Tuis

Skryf in

2 Kommentaar


skryfinvirskool

Tik gerus soekterme soos “Graad R, Graad 1, skoolgereed, skoolpligtig, vaardighede, ouditiewe, visuele, VMI, ogies, handspier, fynspier, potloodgreep, abc uitspraak, klanke, syfers, vorms, patrone, abc skrif, robotkaart, middellyn, spiertonus, posisie, linkshanding, knip, links en regs, tuis idees…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir enkele idees.

dae en tydsverloop

Lewer kommentaar


dae

‘n Prettige weergawe.  Sien ook “Hoe laat is dit?”

dag-en-tydwoorde

365 dae

weke in 1 jaar

skoolweek

7 dae week

12 maande

eeu

1-31-syfers

kalenderwoorde

Tik ook soekterme soos “kalender, hoe laat is dit?, skrikkeljaar, 12-12-12″ by die bruin soekblokkie in, vir voorbeelde van tyd, drukbare kalenders en ander werksvelle.dae flitsTyd

 

Skrikkeljaar

Lewer kommentaar


Dit is vanjaar Skrikkeljaar en ons kan die 29ste Februarie ekstra lekker maak.  Doen unieke wiskunde werksvelle of deel die dag in periodes van 29 minute in.  Hoe lank voel/duur 29 minute?  Hoe lyk die getal? :wink:.

29 Eng.

29 Afr.

366dae

366days

 

Teacha – Hoe maak ‘n mens?

8 Kommentaar


winkel

Koekeloer, kies, klik, koop en druk uit.  Ek het vele navrae ontvang.  Laat weet gerus indien daar nog onsekerheid is 😉  Kyk na die naam onderaan die produk en tik dit op Teacha se soekspasie in.

My Klaskamer Produkte (winkelrak)

Pryse is aangepas…loer gerus…

Screen Shot 2016-02-03 at 17.14.08

This slideshow requires JavaScript.

Die volgende inligting is op Teacha beskikbaar:teachateacha1teacha 2teacha4teacha5teacha6teacha7teacha8teacha9

screen-shot-2016-10-05-at-19-47-07t3t4screen-shot-2016-10-05-at-19-47-04t5t6t7t8t9t10t11t12t13t14t15t16t17t18t19t20t21t22t23t24screen-shot-2016-11-06-at-18-48-49screen-shot-2016-11-06-at-18-48-35

screen-shot-2016-12-11-at-16-49-08screen-shot-2016-12-11-at-16-49-03screen-shot-2016-12-11-at-16-48-54

verjaarsdaetema-voorblaaie

screen-shot-2017-02-04-at-6-41-40screen-shot-2017-02-04-at-6-41-36screen-shot-2017-02-04-at-6-41-43

Screen Shot 2017-05-03 at 6.20.47 AMScreen Shot 2017-05-03 at 6.20.39 AM

Screen Shot 2017-06-06 at 5.55.12 PMScreen Shot 2017-06-06 at 5.55.16 PM

Screen Shot 2017-07-06 at 2.13.49 PMScreen Shot 2017-07-04 at 8.22.00 PMScreen Shot 2017-07-12 at 2.59.55 PM

Screen Shot 2017-07-20 at 8.06.27 AMScreen Shot 2017-08-07 at 11.17.33 AMScreen Shot 2017-08-07 at 11.17.36 AM

myklaskamerbvimyklaskamerbvmyklaskamerbvamyklaskamerbvdmyklaskamerbvg

teachajufferhulpmiddels

teachateacha

Juffer 3Juffer 1Juffer 2

klas temapadveiligheid superhelde

Biblioteekweek

1 Kommentaar


bibweek

Biblioteekweek duur vanjaar 10 dae – van 11 tot 21 Maart.  Fokus op lewenslange leer en die bemagtiging van jong lesers.

