone, televisie…).  Grootman hoef nie altyd net die klank te skryf nie.  Hy kan bo-oor die letter “skryf” met gom en dan stukkies gekleurde papier daarop plak of sand daaroor strooi.  Hoe meer kreatief hy raak, hoe lekker is die lees- en leerprosesse.
    • Speel “name, vanne, diere, dorpe”.  Kyk of julle aan ‘n naam, ‘n van, ‘n diersoort en ‘n dorp kan dink wat met die klank begin.
    • Woordfamilies:  Dit werk soos rymwoorde (bv. alles wat op -en, -aar, -oen eindig).  Sit byvoorbeeld ‘n vel papier onder of in ‘n lêersakkie en skryf met ‘n witbord koki -os daarop. Pak ‘n los Scrabble-blokkie of skryf ‘n klank voor die -os.  Werk dan deur die klanke wat die outjie ken en sê bv. b-os-bos. Is daar so ‘n woord? Indien ja, skryf die woord op ‘n papier oor skryf en teken ‘n prentjie daarby.  
    • Hersien ‘n bietjie die klanke wat reeds behandel is:  ‘n Mens sal ‘n kombinasie van dinge moet gebruik.  Neem die klanke wat reeds behandel is stuk-vir-stuk.  Wys dit.  Wat is die klankie? Sê dit sommer saam met hom, bv. “s”.  Watter prentjies op die storie se prent begin met “s”?  Slang, son, sand, seuntjie…Skryf die woorde vir hom neer en teken rowwe tekeninge by om die geheue te verfris.  Hy kan dan ‘n sin gee.  Help hom om die moeilike woorde te skryf deur dit neer te skryf en laat hom ‘n prent by teken.  As julle lus het, kan ‘n mens ‘n groot s skryf op papier (sien die drukbare bladsye se “robot- en muurkaarte”).  Laat hom die s met gom “skryf”.  Strooi dan iets wat met die klank begin bo-oor (bv. sout, suiker, sand).  As dit droog is, kan hy daaroor voel.  So kan ‘n mens verskillende prente in ‘n boek maak of bind, teen die muur plak of in ‘n lêer hou.

  • Dubbel-, twee- en drieklanke:
    • Gebruik dieselfde idees as by die enkelklanke, maar verseker dat Grootman weet dat die klanke nie meer as a-a of o-u geklank mag word nie.  Dit is nou eenhede soos aa, ou, ui en eu.
    • Knip die meegaande klanke kaartjies uit, plak ‘n breë strook kleeflint daaroor vir beskerming en bêre dit in ‘n houer.  Op verveelde oomblikke kan Mamma of Pappa ‘n kaartjie trek en vir Grootman vra om dinge in die huis te soek wat daardie spesifieke klank bevat.  Hy moet dit dan neerskryf en kom wys.
    • Draai die klanke kaartjies om en vra vir Grootman om een te trek.  Mamma of Pappa moet dan aan twee woorde dink wat die klank bevat.  Ruil die rolle om en maak beurte.  Skryf die woorde neer en vra Grootman om ‘n oulike sin met elkeen te skryf.
Tik soekterme soos “klanke, hersien, muurkaart, dubbelklank, tweeklank, drieklank”  by die bruin soekblokkie hier aan die regterkant in vir nog drukbare idees.

Biblioteekweek

2 Kommentaar


Dit is Biblioteekweek vanaf 15 tot 19 Maart.  Wat kan jy doen om hierdie week te vier?

  • Indien jou skool ‘n biblioteek het, kan jy individuele foto’s van die kleingoed (veral Graad R of 1) neem.  Die gedagte is dat jy die foto in of voor die biblioteek neem – met ‘n boek of lidmaatskapkaartjie in die hand.
  • Druk dit dan op ‘n A4-vel uit (“print” in die middel) en help die outjies om ‘n raam rondom te teken met helder uitdraaikryte of pastelle.  Maak letterpatrone, skryf woorde of ‘n slagspreuk (bv. “Ek kan lees.” “Lesers is oulik.”) in die raam.  Verf ‘n verdunde voedselkleursel lagie bo-oor en siedaar!  Nou kan jy ‘n uitstalling in die gang maak om te wys hoe oulik jou lesertjies is.  Blok dit op ‘n aansteekbord of maak ‘n lang lyn (op die outjies se ooghoogte), sodat die ander maats die slim lesers kan raak sien.
  • Reël ‘n ouer, ‘n ouma of iemand uit die gemeenskap om oulike kinderboeke vir die kleingoed te kom lees.  Die persoon moet darem so ‘n bietjie met gevoel kan lees en weet hoe om met kleingoed te kommunikeer.  Wat van ‘n Graad R-juffrou?  Die kinders sal dit geniet om hul ou juffrou weer te sien en om met hul uniforms te spog.  Dalk kan een van die groter grade se juffrouens kom inloer of selfs die skoolhoof.
  • Vir ouer kinders kan ‘n mens ‘n spreker reël.  Dalk is daar ‘n kinderboekskrywer of –illustreerder in jou omgewing.  Lees van die persoon se boeke en doen ‘n bietjie navorsing.  Stel ‘n paar vrae op wat die kinders tydens ‘n onderhoud of vraag-antwoord sessie moet beantwoord.
  • Maak julle eie boeke en plaas dit in die klas se leeshoekie / bibliotekie – vir die hele klas se leesgenot.  (Bv. My boekie oor vorms.  My boekie oor sjokolade.  My boekie oor die skoolhoof.  Juffrou se boekie oor dinge waarvan sy hou.) Kry dan ‘n ander opvoeder om die boekies te lees.  Dit behoort ‘n aardigheid te wees vir die kleingoed 😉
  • Ouer grade kan vir die kleintjies gaan lees of tydens ‘n leesles vir die kleingoed help met hulle leeswerk…
  • Wat van ‘n biblioteek “make over”?  Die moontlikhede is legio.

broodsakkiekaartjie vir ‘n rolstoel

9 Kommentaar


As deel van die herwinningsprojek vir die jaar kan jy en jou gesin (of klas) julle broodsakkiekaartjies versamel vir rolstoelskenkings. (Lees hier of hier.) Maak die klein kaartjies bymekaar wat die sakkie seël en pos dit aan Mary Honeybun of kontak Adri by 012 259 0554 vir verdere besonderhede.  Dis ‘n oulike gedagte, hou die kombuis skoon, hou die kleingoed aan die tel en as hulle briefies by hul posstukkies las – is dit ‘n oulike skryfwerkie.

