Tuis

ubuntu

Lewer kommentaar


Vandag is Menseregtedag.  Dit is dikwels moeilik om dit aan jong kinders te verduidelik.  Daarom sou ek eerder wou fokus op die medemenslikheids-aspek en op ‘n positiewe ingesteldheid teenoor ander.

Kyk na goeie gesindhede soos om om te gee, om behulpsaam te wees en om ‘n positiewe bydrae tot die samelewing te maak. Die regte tot ‘n beter lewe is immers nie net ‘n geval van “neem” nie, maar ook een van verantwoordelikhede.

twistynoodle

biblioteek

Lewer kommentaar


boekwurm

Biblioteekweek is weer hier en duur van 22 tot 26 Maart.

  • Doen ‘n bietjie boek opvoeding, spreek die versorging van boeke aan en kyk na aspekte soos die “regte en verantwoordelikhede” van ‘n leser. Noem aspekte soos die Dewey-stelsel en verduidelik aan die outjies dat die boeke in afsonderlike groepe gepak word om navorsing te vergemaklik. Dalk kan die outjies in groepe verdeel en kaartjies maak om die verskillende Dewey-afdelings aan te dui. Dit kan ‘n lekker kleurvolle muur-collage word. Gebruik sommer swart veselpenne (koki’s), pastelle en helderkleurige voedselkleursel om die vaal syfers op te kikker.
  • Maak ook boekmerkies met die Dewey-stelsel daarop en versier dit met oulike inkleurprentjies. Dit kan sommer saam geneem word biblioteek toe en help met die kies van boeke.

(dewey-boekmerk-uitleg)

raak kreatief

Lewer kommentaar


Story Scarves is die naweek in die Kaap.  Indien jy ou lappe of gare het en lus het vir ‘n inspirerende, kreatiewe dag kan jy vir Stacey kontak by info@storyscarves.org.

meer en minder

10 Kommentaar


F het gevra hoe ‘n mens wiskundige konsepte soos meer as en minder as aan ‘n Graad 1’tjie kan verduidelik.  Die maklikste is seker met behulp van lekkergoed.  Trek ‘n pakkie Smarties nader vir hierdie een en druk die onderstaande werksvelle uit…

  • Begin eers deur ‘n getalgebied vas te stel.  Bv. Ons somme strek van 1 tot 10.
  • Tel 10 lekkers uit.  Tel hulle van 1 tot 10 en dan van 10 af terug tot by 1.  Vir die laaste deel kan jy die lekkers byvoorbeeld op ‘n bordjie pak.
  • Kyk na die werksvel.  Begin eers met een minder en meer as. Tel 8 lekkers uit.  Wat is 1 minder? (Pak 1 lekker terug op die bordjie.)  7! Goed…en as ons 8 het en ons dit 1 meer maak beteken dit ons moet een meer by sit.  Dit is 9.
  • Gaan deur die getalle en hou die proses telkens dieselfde.  Druk op die prentjie met die min of met die meer lekkergoed – ter herinnering.
  • As die bewoording lol, kan jy drie hopies lekkers uittel.  Bv. 2, 4 en 5.  Gee die 2 aan die kleinding, gee die 4 aan pappa of  ‘n boetie en hou die groepie van 5.  Vra vrae soos “Wie het die meeste?”, “Wie het die minste?”, “Wie het meer as jy?”, “Hoeveel is dit meer as joune?”…Hier kan jy die groepies dan uittel en afpaar…Jy het 1. Jannie het 1. Jy het ‘n 2de lekker. Jannie het ‘n 2de lekker. Jy het niks meer nie, maar Jannie het ‘n 3de en ‘n 4de lekker.  Hy het 2 meer as jy.  Jy het 2 minder.
  • Goedkoop speletjies soos Slangetjies en Leertjies sal ook verdere vaslegging kan aanhelp, want die outjie moet ‘n sekere aantal plekke aanskuif of terug skuif (i.e. meer maak of minder maak).

Dit gaan baie herhaling en konkrete werk verg, maar sodra die outjie die konsep begryp, is daar ‘n vuis vol lekkergoed as beloning! 😉 Baie sterkte!

minder as meer as (werkvel)

meerminder

meermin

 

 

 

 

 

aarde

Lewer kommentaar


geleen
Op die 26ste Maart, om 20:30, sal die wêreld weer hul ligte afskakel vir Earth Hour.

  • Maak lanterns uit ou plastiekbottels, hou ‘n kersligete op die voorstoep of speel al die bordspeletjies wat iewers in ‘n kas vergete geraak het.
  • Skakel die huis se krag summier vir ‘n uur lank af en gebruik dié stiltetyd om kreatiewe kunswerke uit herwonne materiaal te maak.
  • Maak kershouers of -staandertjies met ‘n boodskappie vir ouma of tannie.  Gebruik ou teekoppies hiervoor of as jy dit tydens die earth hour wil maak, kan jy selfs ‘n vrug soos ‘n appel gebruik.  Indien jy nog van die Kerstyd se sneeu sproei oor het, kan jy enige glas flessie in ‘n indrukwekkende kunswerk omskep.
  • Vir die skool kan ‘n mens dalk ‘n rol swartsakke ooprol en gate daarin maak om ‘n woord of slagspreek uit te stip. Maak ‘n prominente ruit heeltemal donker met nog swart sakke en skakel byvoorbeeld ‘n blou gloeilamp (of flitsende kersligte) aan sodat die bewoording aandag kan trek.

Gaan loer gerus na ‘n paar les-idees vir hierdie spesiale dag.  Intussen kan julle met meer raakvat aksies begin soos om die klas se afvalpapier te herwin, herwinningsdromme op die skoolgronde aan te bring en om goeie gewoontes by die kleingoed te kweek.