  • Besoek die dorpsbiblioteek en die skool s’n.  Hoe vergelyk die twee en wat is anders?  Kry jy soortgelyke boeke by soortgelyke aanwinsnommers?
  • Neem ‘n selfie met jou gunstelingboek en maak ‘n muurcollage van die klas se foto’s.
  • Selfie kunswerke gaan beslis die oog vang.  Gebruik media soos pastelle om die bladsye helder en aanloklik te maak.  Skryf die boek se titel en aanwinsnommer onderaan die kunswerk en versier dan die gange daarmee.
  • Gebruik groot rolle/velle papier om bo-oor deure te pas.  Teken ‘n groot boekomslag daarop en skryf as ‘n klas kort aanbevelings daarop.
  • Gebruik ‘n toep en ‘n webwerf om QR-kodes te skep waar jong lesers na stories kan luister.  Verskaf oorfone en tablette hiervoor.
  • Betrek luisterstories – CD’s en boeke.
  • Gebruik ‘n Kindle toep (of storie toeps) waar outjies saam-saam of alleen na stories kan luister.
  • Rol die omslae van verskeie boeke af, laat die outjies dit inkleur en versier die gange.  Dit behoort die belangstelling te prikkel vir later.
  • Hou ‘n pajamadag of trek soos ‘n karakter aan.
  • Laat die outjies kort dialoë oor ‘n boek skryf.  Voer dit op of hou ‘n poppekas.
  • Ouer kinders kan boekbesprekings hou.  Verskaf dieselfde boek aan klein groepies en gee 15 minute sodat hulle daaroor kan gesels.  Vra dat hulle na mekaar luister en indien hulle by die kommentaar of gedeelte aanklank vind, kan hulle ‘n bydrae lewer.  (Watter deel was vir jou interessant? Waaraan het dit jou laat dink?)
  • Deel klasse uit die verskillende fases by makker leesgroepe in en kies kort stories om aan mekaar voor te lees.  Kies ‘n periode daarvoor en hou gereelde leestye.
  • Hou ‘n “spog met ons leeshoekie” of “spog met ons biblioteek” aand.  Nooi die ouers en gesinne (of selfs inwoners van ‘n plaaslike ouetehuis) om saam met ‘n graadgroep stories te lees, muurprente te maak, woordspeletjies te speel (soos Krabbel/Scrabble), ens.  Vra vir ‘n vrywillige donasie waarmee die skool nuwe boeke kan aankoop.
  • Biblioteekbronne

Sien ook:  BiblioteekweekLees

 

 

#libraries4lifelonglearning

Moedertaaldag, 21 Februarie

2 Kommentaar


Grafiek Opname [Drukbare vel]

Navorsing

Medemenslikheid en Internasionale Dag van Geluk

4 Kommentaar


 

Vandag is Random Acts of Kindness Day en 20 Maart is die Internasionale Dag van Geluk.  Ek sou dit egter nie tot een dag wou beperk nie…Hoe kan ons in het kleine iemand anders se dag opkikker?

  • Gooi ‘n ekstra munt in iemand anders se parkeermeter.
  • Het jy afslagkoepons iewers gekry?  Plaas dit hier en daar op die winkelrakke vir ander om te kry.
  • Laai ‘n ekstra pakkie koekies in die winkelmandjie vir die werkers by die skool of by die huis.
  • Werk saam aan ‘n maaltyd (soos lasagna) en lewer dit by iemand af wat dit nooit sal verwag nie.
  • Nie ‘n goeie kok nie?  Steek ‘n blom in ‘n ou speserybottel en plaas dit op ‘n buurvrou se stoep of ‘n juffrou se tafel.
  • Gooi die week se snoepiekleingeld in ‘n spaarbussie tot ‘n week voor die dag van jou/jul keuse.  Tel dit en besluit op ‘n skenking – hetsy kontant of byvoorbeeld kos aan iemand of ‘n instansie.
  • Is geld ‘n bietjie min?  Verskaf jou dienste gratis – om byvoorbeeld ‘n buurman te help.  By die skool, kan die klas die gang namens die opsigter vee of die dromme leegmaak.
  • Skenk klere.
  • Skenk orige verf om die klimrame te verf.
Tik gerus ook soekterme soos “hulp, pay it forward, omgee” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir meer idees.

Luidleesdag, 2016

2 Kommentaar


Luidleesdag

Wat kan ‘n mens alles op Luidleesdag lees of doen?

  • Knip en plak sigwoorde, rymwoorde en ander ouderdomstoepaslike woorde uit tydskrifte of bou dit uit los opskrifletters.  Flits die woorde, plaas dit op die woordmuur, skryf dit oor in die individuele woordeboekies of tik dit oor tydens rekenaarlesse.
  • Luister na voorlesings op die mat, e-boeke of op die rekenaar.

luidlees2016

Tik gerus ook soekterme soos “luidlees, biblioteek, lees, geletterdheid” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in of loer na die skakels onder die “Geletterdheid”-hofie.

uitdeel en deling

3 Kommentaar


‘n Vinnige en eenvoudige manier om deling te verduidelik, is deur items uit te deel.  Dié outjie het ‘n rits somme gekry wat hom oorweldig het.  Dit mag dalk die konsep van deling óf die bewerkingsteken gewees het…Ons het watte en albasters byderhand gehad en dít as mense en lekkers ingespan.

Bv.  Hoeveel lekkers is daar? 10 (albasters). Tussen hoeveel mense gaan ons die lekkers uitdeel? 5 (watte pluisies).

‘n Ander idee is om ‘n ou ysbakkie te gebruik – as die mense.

Dit het ‘n paar oefenslae geverg, maar teen die derde som het dinge voor die wind gegaan.  Binnekort sal ons ‘n groter ysbakkie benodig 😉

deling VB
Deling skoon taak

 

Biddag

Lewer kommentaar


Screen Shot 2016-01-19 at 11.53.30

Biddag vir Opvoeding en Onderwys.

%d bloggers like this: