Luidleesdag word vanjaar op die 1ste Februarie gevier.
- Nooi die outjies om ‘n laken, kombers en kussings skool toe te bring om ‘n leesfort te bou. Hang kersliggies aan die binnekant of laat ‘n bietjie sonlig (venster) in.
- Hou ‘n boekbesprekingskring. Stel riglyne voor soos:
- Moenie die res van die boek weggee nie.
- Vergelyk iets in die boek met iets in jou lewe, ‘n boek of ‘n toneel in ‘n fliek. “Dit herinner my aan…”
- Luister na jou maat.
- Jy mag aansluit by ‘n maat of iets aanvullends sê.
- Bring ‘n oulike (kort) storie, rympie of leesstuk skool toe. Sit in groepe en maak beurte om vir die maats van jou stukkie te vertel. (“Show and tell”) Steek die stukkies teen ‘n kennisgewingsbord vas sodat maats dit later kan lees of lees dit self voor.
- Trek soos ‘n karakater aan en vra ‘n klein donasie die klas se boekrak.
- Maak beurte om maats se leeswerk op te neem. Kyk daarna en bespreek goeie tegnieke (vermy die glipse). “Sjoe, jy het goeie aandag aan die leestekens geskenk…Jy lees mooi duidelik…Ek hou daarvan dat jy jou klanke kennis gebruik om daardie moeilike woorde te lees…”
- Omskep die positiewe kommentare in “Ek kan…”/”Ek weet hoe” muurprente (bv. Ek kan asem haal by die punt.) of selfs boekmerkies.
- As jy ‘n private kommunikasietoep soos SeeSaw gebruik, stuur die leesvideo of -foto’s direk aan die betrokke ouers.
- Hou makker leestye met maats uit ‘n ander klas of ‘n ander graadvlak.
- Nooi familielede (vrywilligers) om na die leesgroepe te luister of individuele leerders te luister. Skamer outjies kan dalk aanvanklik net na die storie luister.
- Vra vir donasies sodat jy leesfoontjies kan laat maak of dalk is daar ‘n ouer wat ‘n skenking sal maak 😉
Woorde