270 kg kaartjies / 800 000 tot 1 miljoen = 1 rolstoel

Adres: Mary Honeybun, Posbus 215, Noordhoek, 7979

Telefoon: 021 789 1831

nog ‘n kans

Lewer kommentaar


kansDie aspekte wat in ag geneem word om ‘n kind terug te hou in ‘n graad, is baie omvattend.  ‘n Opvoeder sal nie sommer ‘n kind terug hou tensy dit nie in die spesifieke kind se beste belange sal wees nie.

Wat maak ek as my kind met die rapport tuis kom?

Die skool het jou reeds voorberei vir die moontlikheid van ‘n meer tyd aanbeveling.  Probeer om die goeie aspekte raak te sien.  “Sjoe! Jou skrif is baie goed en jy het ‘n goeie punt vir Lewensvaardighede gekry.  Baie geluk.  Ons sal volgende jaar aan die ander dingetjies werk.”  Oor-en-verby en roomystyd. Bêre die rapport en moet dit nie vir ander mense wys nie. Met die aanvangs van die nuwe jaar kan ‘n mens die hulp van kundiges in roep om aan die probleemareas te werk.  Die vakansie is kort en kwaliteit familietyd is belangrik.  As die outjie oor die rapport wil gesels kan ‘n mens luister.  ‘n Houding van “ek weet dat jy jou beste probeer het, maar volgende jaar gaan die werk meer bekend wees en sal jy nog ‘n kans kry”…is meer geskik as ‘n uittrapsessie.  Vir ‘n jong leerder kan ‘n mens vertel dat sy juffrou hom graag as ‘n leier vir die nuwe maats wil inspan…dink aan ‘n gepaste (positiewe) verklaring…Indien die nuus regtig moeilik is om te verwerk, kan ‘n mens ‘n gesprek met ‘n berader (sielkundige, spelterapeut, ens.) probeer.  ‘n Kind gesels dikwels met meer gemak met ‘n buite mens as met sy eie maats of ouers.

Hiermee verdere inligting oor ‘n Meer Tyd-jaar.

Herhaling van Graad 1-leerders

Herhalingsjaar en adolosente

Slaagvereistes

oefen self

55 Kommentaar


Klik op die skakels onder die prente vir nog voorbeelde.

Ek het onlangs hierdie “stilspeletjie” herontdek.  Dit is eenvoudig om op te stel en is ‘n handige huiswerk hulpmiddel – veral as Ma en Pa gou iets anders moet doen.

Ek maak my raamwerk gewoonlik op MS Powerpoint – bloot omdat ek die prentjies makliker kan manipuleer.  Jy kan natuurlik Word of enige ander program gebruik.  Trek ‘n reghoek en gebruik die “lines“-skakels (onder die AutoShapes-gids) om die lyne te manipuleer.  Jy kan jou skeidslyne verander om elke reghoek uniek te maak.  Sodra jy die bladsy vol uniek rame getrek het, kan jy met die text box funksie somme, klanke, woorde en selfs sinne op die kaartjies tik.  Die doel van die unieke skeidslyne is dat jou kind die twee dele bymekaar kan pas en hom- of haarself kan korregeer.  As die rande nie pas nie, staan die foutjie duidelik uit en moet die kleingoed self die regte antwoord soek.

Druk gerus so ‘n paar stelle, knip die reghoekige kaartjies uit, plak breë deursigtige kleeflint bo-oor en knip die skeidslyn deur.  Siedaar! Jou eie stel opvoedkundige speelkaarte.  Die kleeflint kan voor en agter geplak word om die kaartjies te beskerm en behoort vir ‘n kind of twee te hou.  Jy kan die kaartjies byvoorbeeld in klanke op deel:  ‘n bladsy vir a-woorde, ‘n bladsy vir b-woorde, ens.  As jou kleinding die oe-klankie geleer het, kan jy sommer dieselfde aand ‘n stelletjie maak en vir die res van die week die woorde oefen.  Na ‘n dag of twee kan jou kleinding die speletjie onafhanklik aanpak terwyl jy kos maak of jou aandag moet verdeel.

legkaartraam

Self-correcting puzzles

Legkaarte

Afrikaans / Engels

Skriflegkaarte

*Hou die legkaarte heel en gebruik dit as flitskaarte.

tweeklanke

4 Kommentaar


tweeklanke

This slideshow requires JavaScript.

‘n Mamma het onlangs ‘n navraag gerig oor die verwarring van tweeklanke. Hiermee dan so ‘n paar gedagtes vir die Graad 2- en 3-outjies wat sukkel met klanke soos oe, ou, eu…

Knip ‘n kolom uit ‘n tydskrif of koerant (in plaas van die hele artikel – wat oorweldigend kan wees) en skryf ‘n spesifieke klank bo-aan. Vra jou kleinding om dan byvoorbeeld net die oe-klank te omkring en om te sê hoeveel hy gekry het. Hy moet die woorde dan netjies oorskryf op ‘n oe-bladsy. Kyk of hy dalk ‘n woord gemis het. As hy almal gekry het en reg geskryf het, kan hy ‘n belonging of klein bederfie kry. (‘n DVD vir die naweek of iets…niks duurs of spandabelrigs nie.) Plak die papier teen ‘n deur vas of iewers waar hy gereeld verby sal stap. Toevallige lees verrig wondere. Skryf vir hom sinne met die woorde (bv. Ek moet die groen boek soek. Die koek lê op die handdoek.) en plak dit by die woorde op. Vra jou kleinding om dit neer te skryf. Julle kan dit sommer in ‘n werkboek doen en dan kan hy iets daarby teken. Boeta kan ook deur ou tydskrifte blaai, oe-woorde uitknip (gebruik opskrifte) en in die boek plak. Maak julle eie flitskaarte – sommer twee stelle. Flits net eers die woorde en speel dan “snap” of ‘n “memory game” (waar die karate onderste bo lê en jy die pare moet omdraai en pas).

