Loer gerus na my winkelrak vir heelwat afslag op verskeie produkte. Koekeloer, kies en druk vandag nog die dokumente uit.
Snuffel gerus ook deur die skakels wat in die verkorte inhoudsopgawe aan die regterkant van My Klaskamer gelys is of tik soekterme soos ”klanke, hersien, flits, sigwoorde, wiskunde huiswerk…ATP, vraestel” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in en loer na die hofie genaamd ”Drukbare Bladsye” hier bo.
Loer gerus weer in 🙂
Aug 29, 2022 @ 15:43:49
Hi
Ek is soek na hulp kan U Hulle dalk vir my help met plekwaarde vir graad 1 dogter en optel en aftrek somme wat sy kan bemeester.
Groete
LikeLike
Aug 29, 2022 @ 17:49:29
Hallo, Michelle 🙂
Loer gerus na velle soos hierdie een – waar sy die woorde kan natrek en die prente kan inkleur. Daarna, kan julle die groot blokke uitknip en pas om die konsepte te hersien: https://juffer.files.wordpress.com/2018/08/syfers-getalname-ae.pdf. Loer ook na die eerste en derde bladsye hier: https://juffer.files.wordpress.com/2018/08/syfer-legkaarte-number-puzzles.pdf.
Hersien optel- en aftreksomme – waar julle om prentjies of simbole fokus. https://juffer.files.wordpress.com/2018/08/vinnige-somstrokies.pdf. Bespreek ook verskillende getalle tussen 1 en 10 en dan tussen 10 en 20. Hoe lyk die getal, die getalnaam en die versameling items? https://juffer.files.wordpress.com/2018/08/ontdek-die-getal-10.pdf
Watter getal kom voor of na hierdie getalle voor? https://myklaskamer.com/2011/04/19/voor-en-na/
Watter getal is 1 of 2 meer as * en 1 of 2 minder as *? https://myklaskamer.com/2011/03/07/meer-en-minder/
Loer gerus na die onderskeie skakels in hierdie skrywe: https://myklaskamer.com/2012/09/11/wiskunde-huiswerk/. Daar is twee stories in verband met getalle heel onderaan.
Loer na die hofie “Syferkundigheid / Wiskunde” hier: https://myklaskamer.com/drukbare-bladsye-printables/.
Druk gerus hierdie velle uit en teken kolletjies bokant elke syfer – indien sy nog nie seker is van die hoeveelhede nie: https://juffer.files.wordpress.com/2022/02/somme-flitskaarte-plus.pdf.
Vir die aftrekkingsomme, teken ons die voorstelling vir die groter getal en trek dan die hoeveelheid van die kleiner getal deur: https://juffer.files.wordpress.com/2022/02/somme-flitskaarte-minus-1.pdf.
Ek hoop dit kan help 🙂
LikeLike