Januarie 22, 2019
Juffer
afrikaans
medemenslikheidsdag, pay it forward, Random Acts of Kindness
Medemenslikheidsdag (Random Act of Kindness Day) is ‘n dag waar ons die outjies daarvan bewus kan maak om ander te help wanneer hulle dit die minste verwag. 
- Is daar kinders sonder maats? Skep ‘n rooster vir die klas en verduidelik dat dit ‘n goeie manier is om die maat te betrek. Verseker dat die outjie nie in die klas is tydens die bespreking nie. Dis wonderlik om die positiewe veranderinge in die klas te sien.
- Indien die skool fondse het, kan ‘n mens ‘n maatsbankie (“buddy bench“) in elke speelarea instel. Indien die banke te duur is, kan ‘n mens ‘n bankie uit stene en planke bou of ‘n oulike prentjie van maats teen ‘n muur aanbring. Kinders wat alleen is of net wil gesels, kan daar met ander gesels of nuwe maats leer ken.
- Stel ‘n oggendgroetkaart op (voorbeelde in die videos hier onder). Dit help die kinders om daagliks óf met ‘n maat of met die opvoeder kontak te maak. As jy kans sien, kan ‘n mens ‘n unieke groet (handdruk, -skud, ens.) met ‘n leerder oefen en elkeen volgens sy/haar unieke groet daagliks môre sê.
Wat doen julle om die konsep van medemenslikheid te ontwikkel?
Tik gerus soekterme soos “omgee, Pay it Forward, medemens…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.
Like this:
Like Loading...
Januarie 16, 2019
Juffer
afrikaans, Graad 1, Graad 2, Graad 3, lees
lees, luidleesdag

Luidleesdag word vanjaar op die 1ste Februarie gevier.
luidlees opsies boek vraelys
- Nooi die outjies om ‘n laken, kombers en kussings skool toe te bring om ‘n leesfort te bou. Hang kersliggies aan die binnekant of laat ‘n bietjie sonlig (venster) in.
- Hou ‘n boekbesprekingskring. Stel riglyne voor soos:
- Moenie die res van die boek weggee nie.
- Vergelyk iets in die boek met iets in jou lewe, ‘n boek of ‘n toneel in ‘n fliek. “Dit herinner my aan…”
- Luister na jou maat.
- Jy mag aansluit by ‘n maat of iets aanvullends sê.
- Bring ‘n oulike (kort) storie, rympie of leesstuk skool toe. Sit in groepe en maak beurte om vir die maats van jou stukkie te vertel. (“Show and tell”) Steek die stukkies teen ‘n kennisgewingsbord vas sodat maats dit later kan lees of lees dit self voor.
- Trek soos ‘n karakater aan en vra ‘n klein donasie die klas se boekrak.
- Maak beurte om maats se leeswerk op te neem. Kyk daarna en bespreek goeie tegnieke (vermy die glipse). “Sjoe, jy het goeie aandag aan die leestekens geskenk…Jy lees mooi duidelik…Ek hou daarvan dat jy jou klanke kennis gebruik om daardie moeilike woorde te lees…”
- Omskep die positiewe kommentare in “Ek kan…”/”Ek weet hoe” muurprente (bv. Ek kan asem haal by die punt.) of selfs boekmerkies.
- As jy ‘n private kommunikasietoep soos SeeSaw gebruik, stuur die leesvideo of -foto’s direk aan die betrokke ouers.
- Hou makker leestye met maats uit ‘n ander klas of ‘n ander graadvlak.
- Nooi familielede (vrywilligers) om na die leesgroepe te luister of individuele leerders te luister. Skamer outjies kan dalk aanvanklik net na die storie luister.
- Vra vir donasies sodat jy leesfoontjies kan laat maak of dalk is daar ‘n ouer wat ‘n skenking sal maak 😉
Tik gerus soekterme soos “Luidlees, lees, boekmerk, sigwoord, flitskaart, stories, leeslys, leesreeks, biblioteek, boeke dag, boeke nag…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke (en meer) idees.

Like this:
Like Loading...
Woorde