Doen eers julle oe-ontwikkeling klaar (vir ‘n dag of drie) en pak dan ‘n heeltemal ander klank aan voordat julle die ou aandurf. Dit keer net dat ‘n mens deurmekaar raak.

‘n Seun wat ek help het sy eie assosiasies gemaak. Hy ken die oe-klank as die oe vir koek. Nou sê hy telkens “oe…koek” (soos een wie se mond water vir ‘n lekker stukkie koek) en ou-nou (“oh no” met ‘n sug) as hy die ou sien. Dit werk om die een of ander vreemde rede vir hom.

Baie kinders verwar die ee– en eu-klanke. Behandel die ee-klanke eers en dan op ‘n volgende keer die eu. ee is ‘n jong outjie en eu is sy ouboet met die diep stem. Ons spreek dit ook onderskeidelik met ‘n normale en ‘n diep stem uit. Die u in eu laat ‘n mens ook dink aan ‘n diep bakkie, daarom spreek ons dit dieper uit. Weereens werk dit nie vir almal nie. Toets dit gerus en probeer alternatiewe metodes. Laat weet ons asseblief as dit werk.

ui en ei…Ek teken prentjies of gebruik clip art. Weereens word die ui dieper uitgespreek as die ei. Behandel elkeen apart (en volg dit op met die y). Dit help om die woorde visueel voor te stel. Ek teken byvoorbeeld ‘n “bakkie” soos die u in ui vir woorde soos tuin en kruiwa. Ek kan suiker in ‘n bakkievormige koppie gooi. ‘n Kruiwa het ‘n bakkie-vorm en as ek ‘n boom wil plant, grawe ek ‘n bakkie-vorm in die tuin. Ek slaan ‘n duik in die deur met my vuis en druk ‘n bakkie-vorm in die modder met my duim. ei staan bekend as die “plat” ei, omdat dit ‘n plat strepie in het. Die trein moet op ‘n gelyke, plat spoor ry en lyk self ook ‘n bietjie plat. ‘n Eiland se waterlyn lyk soos die plat strepie in die e…en so gaan ‘n mens maar voort met jou eie idees.

As ons ei sê trek jou lippe styf of reguit soos die lyntjie in die “e”. As ons ui sê, gebruik ons ‘n dieper stem – wat so diep sak soos die “u” 🙂

‘n Paar lees-lusmakers vir lui lesers: Los gereeld notas op baie sigbare plekke. Bv. teen die kamerdeur: Ek wonder of Jannie sy kosblik in die wasbak gesit het…Ek is trots op jou netjiese kamer…in die kosblik: Ek hoop jy het ‘n lekker dag…Allerhande skriftelike dinge op snaakse plekke gee hom die geleentheid om alleen te lees – sonder die frustrasie van sukkel voor ander. As hy sukkel met sekere aspekte soos die oe-klank, kan jy ‘n koek liggies bokant die woord teken. As hy sukkel om bv. uu en ee as ‘n geheel te lees, kan jy dit onderstreep om die “eenheid” aan te dui. …en natuurlik is lees en leesstof ‘n vereiste, want Juffer sê so 😆 Koekeloer en soek vir ou Storieman-reekse, sodat die lui lesertjie kan luister en volg. Neem stories op – as daar reekse op die radio speel of sommer tuisgemaakte / eie stem opnames. ‘n Mens hoef nie vreeslik uitgawes aan te gaan nie… Laat weet gerus as hierdie idees kon help 😉

Tik gerus soekterme soos “hersien, klanke, dubbelklank, tweeklank, drieklank, flits” by die soekblokkie aan die regterkant in vir nog idees.

slaag

3 Kommentaar


duckrowa

Die slaagvereistes het verander in die Wes-Kaap.  Wees asseblief bedag daarop dat die rapport van nou af ‘n bietjie anders gaan wees.  Volgens omsendskrywe 18/2009 gaan die kleingoed nou ‘n bietjie meer skouer aan die wiel moet sit. 

Vind gerus by julle skool uit of dit jou kinders ook sal raak.

woordsomme

10 Kommentaar


Screen Shot 2015-11-22 at 10.26.09.png

This slideshow requires JavaScript.

Begin deur die probleem te lees.

Watter getalle / hoeveelhede kry ons in die som?  Bv. ‘n drie, ‘n tien, ens.

Wat dink jy moet ons doen?

Bymekaar tel / plus / optel…wegneem / aftrek / minus…meer maak…minder maak?

Bespreek die woordeskat in die probleem.

Bv. Jan spaar R2 elke dag.  Hoeveel geld spaar hy in 5 dae?  Wat beteken spaar?

“Teken” die som:

sien prent 1

Pak dan boontjies, knope of ander tellers bo-op elke blokkie:

sien prent 2

Tel die tellers een vir een, m.a.w. 1, 2, 3, 4…9, 10!  Hoeveel rand het Jan gespaar? R10!

Is daar nie ‘n makliker manier om die geld te tel nie?  Kom ons tel weer (sê nou die ewe getalle harder as die onewe getalle): 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10 en ‘n laaste keer:  2, 4, 6, 8, 10!

Aanvanklik moet ‘n mens maar oor en oor werk en stelselmatig vir die outjies wys hoe om dinge makliker te maak.

Gebruik dan ook ‘n volgende / verdere voorbeeld soos hierdie:

Mia bêre elke dag twee lekkers vir die naweek.  Hoeveel lekkers sal sy na vyf dae oorhê?

sien prent 3

Twee en twee en twee en twee en twee.  Daar is vyf dae – dus het Mia vyf twee’s bymekaar gemaak.  As ons in tweë tel (druk op elke prentjie of blokkie soos jy tel) kry ons twee, vier, ses, ag, tien!  Tien lekkers!

