Tuis

Aarde en Water

Lewer kommentaar


Earth Hour en Waterdag is baie na aan mekaar. Wat kan jy doen om water te bespaar? Is daar krane wat drup en geute wat lek? Noem dit aan iemand wat herstelwerk kan doen.

Gebruik Earth Hour om batterye te ruil en onthou om nie ou batterye in die drom te gooi nie. Wat doen julle as die krag af is? Wat kan ‘n mens gereed hou vir ete? Dink aan ‘n paar idees (soos om die gasbottel af te stof vir later) en begin om ‘n houer met speletjies (bv. bord- en kaartspeletjies), flitsligte, boeke, tydskrifte, inkleurboeke en versnapperinge byderhand te hou.

Kan ‘n mens Earth Hour en Waterdag by die skool vier? Natuurlik! Klik gerus op die onderstreepte skakels in hierdie skrywe en op die werksvelle heel onder. Tik ook soekterme soos ”aarde”, ”water”, ”waterwys” en ”besoedeling” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees 🙂

Earth Hour

Lewer kommentaar


Earth Hour word wêreldwyd gevier om die aandag op kragbesparing en omgewingsbewaring te fokus. Speel bord- of kaartspeletjies by kerslig of lees ‘n boek voor die kaggel. Wat doen julle graag wanneer al die toestelle gebêre is en ‘n mens ‘n bietjie kan ontspan? 🙂

<object class="wp-block-file__embed" data="https://juffer.files.wordpress.com/2022/03/earth-hour.pdf&quot; type="application/pdf" style="width:100%;height:600px" aria-label="Embed of <strong>earth-hourearth-hourLaai Af

Aarde Dag

Lewer kommentaar


Vanjaar val Aarde Dag so in die middel van die grendeltydperk. Hoe gaan ‘n mens dan nou in jou huis op hierdie dag fokus?

Kyk na gebruike in die huis en moontlike vermorsings. Kan ‘n mens sekere items dalk eerder herwin, herverbruik of in ‘n komposhoop begrawe?

Sny ou papbokse as legkaarte op, gebruik blikke as stelte of gebruik ou telefoongidse om skrif op te oefen (lekker groot letters dwars-oor die kolomme).

Plant sade of plantjies in ou blikkies en maak steggies in glasflesse groei. Jy kan jou eie groentetuintjie begin.

Gebruik flesse en herbruikbare bakke om kos te bêre – eerder as om herhaaldelik sakkies te koop. Het ‘n mens telkens ‘n servet nodig of kan ‘n natlappie werk?

Waarheen loop die gryswater in julle huis? Is daar omgewingsvriendeliker maniere om die huis skoon te maak eerder as om sterk chemikalieë te gebruik?

Hou vir ‘n paar dae dop hoeveel goed in die vullisdrom beland en beraam dan ‘n plan 🙂

Aarde

Lewer kommentaar


Ons vier dalk Earth Hour ietwat meer gereeld…Gebruik dit om aan omgewingsbewaringsprojekte te dink of om ‘n paar te beplan.

Aarde dag gee ons egter die geleentheid om aan maniere te dink om ons omgewing te versorg en te verbeter.

Hoe lyk die skool se tuin? Is daar goeie ekosisteme – waar erosie beveg…waterbesparing en goeie gebruike aangemoedig word?  Is daar natuurlike plantegroei wat bestuiwing sal aanwakker?  Wat van projekte waar die kinders ertjie-, boontjieplante en sonneblomme aanplant?  Hoe kan ‘n mens hierdie plante natlei?  Vries dalk houers, vang die gekondenseerde druppels op en gebruik die water.  Sal gesnyde plastiekbottels (as mini-kweekhuise) oor die nuwe plantjies werk?  Is daar ‘n manier om skoenlapperruspes te laat ontwikkel en vry te laat in die tuin? Maak die strand of rivier oewer skoon. Plant bome.  Samel geld in om bewaringsprojekte te ondersteun.

