Tuis

skryfbord

2 Kommentaar


versorgbord

Versorging:

Die volgende voorstelle is deur die jare gevind – ook aanlyn.

  1. Was deeglik met warm water en ‘n sagte lap of spons en dan…
  2. As jy met bordkryt skryf
    • Was idees
    • Trek permanente lyne met ‘n wit of swart veselpen.
  3. Witbord
    • Witbordsproei/skoonmaakmiddel
    • Wit tandepasta
    • Gel Handwasmiddel (Hand Sanitizer)
    • Wit Asyn – verdun met water indien verkies
    • Haarsproei, Sproeibare Kookolies, Q20 of ‘n Sproeibare Antibakteriële skoonmaakmiddel
    • Klam Lappies (wipes)
    • Haal permanente veselpen (koki) af deur met ‘n witbordveselpen bo-oor te skryf/skribbel.
  4. Coke werk om beide skoon te maak.
  5. Trek lyne op ‘n swart-/groenbord:
    • met ‘n wit, permanente veselpen of ‘n wit verfpen – wat ‘n mens by skryfbehoefte of kunswinkels kan aanskaf.
    • Probeer ook dun/smal lynlint of -band – wat soos ‘n lang plakker geplak kan word.
    • Doop of week bordkryt in suikerwater.
    • Plak maskeerband in stroke (met ‘n dun spasie tussen-in) en verf te smal gapings met verf (bordkryt- of muurverf).
  6. Op ‘n wit bord, kan jy lyne met ‘n dun permanente veselpen trek.

*Ou bordskrifriglyne (Sketse, ens.)

Leestekens / Punktuasie

2 Kommentaar


leesteken

  1. Leestekens 1
  2. Leestekens 2
  3. Afkortings
  4. Toets jou kennis
  5. Afrikaanse Taalstudies
  6. leestekensMeer leestekens
  7. Engels
Depicta het oulike muurkaarte.
LEESTEKENS

Olimpiese Spele

Lewer kommentaar


olimpiese

Die Olimpiese Spele duur van die 5de tot die 21ste Augustus en vind in Brasilië plaas.  Dit vind gewoonlik elke vier jaar plaas en Suid-Afrika neem sedert 1904 aan die Somerspele deel.

Gee vir die kinders verskillende sportsoorte om na te vors.  By watter sportsoorte is water, ‘n bal, ‘n baan, ‘n teiken, ‘n span, ‘n fiets, ens. betrokke?  Watter klere word by elke item gedra?

Hoeveel lande neem deel?  Waar is die lande?  Hoeveel van die lande is in die Suidelike en in die Noordelike Halfrond onderskeidelik?  Hoe lyk die lande se vlae?

Ken jy hierdie sportsoorte?

  1. Boogskiet
  2. Gimnastiek (Artistiese)
  3. Ritmiese Gimnastiek
  4. Gimnastiek Tuimel / Trampolien
  5. Atletiek
  6. Pluimbal
  7. Basketbal
  8. Vlugbal (strand)
  9. Vlugbal (binneshuis)
  10. Kano Slalom Hindernesbaan
  11. Kano Snelresies
  12. Fietsresies (BMX)
  13. Fietsresies (Bergfiets)
  14. Fietsresies (Pad)
  15. Fietsresies (Baan)
  16. Sierduik
  17. Perdry
  18. Skermkuns
  19. Sokker
  20. Gholf
  21. Handbal
  22. Hokkie
  23. Judo
  24. Swem marathon
  25. Driekamp
  26. Vyfkamp
  27. Roei
  28. Rugby Sewes
  29. Skyfskiet
  30. Seiljagwedvaart
  31. Swem
  32. Gesinkroniseerde Swem
  33. Tafeltennis
  34. Taekwondo
  35. Tennis
  36. Waterpolo
  37. Gewigstoot
  38. Stoei

Probeer:

Kennispret

Olimpiese Spele

Kaarte: Afrika, Noord-Amerika, Suid-Amerika, Europa, Asië, Australasië
Velerlei inkleurprente
Engelse woordeskat
Engelse taalwerk
Verskeie werksvelle
‘n Mengelmoes van aktiwiteite

Pantoffeldag

Lewer kommentaar


pantoffeldag

Pantoffeldag word vanjaar op die 5de Augustus gevier.  As deel van die veldtog, fokus Reach for a Dream daarop om feëverhale en betowering aan siek kinders te bring.  Skryf en illustreer as ‘n klas jul eie feëverhale om by die plaaslike hospitaal af te lewer op die 5de Augustus.  Vergroot dit sommer tot ‘n A3- of selfs A2-vel om teen die mure in die wagkamers aan te bring 🙂

Die fondse wat ingesamel word, word ten bate van die “Reach for a Dream”-program gedoen om lewensgevaarlike siektes te probeer bekamp.  Koop jou plakker en dra jou pantoffels.