Belangrik:

Hou die getalgebied klein.  Graad 1’s werk meestal in die gebied van 1 tot 10 en later tot by 20.  Graad 2’s werk aanvanklik in die gebied van 1 tot 20 en later tot by 34.  Die Graad 3’s werk dan verder – in dekades (tiene) en honderde (tot by 1004).  Maak by die juffrou seker in watter getalgebied jou kleinding moet werk en moet nooit vooruit hardloop nie.  ‘n Motor sukkel as jy van eerste na vyfde rat spring – so sal die kinders ook vas val as die ratte nie deur die regte prosesse gaan nie.

Werk met tellers as wiskunde en woordprobleme ‘n groot probleem is en hou dit altyd byderhand.  Daar moet ook altyd rofwerkpapier wees om prentjies te teken en om rofwerk op te doen.

Probleemtipes:

Hierdie is voorbeelde van woordsomtipes.  Gebruik die basiese strukture om jou eie probleme te skep.

1. Groepering:

Tom verkoop balle in sakkies van 2 elk.  Hy het 7 balle.  Hoeveel sakkies met 2 balle elk kan hy verpak?

Bly daar balle oor?  Hoeveel balle bly oor?

Jana se ma koop ‘n pakkie lekkers.  Daar is 18 lekkers in die pakkie.  Jana kry elke dag 3 lekkers.  Hoeveel dae sal die pakkie lekkers hou?

2. Verdeel / Uitdeel:

Verdeel 15 lekkers tussen 5 maats sodat al die maats ewe veel lekkers kry.

3. Deling wat tot ‘n breuk lei:

Verdeel 12 worsies tussen vier honde sodat elkeen ewe veel kry en sodat daar niks oorbly nie.

4. Nog deling (proporsioneel):

Tim en Jan werk saam.  Tim werk drie ure lank en Jan werk slegs vir ‘n uur.  Hulle kry saam R90.  Hoe gaan hulle nou die geld verdeel?

5. Herhaalde optelling:

Hoeveel wiele het 3 motors?

Hoeveel pote het 5 honde?

Hoeveel wiele het 2 driewiele?

6. Koers:

Mila eet elke dag twee koekies.  Hoeveel koekies eet sy in ‘n week?

Hoeveel dae is daar in ‘n week?

7. Roosters:

Dink hier aan ‘n “grid” of rooster.

Oom Daan plant beet.  Daar is drie rye beet en ses plante in elke ry.  Hoeveel beetplantjies is daar altesaam?

8. Kombinasies:

Ousus pak ‘n tas vir die naweek.  Sy het 4 verskillende toppies en 3 broeke.  Hoeveel verskillende uitrustings kan sy aantrek?

9.  Optelling en Aftrekking:

Saamvoeg

  • Tim het 3 penne. Tom gee vir hom nog 4 penne.  Hoeveel penne het Tim altesaam?
  • Tim het 3 penne.  Hoeveel meer penne het hy nodig om altesaam 7 penne te hê?

Skei

  • Tim het 7 penne.  Hy gee 4 penne vir Tom.  Hoeveel penne het Tim oor?
  • Tim het 7 penne gehad.  Hy gee van die penne vir Tom.  Nou het hy 3 oor.  Hoeveel penne het Tim vir Tom gegee?

Voorbeelde en werksvelle:

Klik op die skakel – ook in die aparte venster.

woordsom vb

  1. Woordsom 1 – 10 optel
  2. Woordsom 1 – 10 optelling
  3. Woordsom 1 – 10 aftrek
  4. Woordsom 1 – 10 aftrekking
  5. Woordsom optelling 1 -20
  6. Woordsom 1 – 20 aftreksom
  7. Woordsom 1 – 20 aftrekking
  8. Woordsom 1 – 20 aftreksom woordsom
  9. Woordsom 10 – 20 optel
  10. Woordsom 10 – 20 aftrek
  11. Verskeie woordsomme pakket
  12. Verskeie somme in groter getalgebiede

Aflaaibare werkkaarte is in die departementele werkboeke beskikbaar.  Kyk gerus ook na die volgende skakels:

Woordsom 1

Woordsom 2

Wenke

Hoe laat is dit? [Tyd]

5 Kommentaar


tyd

Ek het gemerk dat daar na idees oor tyd en horlosies gesoek word.  Hier is so ‘n paar webwerwe met oulike idees.  Onthou dat sommige werwe ‘n proeseltjie gee en dan vra dat jy aansluit of betaal vir meer inligting.  Gebruik egter die proesel as inspirasie en maak jou eie werkvelle.

Analoog is die ouer weergawe en het twee “arms” – ‘n korte en ‘n lange.  Die arms beweeg altyd regs om en die horlosie is in 12 ure verdeel.
Digitaal is die meer moderne weergawe en flits of wys die tyd met syfers.    Digitale tyd wys die ure aan die linkerkant – met die minute aan die regterkant van die kolletjies.  Die linkerkant is dus soos die kort “arm” en die regterkant soos die “lang” arm op ‘n analoog horlosie.  Sommige digitale horlosies is in twaalf ure verdeel (herhaal dus twee maal gedurende ‘n dag) en ander in 24 ure.
NB:  As jy begin fokus op tyd, verseker dat daar ‘n muurhorlosie in die klas is.  Só kan ‘n mens kort-kort na die tyd verwys, blitsig take volgens tyd afbaken (witbord veselpen/koki op die plastiek), tel in veelvoude van 3 en 5, breuke…noem paar op…

Loer ook na:  inter-aktiefthe teacher cornertime for timeteaching timeeducationhome school (tik tye in en “submit”), Rimpelstories se leesboek (“Hoe laat is dit?”) teachnology, dae takedag-en-tydwoorde, dag-en-tydwoorde

daedae flits

 ‘n Video oor tyd – speel deur die TinyTap toep op ‘n slimfoon of tablet.

Screen Shot 2015-03-26 at 9.39.54

Meer drukbare velle.

tye

 

Engelse Tyd Werksvelle

Engelse Kalenderwoorde

tydtime

skitter

1 Kommentaar


We make a living by what we get, but we make a life by what we give.