Is daar ‘n botaniese tuin waar ‘n mens meer idees kan bekom? Het julle ‘n natuurbewaringspesialis in die omgewing?  Reël praatjies of uitstappies.

‘n Mens kan voortdurend ‘n projek per graadvlak by die skool bekend stel wat ‘n mens kort-kort aan goeie gebruike of die nut daarvoor herinner.

earth hour

Lewer kommentaar


Earth Hour is ‘n gulde geleentheid om as ‘n gesin die elektriese toebehore af te skakel en om tyd saam te spandeer.  Dink aan idees om “skermtyd” (tyd op die rekenaar, selfoon, television, ens.) te verminder of beter te beplan sodat julle projekte in en om die huis kan begin om herwinning aan te moedig of om daaroor te leer.  Het julle ou tydskrifte met relevante artikels?  Knip dit uit en steek dit teen die yskas vas.

Wat verbruik julle baie vinnig?  Is daar ander opsies?  Het julle houers om herwinbare items te sorteer?  Maak dalk ‘n etiket of twee en dink aan eenvoudige, haalbare idees.  Elke probeerslag – al is dit hoe klein, is ‘n tree in die regte rigting.

Earth Hour en Waterweek

Lewer kommentaar


earthhour

Skakel die elektroniese toestelle af en begin nuwe bewarings- en besparingsprojekte.  Loer gerus na herwinningsaksies in jou omgewing of begin jou eie.  Verseker dat die krane nie lek nie en bespaar soveel jul kan.  Is daar ‘n rivier, damme of strandgebied om skoon te maak?  Dit kan ‘n ideale klasuitstappie maak so ‘n dag of twee voor die skole sluit.

Tik gerus soekterme soos “aarde, grond, water, waterweek, herwin, earth hour, groen…” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in vir soortgelyke idees.

waterweek

aarde

Lewer kommentaar


Staan op 28 Maart ‘n uur aan Earth Hour (20:30 – 21:30) af.earthhour

Tik ook soekterme soos “aarde”, “grond”, “water” en “herwin” by die bruin soekblokkie aan die regterkant in.  Loer hier na ‘n oulike herwinnings- en gemeenskapsdiens projek.

ligte uit vir “earth hour”

Lewer kommentaar


Skakel op 31  Maart die krag af.

aarde

Lewer kommentaar


geleen
Op die 26ste Maart, om 20:30, sal die wêreld weer hul ligte afskakel vir Earth Hour.

  • Maak lanterns uit ou plastiekbottels, hou ‘n kersligete op die voorstoep of speel al die bordspeletjies wat iewers in ‘n kas vergete geraak het.
  • Skakel die huis se krag summier vir ‘n uur lank af en gebruik dié stiltetyd om kreatiewe kunswerke uit herwonne materiaal te maak.
  • Maak kershouers of -staandertjies met ‘n boodskappie vir ouma of tannie.  Gebruik ou teekoppies hiervoor of as jy dit tydens die earth hour wil maak, kan jy selfs ‘n vrug soos ‘n appel gebruik.  Indien jy nog van die Kerstyd se sneeu sproei oor het, kan jy enige glas flessie in ‘n indrukwekkende kunswerk omskep.
  • Vir die skool kan ‘n mens dalk ‘n rol swartsakke ooprol en gate daarin maak om ‘n woord of slagspreek uit te stip. Maak ‘n prominente ruit heeltemal donker met nog swart sakke en skakel byvoorbeeld ‘n blou gloeilamp (of flitsende kersligte) aan sodat die bewoording aandag kan trek.

Gaan loer gerus na ‘n paar les-idees vir hierdie spesiale dag.  Intussen kan julle met meer raakvat aksies begin soos om die klas se afvalpapier te herwin, herwinningsdromme op die skoolgronde aan te bring en om goeie gewoontes by die kleingoed te kweek.

%d bloggers like this: