Tuis

Lente en Boomplantweek is om die draai

Lewer kommentaar


Boomplantweek duur vanjaar van die 29ste Augustus tot die 4de September. Die Kannabasboom (Pompontree) is die algemene Boom van die Jaar en die Swartwattel is die skaarser boomsoort vir 2022. Vind gerus uit hoe hierdie boomsoorte lyk en kyk of daar van hierdie bome in jul omgewing groei. Kan ‘n mens afdrukke (met kryt en papier) van die bas maak? Gebruik dit om julle eie bome te skeur en plak vir ‘n lente collage.

Loer gerus hier na velerlei idees in verband met Lente dag (op die eerste September) en boomplantdag of –week. Watter tradisies volg julle?

Afslag

2 Kommentaar


23 – 27 Augustus

Loer gerus na my winkelrak vir heelwat afslag op verskeie produkte. Koekeloer, kies en druk vandag nog die dokumente uit.

Snuffel gerus ook deur die skakels wat in die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant van My Klaskamer gelys is of tik soekterme soos ”klanke, hersien, flits, sigwoorde, wiskunde huiswerk…ATP, vraestel” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die hofie genaamd ”Drukbare Bladsye” hier bo.

Loer gerus weer in 🙂

Loslitdag

Lewer kommentaar


Loslitdag word op die 2de September gevier en vanjaar kan jy die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper of enige kledingstuk aantrek om ons land te vier.

Leeudag

Lewer kommentaar


Op die 10de Augustus word daar op die bewaring van leeus gefokus. Versier jou klas, sing liedjies, lees stories en besoek dalk sentrums waar leeus bewaar word.

https://www.teachingresources.co.za/vendors/my-klaskamer-juffer-se-winkel/

Vrouedag

Lewer kommentaar


9 Augustus: Gelukkige Vrouedag!