Winston Churchill

 Star Teacher

I always love your class;
Your teaching helps me see,
That to have a happy life,
Learning is the key.

You understand your students;
You’re sensitive and smart.
You’re a skilful teacher;
I knew it from the start.

I’m grateful for your wisdom
For the teacher that you are;
You’re a very good person,
And as a teacher, you’re a star!

By Joanna Fuchs

Middellynkruising

28 Kommentaar


Die outjie sukkel om verby die denkbeeldige middellyn van die liggaam te beweeg of om die denkbeeldige lyn te kruis.

This slideshow requires JavaScript.


Die werk:

Die skryf- of tekenwerk op die een helfte van die bladsy is gewoonlik meer in mekaar gedruk as aan die ander kant. Byvoorbeeld by patrone begin die kind egalig en teen die helfte van die bladsy raak die patroon rukkerig en half “onbeheersd”. Dit hang natuurlik af van die kind se handdominansie. Linkshandige kinders begin egalig en regshandige kinders eindig hul werk meer egalig aan die regterkant van die bladsy. Soms word die bladsy heen en weer geskuif, sodat die skryfarm konstant op een plek bly. Ander outjies kan weer nie teen die kantlyn begin nie en begin so ‘n ent weg skryf.

Dit is ‘n vaardigheid wat ‘n mens eintlik onderskat en is nogal belangrik by lees. Dit help die kind met die lees van ‘n reël van die een na die anderkant van ‘n bladsy.

Wat ‘n mens kan doen om te help:

·Speel follow the leader:

oWys aksies en die kind doen na:

oRaak aan jou tone.

oRaak aan jou tone en kruis jou hande (linkerhand op regtervoet…).

oRaak aan jou knieë .

oRaak oorkruis aan jou knieë.

oRaak aan jou skouers.

oRaak oorkruis aan jou skouers.

Sing liedjies soos “Head, shoulders, knees and toes” terwyl julle dit doen.

Kan julle die liedjies se aksies toe-oë uitvoer?

·Gee opdragte

oGee die bogenoemde opdragte mondelings en vra die kind om dit uit te voer.

oOok opdragte soos:

·Raak met jou neus aan jou voet.

· Raak met jou oor aan jou knie.

NB: Moenie van dom of slim hand praat nie. Gebruik net die terme “links en “regs”.

oPopspeel:

·Wys vir my Teddie se arm, been…

·Wys vir my Spiderman se knie, elmboog…

oAksies:

·Spring op jou regtervoet.

·Gee ‘n tree na links.

·Raak aan jou regterknie.

·Doen die “lui 8” bewegings…

·Sit of staan stil. Tel items aan die linkerkant van die liggaam op met die regterhand en plaas dit aan die regterkant.  (Tel speelgoed, klippe, proppe, ens op…)

Sporte soos swem en tennis help ook baie…maar weereens is ek nie ‘n arbeidsterapeut nie.  Julle kan die oefeninge tuis doen, maar ‘n evaluasie deur ‘n arbeidsterapeut is steeds wenslik indien die klasjuffrou probleempies noem.

Lekker oefen!


Belangrike dinge: Graad R en 1

18 Kommentaar


GROOT SKOOL

Wanneer die fondamente vir lees en leer gelê is en die kind die aspekte bemeester het, begin hy ryp word vir formele onderrig.

As die leesproses begin voor die gereed is om die inligting in te neem, kan dit lei tot lees- en leerprobleme.  Sonder ‘n sterk grondslag, kan die gebou ineen stort.

Ontwikkelingsmylpale

artikel

Die kind

Gereedheid

Nie alle kinders bereik ‘n gereedheidspunt op dieselfde kronologiese ouderdom nie.

As ‘n kind nie emosioneel ryp is nie, kan die leerproses spanning en gedragsprobleme veroorsaak.

‘n Tekort aan selfvertroue kan die kind verhoed om te waag om te lees.

§Die kind behoort geïnteresseerd te lyk in boeke – inkleur, teken, “skryf”, blaai en “lees”.

§Die kind behoort ag te slaan op gesag.

§Die kind behoort met ander te kan saamwerk.

§‘n Verantwoordelikheidsbesef behoort gevestig te wees.

§Onafhanklikheid in terme van

·Toilet roetine / gebruik

·Veters knoop

·Eet en drink (voeding)

·Aantrek

‘n Kind wat emosioneel nie gereed is nie, kan uiting gee aan sy frustrasies op die volgende wyses:

§hardloop weg

§kruip weg

§aggressiewe optrede teenoor maats

§weier om te werk

§enurese (benatting) en enkoprese (bevuiling)

Loer ook na “skeidingsangs” [Emosioneel] aan die regterkant.

Intellektuele / kognitiewe ontwikkeling

Die brein se vermoë om nuwe begrippe en konsepte te verstaan (soos veral wiskunde).

  • Fisieke aspekte

Gesondheid

§Voortdurende en kroniese siektetoestande kan die leerproses belemmer.

Sensoriese aspekte

§Die volle gebruik van die ore (gehoor) en oë (visie en oogbewegings) is nodig om suksesvol te kan lees.

§n Gebrekkige gehoor en ouditiewe vaardighede verhoed die kind om opdragte korrek te hoor en om klanke met simbole te assosieer.

§‘n Gebrekkige visie en visuele vaardighede belemmer die kind se vermoë om simbole te lees en te verstaan.

  • Spraak en uitspraak

§Verstaanbare uitspraak is belangrik, sodat die kleinding kan skryf wat hy hoor.  Veral outjies wat lispel sal die “s” vervang.

§Korrekte taalgebruik en sinskonstruksies is belangrik om sinne verstaanbaar te skryf.

§Die korrekte gebruik van die “skool-“ of “leertaal”, help die kind om te begryp wat onderrig word.

  • Oriëntering

Kennis van rigting keer dat letterformasies (vorming) en syfers in die verkeerde rigting gedraai word.  (e.g. u / n, b / d / p, t / f…)

Belangrik:

§‘n begrip vir die verhouding van vorms tot mekaar (naby / ver, bo / onder…),

§kennis van bo, onder, links, regs…

§kruising van die middellyn

·behoort die denkbeeldige middellyn te kan kruis

  • Visuele waarnemingsvaardighede

§As die kind nie die verskil tussen prente, items of simbole kan sien nie, mag hy moontlik probleme ontwikkel om die verskil tussen syfers, letters en woorde te sien (b / d / p, 2 / 5, 9 / 6, t / f).

§Woorde kan verkeerd gespel word (bad / dab, net / uet)

§Woorde kan verkeerd gelees word.

§Die volgorde van klanke in ‘n woord kan verkeerd gelees word (kat / tak / akt).

  • Ouditiewe persepsie

§As die kind nie die verskil tussen klanke kan hoor en begryp nie, gaan dit lei tot spel- en leesfoute.

·Die kind sal moontlik iets anders skryf as wat die juffrou sê. bv. woot inplaas van boot, bat in plaas van bak

§As die kind daarmee worstel om tussen klanke te onderskei, sal hy moontlik nie ‘n spesifieke klank kan hoor nie.  “Bv.: Watter klank hoor jy eerste as ek kat sê?” (k).  Dit sal ‘n direkte impak hê op die kind se vermoë om woorde te skryf.

  • Fynspier bewegings

Die hand se vermoë om fyn aksies uit te voer, beïnvloed die kind se vermoë om netjies en vloeiend te skryf.  Dit word vooraf gegaan deur die ontwikkeling van die grof of groot spiere (maag-, arm-, beenspiere…).

  • Dominansie

Links- of regshandigheid behoort gevestig te wees  (moenie die kryt tussen die hande ruil nie).

Voorskoolse aktiwiteite:

  • lees vir die kind voor
  • praat gereeld en voortdurend met die kind om woordeskat uit te brei en goeie taalstrukture te vestig
  • gebruik die taal waarin die kind sal skoolgaan
  • sing liedjies, sê gediggies op, vertel stories oor
  • tel
  • bespreek prentjies (Wat gebeur? Wat kan gebeur? Wat dink jy sal volgende gebeur?)
  • voorspel wat in die storie sal gebeur deur na die voorblad te kyk
  • bepaal wat links en regs is (ons draai nou links)
  • ontwikkel terme soos eerste, aan die begin, in die middel, laaste
  • benoem kleure en vorms
  • vestig goeie ouditiewe en visuele vaardighede
  • vertel ‘n storie terug (geheue)
  • omring deur stories, boeke, rympies, gedrukte materiaal
  • ritme (dit beïnvloed ‘n begrip taalgebruik en wiskundige patrone)
  • oog-hand koördinasie
  • WOORDESKAT ONTWIKKELING

(dankie aan Grové en Hauptfleisch se slimgeit)

Kobus Weyers het ‘n vraelys om te voltooi op sy webwerf.  Dit gee ‘n goeie aanduiding of jou kind skoolgereed is al dan nie.

(‘n Graad R-leerplan en die 2012-kurrikulum (CAPS)

Goeie eetgewoontes vir ADD of ADHD

23 Kommentaar


Ek is nie ‘n dieetkundige of ‘n dokter nie, maar het die volgende inligting uit nota’s saamgestel.  Die inligting is deur dieetkundiges verskaf.

Snaaks genoeg is ons terug op die goeie ou LOW GI:

Volgens die dieetkundige, is Uncle Salie se volgraanbrood, saadbroodjies en provitas LOW GI broodprodukte.  Ander kosse sluit die volgende in:

  • All Bran, Oats-so-Easy (natuurlik) en High Fibre bran.
  • Wit rys (Tastic), Old Mill Stream (bruin), Spekko Basmati rys, patat, sweetcorn.
  • Boontjies, lensies, rou wortels, peppers , groen boontjies, tamaties.
  • Appels (liefs iets soos Golden Delicious – die geler appels), pere, lemoene, naartjies, perskes, aarbeie, druiwe.
  • Suikervrye lekkers en koeldranke, sjokolade, springmielies, grondboontjies, LOW GI vrugtesappe, Simba skyfies.

Medium GI produkte is ook goed, maar moet liefs met ‘n proteïen gebruik word:

  • Volkoring brood, rogbrood, Rye Vita Pita, Crackermates lites.
  • Bokomo, Jungle oates (gekook), Strawberry pops, Tasty Wheat, Pronutro vlokkies.
  • Tastic Basmati, Jasmine, Sushirys, Cous-cous, jong aartappels, sweetcorn (roomsoort).
  • Spinasie, beet, gekookte wortels.
  • Tropiese vrugte
  • Droë vrugte
  • Suiker, konfyt

Hoë GI:

  • Wit en bruin brood
  • Koek en koekies (beskuitjies)
  • Pronutro, Special K, Rice Crispies, Cornflakes, Fruit Loops, Tiger Oats
  • Wit rys, polenta, kits noodles (2 minute, ensovoorts)
  • Pampoen, skorsies
  • Waatlemoen, spanspek, droë vrugterolle
  • Koeldranke met suiker, harde lekkers en jelly lekkers, energie drankies, mielie skyfies.

Oor die algemeen skakel ‘n mens soveel kunsmatige geurmiddels (MSG en kleurmiddels) uit.  ‘n Kombinasie-aanvulling met Omega 3, Kalsium en Magnesium is voordelig en Sink kan ook bygewerk word.  Praat net eers met die apteker om te verseker dat jy die regte dosis gebruik.

Hou sover as moontlik by die LOW GI produkte wat nie ‘n vinnige suikerskop of woema gee en na ‘n rukkie die outjie pap en uitgeput laat nie.  Probeer ook die volgende proeflopie:

Doug Cowan van Body and Mind beveel aan dat ‘n mens die volgende uitsny vir ongeveer twee weke.  Dit is ‘n eetplan wat vir 20% van die ADHD-kinders werk. Die basiese beginsel is om terug te gaan na die kosse en resepte van ons ouma’s en oumagrootjies.  Na twee weke werk ‘n mens die onderskeie produkte een per dag in om te kyk of die kleintjie se liggaam anders reageer.  Eet genoeg van daardie voedselsoort en let op na dinge soos ‘n verskil in die gemoedstoestand of uitbarstings.  As ‘n merkbare reaksie voorkom, kan ‘n mens dit aan die pediater noem.

  1. Geen suiwel – veral koeimelk.  Drink eerder baie water.
  2. Geen geel kosse – veral mielie en skorsies.  Piesangs tel as wit.
  3. Geen kitskosse. (Wegneem etes én die vinnige kits).
  4. Geen vrugtesappe.  Dit het baie suiker.
  5. Sny die suiker inname met 90%.  Verkieslik geen suiker nie.
  6. Sjokolade – slegs ‘n blokkie per week.
  7. Geen versoeters.
  8. Geen geprosesseerde vleise (verpulp en geset soos polonie, worsies…) en geen MSG.
  9. Sny die inname van gedroogde kosse met 90%.
  10. Vermy gekleurde kosse.  Veral die rooi en geel kleursel het blykbaar ‘n ongewensde uitwerking.

Die dieet of eetgewoontes is slegs ‘n speek in die groter wiel van ‘n gesonde lewenstyl.  Dit is iets wat ‘n mens kan gebruik om die lewenskwaliteit en algemene gesondheid te verbeter, maar is nie noodwendig die oplossing nie.  ‘n Pediater en ‘n neuroloog kan ‘n beter mening uitspreek.

posisie in die ruimte

6 Kommentaar


posisieDit is die verhouding van die voorwerp tot die waarnemer (eie liggaam).  Die kind neem voorwerpe waar as agter, voor, bo, onder en aan sy kante. Wanneer ‘n kind probleme ondervind met posisie in die ruimte is sy wêreld verwronge, hy is lomp en huiwering om bewegings uit te voer. Hy vind dit moeilik om die woorde in, uit, op, af, voor, agter, links en regs te verstaan.

So kan ons dié persepsie ontwikkel…Onthou dat ons eers in die laer rat wegtrek (Konkreet) en dan die outjies ontwikkel om die  semi-konkrete en abstrakte “ratte” te probeer.  Dis ‘n geleidelike proses.

Konkreet:

  • Opdragte: staan in die sirkel, op die sirkel, langs die sirkel…gebruik ‘n hoepel of teken ‘n sirkel met bordkryt op sement.
  • Boontjiesakkies: Sit die boontjiesakkie bo-op jou kop/onder jou voet, ens. (Gooi sommer boontjies in ‘n plastieksakkieen knoop toe.)
  • Simon sê: Staan in die blok, langs die kas, ens. Beweeg slegs as “Simon sê”.
  • Opdragte: Sit die voorwerp langs/ op/ in die sirkel.
  • “Simon sê” m.b.v. ‘n voorwerp. Simon sê: Sit die boontjiesakkie links van jou tas neer.
  • “Simon sê” m.b.v. ‘n voorwerp én liggaamsdele. Simon sê: Sit die boontjiesakkie links van jou tas neer – met jou tone!
  • Uitwys: Waar is jou ken / regterhak, ens?
  • Bou ‘n toring: Plaas die blokkie regs voor jou. Sit die uitveër bo-op die blokkie.
  • Opdragte: Sit die bal bo-op, langs die tafel met jou regter-/linkerhand.
  • Sorteer voorwerpe: Blou blokkies* voor, rooi regs en geel links van kind. (*Spuitverf sommer wynproppe of gebruik sapbottelproppe.)
  • Volg rigtings wat fasiliteerder wys met ledemate. (Swaai die arms en bene in rigtings. Kind volg.)

Semi-konkreet:

  • Volg rigting met ledemate wat die pyltjiekaart aandui. (wys groot pyltjiekaart)
  • Skattejag: Gee kaarte met leidrade tot by die “skat”. (Teken byvoorbeeld ‘n stoel met die woord “onder” daarby.  Die volgende raaisel lê dan onder die stoel…op die ou einde wen ons ‘n storietyd of ander lekkertes.)
  • Bou ‘n legkaart van mense, diere, ens. Vra vrae oor posisies van figure, ens. (Waar is die hond?)
  • Bo- en sy-aansig. Sit los voorwerp langs/bo-op, ens. van voorwerp neer. Gebruik ‘n skoendoos en bou ‘n vertrek daarin. Waar gaan ons die pop sit? Sit die tafel langs die stoel. Pak die kussings regs van die bank.
  • Kind geteken op papier. Plaas skyfie/plakker voor/onder/bo-op,ens. v/d kind.
  • Bou ‘n legkaart van ‘n toneel. Vra vrae oor die posisies van figure tot mekaar.
  • Skaakbord. Skuif skuiwer telkens een blokkie in gegewe rigting. Een blokkie links, een blokkie op…
  • Brainyblocks: Bou prentkaart na.
  • Penbord: Pak die geel pennetjie regs van die bloue en die rooi pen bo die gele. Plekke soos die Crazy Store het soms baie goedkoop penborde.

Abstrak:

  • Papier met ± 3 letters. Identifiseer (ID) die posisie van gekleurde letter (bo/voor,ens.). Vra waar die letter staan en die kind antwoord “in die middel, eerste, laaste”…
  • Opdragte: Skryf jou naam regs onder op die bordjie/in die middel, ens.
  • Skryf die alfabetletters volgens opdragte op papier (a – in die middel en onder-aan jou bladsy, ens.).
  • ID posisie van die figure tot mekaar (2D) in ‘n prent. (Kyk sommer in ‘n inkleur- of storieboek vir idees.)
  • Teken voorwerpe in ‘n 9-blok rooster na aanleiding van opdragte. Teken ‘n sirkel in die middelste blok. Teken ‘n ster links van die sirkel. Teken ‘n driehoek bo die ster. Skryf jou naam onder die sirkel. 
  • Teken voorwerpe in verhouding tot bv. ‘n boom op ‘n papier.
  • Omkring die item links van die stoel, bo-op die tafel, ens.
  • Soek ‘n item op die besige prent en omkring. Benoem posisie. (beskryf waar). Gebruik “Where is Waldo?”-tipe boeke.

Waar is die feetjie en die kabouter?

*ruimtelike oriëntasie

Pyltjiekaart A4

Pyltjiekaart A3

wiskunde

15 Kommentaar


Woensdag is Internasionale Wiskunde Dag. Tel ekstra lekker en doen ekstra interessante wiskunde werkies. Wat van ‘n paar wiskunde of hoofreken uitdagings by die skool of om die koffietafel?

By Superkids kan jy jou eie werkvelle opstel om spesifieke velde te dek (vir jonk en oud).

Dan is daar ook die Math Worksheet Generator waar jy selfs werksvelle oor tyd, meting en honderdblokke kan maak.

Nog werkvelmakers:

Treintjie-, spinnekop- en vlindersomme.

vorms

38 Kommentaar


 

vorms-2013Ek het gemerk dat ouers soms inligting oor vorms soek. Ek het ‘n paar oulike webwerwe ontdek wat oor vorms praat. Ongelukkig is die taakkaarte in Engels en sal ‘n mens maar moet knip, spoeg en plak om jou eie werkvel daaruit te bou.

Die eerste vorms wat ‘n kind gewoonlik leer ken is die driehoek, vierkant en sirkel. Reghoeke, ruite (diamante), vlieërs en harte volg gewoonlik – tesame met die ovaal. Behandel die vorms een-een. Dit is belangrik om die eienskappe van elkeen te noem. Byvoorbeeld:

Twee dimensioneel [vorms pdf]

Sirkel Dit is rond soos ‘n ring. Dit is plat. Dit het geen hoeke nie.  vorms

Vierkant Dit het vier sye of kante. Die sye is ewe lank. Dit het vier hoeke.

Driehoek Dit het drie hoeke en drie sye.

Reghoek Dit het vier hoeke. Twee sye is lank en twee is kort.

Ovaal Dit lyk amper soos ‘n sirkel wat ‘n bietjie teen die kante gedruk is. Dit lyk soos ‘n eier.

Rombus/Ruit (“Diamant” is nie die regte term nie.) Dit het vier sye en vier hoeke, MAAR staan op ‘n hoek…of dit is ‘n vierkant wat skeef staan.

Drie dimensioneel (“vet vorms”)

3 D = soliede vorms

Sfeer Dit is ‘n ronde vorm en lyk soos ‘n bal.

Driehoekige piramide  ‘n Piramide met ‘n driehoek as basis.

Vierhoekige piramide  ‘n Piramide met ‘n vierkantige basis.

Kubus Dit lyk soos ‘n vierkantige blokkie.

Keël Dit lyk soos ‘n roomyshorinkie.

Silinder Dit is soos ‘n blikke – met een of beide ente wat toe is.

Buis Dit is ‘n pyp – met oop ente.

Hoe kan ek by die huis help om die vorms vas te lê?

Gebruik weer die sintuie:

  • Voel om die rand van die vorm.
  • Ry met ‘n speelgoedmotortjie al om die vorm.
  • Gooi verskillende karton vorms in ‘n sak of kussingsloop.  Die kind steek dan sy hand in en haal die regte een uit.  Vra byvoorbeeld:  “Haal asseblief ‘n driehoek uit.”
  • Teken die vorm in sand (met ‘n vinger).
  • Teken die spesifieke vorm met gom en strooi sand, meel, kraletjies… daaroor.  Voel nou bo-oor die droë vorm.  NB:  Dit help nie om die vorms nou weg te steek nie.  Skryf die vorm se naam onder aan en plak dit teen die muur of teen die yskasdeur vas.
  • Knip vorms uit en bou ‘n prentjie soos ‘n huis, stokkielekker, ens.
  • Opdrag:  soek ‘n spesifieke vorm in ‘n tydskrif (bv. sirkel), knip uit en plak op ‘n mini-plakaat (A4).
  • Kyk of jy die vorm met jou lyf kan vorm.
  • Soek items in die huis wat ‘n sirkel, vierkant, driehoek…in het (horlosie, oond, stoofplate…).  Teken die items op ‘n bladsy:  Al die sirkels op ‘n bladsy, al die reghoeke op ‘n bladsy…
  • Tel hoeveel van elke vorm daar is.  Watter vorm kry ons die meeste in die kombuis, badkamer, slaapkamer?  Watter vorm kry ons die minste in die vertrekke?
  • Maak dominoes waar die kind net eenderse vorms bymekaar moet pas.
  • Maak dominoes waar die kaartjie ‘n vorm aan die een kant en ‘n item aan die ander kant het.  Hy moet dus die vorm in ‘n alledaagse voorwerp (‘n driehoekige, halwe toebroodjie, die son, ‘n bal) kan raaksien en die assosiasie maak.
  • Gee ‘n patroonkaart en los vorms.  Die kind moet nou die patroon naboots en pak (rooi driehoek, geel driehoek, blou sirkel, groen sirkel).

vorms

  • Strooi versiersuiker op ‘n skoon skinkbord.  Die kind doop nou sy vinger in ‘n bietjie water en teken die vorm in die suiker (en lek dan die vinger af).
  • Speletjies soos Brainy Blocks en Pattern Play maak gebruik van vorms.
  • Bou prente met Tangramme.
  • Sodra drie dimensionele vorms in die klas behandel word, kan jy items soos tandepastabokkies, roomyshorinkies, rubik cubes en balle begin nader trek en bekyk.
  • As julle in die winkel of in die straat stap – vra sommer so terloops watter vorms die kleinding raak sien.  “Watter vorm is die wiel?  Watter vorm is die padteken?”

Só maak jy…
‘n reghoekige prisma
‘n kubus
‘n piramide

3D-Nette

Nog 3D-nette

*Eksterne les idees

Gaan na “drukbare bladsye” vir enkele werksvelle (vorms-en-verskillende-name).  Kyk graag na die een oor “Posisie” (ordinale getalle) – waar daar ook vorms verskyn.

Vorms video

Screen Shot 2015-03-26 at 16.13.24 Screen Shot 2015-03-30 at 14.41.26

Bennie

Older Entries